Die impak van tegnologie op die samelewing en die omgewing

In hierdie hoofstuk gaan jy uitvind hoe afvalplastiek die omgewing skade aandoen. Jy gaan ook leer hoe hierdie negatiewe impak verminder kan word.

Tech1_gr8_ch8_fig1.tif
Figuur 1: Waarvan is hierdie skoppelmaai gemaak?

Jare gelede kon mense net die materiale gebruik wat hulle in die natuurlike omgewing rondom hulle kon vind. Die "natuurlike omgewing" is al die natuurlike dinge om ons, soos lug, water, grond, plante en diere. 'n Paar voorbeelde van natuurlike materiale is hout, leer, klei en gras.

Vandag gebruik mense baie nuwe materiale wat nie in die natuurlike omgewing voorkom nie. Hierdie materiale word in fabrieke vervaardig. Hulle word dikwels vervaardig uit olie en steenkool, wat uit die grond kom. Dit sluit materiale in soos plastiek, spesifieke verfsoorte en materiale waarvan klere gemaak word. Jy het dalk al gehoor van poliëster, en van PVA-verf en neoprene-rubber. Hierdie materiale word sintetiese materiale genoem.

Daar is baie voordele verbonde aan die gebruik van sintetiese materiale. Hulle is dikwels meer duursaam en ook ligter en goedkoper as natuurlike materiale. Iets is duursaam as dit lank hou.

Die gebruik van sintetiese materiale het egter ook nadele. Wanneer hulle weggegooi word, hou die afval vir 'n baie lang tyd. Dit is daarom beter om die sintetiese materiaal oor en oor te gebruik. Dit word die "hergebruik" van materiale genoem.

Omdat sintetiese materiale goedkoop is, kan mense bekostig om meer te koop as wat hulle nodig het. Een van die maklikste maniere om die nadele van sintetiese materiale te verminder is om minder goed te koop. Dit word "verbruiksvermindering" genoem. Voordat jy iets nuuts koop, vra jouself af of jy dit werklik nodig het.

Die gebruik van sintetiese materiaal het 'n ander nadeel waaraan die meeste mense nie aan dink nie. Skadelike afvalmateriaal word gewoonlik gevorm by die fabrieke waar die sintetiese materiale vervaardig word. Hierdie afvalmateriaal kan in die lug, water en grond beland. Moderne fabrieke word beter as die oues ontwerp en stel minder skadelike afval in die omgewing vry.

Tech1_gr8_ch8_fig2.tif
Figuur 2: Afval deur 'n fabriek vrygestel

Dit is ‘n goeie idee om sintetiese afval van natuurlike afval te skei. Ons noem dit "afvalskeiding".

Die afval afkomstig van natuurlike materiale word in die natuurlike omgewing afgebreek om skadelose stowwe soos kompos te vorm. Sommige natuurlike materiale breek in skadelose stowwe op wanneer hulle net vir 'n tydjie in die son of water lê.

'n Materiaal word "biodegradeerbaar" genoem as dit deur natuurlike prosesse tot klein, skadelose stukkies afgebreek kan word.

Materiale wat nie op natuurlike wyse tot skadelose stukkies afgebreek kan word nie, word "nie-biodegradeerbare" materiale genoem.

Baie mense gooi al hulle vrugte- en groenteskille op 'n komposhoop. Hulle gooi ook dooie blare, klein takkies en grassnysels daarop.

Binne die tydperk van 'n paar maande verander die plantafval op die hoop in klein, donker stukkies wat soos grond voel. Hierdie materiaal word kompos of humus genoem. Kompos is 'n waardevolle materiaal omdat plante beter groei in grond wat baie kompos bevat.

'n Komposhoop moet klam en warm gehou word, en dit moet lug kry. Mens doen dit deur die hoop met 'n vel plastiek te bedek en die kompos een keer per week om te woel en deur te werk.

Tech1_gr8_ch8_fig3.tif
Figuur 3: 'n Komposhoop

Waarvan word dinge gemaak?

Kyk om jou na die volgende voorwerpe in jou klaskamer. Skryf die volgende vir elke voorwerp neer:

  1. Waarvan dink jy is hierdie tipe voorwerp honderde jare gelede gemaak, voordat daar sintetiese materiale was.

  2. Waarvan word hierdie voorwerp vandag gemaak.

Voorwerp

Waarvan is dit honderde jare gelede gemaak?

Waarvan word dit vandag gemaak?

Hemp

Wenk: Kyk na die etiket in jou skoolhemp.

Trui

Wenk: Kyk na die etiket in jou skooltrui.

Pen

lets om te skryf

Wenk: Waarop het die ou Egiptenare geskryf? Waarop het die Khoisan geteken?

Potloodboksie

Verf

Dak

Skooltas

Nadat jy die tabel voltooi het, bespreek die antwoorde met die leerder wat langs jou sit.

Huiswerk vir die volgende les

Jy moet hierdie oefeninge doen sodat jy die vrae in die volgende les kan beantwoord.

  1. Kyk na die inhoud van vullisblikke en vullissakke. Maak 'n lys van al die vaste materiale daarin.


  2. Staan in 'n straat naby jou huis. Kyk om jou rond, sonder om van staanplek te verander. Tel hoeveel plastieksakke jy kan sien. Gaan na 'n ander straat en herhaal die proses. Voltooi dan die onderstaande tabel.

    Getal plastieksakke wat jy kan sien

    Straat A

    Straat B

  3. Kyk na die plastieksakke wat buite rondlê wat nog nuut lyk.

    Kyk ook na plastieksakke wat buite rondlê en oud lyk.

    Waarom lyk sommige plastieksakke nuut en ander oud? Wat het veroorsaak dat die oues so lyk?


  4. Kyk na nuwe en ou stukke materiaal wat van plante afkomstig is en wat rondlê, soos hout, grassnysels, papier en karton. Hoe verskil die nuwer stukke van hierdie afval van dié wat reeds vir 'n lang tyd rondlê?


Hoe raak jy van jou vullis ontslae?

Dit is goed vir die omgewing as jy verskillende tipes afval in verskillende vullissakke of kratte sit. Dit word afvalskeiding genoem. As jy byvoorbeeld jou glasafval in 'n krat sit, kan die glas deur 'n vullisversamelaar na 'n fabriek geneem word waar nuwe glas uit ou glas vervaardig word. Dit is baie beter as wat die ou glas op 'n vullishoop lê. Ons sê dat die glas herwin kan word. Jy sal volgende week meer oor herwinning leer.

Tech1_gr8_ch8_fig4.tif
Figuur 4: Die weeklikse vullis van 'n huishouding wat hul vullis skei
Tech1_gr8_ch8_fig5.tif
Figuur 5: Die weeklikse vullis van 'n huishouding wat nie hul vullis skei nie

Wat gebeur met dinge wat weggegooi word?

Bespreek in groepe van drie tot vier

Om hierdie vrae te beantwoord moet jy terugdink aan die oefeninge wat jy vir huiswerk gedoen het.

    1. Wat is die verskille tussen afvalmateriale wat reeds lank buite rondgelê het en afvalmateriaal wat nog net vir 'n kort rukkie buite rondlê?


    2. Watter materiaalsoorte verouder baie met tyd? En watter materiale het nie oor 'n lang tyd verander nie?


    3. Verander party materiale meer oor 'n tydperk as ander?


    1. Wat dink jy sal met plastieksakke gebeur wat langer as tien, honderd of duisend jaar in die omgewing rondlê?


    2. Word die plastieksakke wat as afval weggegooi word al hoe meer? Of vergaan hulle deur bioafbreking? Of gebeur iets anders met hulle?


Verskillende eienskappe van verskillende materiale

Siphosethu gebruik 'n papiersak om haar inkopies te dra.

Brandon gebruik 'n plastieksak.

Thabang gebruik 'n leersak.

Al drie van hulle gebruik hul sak oor en oor, maar die sakke breek na 'n ruk.

Beantwoord vir elke soort sak die volgende vrae. Hierdie werk is individuele werk.

  1. Wat sal met die sak gebeur as dit nat word?

    Papiersak

    Plastieksak

    Leersak

  2. Moet jy die sak op een of ander manier versorg om dit langer te laat hou?

    Papiersak

    Plastieksak

    Leersak

  3. Kan die sak reggemaak word as dit breek? As dit reggemaak kan word, hoe kan dit gedoen word?

    Papiersak

    Plastieksak

    Leersak

  4. Waar sal die sak heengaan as dit saam met ander afval, soos vrot kos, weggegooi word? Wat sal dan daarmee gebeur?

    Papiersak

    Plastieksak

    Leersak

Huiswerk

Dink aan 'n plek waar vullis verbrand word. Jy het dalk al sulke plekke gesien.

Tech1_gr8_ch8_fig6.tif
Figuur 6: 'n Brandende vullishoop
  1. Hoe lyk die grond?


  2. Hoe lyk die lug?


  3. Hoe ruik die lug?


Hoe kan ons mense keer om plastieksakke weg te gooi?

Gevallestudie: die negatiewe impak van plastieksakke op mense en die omgewing

Gedurende die afgelope twee weke het jy heelwat gelees en geleer oor die invloed van plastiekmateriale op mense en die omgewing. Hou dit in gedagte terwyl jy die volgende vrae beantwoord.

  1. Wat kan gebeur as 'n dier 'n plastieksak eet?


    1. Wat gebeur met mense en diere wat die gas inasem wat afkomstig is van brandende plastiek?


    2. Waar gaan die rook en gasse heen nadat die vuur uitgebrand het?


    3. Wat bly op die grond agter nadat die plastiek uitgebrand het?


  2. Waarna lyk dit as daar 'n klomp plastieksakke om jou huis by die skool, in die straat of in die veld rondlê?


  3. Kyk na die foto hieronder:

    Tech1_gr8_ch8_fig7.tif
    Figuur 7

    Wat kan gebeur as plastieksakke in 'n rivier of stroom beland?


  4. Wat gebeur met plastiek wat vir 'n lang tyd in die water lê? Verander dit?


Verslag: vermindering van die negatiewe impak van plastieksakke

Tot in 2003 het winkels in Suid-Afrika gratis plastieksakke aan kopers gegee om hul inkopies te dra. Hierdie sakke was baie dun en het maklik gebreek. Dit het veroorsaak dat mense die sakke weggegooi het nadat hulle gebruik is.

Die regering wou plastiekafval verminder en vanaf 2003 is winkels verbied om gratis plastieksakke aan kopers te verskaf. Die gebruik van baie dun plastieksakke is ook van toe af onwettig.

Sedertdien moet kopers betaal vir sterker plastieksakke wat herhaaldelik gebruik kan word. Alhoewel die sakke steeds dun lyk, is hulle nie so dun soos die sakke wat voor 2003 gebruik is nie. Baie kopers verkies om nie nuwe sakke te koop nie en neem eerder hul ou inkopiesakke winkels toe.

Dit is ook makliker vir herwinningsfabrieke om die nuwe, dikker plastieksakke vir hergebruik te herwin. Dit help egter net as mense hul vullis in afsonderlike houers sorteer sodat die plastieksakke na die herwinningsfabriek gestuur kan word.

Dink weer aan wat jy gesien het toe jy na die inhoud van vullisblikke en vullissakke en na plastieksakke wat buite rondlê gekyk het. Skryf 'n verslag van 'n halwe bladsy hieroor hieronder, waarin jy die volgende vier vrae beantwoord:

  1. Dink jy om mense vir dikker, herbruikbare plastieksakke te laat betaal help om die hoeveelheid plastieksakke wat mense weggooi te verminder?

  2. Is daar nog winkels wat dun plastieksakke gratis weggee?

  3. Watter persentasie mense dink jy hou hul plastiekafval afsonderlik van hul ander afval, en nie saam met hul ander vullis nie?

  4. Is daar ander dinge wat mense kan doen om te sorg dat minder plastieksakke weggegooi word?


Tech1_gr8_ch8_fig8.tif
Figuur 8: 'n Windturbine wek elektrisiteit op met behulp van die krag van die wind wat waai. Die lemme van die turbine word gemaak van 'n stof bekend as "epoksiehars," wat met vesel gekombineer word. Dit maak die lemme baie sterk, maar terselfdertyd baie lig. Dit is ook moontlik om hierdie materiaal in 'n spesiale vorm te verwerk.

Volgende week

Volgende week gaan julle in die klas dinge met papier en karton doen. In plaas daarvan om nuwe papier en karton te gebruik gaan julle ou papier en karton hergebruik. Kry oor die naweek 'n paar velle afvalpapier en afvalkarton in die hande en bring dit aan die begin van volgende week saam skool toe. Soek na items soos kartonverpakking vir voedselprodukte.