Teken ratstelsels

In hierdie hoofstuk gaan jy leer hoe om ratstelsels te teken. Jy gaan eers ’n paar ortografiese of tweedimensionele (2D) tekeninge maak wat die presiese groottes en aantal tande op die ratte aandui. Vir hierdie tipe tekeninge hoef jy nie die tande te teken nie, dit is dus baie makliker.

Daarna gaan jy ’n ontwerpopdrag en spesifikasies skryf vir ’n paar ratstelsels van jou eie. Jy gaan leer hoe om tekengereedskap en ’n isometriese ruitnet te gebruik om jou ratstelsels in driedimensioneel (3D) te teken.

Tech2_gr8_ch3_fig1.tif
Figuur 1: Die agterkant van ’n insleeptrok wys die wenas wat gebruik word om stukkende voertuie op te lig en weg te sleep. ’n Wenas is ’n rat wat meganiese voordeel gee. Jy gaan in hierdie hoofstuk leer oor wenasse.
Tech2_gr8_ch3_fig2.tif
Figuur 2: Reguittandratte met verskillende deursneë. Jy gaan leer hoe om tegniese diagramme van ratte te teken wanneer jy weet wat die radius is en hoeveel tandratte daar is. Jy hoef nie die tande te teken nie.

Teken ratte in tweedimensioneel (2d)

Wanneer jy ’n ratwiel teken, teken jy ’n aantal verskillende sirkel groottes, maar jy teken nie die rattande nie. Die spesifikasies vir die ratwiele en tande word aangedui deur notas en tabelle te gebruik.

Tech3_gr8_ch3_fig3.tif
Figuur 3: Hoe om ’n ratwiel met 15 tande te teken

Figuur 3 wys al die belangrike inligting vir ’n ratwiel:

Die steeksirkel deursnit op hierdie rat is 35,8 mm. Die afstand rondom die steeksirkel van hierdie rat is die steeksirkel omtrek:

Omtrek = π × D = 3,1428 × 35,8 mm = 112,5 cm.

Dus is die steek, of die spasie vir elke tand = 112,5 ÷ 15 = 7,5 mm.

Kyk na figuur 4. Hierdie figuur wys hoe om ’n ratwiel te teken.

Tech2_gr8_ch3_fig4.tif
Figuur 4: Hoe om ’n ratwiel te teken

Teken nou hierdie ratwiel op die ruitnet deur die volgende stappe te volg:

Teken ingekamde ratte

Kyk na die tekening van ingekamde ratte in figuur 6. ’n Klein dryfrat kan aan die linkerkant gesien word. Hierdie dryfrat dryf ’n groter gedrewe rat aan die regterkant.

Tech2_gr8_ch3_fig6.tif
Figuur 6: Ingekamde ratte

Twee reguittandratte sal behoorlik inkam slegs wanneer:

  • die grootte en vorm van hulle tande dieselfde is, met ander woorde, die steek en die diepte van die rattand op albei ratte moet dieselfde wees, en
  • die steeksirkel van die twee ratte moet aan mekaar raak.

Die lyn wat die middelpunte van die twee ratte verbind word die middellyn genoem. Middellyne word as strepieslyne geteken, met lang en kort strepies.

Die afstand tussen die middelpunte van die ratte word op hierdie diagram aangedui as die middelafstand. Die presiese middelafstand vir die twee ingekamde ratte is die steeksirkel radius van die dryfrat, plus die steeksirkel radius van die gedrewe rat.

Onthou: Die radius is ½ van die deursnit.

Veronderstel nou dat die gedrewe rat 15 tande het en ’n steeksirkel deursnit van 35 mm, en dat die dryfrat 30 tande het en ’n steeksirkel deursnit van 70 mm het. Die middelafstand word dan so bereken:

Middelafstand = ½ × 35 mm + ½ × 70 mm = 17,5 mm + 35 mm = 52,5 mm.

Hoe om ingekamde ratstelsels te teken

Kyk na die ingekamde ratte in figuur 6 op die vorige bladsy. Figuur 7 hieronder wys jou hoe om ’n diagram van hierdie ratstelsel te teken, waar die dryfrat 15 tande en die gedrewe rat 30 tande het.

Tech2_gr8_ch3_fig7_B.tif
Figuur 7

Teken ratstelsels met die gedrewe rat wat in die teenoorgestelde rigting as die dryfrat roteer

1. Gebruik die stappe op die vorige bladsy om ’n ratstelsel met 15 tande op ’n dryfrat, met ’n deursnit van 36 mm, te teken en 30 tande op ’n gedrewe rat met ’n deursnit van 72 mm. Gebruik die ruitnet-papier in figuur 8. Die dryfrat tekening is hieronder vir jou begin.

Tech2_gr8_ch3_fig8_NoAnswer_LB.tif
Figuur 8: Teken die gedrewe rat op die ruitpapier.

2. Sodra jy jou tekening voltooi het, gebruik pyle om die rigting van rotasie van die gedrewe rat aan te dui indien die dryfrat kloksgewys draai.

3. Sal die gedrewe rat vinniger of stadiger as die dryfrat roteer?


Teken ’n ratstelsel met die gedrewe rat wat in dieselfde rigting as die dryfrat roteer

Onthou jy nog wat ’n tussenrat doen? Dit kam tussen die dryfrat en die gedrewe rat in. Die tussenrat verander nie die ratverhouding nie. Al wat die tussenrat doen, is om die rigting waarin die dryfrat draai, te verander. ’n Ratstelsel met ’n tussenrat kan die dryfrat en gedrewe rat in dieselfde rigting laat draai.

Tech2_gr8_ch3_fig9.tif
Figuur 9

Om ’n ratstelsel met ’n tussenrat te teken, moet jy drie ratte in plaas van twee ratte, teken. Die beginsels bly egter dieselfde.

1. Teken die ratstelsel in figuur 9 op die ruitpapier op die volgende bladsy.

2. Teken pyle om te wys in watter rigting elke rat sal draai.

3. Roteer die dryfrat en die gedrewe rat in dieselfde rigting of in teenoorgestelde rigtings?


4. Indien die dryfrat teen 1 500 rpm roteer, hoe vinnig sal die gedrewe rat roteer?


Tech2_gr8_ch3_fig10.tif
Figuur 10

Huiswerk: teken ’n ratstelsel met die gedrewe rat wat vinniger roteer as die dryfrat

Deel A: Roteer in teenoorgestelde rigtings

1. Teken die ratstelsel soos dit in figuur 11 gewys word. Die gedrewe rat het 45 tande en ’n steeksirkel deursnit van 107 mm. Die gedrewe rat het 15 tande en ’n steeksirkel deursnit van 36 mm. Gebruik die ruitnet in figuur 12.

Tech2_gr8_ch3_fig11_B.tif
Figuur 11
Tech2_gr8_ch3_fig12.tif
Figuur 12: Teken jou ratstelsel op hierdie ruitnet.

2. Wat kan jy sê oor die spoed van die gedrewe rat in vergelyking met die spoed van die dryfrat?


3. Verander hierdie stelsel die rigting van rotasie?


Deel B: Roteer in dieselfde rigting

1. Voeg ’n tussenrat by hierdie ratstelsel soos dit in figuur 12 gewys word. Teken nou hierdie nuwe stelsel op die ruitnet in figuur 13.

2. Teken pyle op die tekening om aan te dui in watter rigting elk van die ratte sal draai.

Tech2_gr8_ch3_fig13_B.tif
Figuur 13
Tech2_gr8_ch3_fig14.tif
Figuur 14: Teken jou ratstelsel met ’n tussenrat op hierdie ruitnet.

3. Wat doen die tussenrat?


Skryf ’n ontwerpopdrag met spesifikasies vir ratte

Ratstelsels het twee belangrike gebruike:

In hierdie les gaan jy ratstelsels ontwerp wat beide van hierdie voordele gee.

’n Ontwerpopdrag vir ’n rat wat meganiese voordeel gee

Kyk na figuur 15. Dit wys ’n wenas vir ’n insleeptrok. Wenasse word gebruik om stukkende voertuie op die bak van die insleeptrok te trek.

Tech2_gr8_ch3_fig15.tif
Figuur 15: Hierdie meganisme is ’n wenas. Dit word gebruik om stukkende voertuie op die bak van die insleeptrok te trek.

’n Probleem met hierdie wenas

Die besigheid wat hierdie wenas gebruik, het gevind dat dit nie sterk genoeg is om groot voertuie te sleep nie.

Die besigheid vra jou om die wenas te verbeter. Hulle wil hê dat die wenas groot voertuie, drie maal swaarder as ’n gewone motor, moet sleep.

Die woord insleep beteken om ’n motor agter ’n bewegende trok, vir ’n sekere afstand, te sleep. Insleeptrokke kan motors trek, maar hulle kan ook motors agterop hulle bakke laai om hulle dan aan te ry na die herstelwinkels.

Skryf ’n ontwerpopdrag

1. Skryf ’n paar kort, duidelike sinne neer wat die probleem waarvoor jy ’n oplossing moet kry, sal opsom. Jy moet ook die doel van die voorgestelde oplossing neerskryf. Begin jou eerste sin met die woorde:

My ontwerp gaan ’n ...


2. Skryf ’n spesifikasie lys vir die nuwe wenas oplossing neer.

Onthou: Spesifikasies is ’n lys dinge wat jou oplossing moet doen en ook sommige dinge wat jou oplossing nie moet doen nie.


’n Ontwerp vir ’n beter wenas

3. Beskryf hoe jy hierdie wenas gaan verbeter.


4. Hoe gaan jy weet dat die wenas voertuie sal kan sleep wat drie maal swaarder is as ’n gewone motor?


5. Voltooi die tekening in figuur 16 om aan te dui hoe jy die wenas gaan verbeter. Teken die dryfrat bo op die motor. Wys dan waar jy die slinger gaan plaas en teken die slingerrat. Gebruik ’n steek van 7,5 mm en ’n diepte van 5 mm vir die rattand. Plaas byskrifte wat die steek en hoeveelheid tande op elke ratwiel aandui.

Tech2_gr8_ch3_fig16_NoAnswer_LB.tif
Figuur 16: Gebruik hierdie ruitnet om te wys hoe jy die wenas gaan verbeter.

Skryf ’n ontwerpopdrag vir ’n rat wat ’n spoedvoordeel sal gee

Kyk na die stelsel wat hieronder gewys word. Dit wys die binnekant van ’n windturbine. Die wind draai die propeller en die propeller draai ’n elektriese opwekker om elektrisiteit te maak.

Die probleem met windturbines

Die waaierblaaie van die windturbines draai stadig, min of meer teen 9 tot 19 rpm. Die elektriese opwekker wat aangedryf word deur ’n windturbine, moet vinniger kan draai. ’n Turbine vervaardiger moet ’n ratstelsel ontwerp wat die opwekker ten minste vier maal vinniger laat draai as wat die windturbine draai. Kan jy help?

Tech2_gr8_ch3_fig17.tif
Figuur 17: Binne ’n windturbine

1. Skryf ’n ontwerpopdrag. Jy moet ’n paar kort, duidelike sinne neerskryf wat die probleem wat jy moet oplos, opsom. Jy moet ook die doel van die voorgestelde oplossing neerskryf. Begin jou eerste sin met die volgende woorde:

My ontwerp gaan ’n ...


2. Spesifikasies vir jou oplossing. Skryf ’n spesifikasie lys neer vir die ratstelsel oplossing.


’n Ontwerp vir ’n verbeterde windturbine

1. Teken jou ontwerp op die ruitnet in figuur 18. Jou ontwerp moet wys hoe jy die gedrewe opwekker van die windturbine vier maal vinniger laat draai as die dryfrat. Gebruik ’n steek van 0,75 mm en ’n diepte van 0,50 mm vir die rattande.

2. Plaas byskrifte op jou tekening wat die steek en aantal tande van elke ratwiel aandui.

14464.png
Figuur 18: Teken jou ontwerp op hierdie ruitnet

Teken ratte in driedimensioneel (3d)

Om ratte in 3D te teken, is om meestal sirkels in 3D te teken. In hierdie aktiwiteit gaan jy 3D ratte op isometriese geruite papier teken.

Indien jy die instruksies stap-vir-stap volg, sal jou tekening korrek wees.

Hoe om ’n isometriese sirkel te teken

Kyk na die diagramme in figuur 19. Hulle wys jou hoe om ’n sirkel op isometriese geruite papier te teken. Hierdie sirkel het ’n deursnit van 2, byna dieselfde grootte as ’n klein ratwiel. Hieronder is ’n stap-vir-stap verduideliking oor hoe om dit te doen.

Tech2_gr8_ch3_fig19a.tif
Figuur 19 A en B: Hoe om ’n isometriese sirkel te teken
Tech2_gr8_ch3_fig20a.tif
Figuur 20 A en B: Teken jou eie isometriese sirkel op die ruitnet B hierbo.

Teken die ratstelsel wat jy ontwerp het vir die wenas

Kyk na die prent in figuur 21. Twee ratte is in 3D geteken op isometriese geruite papier. Die tande van die ratte word nie gewys nie.

1. Gebruik die ruitnet op die volgende bladsy om jou te help om die stelsel wat jy vir die wenas ontwerp het, te teken. Teken die ratte dieselfde grootte as wat jy gespesifiseer het vir die wenas in afdeling 3.2.

2. Voeg ’n tabel wat al die inligting bevat by jou tekening.

Tech2_gr8_ch3_fig21.tif
Figuur 21: Twee ratte in 3D geteken deur gebruik te maak van isometriese papier

Teken jou ratstelsel vir die wenas op die ruitnet in figuur 22:

Tech2_gr8_ch3_fig22.tif
Figuur 22: Teken jou ratstelsel vir die wenas in die ruitnet hier bo.

Volgende week

Volgende week gaan jy ’n tipe rat ondersoek wat ’n keëlrat genoem word. Jy gaan na die ratte op ’n fiets kyk en leer van ketting- en bandaandrywings. Jy gaan ook leer hoe om ’n ratstelsel te ondersoek deur gebruik te maak van die stelselbenadering.