Raamstrukture

In hierdie hoofstuk gaan jy kyk na raamstrukture, soos selfoon torings, windpompe, kragdraad torings en mynskag torings. Jy sal leer hoe hierdie strukture ontwerp en gebou word sodat hulle sterk genoeg is, en jy gaan uitvind hoe die materiale wat in die bouprosesse van hierdie strukture gebruik word versterk kan word. Jy sal ook die voor- en nadele van landlyn telefone en selfone ondersoek.

Tech1_LG_gr7_ch10_fig1.tif
Figuur 1
Tech1_LG_gr7_ch10_fig2.tif
Figuur 2
Tech1_LG_gr7_ch10_fig3.tif
Figuur 3

Sterk raamstrukture

Tech1_LG_gr7_ch10_Fig4a-en-5.tif
Figuur 4: ’n Selfoontoring
Tech1_LG_gr7_ch10_Fig4a-en-5.tif
Figuur 5: ’n Windpomp

As die wind waai sodat die wiel van ’n windpomp draai, word water uit ’n boorgat gepomp. Op hierdie manier word wind as ’n energiebron gebruik. Wind kan op dieselfde manier gebruik word om elektrisiteit op te wek. Baie jare gelede, voor elektrisiteit ontdek is, het mense windmeule gebruik om graan te maal om meel te maak.

’n Selfoontoring is ’n hoë raamstruktuur met toestelle bekend as golfontvangers en golfsenders bo-op. Wanneer mense met mekaar praat deur selfone te gebruik, laat die ontvangers en die senders die golwe van een selfoon ’n ander selfoon bereik.

Tech1_LG_gr7_ch10_fig4b.tif
Figuur 6
  1. Trek lyne op die diagram aan die linkerkant hier onder sodat dit meer na die toring van ’n windpomp of ’n selfoontoring lyk. Moenie ’n liniaal gebruik nie. Maak ’n vinnige vryhandskets

    Tech1_gr7_ch10_fig6a.tif
    Figuur 7
  2. Waarom dink jy is die toring van die windpomp en die selfoontoring ontwer


Ondersoek nog torings

Tech1_LG_gr7_ch10_fig6b.tif
Figuur 8: ’n Elektrisiteitstoring
tech1_LG_gr7_ch10_fig7.tif
Figuur 9: ’n Mynskagtoring
tech_05.tif
Figuur 10
tech_05.tif
Tech1_LG_gr7_ch10_fig8a.tif
Figuur 11
  1. Kyk na die prente en foto’s wat tot dusver in hierdie hoofstuk verskyn het. Hulle is almal van raamwerktorings. Lyk hierdie torings meer soos ontwerp A hieronder, of meer soos ontwerp B?


    tech_07.tif
    Figuur 12
  2. Trek donker lyne op die sye van ’n driehoek in ontwerp A in. Is daar enige driehoeke in ontwerp B? Hoeveel driehoeke is daar in ontwerp A?


  3. Hoekom dink jy is daar driehoeke in die torings?


Kommunikasiestelsels

Landlyntelefone of selfone: wat is die beste?

Party mense sê dit is beter om ’n selfoon te gebruik as ’n landlyn telefoon. Ander verkies weer landlyn telefone bo selfone.

’n Ander naam vir ’n selfoon is ’n mobiele telefoon.

Tech1_LG_gr7_ch10_fig9a.tif
Figuur 13
  1. Waarom hoor Mavis nie wat Thomas sê nie?


  2. Phillip en Lebogang geniet hulle gesprek. Hoekom ondervind hulle nie dieselfde kommunikasieprobleem as Mavis en Thomas nie?


  3. Gebruik die onderstaande tabel en beskryf vier voordele van landlyn telefone, en vier voordele van selfone.

    Toestel

    Voordele

    Nadele

    Landlyntelefone











    Selfone











Aksienavorsing: verstewiging van strukture

Sommige soorte materiaal is nie geskik as boumateriaal nie. Hulle eienskappe kan egter verander en verbeter word om ’n geskikte materiaal te maak. Jy gaan nou ’n plat vel papier verstewig om dit meer geskik te maak as boumateriaal vir modelle.

Verstewig: Om iets stewig en sterk te maak.

Aktiwiteit 1: verstewig papier deur verbuising

Werk in pare.

Julle benodig:

Kyk na die prente hieronder voordat julle begin

tech_08.tif  

Figuur 14

Leerder 1:Rol ’n papiervel om ’n buis te vorm met ’n gat in die middel wat nie groter is as die gat in die middel van ’n toiletrol nie. Plak die buis met kleefband vas sodat dit sy vorm behou.

Leerder 2: Rol ’n papiervel op om ’n kleiner buis te vorm met ’n gat in die middel waarin ’n potlood net-net nie pas nie. Plak die buis met kleefband vas sodat dit sy vorm behou.

Hou die buise aan hul eindpunte vas. Probeer om elke buis te buig. Watter een buig die maklikste?


Verbuising is ook die proses wat gebruik word wanneer sterk papierstrooitjies vervaardig word. Kyk na die prent hieronder om te sien hoe om papierstrooitjies te rol.

Plak die laaste stukkie van die papiervel vas om te keer dat die strooitjie afrol.

Knip die dun eindpunte van die gerolde strooitjie af. Nou het jy ’n sterk papierstrooitjie.

Tuisgemaakte gom

Bestanddele

1 koppie koekmeel

⅓ koppie suiker

1 ½ koppies water

1 eetlepel asyn

Metode

Meng die meel en suiker in ’n pot.

Voeg die helfte van die water by en roer.

Voeg die res van die water by en roer.

Voeg die asyn by.

Verhit dit totdat die mengsel dik en

blinkerig word. Laat dit afkoel.

tech_09.tif
Figuur 15

Aktiwiteit 2: verstewig karton deur voue daarin te maak

Werk in pare. Julle benodig ’n stuk karton, kleefband en ’n skêr. Julle het ook twee boeke nodig. Knip twee kartonstroke, elkeen omtrent 30 cm lank en 8 cm breed. Vou een strook met die lengte langs in die middel, sodat dit só lyk:

Tech1_LG_gr7_ch10_fig12.tif
Figuur 16
  1. Watter een van die twee stukke karton sal die maklikste buig?


    Doen ’n ondersoek en kontroleer jou antwoord.

    Een van die leerders in die paar hou die plat kartonstrook sodat dit die spasie tussen die twee boeke oorspan, soos wat hieronder gewys word. Die ander een druk afwaarts in die middel van die kartonvel.

    Tech1_LG_gr7_ch10_fig13.tif
    Figuur 17

    Doen dieselfde met die gevoude kartonstrook.

    Tech1_LG_gr7_ch10_fig14.tif
    Figuur 18
  2. Watter een van die twee kartonstroke buig die maklikste: die plat strook of die strook met die vou?


Aktiwiteit 3: hoe om verskillende vorms stabiel en sterk te maak

Werk in groepe van vier.

Materiale:

  1. Elke lid van die groep moet minstens drie papierstrooitjies rol.

  2. Voeg vier papierstrooitjies saam om ’n vorm met vier sye te maak. Kyk wat gebeur as jy die kante van die vierkant indruk en uittrek. Verander die vorm?


    Tech1_LG_gr7_ch10_Fig15.tif
    Figuur 19
  3. Voeg nog ’n papierstrooitjie by, van die linkerkantse boonste hoek tot by die regterkantse onderste hoek. Herhaal die gedruk en getrek. Verander die vorm weer maklik?


    Tech1_LG_gr7_ch10_Fig16.tif
    Figuur 20

    Deur die vierkant in twee driehoeke te verander het jy die struktuur stabiel gemaak.

Om driehoeke in ’n struktuur te maak word triangulasie genoem.

  1. Kyk na die vorms hieronder. Besluit as ’n groep hoe julle die vorms stabiel kan maak.

    1. Bou die twee vorms en toets julle idees. Twee van julle maak vorm A, en die ander twee maak vorm B.

    2. Druk en trek die sye van die vorms voordat julle nog papierbuise byvoeg.

    3. Toets julle vorms nadat julle nog papierbuise bygevoeg het. Is albei stabiel?

      tech_10.tif
      Figuur 21
  2. Kopieer die twee vorms. Trek nou lyne waar jy nog papierstrooitjies sou invoeg om driehoekvorms te maak.

    sketchspace
  3. Hoeveel stutte sou jy gebruik om vorm A in driehoeke te verander?


  4. Hoeveel papierstutte het jy gebruik om vorm B in driehoeke te verander?


  5. Deel jou tekeninge met drie ander leerders. Kyk goed waar hulle die diagonale dele geplaas het om hul vorms stabiel te maak.

Gebruik triangulasie om papier sterk te maak

  1. Die tekening hieronder is van die een sy van ’n brug. Dit is nog nie voltooi nie. Voltooi die tekening om te wys hoe triangulering gebruik gaan word.

    1_LG_gr7_ch10_f20.tif
    Figuur 22
  2. Hieronder is tekeninge van twee verskillende raamwerke.

    1. Maak elkeen van hulle met papier of dun karton. Maak seker jy gebruik dieselfde materiaal vir beide die raamwerke.

    2. Sodra jy klaar is, druk liggies met een hand op elkeen van hulle. Jy sal voel hulle kan ’n bietjie druk van bo af weerstaan.

      Die vierkantige raamwerk is sterk as jy reg van bo af daarop na onder druk. Dit is swak as jy van die kant af daarop druk.

      Die driehoekige raamwerk kan ook druk van die kant af weerstaan.

    3. Gebruik dieselfde materiaal wat julle vir die raamwerke gebruik het. Plak ’n stuk daarvan op die boonste punt en onderste punt van elke raamwerk. Dit sal die raamwerk sterker maak.

    4. Toets nou die sterkte van elkeen van die raamwerke. Plaas dieselfde boek eers op die een en dan op die ander raamwerk. Begin met ’n taamlik ligte boek. Sit nog ’n boek by as die raamwerk nie breek nie

    5. Hoeveel boeke kan jy op elk van die raamwerke plaas voordat dit inmekaarsak?

    6. Watter raamwerk sak eerste inmekaar?

    7. Verduidelik waarom die ander raamwerk stewiger is.

    1_LG_gr7_ch10_f21.tif
    Figuur 23

Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy meer leer oor die verskillende dinge wat jy moet onthou as jy beplan om iets te bou