Verleng die raklewe van voedsel

In die vorige hoofstuk het julle geleer hoe om metale te beskerm deur dit te verf, te galvaniseer en te elektroplateer. In hierdie hoofstuk gaan julle leer van verskillende maniere om kos te bewaar. Hoe graan gestoor word, hoe om kos in te lê, te droog en te sout is van die onderwerpe wat ons gaan bespreek.

Tech2_Gr9_Ch8_fig1.tif
Figuur 1
Tech2_Gr9_Ch8_fig2.tif
Figuur 2
afri_gr92.png
Figuur 3

Hoe graan gestoor word

Voedsel begin reeds bederf vanaf die oomblik sodra dit geoes word. Daarom is die bewaring van voedsel dwarsdeur die geskiedenis deel van alle kulture. Voedselbewaring het dit vir die antieke mense moontlik gemaak om op een plek te bly en ’n gemeenskap te vorm, in plaas daarvan om soos die Boesmans heeltyd te moes rondtrek. Die ontdekking van antieke voedselbewaring-metodes het beteken dat die antieke mense nie meer onmiddellik alles wat hulle gejag of geoes het dadelik moes eet nie. Hulle kon van die kos wat hulle gehad het, bewaar en bêre sodat hulle dit later kon eet.

Dit is interessant dat verskillende kulture regoor die wêreld hulle voedsel op dieselfde basiese metodes bewaar, naamlik om dit te kook, te vries, in te lê, te sout, te gis, te droog, en te vries.

Om voedsel te bewaar, is een van die oudste vorms van tegnologie. Mense het dit wat hulle verbou en gejag het, geëet. Hulle moes die kos baie goed bewaar om te voorkom dat dit sleg raak en hulle sodoende siek maak. Hulle moes ook aan maniere dink om kos te bewaar vir die tye wanneer hulle nie kon jag nie en ook wanneer daar geen oes was nie.

Voedselbewaring gaan oor hoe mens kos hanteer, dit behandel en dit opgaar om te verseker dat dit nie voedingswaarde en kwaliteit verloor nie. ’n Belangrike aspek van voedselbewaring is om te sorg dat daar nie omstandighede ontstaan waaronder gevaarlike bakterieë kan groei nie.

Graan is ’n stapelvoedsel vir die meeste mense in die wêreld. Verskillende graansoorte word in verskillende dele van die wêreld geëet. In China en Japan is rys die stapelgraan wat die mense eet.

In Suid-Afrika is dit hoofsaaklik koring en mielies wat verbou en geëet word. Mielies word ook gebruik om ’n tipe gefermenteerde drank te brou, ’n tipe bier wat mense op spesiale geleenthede drink.

Stapelvoedsel is die voedsel wat die meeste geëet word deur ’n groep mense en dat daardie voedsel dus die grootste deel van hulle dieet uitmaak.

Strukture waarin graan gestoor word

Mense het nog altyd een of ander manier gevind om hulle graanprodukte te stoor. Verbeteringe in stoormetodes is oor die jare heen waargeneem en mense het geleer om die regte metodes te gebruik wat gepas is vir hulle betrokke situasie of omstandighede. Graan wat deur boere as ’n besigheid en op groot skaal vervaardig word, word in "silo's" gestoor. Silo’s is groot sement of metaal strukture waarin die graan op baie plase gestoor word totdat dit gebruik of uitgevoer moet word. Die silo’s hou die graan koel en beskerm dit teen vog, insekte en knaagdiere.

Tech2_Gr9_Ch8_fig4.tif
Figuur 4: ’n Tradisionele Zulu graansilo

’n Goeie houer vir die stoor van graan moet:

  • graan koel en droog hou;
  • graan beskerm teen insekte; en
  • graan teen rotte en muise beskerm.
Tech2_gr9_ch8_fig5.tif
Figuur 5: ’n Moderne industriële graansilo

Die proses om graan te stoor

Eerstens moet die graan geoes word. Bestaansboere (boere wat net vir hulle eie huishoudelike gebruik boer) doen dit met die hand. Figuur 6 wys hoe boere op groot industriële skaal oes deur die gebruik van ’n graanstroper en trekker.

Tweedens moet mens die eetbare deel van die graan (die saad) skei van die omhulsel wat die saad beskerm. Die omhulsel is oneetbaar en ons noem dit kaf.

Tech2_gr9_ch8_fig6.tif
Figuur 6: Graan word op industriële skaal met ’n stroper en ’n trekker geoes.

Die proses om die kaf van die koring te skei, word genoem om te dors. Figuur 7 wys die saad en die omhulsel soos dit aan die plant lyk.

Tech2_gr9_ch8_fig7.tif
Figuur 7: Koring voor dit geoes, gedors en gewan (uitgesif) word.

Die derde stap word wan genoem. Wan is die proses waarmee die los saad van die kaf geskei word. Figuur 8 wys die eetbare sade wat van die kaf geskei is, in die man se hand, en die oneetbare kaf in die emmer.

Daar is verskeie tradisionele tegnieke om te wan, maar deesdae gebruik grootskaalse boere graanstropers om te oes, te dors en te wan.

Tech2_gr9_ch8_fig8.tif
Figuur 8: Graansade wat van die kaf geskei is.

Vierdens word die graan gedroog om te verhoed dat fungus en bakterieë op die sade groei. Die ideale voginhoud vir graan is om en by 14%.

Deesdae gebruik mense graan-drogende masjiene (sien figuur 9) om die graan te droog, maar in die ou dae het mense die graan in die son gedroog.

Laastens word die graan gestoor. Die voginhoud en temperatuur van die lug is twee belangrike faktore.

Warm, vogtige lug is ideaal vir die groei van bakterieë en muf om die graan te verwoes, selfs al is die graan aanvanklik reg gedroog. Koue, droë lug sal help om die graan ongeskonde te hou.

Tech2_gr9_ch8_fig9.tif
Figuur 9: ’n Moderne graan droër
afri_93.png
Figuur 10: Skematiese voorstelling van hoe lug in ’n graansilo beweeg

Daar is ook verskeie insekte wat graan kan beskadig, soos myte en kalanders. Myte is baie klein insekte wat graan eet. Kalanders is ook klein insekte wat hulle eiers binne-in die graansade lê. Wanneer die larwes uitbroei, eet hulle die sade.

Larwe: die stadium in ’n insek se lewe wanneer dit klaar uitgebroei het, maar voordat dit ’n volwasse insek is.

Knaagdiere, soos rotte en muise, kan ook groot skade aanrig. Hulle kan groot hoeveelhede graan eet as hulle nie beheer word nie. Hulle dra ook dodelike siektes oor waarmee hulle die graan besmet.

Jy kan nou nogal dink dat die stoor van groot hoeveelhede graan in ’n groot, moderne silo, ’n baie gekompliseerde proses is. Mens moet die lugvloei, vog en temperatuur, insekte en knaagdiere, bakterie en fungus alles probeer beheer. Dit is gelukkig makliker om klein hoeveelhede graan te stoor. Jy moet dit in ’n skoon, droë, lugdigte houer plaas en op ’n koel, droë plek sonder rotte, muise of direkte sonlig bêre.

Inlê van voedsel

Die meeste voedselprodukte bederf omdat daar mikro-organismes soos bakterieë, gis of muf teenwoordig is. Onthou net dat nie alle bakterieë skadelik is nie. Ons het "goeie" bakterieë nodig om sommige funksies in ons liggame te verrig en ook om sekere voedselprodukte, soos kaas en joghurt, te maak.

In die verlede moes mense voedsel stoor sodat dit eetbaar kon bly lank nadat dit geoes is. Daar was geen yskaste of vrieskaste nie, daarom moes mense vrugte en groente droog, sout, inlê, pekel of konfyt om te sorg dat die voedsel langer hou. Gedroogde, ingelegte en gesoute voedsel en konfyte het veroorsaak dat mense ’n groter verskeidenheid kosse en voedingstowwe in hulle dieet kon hê.

Die inlê van voedsel het vermoedelik begin toe mense voedsel in wyn of bier geplaas het om dit te preserveer. Beide wyn en bier het ’n lae pH waarde. Mense het baie gebruike gevind vir die pekel (soutwater) wat oorgebly het na die pekelproses.

Pekel is ’n waterige mengsel van asyn en sout.

Suid-Afrika het ’n paar gunsteling ingemaakte geregte. Atjar is ’n tradisionele Suid-Afrikaanse gereg wat meer as ’n honderd jaar gelede deur die Maleiers na die land gebring is. Dit kan as ’n bykos bedien word of saam met kerrie en mense regoor die land (veral in die Wes-kaap) eet dit graag. Atjar word gemaak van groente soos blomkool, wortels, kool en bone wat baie fyn gesny is en gemeng word met mosterd, borrie, koljander, asyn en suiker.

Wat ons vandag as tamatiesous ken, was oorspronklik ’n Oosterse pekelsous vir vis wat met die speseryroete na Europa geneem is, en later na Amerika, waar iemand suiker bygevoeg het. Speserye is by hierdie souse gevoeg om dit smaakliker te maak.

Blatjang is nog ’n gunsteling Suid-Afrikaanse ingemaakte dis wat gewoonlik van vrugte gemaak word.

Om kos in te lê, gebruik ons sout en water, of water en ’n suur, gewoonlik asyn. Groente en vis is twee van die mees algemene voedselsoorte wat so ingelê word. Die inlê-proses preserveer die voedsel omdat die soutwater ’n suurstofvrye omgewing skep. Die mikro-organismes in en om die kos kan dus nie groei en vermeerder nie en dus sal die kos nie sleg raak nie.

Die kos wat ingemaak word, word in ’n skoon glashouer geplaas. ’n Warm pekelsous word dan oor die kos gegiet tot dit die kos heeltemal bedek en die houer heeltemal vol is. ’n Skoon, digpassende deksel seël uiteindelik die houer. Ingemaakte kos kan vir baie maande eetbaar bly, afhangende van die tipe kos.

Ingemaakte kos het baie gewild geword. Daar is baie verskillende resepte beskikbaar en mense eksperimenteer graag met verskillende kombinasies van groente, kruie en speserye.

afri_gr94.png
Figuur 11: Voorbeelde van ingelegde voedsel

Lê jou eie voedsel in

Jy het die volgende bestanddele nodig vir hierdie aktiwiteit:

1. Deur die bestanddele wat hierbo gelys is te gebruik, berei ’n instruksie lys voor wat jy aan ’n ander groep leerders gaan gee om hulle pekel voor te berei. Skryf jou instruksies wat die vloei van aktiwiteite van die begin tot die einde verduidelik puntsgewys neer.


2. Noem en beskryf kortliks drie voordele en drie nadele van hierdie metode van voedselpreservering.


Droog en sout

Suid-Afrikaanse biltong is ’n ryk erfenis van innoverende Duitse setlaars gedurende die sewentiende eeu. Hulle het resepte vir gedroogde vleis uit Europa gebring. Hulle het die vleis in die son gedroog gedurende hulle trek oor suidelike Afrika.

Die woord biltong kom van die Duitse woord "bil" (kruisstuk) en "tong" (strook of tong).

Die basiese vleisspeserye was vrylik beskikbaar in die Kaap Kolonie. Die speserye wat gebruik word om biltong te maak, sluit ’n dramatiese mengsel van asyn, sout, suiker, koljander en ander beskikbare speserye in.

Droging is een van die oudste metodes van voedselpreservering.

Deur voedsel te droog, word genoeg vog uit die vog gehaal om te verhoed dat die voedsel sleg word en verrot. Die water-inhoud van behoorlik gedroogde voedsel varieer tussen 5–25%, afhangende van die tipe voedsel.

Tech2_Gr9_Ch8_fig12.tif
Figuur 12: Biltong

Suksesvolle bewaring van voedsel vereis dat die groei van mikro-organismes soos bakterieë verhinder word, en dat toegang van insekte verhoed word.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Verduidelik wat jy verstaan wat die doel is om voedsel te preserveer.


2. In Suid-Afrika is daar baie kulture en metodes van voedselpreservering. Noem een kultuur en voedseltipe wat hulle preserveer. Beskryf kortliks die proses wat hierdie kultuur volg om die voedsel te preserveer.


3. Verduidelik die proses van droging vir die doel om voedsel te preserveer.


4. Bespreek kortliks hoekom sout so belangrik is in die drogingsmetode van voedselpreservering.


Droog jou eie voedsel

Wenk:

Wanneer jy voedsel droog, is dit belangrik om die vog so gou as moontlik te verwyder, teen ’n temperatuur wat nie die geur, tekstuur en kleur van die voedsel sal beïnvloed nie.

Voordat jy aan enige voedsel raak moet jy jou hande deeglik was.

Tech2_Gr9_Ch8_fig13.tif
Figuur 13

Jy benodig die volgende items vir hierdie aktiwiteit:

Volg die volgende stappe:

Skryf al jou waarnemings gedurende hierdie praktiese aktiwiteit neer:

1. Beskryf hoe die vars spinasie gelyk het.


2. Lys al die stappe wat jy geneem het en verduidelik waarom jy hierdie stappe geneem het.


3. Hoe het die weersomstandighede jou droogproses beïnvloed?


4. Dui aan of jou eksperiment suksesvol was of nie. Motiveer jou antwoord.


Wat het jy geleer?

Jy het geleer hoe inheemse mense lank gelede aan innoverende maniere gedink het om kos te bewaar om dit langer te laat hou.

Jy geleer hoe die beginsels van graan stoor, pekel, en die droog en sout van voedsel bygedra het tot die verlenging van voedsel se raklewe.

Volgende week

Volgende week gaan jy meer leer oor vermindering, hergebruik en herwinning van plastiek. Dit het ten doel om die negatiewe impak wat plastiek op die omgewing het, te verminder.