Kragte

Hoofstukoorsig

2 weke

Hierdie hoofstuk stel leerders bekend aan die konsep van kragte. Leerders sou al in vorige grade aan sommige kragkonsepte bekendgestel gewees het, byvoorbeeld:

  • Gr. 8 Statiese elektrisiteit het leerders bekendgestel aan wrywing en elektrostatiese krag; en

  • Gr. 8 Oordrag van energie in elektriese stelsels het leerders bekendgestel aan die aantrekkings- en afstotingskragte tussen magnete, toe hulle na die magnetiese effek van 'n elektriese stroom gekyk het.

Leerders sal ontdek dat daar twee hoofkategorieë kragte is, naamlik kontak- en nie-kontakkragte. Hulle sal bekendgestel word aan die konsep van kragvelde. Hierdie hoofstuk bied baie geleenthede om die leerders te kry om fisies met die konsepte werk. Kry leerders om voorwerpe rond te trek en te stoot en mekaar rond te beweeg in die klaskamer en op die skoolgronde. Laat hulle teen geboue stoot en die weerstand wat deur oppervlaktes gebied word ervaar. Laat hulle op verskillende oppervlaktes loop om die gevolge van wrywing te voel.

Daar is baie take in hierdie hoofstuk ingesluit. Daar mag moontlik nie tyd wees om alles te doen nie. Sommige is uitbreidingstake, en sommige take is hersiening van Gr.7 en 8. Dit sal nodig wees om die behoeftes en vermoë van die klas te assesseer ten einde te bepaal watter take om te doen. Daar is 'n groot hoeveelheid stof om in hierdie hoofstuk deur te werk, en baie konsepte vorm die basis van wat leerders in Fisiese Wetenskappe in Gr. 10-12 sal leer. Dit mag nodig wees om meer tyd hiervoor te gebruik as die 2 weke wat in KABV voorgeskryf word. Sommige van die hoofstukke in hierdie termyn mag minder tyd verg.

Het jy geweet dat hierdie werkboeke deur Siyavula geskep is, met insette van baie medewerkers en vrywilligers? Gaan net na die voorste bladsy om die lang lys te sien. Lees meer oor Siyavula op ons webwerf:[link]www.siyavula.com. Dit is ook moontlik om op ons gemeenskapsbladsy in te skryf as jy met ons in aanraking wil bly, en by ons projekte wil betrokke raak.

Siyavula het ook 'n reeks handboeke vir ander grade en vakke, en ons gaan nog meer saamstel. Hierdie hand- en werkboeke is onder ope-lisensie en vryelik beskikbaar vir gebruik, aflaai, kopieer, herwerk en herversprei. Die Siyavula handboeke wat op die oomblik beskikbaar is, is:

1.1 Tipes kragte (1.5 ure)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Wat kan kragte doen?

Groepwerk, volg van instruksies, doen en waarneming

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Is dit 'n stoot of 'n trek?

Herroeping, identifisering, sortering en klassifisering, beskrywing, verduideliking

Voorgestel

Aktiwiteit: Kragpare

Groepwerk, interpretasie (scenarios en beelde), beskrywing, verduideliking

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Kan kragte oor 'n afstand inwerk?

Demonstrasie, waarneming, beskrywing, verduideliking

Opsioneel

Addisionele/alternatiewe taak

  • Aktiwiteit: Toutrek - Opsionele uitbreiding deur van PhET simulasies gebruik te maak.

1.2 Kontakkragte (1 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Ondersoek: Wat is die verhouding tussen die normale kragte en wrywing?

Uitvoer van 'n ondersoek, waarneming, optekening, analisering, interpretering, die maak van gevolgtrekkings

Voorgestel (uitbreiding)

Addisionele/alternatiewe taak

  • Aktiwiteit: Wrywing - opsionele uitbreiding deur van PhET simulasies gebruik te maak.

1.3 Veldkragte (3.5 ure)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Ondersoek: Om voorwerpe te laat val

Groepwerk, voorspelling, hipoteseformulering, uitvoer van 'n ondersoek, waarneming, aantekening, vergelyking, intrepretering, die maak van gevolgtrekkings

KABV aanbeveel

Ondersoek: Wat is die verband tussen die massa van 'n voorwerp en sy gewig?

Hipoteseformulering, meting, aantekening, teken van grafieke, interpretering, berekening, die maak van gevolgtrekkings

Voorgestel

Aktiwiteit: Gewig- en massaberekenings

Berekening

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Hoeveel sal jy op ander planete weeg?

Meting, berekening, interpretering van inligting in 'n tabel

Opsioneel/addisioneel

Ondersoek: Magnetiese of nie-magnetiese stowwe

Hipoteseformulering, waarneming, aantekening, die maak van gevolgtrekkings

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Kan 'n magnetiese krag deur stowwe op iets inwerk?

Uitvoer van aktiwiteit, waarneming, aantekening, beskrywing, verduideliking

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Visualisering van magnetiese velde

Uitvoer van aktiwiteit, waarneming, aantekening, teken van voorstellings, kommunikering (grafies), beskrywing, verduideliking

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Laai van voorwerpe

Groepwerk, volg van instruksies, waarneming, beskrywing, verduideliking

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Draai van die wiel

Waarneming, beskrywing

KABV aanbeveel

Aktiwiteit: Van de Graaff-generator

Waarneming, beskrywing

Opsionele uitbreiding

  • Wat is 'n krag?
  • Watter uitwerking kan 'n krag op 'n voorwerp hê?
  • Werk kragte slegs tussen voorwerpe wat aan mekaar raak?

Tipes kragte

  • krag
  • netto krag
  • kontakkrag
  • nie-kontakkrag
  • newton
  • vervorming
  • spoed
  • snelheid
  • versnelling

Wat is 'n krag?

Dink aan die volgende situasie: Jy help jou onderwyser om die klaskamer te herrangskik, en sy vra jou om haar lessenaar van die een kant van die klaskamer na die ander te beweeg. Hoe sal jy dit doen? Die lessenaar is te swaar vir jou om op te tel, so hoe kry jy dit aan die anderkant van die klaskamer?

Dit is reg: jy gaan dit óf stoot óf trek oor die kamer. In die proses sal jy 'n krag op die lessenaar uitoefen om dit te laat beweeg.

Die newton word gedefinieer as die krag wat nodig is om 'n massa van 1 kilogram teen 1 meter per sekond kwadraat (m/s2) te laat versnel.

'n Krag is 'n stoot- of 'n trekaksie op 'n voorwerp. Die eenheid waarin ons krag meet is 'n newton (N). Dit is na Sir Isaac Newton, 'n Engelse fisikus en wiskundige, vernoem. Sir Isaac Newton word erken as een van die mees invloedryke wetenskaplikes van alle tye. Die eenheid van krag is na hom vernoem uit erkenning vir sy werk in meganika en sy drie bewegingswette.

Sir Isaac Newton (25 Desember 1642 - 20 Maart 1727).

Het jy opgelet dat een van die Het jy geweet kantlyn kassies in hierdie werkboeke 'n tekening van Newton insluit?

In 1687 het Newton Philosophae Naturalis Principia Mathematica gepubliseer, wat deur baie mense as een van die belangrikste boeke in die geskiedenis van die wetenskap gesien word. Daarin beskryf hy universele gravitasie en die drie bewegingswette.

Ons gebruik kragte elke dag van ons lewens. Ons liggame maak op kragte staat. Ons spiere trek aan ons bene om ons te laat beweeg. Ons voete druk teen die grond wanneer ons loop. Om deure oop te maak of om kos op te tel - alles wat ons doen behels een of ander soort krag.

Wat kan kragte doen? Kom ons eksperimenteer met kragte en kyk wat ons kan doen.

Wat kan kragte doen?

Hierdie aktiwiteit gaan oor die eksperimenteer met verskillende voorwerpe, om te sien wat met hulle gebeur as hulle gestoot of getrek word. Leerders moet sien dat vaste voorwerpe wat gestoot word versnel. Wanneer sponse, ballonne en speelklei gestoot of getrek word, verander hul vorms, en die bal kan aan die beweeg gesit word. Elke groep sal die materiale hieronder gelys benodig.

MATERIALE:

  • blokkies (hout of metaal)
  • spons of stuk skuimrubber
  • bal
  • opgeblaasde ballon
  • stopverf of speelklei

INSTRUKSIES:

Werk in groepe van 2 of 3 soos jy die instruksies volg, en die gevolge van die kragte, wat jy toepas, beskryf.

Begin met die bal en plaas dit op die grond. Stoot dit na jou maat. Wat kon jy die bal laat doen deur dit te stoot?


Leerders kan veroorsaak dat die bal beweeg.

Wanneer een van julle die bal na die ander stoot, moet die derde persoon die bal nog 'n keer stoot teen 'n hoek met die rigting waarin dit alreeds beweeg. Wat kon jy doen aan die rigting waarin die bal beweeg het?


Wanneer 'n bewegende bal gestoot word, verander dit van rigting.

Oefen 'n krag in die teenoorgestelde rigting as sy beweging uit terwyl hy alreeds beweeg. Wat kon jy die bal laat doen?


Leerders kan die bal laat stadiger beweeg of dit stop.

Oefen 'n krag uit in dieselfde rigting as die beweging, terwyl dit alreeds beweeg. Wat kon jy die bal laat doen?


Leerders kan die bal vinniger laat beweeg.

Tel die stuk stopverf of speelklei op. Oefen stoot- of trekkragte daarop uit. Probeer dieselfde met die opgeblaasde ballon. Wat doen jy aan die vorm van die stopverf of speelklei, en die opgeblaasde ballon?



Die uitoefen van kragte op die stopverf en speelklei verander hul vorms, en dit bly vervormd. Die uitoefen van kragte op die ballon verander ook sy vorm, maar dit keer na die oorspronklike vorm terug sodra jy ophou om 'n krag daarop uit te oefen.

Stoot en trek die houtblokkies. Is jy daartoe in staat om hulle beweging te verander? Kan jy hulle vorm verander?


Ja, jy kan hulle beweging verander deur te veroorsaak dat hulle beweeg. Nee, jy is nie daartoe in staat om hulle vorms te verander nie.

Tel die stuk spons op en draai dit. Hierdie is ook 'n soort krag wat die spons se vorm verander.

Druk die spons tussen beide hande vas. Dit word kompressie genoem.

Uitwerkings van kragte

Vanuit die vorige aktiwiteit sou jy gesien het dat kragte die volgende uitwerkings kan hê:

  • Kragte kan die vorm van 'n voorwerp verander. Dit word vervorming genoem.

  • Kragte kan die beweging van 'n voorwerp verander. As 'n voorwerp stilstaan, kan 'n krag veroorsaak dat die voorwerp begin beweeg. As 'n voorwerp alreeds beweeg, kan 'n krag veroorsaak dat die voorwerp vinniger of stadiger beweeg.

  • Kragte kan die rigting waarin 'n voorwep beweeg verander.

Hoe kan ons die beweging van 'n voorwerp beskryf? Wanneer 'n voorwerp beweeg, sê ons dat dit 'n snelheid het. Snelheid is die tempo van verandering in die posisie van 'n voorwerp. Snelheid is die spoed van 'n voorwerp tesame met die rigting waarin dit beweeg. Spoed beskryf slegs hoe vinnig 'n voorwerp beweeg, terwyl snelheid beide hoe vinnig en in watter rigting 'n voorwerp beweeg aandui.

'n Voorwerp kan teen 'n konstante snelheid beweeg. Dit beteken dat dit teen dieselfde spoed in dieselfde rigting bly beweeg. 'n Motor wat op die snelweg beweeg teen 100 km/h in 'n reguit lyn het byvoorbeeld 'n konstante snelheid. Wat gebeur egter wanneer die motor vinniger of stadiger begin beweeg?

Ons het in die vorige aktiwiteit gesien dat ons die beweging van 'n voorwerp kan verander deur 'n krag daarop toe te pas om dit vinniger of stadiger te laat beweeg. Die snelheid van die voorwerp verander oor tyd as gevolg van 'n krag wat daarop inwerk. Dit word versnelling genoem. Versnelling is die tempo van verandering van 'n liggaam se snelheid met tyd. Met ander woorde, dit is 'n maatstaf van hoe 'n voorwerp se spoed elke sekonde verander.

Is dit 'n stoot- of 'n trekkrag?

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prente in die tabel.
  2. Beskryf die aksie in elke prent.
  3. Besluit of die krag wat uigeoefen word 'n stoot- of 'n trekkrag is.
  4. Beskryf die gevolg van die krag.

Aksie

Trek- of stootkrag?

Gevolg

Skop van 'n bal.

Vorming van klei.

Speel met 'n speelgoedwa.

'n Vuurpyl wat die ruimte ingeskiet word.

Oefen aan 'n dwarslat.

Aksie

Trek- of stootkrag?

Gevolg

Skop van 'n bal.

Stoot

Die skop van die bal veroorsaak dat die rigting en spoed van die bal verander.

Vorming van klei.

Stoot

Die stootkrag wat op die klei uitgeoefen word, verander die vorm van die klei.

Speel met 'n speelgoedwa.

Trek

Deur dit te trek verander die beweging van die wa.

'n Vuurpyl wat die ruimte ingeskiet word.

Stoot

'n Stootkrag verander die beweging van die vuurpyl (dit versnel dit)

Oefen aan 'n dwarslat.

Trek

Deur opwaarts te trek, verander die beweging van die seun se liggaam.

VRAE:

Hierdie vrae oor die identifisering van die voorwerp wat die krag ervaar en die agent wat die krag veroorsaak, is konseptueel belangrik wanneer Newton se wette in latere grade toegepas word.

In die voorbeeld van die meisie wat die bal skop, watter voorwerp ervaar die krag, en watter voorwerp is die agent van die krag (m.a.w., die liggaam wat die krag toepas)?


Die sokkerbal ervaar die krag, en die meisie se voet is die agent wat die krag toepas.

Wanneer die klei gevorm word, watter voorwerp ervaar die krag, en watter voorwerp is die agent?


Die klei ervaar die krag, en die hande is die agent.

Pare van kragte

Ons gaan nou nog 'n praktiese aktiwiteit doen om 'n ander konsep oor kragte te ondersoek.

Pare van kragte

INSTRUKSIES:

Werk in groepe van drie vir hierdie aktiwiteit.

Eerstens, gaan na julle klaskamer se muur, en stoot daarteen. Beskryf hieronder wat jy voel.


Leerder-afhanklike antwoord. Leerders mag noem dat hulle die muur voel terugstoot teen hulle hande.

Wanneer jy teen die muur stoot, dink jy dat die muur teen jou hande terugstoot? Hoe vergelyk hierdie krag met die krag wat jy op die muur uitoefen?



Ja, dit stoot terug.

Die krag wat die leerders ervaar het, is gelyk in grootte, en teenoorgesteld in rigting, wat later bespreek sal word.

Staan in 'n driehoek met jou twee maats en hou mekaar se hande vas. Trek nou mekaar se hande. Kan jy voel hoe jou maats se hande terug trek wanneer jy trek?


Ja.

Bly in die driehoek staan, plaas jul handpalms teen mekaar, en druk teen mekaar se hande. Kan jy voel hoe jou maats se hande terug stoot wanneer jy stoot?


Ja.

Vervolgens, staan skouer-aan-skouer met jou twee maats. Die twee leerders aan die buitekant moet teen die skouers van die leerder in die middel stoot.

Wat gebeur as julle met dieselfde krag stoot?


Die leerder in die middel bly stil staan.

Wat gebeur as een van julle met 'n groter krag as die ander een stoot?


Die middelste leerder sal in die rigting van die sterker krag beweeg.

Vervolgens moet die leerder in die middel sy of haar arms uitsteek. Die leerders aan die buitekant moet in teenoorgestelde rigtings aan die middelste leerder se hande trek.

Wat gebeur as julle beide met 'n gelyke krag trek?


Die middelste leerder bly stil staan.

Hierdie is belangrik vir later. Dit is belangrik om die kragte wat op 'n spesifieke voorwerp inwerk te identifiseer.

Wat gebeur as een van julle met 'n groter krag as die ander een trek?


Die middelste leerder sal in die rigting van die sterker krag beweeg.

Wat gebeur wanneer een van julle trek en die ander een stoot?


Hierdie kragte werk beide in dieselfde rigting, en dus beweeg die leerder in die rigting van beide die stoot- en trekkragte.

Wat ons in die vorige aktiwiteit gesien het, is dat wanneer een voorwerp 'n krag op 'n tweede voorwerp uitoefen, die tweede voorwerp 'n krag terug op die eerste voorwerp uitoefen. Jy het dit gesien toe jy teen die muur gestoot het. Ons sê dat kragte in pare werk. Newton het die een krag die aksie genoem, en die ander die reaksie, soos getoon in die volgende diagram.

Ons het ook gesien dat wanneer jy 'n krag op 'n muur uitoefen, jy ervaar dat die muur 'n krag terug op jou uitoefen. Kragte werk in pare op verskillende voorwerpe in. Die krag wat op die tweede voorwerp inwerk is gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting aan die eerste krag.

Wat ons hier beskryf het is eintlik Newton se Derde Bewegingswet. Hierdie wet lui dat wanneer een liggaam 'n krag uitoefen op 'n tweede liggaam, die tweede liggaam terselfdertyd 'n krag uitoefen wat gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting as dié op die eerste liggaam is.

As jy Fisiese Wetenskappe in Gr. 10-12 neem, sal jy Newton se wette in meer besonderhede in Gr. 11 bestudeer. Jy sal sien hoe hierdie drie wette die grondslag gelê het vir die klassieke meganika, een van die oudste en grootste onderwerpe in die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie.

In die vorige aktiwiteit het ons ook gesien dat meer as een krag op dieselfde tyd op een voorwerp kan inwerk. 'n Voorbeeld was toe twee van julle julle vriend in die middel gestoot of getrek het. Die effek van die verskillende kragte wat saam uitgeoefen word, hang af van hoe groot elke krag is, en wat die rigting is waarin elke krag inwerk. Wanneer twee of meer kragte op 'n voorwerp inwerk, kombineer die kragte om 'n netto (geheel) krag te maak.

Wat het gebeur toe beide van julle met 'n gelyke krag gestoot of getrek het?


Niks het gebeur nie, en die middelste leerder het stil gestaan.

Wanneer die kragte gelyk is aan mekaar, maar in teenoorgestelde rigtings werk, balanseer hulle mekaar uit. Ons sê die netto krag is 0 N.

Wat het gebeur toe een van julle harder as die ander een gestoot of getrek het?


Die leerder in die middel het in die rigting van die groter krag beweeg.

Wanneer die kragte in teenoorgestelde rigtings inwerk, maar hulle is nie gelyk nie, sê ons die netto krag is groter as 0 N. Daar is 'n resultante krag. Wanneer die kragte gelyk aan mekaar is en in dieselfe rigting inwerk, sal daar ook 'n resultante krag wees.

Dink aan toutrek. Mense aan elke kant trek aan die tou. As hulle kragte van gelyke groottes uitoefen, staan die tou stil. As een groep 'n sterker krag as die ander kan uitoefen, sal die tou in die rigting van die sterker krag beweeg. Dit is omdat die kragte ongebalanseerd is, en daar 'n netto (resultante) krag is wat in die rigting van die groter krag werk.

Toutrek

As 'n tou beskikbaar is kan die leerders 'n toutrek wedstryd buite op die skoolveld hou. Die leerders aan die een kant kan dan gevra word om te trek, terwyl dié aan die ander kant niks doen nie. Kry dan beide kante om gelyk te trek. Hierdie is 'n goeie manier om die leerders die effek van kragte op hul eie liggame te laat voel.

Jy het ook gesien dat een van julle kon stoot en die ander in dieselfde rigting kon trek. In hierdie geval was daar 'n baie groter netto krag aangesien beide kragte in dieselfde rigting ingewerk het, en dus tel hulle saam om 'n groter netto krag te lewer.

Ons kan die netto kragte wat op 'n liggaam inwerk bereken. Om dit te doen, moet ons eers praat oor hoe ons die kragte wat op 'n liggaam inwerk kan voorstel.

Die voorstelling van kragte

Hoe wys ons 'n krag? Wanneer ons 'n diagram wil teken om te wys watter kragte inwerk, gebruik ons pyle om die kragte voor te stel. Ons wys altyd inwerkende kragte vanaf die middelpunt van die voorwerp waarop hulle inwerk. As ons byvoorbeeld die krag wat op die bal inwerk wanneer dit gestoot word teken, sal dit as volg lyk:

Die rigting van die pyl wys die rigting waarin die krag werk, en die lengte van die pyl is 'n aanduiding van die grootte van die krag. 'n Klein krag sal deur 'n kort pyl voorgestel word, en 'n groot krag deur 'n lang pyl.

Meer as een krag kan terselfdertyd op 'n voorwerp inwerk. Die gevolg van die verskillende kragte wat saam inwerk, hang af van hoe groot elke krag is, en in watter rigting elkeen inwerk.

Kom ons kyk hoe ons die volgende situasie voorstel: Jabu trek aan Rod se arm met 'n krag van 10 N, terwyl Viantha Rod se ander arm met 'n krag van 6 N trek.

Ons kan die kragte wat op Rod se arm inwerk op die volgende manier voorstel: ons gebruik 'n sirkel om Rod voor te stel, en verskillende lengtes pyle om die kragte wat op hom inwerk voor te stel. Dit word 'n vryeliggaamdiagram genoem.

Wat is die netto krag wat op Rod inwerk? Ons kan dit as volg bereken:

netto krag = 10 N + (- 6 N) = 4 N na links.

Aan die krag wat deur Viantha uitgeoefen word, word 'n negatiewe waarde toegeken, aangesien dit in die teenoorgestelde rigting is as die krag wat deur Jabu uitgeoefen word.

As die kragte almal in dieselfde rigting werk dan is die netto krag die som van die verskillende kragte.

Verbeel jouself dat jy iemand in 'n kaskar stoot, en jou vriend jou kom help om harder te stoot. Daar is nou twee kragte wat op die persoon in die kaskar inwerk. Die kragte werk in dieselfde rigting, en dus tel hulle saam om 'n netto krag te lewer wat die som van die twee kleiner kragte is.

Soos ons later sal sien, is daar ook ander kragte wat op hierdie sisteem inwerk, byvoorbeeld wrywing en gewig.

Ontdek meer aanlyn met hierdie simulasie oor kragte en beweging. http://phet.colorado.edu/en/simulation/forces-and-motion-basics

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit wat met die leerders gedoen kan word indien daar toegang tot die internet is om die PhET simulasies uit te voer.

Aktiwiteit: Toutrek

MATERIALE:

Dit sal 'n goeie idee wees vir die onderwyser om vertroud met die die simulasie te wees voordat die leerders dit gebruik. Dit sal verseker dat hulle gehelp kan word as hulle probleme met die simulasie ondervind. Wanneer die program gebruik word, is dit belangrik dat leerders die program stop elke keer wanneer hulle nog 'n krag byvoeg. Hier is 'n skakel na 'n PDF-dokument wat handige wenke gee oor hoe om die simulasie te gebruik: http://phet.colorado.edu/files/teachers-guide/forces-and-motion-basics-guide.pdf

INSTRUKSIES:

  1. Maak die webblad oop. Klik op die 'Run' knoppie.
  2. Merk al die blokkies in die boonste regterkantste hoek.
  3. Plaas die blou en rooi span op so 'n manier dat die kragte gebalanseerd is.
  4. Teken 'n vryeliggaamdiagram om die kragte wat op die trollie inwerk te wys. Wys die netto krag (som van die kragte)

Nota: Die diagram sal leerder-afhanklik wees. Hulle sal 'n spesifieke kombinasie van blou en rooi spanlede moes kies om 'n gebalanseerde stel kragte te kry. Moedig hulle aan om met die simulasie te speel, eerder as om net die eerste antwoord wat hulle vind te kies. Wys hulle dat daar baie korrekte kombinasies is. Die diagram wat hulle teken behoort twee pyle van dieselfde lengte te hê wat in teenoorgestelde rigtings wys, en die netto krag moet gelyk aan nul wees. Onthou om nooit die netto krag te teken nie. Die simulasie sal die korrekte antwoord aan hulle wys. Wys leerders daarop dat ongebalanseerde kragte tot 'n verandering in beweging (versnelling) van 'n liggaam lei. In die geval van die trollie werk die kragte in teenoorgestelde rigtings, en kombineer deur aftrekking. Maar ongebalandeerde kragte kan ook in dieselfde rigting werk, byvoorbeeld as twee mense die trollie in dieselfde rigting stoot wat veroorsaak dat dit versnel, kombineer die twee kragte deur optelling, in plaas van aftrekking.

  1. Begin die simulasie oor.
  2. Plaas die blou en rooi spanlede op so 'n manier dat 'n ongebalanseerde krag ontstaan.
  3. Teken 'n vryeliggaamdiagram om die kragte wat op die trollie inwerk te wys.

Nota: Die vektordiagram sal leerder-afhanklik wees. Hulle sal 'n spesifieke kombinasie van blou en rooi spanlede gekies het om 'n ongebalanseerde stel kragte te verkry. Moedig hulle aan om met die simulasie te speel, eerder as om net die eerste antwoord wat hulle vind te kies. Wys hulle dat daar baie korrekte kombinasies is. Die diagram wat hulle teken behoort twee pyle van in teenoorgestelde rigtings wys te hê. Die simulasie sal die korrekte antwoord aan hulle wys.

Hoe kan ons krag meet? Ons gebruik 'n instrument wat 'n trekskaal genoem word. 'n Trekskaal is 'n eenvoudige apparaat wat uit 'n spiraalveer bestaan wat, wanneer dit gerek word, 'n lesing van die krag gee wat gebruik word om die veer te rek.

'n Trekskaal

Die funksionering van 'n trekskaal is afhanklik van Hooke se Wet, wat lui dat wanneer 'n krag 'n spiraalveer rek of saampers, die afstand wat die veer van sy rusposisie af beweeg direk eweredig is aan die grootte van die krag.

Met hierdie simulasie kan jy meer leer oor Hooke se Wet en hoe spiraalvere rek afhangende van die betrokke massa. http://phet.colorado.edu/en/simulation/mass-spring-lab

Tipes kragte

Tot dusver het ons gekyk na kragte wat op 'n voorwerp inwerk wanneer die voorwerp wat die krag veroorsaak in kontak is met die voorwerp wat die krag ervaar. Moet ons altyd in kontak met 'n voorwerp wees om 'n krag uit te oefen?

Kan kragte oor 'n afstand inwerk?

Hierdie is 'n kort, opsionele aktiwiteit om die idee van verskillende tipes kragte bekend te stel. Dit kan as 'n kort demonstrasie voor in die klas gedoen word om tyd te spaar.

MATERIALE:

  • staafmagnete
  • metaal skuifspelde

INSTRUKSIES:

Plaas een van die staafmagnete op die tafel.

Bring die noordpool van die een magneet naby aan die suidpool van die eerste staafmagneet. Wat gebeur?


Die staafmagnete beweeg na mekaar toe

Bring die noordpool van die een staafmagneet naby die noordpool van die ander magneet. Wat gebeur?


Die magnete probeer om mekaar weg te stoot.

Plaas die skuifspeld op die tafel.

Bring 'n staafmagneet naby die skuifspelde. Wat neem jy waar?


Die skuifspelde word deur die staafmagneet aangetrek.

VRAE:

Was dit nodig om die twee staafmagnete aan mekaar te laat raak voordat hulle mekaar sal aantrek?


Nee.

Het die skuifspelde na die magneet beweeg?


Ja.

Wat het die bewegings veroorsaak?


Die magneet het 'n krag op die ander magneet of die skuifspelde uitgeoefen.

Daar was kragte wat deur die magnete uitgeoefen is, maar hulle hoef nie aan mekaar te geraak het nie. Dit beteken dat jy nie in kontak met iets hoef te wees om 'n krag daarop uit te oefen nie.

Daar is twee tipes kragte:

  • Kontakkragte: voorwerpe is in kontak met mekaar, en oefen kragte op mekaar uit.

  • Nie-kontak (veld) kragte: voorwerpe is nie in kontak met mekaar nie, en oefen kragte op mekaar uit.

Ons gaan nou in meer besonderhede kyk na hierdie twee breë groepe kragte.

Kontakkragte

  • wrywing
  • normaalkrag
  • spannings
  • kompressie

Kontakkragte is kragte tussen voorwerpe wat aan mekaar raak. Die meeste van die kragte waarna ons in die vorige afdeling gekyk het was kontakkragte, byvoorbeeld wanneer jy 'n lessenaar of 'n kaskar stoot. In hierdie gevalle raak jy aan die voorwerp.

Wrywing

Wat gebeur wanneer jy 'n bal oor 'n grasperk skop? Die bal beweeg vinnig aan die begin, maar beweeg dan al stadiger. Iets het veroorsaak dat die bal stadiger begin beweeg en dan ophou beweeg. As die beweging van die bal verander het, dan moes 'n krag daarop ingewerk het. Die krag wat die beweging teengewerk het, word wrywing genoem. Wrywingskragte werk altyd in die teenoorgestelde rigting in as die beweging van die voorwerp. Wrywing staan beweging teen wanneer die voorwerp en oppervlak in kontak met mekaar is. Wat beteken dit? Dit beteken dat as die bal vorentoe beweeg, dan werk die wrywing agtertoe op die bal in.

Die volgende prent wys 'n bal wat nou net geskop is. Teken 'n pyl om die rigting te wys waarin die wrywing toegepas sal word.

Leerders moet die pyl in die teenoorgestelde rigting as die rooi pyl teken.

Watter faktore beïnvloed die hoeveelheid krag wat nodig is om die voorwerpe te beweeg? Ons moet na al die kragte wat op die voorwerp inwerk kyk. Onthou jy die volgende diagram vanaf die begin van die hoofstuk?

Ons het slegs die kragte van die twee leerders wat die kaskar gestoot het, gewys. Watter ander kragte werk op die kaskar in soos dit voortbeweeg?

Wrywing werk op die kaskar in in die teenoorgestelde rigting as die beweging van die kaskar. Soos ons in Gr.8 geleer het in Planeet Aarde en die Ruimte, het 'n voorwerp op Aarde gewig as gevolg van die gravitasionele aantrekking van die Aarde op die voorwerp. Hierdie is 'n krag wat op 'n voorwerp uitgeoefen word.

Ons sal meer van gewig en gravitasiekrag in die volgende afdeling leer.

Ons kan nou die wrywing en gewig in 'n vryeliggaamdiagram van die kragte wat op die kaskar inwerk, as volg teken:

Daar is nog 'n krag wat op die kaskar inwerk. Dink aan wanneer jy op die grond staan: jy voel die grond onder jou voete. Hierdie kontakkrag verhoed dat jy die grond binnedring. Hierdie word die normaalkrag. genoem. Die normaalkrag werk altyd loodreg tot die oppervlak waarop die voorwerp staan in.

In eenvoudige situasies, soos wanneer jy op die grond staan, of as die kaskar oor 'n gelyke oppervlakte beweeg, is die normaalkrag gelyk aan die gewig van die voorwerp, maar in die teenoorgestelde rigting. Dink terug aan wat ons geleer het oor kragte wat in pare werk. Op 'n plat, gelyke oppervlakte, is die normaalkrag die reaksiekrag op die gewig van die voorwerp. Dit word in die diagram van 'n krat wat op die vloer rus, gewys.

Ons kan nou die vryeliggaamdiagram van die kragte wat op die kaskar inwerk as volg voltooi.

Dink jy dat daar 'n verwantskap is tussen die wrywing wat 'n liggaam ervaar, en die normaalkrag? Kom ons doen ondersoek hierna.

Ondersoek die kragte wat ter sprake is wanneer jy 'n liasseerkabinet stoot in hierdie simulasie. http://phet.colorado.edu/en/simulation/forces-and-motion

Wat is die verwantskap tussen die normaalkrag en wrywing?

Die ondersoek sal aan die leerders wys dat die wrywingskrag verband hou met die normaalkrag. Die normaalkrag is die reaksie van die oppervlak op die gewig van die voorwerp.

Solank daar 'n skaal beskikbaar is, kan enige voorwerpe as massastukke gebruik word. Die leerders sal nodig hê om die trekskale te gebruik om die kragte te meet wat hulle op die blokke uitoefen. Dit is belangrik dat hulle die krag meet soos die blok begin beweeg, omdat die lesing sal daal as die blok eers beweeg, aangesien kinetiese wrywing minder is as statiese wrywing.

Leerders is alreeds in vorige grade bekendgestel aan gewig, en sal dit in meer besonderhede in die volgende afdeling bestudeer wanneer hulle die gravitasie-versnelling vir hulself sal bereken. Vir die oomblik sal ons net die waarde van g = 9,8 m/s2 gebruik, en dan kan daar na hierdie ondersoek terug verwys word wanneer leerders gravitasie-versnelling later vir hulself uitwerk.

ONDERSOEKENDE VRAAG Wat is die verwantskap tussen die normaalkrag en wrywing?

DOEL: Om die verwantskap tussen die normaalkrag en die grootte van die wrywingskrag te bepaal.

In die situasies wat ons gaan bestudeer, sal die voorwerp oor 'n plat, gelyk oppervlak getrek word. Ons sal sy masssa verhoog, en die resulterende wrywingskrag meet. Maar hoe kan ons dit in verband bring met die normaalkrag?

Waar die voorwerp op 'n plat gelyk oppervlak is, is die normaalkrag gelyk aan die gewig. Soos jy in Gr.8 in Planeet Aarde en die Ruimte geleer het, en soos ons in die volgende afdeling sal sien, kan ons die gewig van die voorwerp bereken. Ons kan dus die normaalkrag wat op die voorwerp inwerk bereken.

Vir hierdie ondersoek, bereken die gewig deur die formule W = m × g te gebruik, waar m die massa van die voorwerp in kg is, en g 9,8 is. Ons sal meer hieroor in die volgende afdeling leer.

MATERIALE EN APPARAAT:

  • houtblokke met verskillende bekende massas, of massastukke
  • houtblok met 'n haak
  • trekskaal
  • driebalkbalans of elektroniese skaal

Enige massametingstoestel sal geskik wees vir hierdie ondersoek.

METODE:

  1. Gebruik die driebalkbalans om die massa van die houtblok met die haak te meet. Teken die massa in die tabel aan. Bereken en teken die normaalkrag aan.
  2. Plaas die houtblok met die haak op die tafel. Maak die trekskaal aan die haak vas. Maak 'n klein merkie op die lessenaar van waar die blok getrek sal word.
  3. Trek sywaarts totdat die blok net begin beweeg.
  4. Teken die kraglesing in die tabel hieronder aan. Herhaal hierdie drie maal vir die hout blok.
  5. Plaas 'n massastuk bo-op die houtblok. Teken die totale massa aan. Bereken en teken die normaalkrag aan. Trek dit sywaarts totdat dit begin beweeg. Teken die krag aan. Herhaal dit drie keer. In elke geval, begin die blok vanaf dieselfde posisie en trek saggies.

  6. Herhaal die eksperiment vir groter massas, en voltooi die tabel.

Ons meet die statiese wrywing, wat die wrywing is tussen twee voorwerpe wat NIE beweeg nie. Ons meet dit as die minimum krag wat benodig word om die blok te laat begin beweeg.

RESULTATE:

Die resultate wat verkry word sal afhang van die massa van die blokke wat gebruik is, en die oppervlak waarop die ondersoek uitgevoer word. Dit is belangrik dat die leerders sien dat soos die massa toeneem, die normaalkrag ook toeneem, en die lesing op die trekbalans wat gemeet word soos die blok begin beweeg, ook toeneem.

Tabel om die krag wat benodig word om die wrywingskrag te oorkom en die blok te beweeg, aan te teken.

Massa (kg)

Normaalkrag (N)

Lesing 1 (N)

Lesing 2 (N)

Lesing 3 (N)

Gemiddeld (N)

Ons neem drie lesings, en bereken dan 'n gemiddeld. Dit verhoog die betroubaarheid van die resultate.

Stip 'n grafiek van die gemiddelde krag wat op die blok in rus toegepas word, teen die normaalkrag van die blok.

Die krag toegepas op die punt waar die blok begin beweeg is gelyk aan die wrywingskrag wat op die blok inwerk.

Wat is die afhanklike veranderlike?


Die grootte van die wrywingskrag.

Wat is die onafhanklike veranderlike?


Die normaalkrag as gevolg van die massa van die blokke.

ANALISE:

Teken 'n vryeliggaamdiagram met byskrifte van al die kragte wat op die blok inwerk net soos dit begin beweeg.









'n Voorbeeld van 'n vryeliggaamdiagram. Die gewig en normaalkrag moet deur pyle van gelyke grootte voorgestel word. Die trekkrag moet gelyk in grootte aan die wrywing wees, aangesien die diagram die voorwerp voorstel net voor dit begin beweeg.

Waarom word die gewig van die blok verander wanneer die doel van die ondersoek is om uit te vind hoe die normaalkrag die wrywingskrag beïnvloed?




Die voorwerp is op 'n plat oppervlak, en dus is die normaalkrag gelyk aan die gewig. Deur die massa te laat toeneem, word die gewig verhoog, omdat W = m × g, en dus neem die normaalkrag toe.

Hoekom is drie lesings geneem vir elke opstelling, en dan 'n gemiddeld bereken?



Die herhaling van die eksperiment verhoog die betroubaarheid van die resultate.

Wat is die vorm van jou grafiek?



Die vorm moet 'n reguit lyn wees wat deur die oorsprong gaan. Die presiese vorm sal afhang van die akkuraatheid van die leerders se resultate en hul grafiekteken vaardighede. Dit is slegs belangrik dat die grafiek 'n toenemende tendens toon, sodat die verwantskap tussen die normaalkrag en die wrywing bepaal kan word.

Wat vertel die vorm van die grafiek aan ons oor die verwantskap tussen die normaalkrag van die blok en die wrywingskrag.


Die vorm vertel ons dat soos die normaalkrag toeneem, die grootte van die wrywingskrag ook toeneem.

Wat dink jy sal gebeur as die blok nie op 'n gladde tafel geplaas is nie, maar eerder op 'n growwe oppervlak, of 'n baie gladder oppervlak? Sal dit die resultate beïnvloed?



Ja, dit sal die resultate beïnvloed, omdat die wrywingskrag tussen verskillende tipes oppervlaktes verskillend is, byvoorbeeld tussen gladde en growwe oppervlaktes.

GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.


Die wrywingskrag neem toe soos die normaalkrag van die voorwerp toeneem.

Herhaal die ondersoek en neem 'n paar lesings op die trekskaal sodra die blok beweeg. Hoe vergelyk die lesings vir 'n stilstaande blok met dié van 'n bewegende blok? Is daar 'n verskil?



Wanneer die blok teen 'n konstante spoed beweeg, neem die wrywing af in vergelyking met die wrywing wat oorkom moet word om die blok te laat beweeg.

Statiese wrywing is die maksimum wrywingslesing net soos die blok begin beweeg. Dan, wanneer die blok teen 'n konstante spoed beweeg, neem die wrywing af en word dit bewegingswrywing genoem. In die eerste deel van die ondersoek het ons slegs die gemiddelde statiese wrywing vir verskillende massas gemeet. Hierdie uitbreiding sal leerders wys dat sodra die voorwerp begin beweeg, die wrywing afneem.

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit wat met die leerders gedoen kan word indien daar toegang tot die internet is om die PhET simulasies uit te voer.

Aktiwiteit: Wrywing

MATERIALE:

Nota: Dit sal 'n goeie idee wees om eers vertroud te raak met die simulasie voordat die leerders dit gebruik. Dit sal verseker dat die leerders hulp sal kan vra as hulle probleme ondervind met die simulasie. Hierdie skakel is na 'n pdf-dokument wat handinge wenke bevat vir hoe om die simulasie te gebruik: http://phet.colorado.edu/files/teachers-guide/forces-and-motion-basics-guide.pdf

INSTRUKSIES:

  1. Maak die webblad oop. Klik op die 'Run' knoppie.
  2. Kies die blad wat 'Friction' gemerk is.
  3. Merk al die blokkies in die boonste regterkantste hoek.
  4. Kies een van die kratte vanuit die keusekassie, en trek dit tot langs die man.
  5. Oefen 'n krag op die krat uit. Verhoog die krag wat op die krat uitgeoefen word stadig totdat dit begin beweeg.

VRAE:

  1. Voor die voorwerp begin beweeg, wat let jy op omtrent die grootte van die wrywingskragte in vergelyking met die grootte van die toegepaste krag? Is hulle gebalanseerd of ongebalanseerd?

Die kragte is ongebalanseerd. Die wrywingskrag is groter as die toegepaste krag.

  1. As die voorwerp net begin beweeg, wat let jy op omtrent die grootte van die wrywingskragte in vergelyking met die grootte van die toegepaste krag? Is hulle gebalanseerd of ongebalanseerd?

Die kragte is ongebalanseerd. Die toegepaste krag is groter as die wrywingskrag.

  1. Wat het jy geleer omtrent 'n voorwerp wat begin beweeg?

Daar is 'n ongebalanseerde krag nodig vir die voorwerp om te beweeg. Die toegepaste krag moet groter as die wrywingskrag wees.

Die wrywingskrag hang af van die tipe oppervlak waarop die voorwerp beweeg, sowel as van die normaalkrag. Om 'n voorwerp aan die beweeg te kry, is dit nodig om 'n krag groter as die wrywingskrag toe te pas om die wrywing tussen die voorwerp en die oppervlak te oorkom.

Ons kan nou weer kyk na die voorbeeld waar 'n vriend in 'n kaskar rondgestoot word. Daar is wrywing tussen die kaskar en die grond. Die wrywing werk in die teenoorgestelde rigting van die kragte wat die kaskar vorentoe laat beweeg. Dus, as daar twee kragte van 7N en 10N is wat die kaskar vorentoe stoot, en die wrywing is 5N, kan ons hierdie kragte as volg wys:

Wat is die netto kragte wat op die kaskar inwerk?


12 N na regs.

Wrywing tussen die twee oppervlakke veroorsaak ook dat die voorwerpe warm word. Probeer dit te ervaar deur jou hande vinnig teen mekaar te vryf en dan jou handpalms daarna te voel.

Wrywing is voordelig vir 'n paar redes. Wrywing tussen ons voete en die grond laat ons byvoorbeeld toe om vorentoe te beweeg, en verhoed dat ons gly. Wrywing is ook nodig om te keer dat motors gly, omdat bande wrywing tussen die bandvlak en die pad ervaar.

Leer meer oor hoe wrywing veroorsaak dat 'n materiaal warm word en smelt. Vryf twee voorwerpe teen mekaar en hulle sal warm word. As een sy smeltpunt bereik, sal deeltjies wegbreek soos die materiaal wegsmelt. http://phet.colorado.edu/en/simulation/friction

Spanning en kompressie

Om hierdie kragte bekend te stel, is 'n voorstel om verskillende voorwerpe na die klas te bring om mee te eksperimenteer. 'n Ideale voorwerp is 'n stuk skuimrubber wat gebruik kan word om spanning en kompressie te wys deur dit onderskeidelik te trek en te stoot, en dit ook te buig.

Daar is ander kragte wat kontakkragte is. Kyk na die volgende tekening van 'n seun wat 'n blok met 'n tou trek.

Die persoon trek die tou, wat die blok trek. Die persoon raak nie direk aan die blok nie. Die persoon trek die tou, en die blok trek terug aan die tou, maar in die teenoorgestelde rigting. Dit veroorsaak dat 'n spanningskrag in die tou onstaan. Die tou is styf en dus is daar spanning in die tou. Spanning is 'n kontakkrag. Die spanning in die tou trek die blok oor die vloer.

Nog 'n voorbeeld van 'n kontakkrag is kompressie.'n Kompressiekrag is 'n krag wat inwerk om 'n voorwerp te vervorm of plat te druk. Kom ons dink aan voorbeelde.

Gee speelklei aan die klas en laat hulle balle daarvan vorm, wat hulle dan met hul hande kan saampers soos in die prent hieronder getoon word.

As jy 'n bol klei vat en dit met jou vingers druk, is jy besig om 'n kompressiekrag op die klei uit te oefen. Die klei verander van vorm. Dit vervorm. Nog 'n voorbeeld is die platdruk van 'n tennisbal of 'n koeldrankblikkie tussen jou handpalms.

Platdruk van klei.
Saampersing van 'n tennisbal.

Die volgende diagram som die verskille tussen spanning en kompressie op.

Spanningskragte is twee kragte wat op een voorwerp in teenoorgestelde rigtings (weg van mekaar) inwerk om 'n voorwerp uit te rek. Kompressiekragte is twee kragte wat op een voorwerp in teenoorgestelde rigtings (na mekaar toe) inwerk, om die voorwerp saam te pers of te vervorm.

Daar is baie ander voorbeelde van kompressiekragte in die alledaagse lewe. 'n Brug ervaar beide spanning en kompressie as gevolg van die gewig van die motors en ander voertuie wat oor dit beweeg, soos in die volgende diagram gewys:

Ons het sover na kontakkragte gekyk, wat wrywing, normaalkragte, kompressie en spanning insluit. Ons gaan nou kyk na kragte wat tussen liggame werk wat nie aan mekaar raak nie.

Veld (nie-kontak) kragte

  • gravitasiekrag
  • magnetiese krag
  • elektrostatiese krag
  • veldkragte
  • aantrekking
  • afstoting

'n Veld is 'n gebied in die ruimte waar 'n voorwerp (met sekere eienskappe) 'n krag sal ondervind. Veldkragte is nie-kontakkragte. Nie-kontakkragte is kragte wat oor 'n afstand inwerk. Hulle hoef nie te raak nie. Die algemeenste voorbeelde van velde is:

  • gravitasieveld
  • magneetveld
  • elektriese veld

Toe ons kontakkragte bespreek het, het ons oor trek en stoot gepraat. Met veldkragte is dit egter beter om van afstoting en aantrekking te praat.

Gravitasiekragte

Het jy al ooit gewonder hoekom dinge afwaarts val en nie op nie?

Die gravitasie-effek kan gedemonstreer word deur voorwerpe van verskillende massas van 'n gelyke hoogte te laat val. Gebruik 'n tennisbal en 'n opgefrommelde stuk papier (sodat hulle ongeveer dieselfde grootte en vorm is). Laat val hulle van dieselfe hoogte, en kyk of die leerders 'n verskil in die manier wat hulle val kan sien. Vra die leerders hoekom hulle dink dat die voorwerpe val. Is iets besig om hulle af te stoot? Of word hulle afgetrek? Kry hulle om hulle idees met mekaar te deel.

Dit is die moeite werd om na die simulasies wat in hierdie hoofstuk verskaf word te kyk indien internet toegang beskikbaar is. Andersins, moedig die leerders aan om na hulle te kyk in hul eie tyd by die huis, of op hul selfone.

Ons het reeds in vorige grade met gravitasie kennis gemaak in Planeet Aarde en die Ruimte.

Die krag wat veroorsaak dat dinge afwaarts na die Aarde toe val en verhoed dat ons van die planeet af val, is die gravitasiekrag. Gravitasiekragte bestaan tussen enige twee voorwerpe met massa, en hulle is aantrekkingskragte.

Newton het sy Wet van Universele Gravitasie, wat die aantrekking tussen twee voorwerpe met massa beskryf, in 1687 ontwikkel. Newton se werk om die teorie van gravitasie te beskryf mag dalk geïnspireer gewees het deur 'n appel uit 'n boom te sien val.

Streng gesproke, wanneer ons oor 'gravitasie' praat, verwys ons spesifiek na die gravitasionele aantrekkingskrag tussen die Aarde (of enige ander hemelliggaam soos 'n planeet), en ander voorwerpe, in teenstelling met die gravitasiekrag in die algemeen, wat tussen enige twee voorwerpe met massa bestaan. Ons sal byvoorbeeld na die gravitasiekrag wat voorwerpe na die Maan trek, verwys as gravitasiekrag as gevolg van die Maan.

Wat is gravitasie?

Die gravitasiekrag is 'n krag wat voorwerpe met massa na mekaar toe aantrek. Enige voorverp met massa oefen 'n gravitasiekrag op enige ander voorwerp met massa uit. Die Aarde oefen 'n gravitasionele aantrekking op die lessenaars en die stoele in jou klaskamer uit, en hou jou op die oppervlak sodat jy nie in die ruimte in wegdryf nie.

Gravitasie is 'n krag en word daarom in Newton gemeet.

Die Aarde se gravitasiekrag trek alles afwaarts in die rigting van die middel van die Aarde, wat die rede is waarom, wanneer jy 'n voorwerp soos 'n boek of 'n appel laat val, dit na die grond toe val. Het jy egter geweet dat jy, jou lessenaar, jou stoel, en die vallende appel en boek, 'n gelyke maar teenoorgestelde aantrekkingskrag op die Aarde uitoefen? Hoekom dink jy dat hierdie kragte wat op die Aarde inwerk nie veroorsaak dat die Aarde opmerklik beweeg nie?



Die Aarde het 'n baie groter massa as 'n persoon of 'n lessenaar, en dus word dit met 'n baie kleiner hoeveelheid versnel, selfs al is die grootte van die krag, wat die lessenaar op die Aarde uitoefen, presies net so groot as die een wat die Aarde op die lessenaar uitoefen (net in teenoorgestelde rigtings). Dit is waarom dat die Aarde nie opmerklik beweeg nie.

Die pyle wys die rigting van die gravitasieveld van die Aarde. Die pyle wys almal na die middel van die Aarde, omdat die gravitasiekrag altyd 'n aantrekkingskrag is.

Kyk na hierdie simulasie om die verwantskap tussen gravitasie en die massas van die voorwerpe en die afstand tussen hulle te sien. http://phet.colorado.edu/en/simulation/gravity-force-lab http://phet.colorado.edu/sims/html/gravity-force-lab/latest/gravity-force-lab_en.html

Die PhET simulasie in die besoekboksie kan gebruik word om baie maklik te demonstreer hoe die gravitasiekrag tussen twee voorwerpe met massa toeneem, en afneem as die afstand tussen die twee voorwerpe toeneem. Die waardes kan afgeskakel word, en die verwantskap kan kwalitatief gedemonstreer word deur die posisies van die klein figuurtjies wat die toue trek, te gebruik.

Die Aarde trek ons aan omdat dit so 'n groot massa het, en dus word ons altyd afwaarts na die middel van die Aarde aangetrek.

Hierdie militêre valskermspringers het nou net uit die agterkant van 'n vliegtuig gespring, en val na die Aarde as gevolg van gravitasie.

Hoe groter die massa van voorwerpe, hoe groter is die krag tussen hulle. Dit beteken dat twee klein voorwerpe 'n baie klein gravitasiekrag sal hê, en dus het dit geen merkbare effek nie. Groter voorwerpe soos die Maan en die Aarde het egter 'n baie groter gravitasiekrag.

Beweeg die Son, Aarde, Maan en ruimtestasie om te sien hoe dit hulle gravitasiekragte en wentelbane beïnvloed. http://phet.colorado.edu/en/simulation/gravity-and-orbits

Soos ons vanaf Planeet Aarde en die Ruimte weet, word al die planete in ons sonnestelsel in wentelbane om die Son gehou deur die gravitasionele aantrekkingskrag tussen die Son en planete.

Die planete in ons sonnestelsel beweeg rondom die Son. Daar is 'n gravitasionele aantrekkingskrag tussen die Son en planete, en tussen planete en hul mane.

Bou jou eie sonnestelsel met hierdie simulasie en eksperimenteer net die massas en wentelbane. http://phet.colorado.edu/en/simulation/my-solar-system

Die tweede faktor wat die gravitasionele aantrekkingskrag tussen voorwerpe beïnvloed is die afstand tussen hulle. Hoe verder voorwerpe van mekaar af weg is, hoe kleiner is die gravitasiekrag.

Daar is 'n gravitasionele aantrekkingskrag tussen ons en die Son, maar ons let dit nie op nie, omdat ons so ver van mekaar af is, en ook omdat ons baie klein is.

Al die komponente van ons heelal word deur 'n gravitasiekrag bymekaargehou. In opsomming kan ons sê:

  • Hoe groter die massa van voorwerpe, hoe sterker is die gravitasionele aantrekkingskrag tussen hulle.

  • Hoe nader voorwerpe aan mekaar is, hoe sterker is die gravitasionele aantrekkingskrag tussen hulle.

Om voorwerpe te laat val

'n Nota oor vallende voorwerpe

'n Handige manier om die Aarde se gravitasie te demonstreer is om na vallende voorwerpe te kyk. 'n Opsionele uitbreidingsaktiwiteit, waarin leerders 'n verskeidenheid voorwerpe laat val, is hieronder ingesluit. 'n Opname kan onder die leerders gedoen word om te sien of hulle dink dat 'n appel of 'n sak suiker eerste die grond sal tref (Antwoord: hulle sal die grond gelyktydig tref solank as wat lugweerstand weglaatbaar is.) Dit is baie moontlik dat leerders die vooropgestelde idee sal hê dat swaarder voorwerpe vinniger sal val. Dit is nie op die oomblik belangrik dat leerders se antwoorde korrek sal wees nie - moet hulle nie na die korrekte antwoord probeer lei nie. Hulle sal dit hopelik vir hulself ontdek in die volgende aktiwiteit.

In hierdie ondersoek moet leerders in pare werk. Hulle sal aanvanklik 'n heel appel en 'n halwe appel tergelykertyd en vanaf dieselfde hoogte laat val. Hulle sal dan verder eksperimenteer met balle van verskillende massas (maar dieselfde grootte), en balle van dieselfde massa (maar veskillende volumes). Dit is baie moeilik om voorwerpe op presies dieselfde tyd te laat val sodat hulle die vloer gelyktydig tref. Laat die leerders dus die eksperiment 'n paar maal herhaal totdat hulle seker is dat hulle die voorwerpe op dieselfde tyd laat val. As dit vir hulle moeilik is om te sien watter voorwerp die grond eerste tref, stel voor dat hulle luister na die aantal geluide wat hulle hoor - een of twee - wanneer die voorwerpe tref. Dit mag nodig wees vir leerders om hierdie ondersoek te herhaal, aangesien dit waarskynlik hul vooropgestelde idees weerspreek. Veiligheidswenk: Dit is waarskynlik 'n goeie idee om vooraf die halwe (gesnyde) appels reg te hê.

Sodra die leerders hulle eksperiment klaargemaak het, kan die onderwyser die effek van lugweerstand demonstreer deur 'n hamer en 'n veer te laat val. Laat leerders stem oor wat sal gebeur as die hamer en veer laat val word. Wees reg om aan leerders te verduidelik dat lugweerstand die val van die veer vertraag, en dat as daar geen lugweerstand was nie, die twee voorwerpe teen dieselfde tempo sou val en die grond gelyk sou tref.

ONDERSOEKENDE VRAAG Val verskillende voorwerpe teen dieselfde tempo?

HIPOTESE:

Wat dink jy sal gebeur?


Leerder-afhanklike antwoord.

MATERIALE EN APPARAAT:

  • hamer
  • veer
  • twee balle van dieselfde massa, maar verskillende volumes (een stel per paar)
  • twee balle van dieselfde volume, maar verskillende massas (een stel per paar)

Video van vere en muntstukke wat in 'n vakuum val

METODE:

  1. Werk in pare, neem beurte om die persoon te wees wat die voorwerp laat val (eksperimenteerder) en die persoon wat die voorwerpe wat val waarneem (waarnemer).
  2. Voltooi die 'voorspelling' kolom in die tabel hieronder.
  3. Eksperimenteerder: staan bo-op 'n stoel of lessenaar en neem twee balle van dieselfde massa, met een in een hand en die ander in die ander hand.
  4. Eksperimenteerder: hou die twee balle op dieselfde hoogte voor jou, en laat val hulle op presies dieselfde tyd.
  5. Waarnemer: teken aan wat gebeur, veral watter een eerste land.
  6. Ruil rolle om en herhaal die eksperiment met twee balle wat dieselfde volume het, maar verskillende massas.
  7. Jou onderwyser sal nou vir jou 'n demonstrasie doen en 'n hamer en 'n veer laat val. Voordat jou onderwyser die hamer en veer laat val, voltooi die voorspellingskolom vir die val van die hamer en die veer.
  8. Teken aan wat met die hamer en veer gebeur, en beantwoord die vrae hieronder.

RESULTATE EN WAARNEMINGS:

Wat het jy in hierdie eksperiment konstant gehou?


Die hoogte waarvan voorwerpe laat val word.

Wat het jy in hierdie eksperiment verander?


Die tipe voorwerpe wat laat val word, en veral die massa en volume van die voorwerpe.

Voordat jy die eksperiment uitvoer, dui in die "voorspelling" kolom in die tabel hieronder aan wat jy dink sal gebeur. As jy aanneem dat jy elke paar voorwerpe vanaf dieselfde hoogte op dieselfde tyd laat val, wat dink jy sal gebeur? Watter een dink jy sal eerste land?

Voorwerpe

Voorspelling

Waarneming

Balle: dieselfe massa, verskillende volume

Balle: verskillende massa, dieselfde volume

Hamer en veer

EVALUERING:

Hoe betroubaar is die eksperiment? Hoe kan jy jou metode verbeter?




Leerder-afhanklike antwoord. Voorbeeld antwoorde kan insluit: Dit is moeilik om voorwerpe op presies dieselfde tyd te tyd te laat val. Dit sal beter wees om die voorwerpe van 'n groter hoogte te laat val. Lugweerstand kon die resultate beïnvloed, en dit sou beter wees om die voorwerpe in 'n vakuum te laat val.

GEVOLGTREKKINGS:

Skryf 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.




Leerders behoort te gevind het dat die halwe appel en die heel appel die grond tergelykertyd tref. Hulle moes ook gevind het dat beide die balle van dieselfde massa, en die balle van dieselfde volume, die vloer op dieselfde tyd sou getref het. Hieruit moes hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat alle voorwerpe teen dieselfde tempo val ongeag van hulle vorm of grootte, mits lugweerstand geïgnoreer kan word. (Gevorderd: hulle versnel teen dieselfde tempo). In die geval van die val van die hamer en die veer, sou leerders gevind het dat die hamer eerste geland het. Dit is omdat die effekte van lugweerstand die veer se val vertraag.

Wanopvattings oor vallende voorwerpe (video)

VRAE:

Wat het eerste geland, die appel of die halwe appel?


Hulle moes beide op dieselfde tyd (of naastenby dieselfde tyd) geland het.

Met verwysing na die balle met dieselfde massa, watter een het eerste geland, die groter een of die kleiner een?


Hulle moes beide op dieselfde tyd geland het.

Met verwysing na die balle met dieselfde volume, watter een het eerste geland, die swaarder een of die ligter een?


Hulle moes beide op dieselfde tyd geland het.

Hoekom dink jy het die twee balle wat laat val is, altyd op dieselfde tyd geland?



In 'n ideale situasie (d.i. in 'n vakuum) sal alle voorwerpe wat vanaf dieselfde hoogte gelos word, op dieselfde tyd land. Dit is omdat die Aarde se gravitasiekrag veroorsaak dat elke voorwerp met dieselfde hoeveelheid elke sekonde vinniger beweeg, ongeag hoe swaar of wat die volume van die voorwerp is.

Gevorderde Onderwysersnota

Volgens die Universele Wet van Gravitasie trek die Aarde se gravitasiekrag afwaarts op 'n voorwerp met 'n krag wat eweredig is aan die massa van die voorwerp en die massa van die Aarde. In alle gevalle is die massa van die Aarde dieselfde, en dus is enige verskille in die gravitasiekragte op voorwerpe op Aarde slegs afhanklik van die verskil in die massa van die voorwerpe wat laat val word.

Volgens Newton se Tweede Wet word die netto krag, F, wat op 'n voorwerp inwerk, gegee deur F=ma, waar m die massa van die voorwerp is, en a die versnelling wat deur die netto krag F veroorsaak word.

Hoekom dink jy het die hamer voor die veer geland?





In 'n werklike situasie beïnvloed die lug rondom ons hoe voorwerpe val. Soos 'n voorwerp deur die lug beweeg ervaar dit lugweerstand. Die veer is baie ligter as die hamer, en dus is die effek van die lugweerstand baie groter op die veer. Die netto krag afwaarts op 'n vallende voorwerp is die gravitasiekrag minus die krag as gevolg van lugweerstand. As die veer baie ligter as die hamer is, sal die netto krag wat daarop inwerk minder wees, en dus sal dit 'n kleiner versnelling na die grond ervaar, en stadiger val.

Gevorderde Onderwysersnota

Lugweerstand is 'n trekkrag wat werk om 'n voorwerp te vertraag. Die grootte van die krag hang af van die snelheid van die vallende voorwerp kwadraat, die oppervlakarea van die vallende voorwerp, en die digtheid van die vloeistof waarin die voorwerp val (in hierdie geval lug). Baie ligte voorwerpe, soos vere of papiervelle, word deur lugweerstand vertraag. Dit is omdat hulle gravitasiekrag baie klein is in verhouding tot die lugweerstand. Baie groot voorwerpe word ook deur lugweerstand vertraag. Dit verklaar waarom 'n valskerm jou val vertraag. Voordat jy die valskerm oopmaak is die lugweerstand klein. Na opening ervaar die wye valskerm groter lugweerstand wat jou stadiger laat beweeg.

Dit is baie belangrik dat leerders die verskil tussen massa en gewig verstaan. In die wetenskap is gewig 'n krag, maar meeste leerders is daaraan gewoond om die woord 'gewig' te gebruik wanneer hulle hul massa beskryf. Gewig is die krag wat 'n voorwerp ervaar as gevolg van gravitasie. Op Aarde word alle voorwerpe afwaarts na die middelpunt van die Aarde aangetrek, en ons gewig is 'n aanduiding van die grootte van hierdie aantrekking. Gewig sal verander na gelang van ons posisie in die ruimte, maar ons massa sal konstant bly ongeag ons posisie.

Jy het waarskynlik al baie keer gehoor dat die term 'gewig' gebruik word, óf in jou Natuurwetenskap klaskamer, óf in gesprek met ander mense. Baie mense gebruik die term gewig verkeerdelik in hulle alledaagse taalgebruik. 'n Familielid mag aan jou sê: 'My gewig het hierdie vakansie met 2 kg toegeneem omdat ek te veel geëet het.' Wat is verkeerd met hierdie stelling? Bespreek hierdie met jou klas en onderwyser.



Hierdie stelling is verkeerd omdat die familielid sy/haar gewig gelykstel met kilogram(me). Kilogram is 'n maatstaf van massa, nie gewig nie. Sy/haar massa mag met 2 kilogram toegeneem het.

  • gewig
  • massa
  • vryval
  • gravitasionele versnelling

Die woord massa kom van die Griekse woord maza, wat 'n stuk deeg of koek beteken.

Die massa van 'n voorwerp is die hoeveelheid materie in die voorwerp. Dit sê aan jou hoeveel deeltjies jy het. Onthou jy dat jy in Materie en Materiale geleer het van atome? Dus vertel die massa van 'n houtblok byvoorbeeld vir ons hoeveel atome daar is. Massa word in kilogramme (kg) gemeet, en is onafhanklik van waar jy dit meet. 'n Houtblok met 'n massa van 10 kg op Aarde het ook 'n massa van 10 kg op die Maan.

'n Voorwerp se gewig kan egter verander aangesien dit afhang van die massa van die voorwerp, en ook die sterkte van die gravitasiekrag wat daarop inwerk. Gewig word in newton (N) gemeet, aangesien dit die gravitasionele aantrekkingskrag is wat deur die Aarde (of Maan of enige ander planeet) op die voorwerp uitgeoefen word. Die gewig van 'n voorwerp sal dus verander wanneer dit op verskillende plekke gemeet word. Die gewig van 'n 10 kg blok op Aarde sal dus verskillend wees op die Maan. Hoekom dink jy dat dit so is? Sal die gewig meer of minder wees as op die Maan?




Die Aarde is baie groter as die Maan, en dus sal die gravitasiekrag tussen die Aarde en die blok groter wees as die krag tussen die Maan en die blok.

Massa, gewig en gravitasie (video).

Wat is die verwantskap tussen die massa van 'n voorwerp en sy gewig?

ONDERSOEKENDE VRAAG Wat is die verwantskap tussen die massa van 'n voorwerp en sy gewig?

HIPOTESE: Skryf 'n hipotese vir hierdie ondersoek.



Leerder-afhanklike antwoord.

MATERIALE EN APPARAAT

  • 4 massastukke in inkremente van 500 g (een van 500 g, een van 1 kg, een van 1,5 kg en een van 2 kg)
  • trekskaal
  • driebalkbalans

Enige massameter kan gebruik word om die massa van voorwerpe te meet. Kombuisskale of elektroniese skale kan ook gebruik word.

METODE:

  1. Weeg die massastukke op die driebalkbalans.
  2. Meet die gewig van elke massastuk met die trekskaal.
  3. Teken die massas en ooreenstemmende gewigte in die resultate tabel aan.
  4. Teken 'n grafiek van jou resultate.
  5. Bereken die gradiënt van die grafiek.

RESULTATE:

Teken jou resultate in die volgende tabel aan.

Massa (kg)

Gewig (N)

'n Voorbeeld van die resultate as die voorgestelde massastukke gebruik is:

Massa (kg)

Gewig (N)

0.5

4.8

1

9.8

1.5

14.7

2

19.6

Wat is die afhanklike veranderlike?


Gewig

Wat is die onafhanklike veranderlike?


Massa

Gewig is dus op die y-as, en massa op die x-as

Teken jou grafiek in die spasie wat hieronder gegee is.

Jou grafiek moet 'n reguitlyn wees. Gebruik die spasie hieronder om die gradiënt van jou grafiek te bereken.






Die gradiënt behoort 9,8 te wees.

Dit mag nodig wees om die leerders te herinner hoe om die gradiënt van 'n reguitlyn te bereken. Hulle behoort hierdie onderwerp in Wiskunde te gedoen het, maar dit mag die moeite werd wees om hulle te herinner. Hulle moet twee koördinate op hul reguitlyn kies. Hulle kan enige twee koördinate kies, wat as volg aangedui moet word: (x1 ; y1) en (x2 ; y2). Die formule vir die gradiënt van 'n reguitlyn is gradiënt = styging/horisontale afstand = (y2 - y1)/(x2 - x1)

Voorbeeld van 'n berekening: gradiënt = (9,7 - 4,8)/(1 - 0.5) = 9,8

Leerders mag die verkeerde antwoord vir die gradiënt kry as hulle nie reg aangestip het nie, of as die trekbalans nie behoorlik gekalibreer is nie. Hulle mag 'n antwoord nader aan 10 kry. Die gradiënt van die grafiek gee die gravitasionele versnelling op Aarde. Dit sal in die teks na die ondersoek verduidelik word.

GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.


Die gewig van 'n onderwerp is direk eweredig aan die voorwerp se massa.

Gewig is die krag wat jou na die middelpunt van die Aarde trek. Dit word in newton gemeet. Op Aarde veroorsaak die gravitasiekrag dat ons almal na die middelpunt van die Aarde versnel. Hierdie versnelling word gravitasionele versnelling genoem. Op Aarde is dit 9,8 m/s2. Die gradiënt wat ons in die vorige ondersoek bereken het, behoort jou 'n getal naby aan 9,8 m/s2 te gegee het, wat gravitasionele versnelling is.

Voorwerpe is in vryval wanneer die krag wat op hulle inwerk die gravitasionele krag is.

Gewig (W) word bereken deur 'n voorwerp se massa (m) met die gravitasionele versnelling (g) te vermenigvuldig:

W = m × g

Ons het hierdie formule in die vorige afdeling oor wrywing gebruik om die gewig, en dus die normaalkrag wat op 'n voorwerp inwerk, te bereken.

Maar wat as jy na die Maan gaan?

Die Maan is 6 maal kleiner as die Aarde.

Die massa van die Aarde is 5.972 × 1024 kg.

Die Maan het sy eie gravitasie. Die sterkte van gravitasie op die oppervlak van die Maan is een-sesde van wat dit op die oppervlak van die Aarde is, en dus sal jy op die Maan een-sesde weeg van wat jy op die Aarde weeg. Op Jupiter sal jy 2.5 keer meer weeg as wat jy op Aarde weeg, omdat Jupiter se gravitasie 2.5 keer meer is as die Aarde s'n. Alhoewel jy verskillende hoeveelhede sal weeg (en ligter op die Maan sal voel en swaarder op Jupiter), sal jou werklike massa dieselfde in beide gevalle wees.

'n Ruimtevaarder se massa bly dieselfde waar ook al dit gemeet word. Die ruimtevaarder se gewig hang egter af van waar dit gemeet word - soos jy kan sien, weeg die ruimteman 1200 N op Aarde, maar slegs 200 N op die Maan.

Hoeveel sal jy op die Maan weeg? Verbeel jou dat jy 'n massa van 60 kg het. Jou gewig op Aarde sal 60 × 9,8 = 588 N wees. Die gravitasionele versnelling op die Maan is 1,6 m/s2, dus is jou gewig op die Maan 60 × 1,6 = 96 N.

'n Badkamerskaal meet eintlik gewig en skakel dit na massa om.

Hierdie is 'n kort aktiwiteit om 'n paar berekeninge te oefen. Leerders kan hierdie as 'n huiswerktaak voltooi.

Gewigs- en massaberekeninge

VRAE:

'n Ferrari het 'n massa van 1485 kg. Wat is sy gewig op Aarde?

'n Ferrari.




gewig = 1485 × 9,8 = 14553N

Lindiwe het 'n massa van 50 kg op Aarde. Wat is haar massa op die Maan?


50 kg, aangesien die massa van 'n voorwerp onafhanklik van posisie is.

Ian het 'n massa van 78 kg. Sy vriend Sam sê hy sal 24 N op die Maan weeg. Is Sam korrek? Verduidelik deur 'n berekening te gebruik.




gewig op die Maan = 78 × 1,6 = 124,8 N

Sam is verkeerd

Jy het 'n appel met 'n massa van 220 g. Wat is sy gewig op Aarde en op die Maan?






massa = 220 g = 0.22 kg.

gewig op Aarde = 0.22 × 9,8 = 2,156 N

gewig op Maan = 0,22 × 1,6 = 0,352 N

As 'n koei 1340 N op die Maan weeg, wat is haar massa?

'n Jersey-koei.




massa = 1340 / 1,6 = 837.5 kg

Ontdek meer deur hierdie aanlyn simulasie, wat verskillende massastukke en vere gebruik, te doen. Neem die laboratorium na verskillende planete. http://phet.colorado.edu/en/simulation/mass-spring-lab

Die PhET simulasie wat in die besoekskakel gelys is, kan gebruik word om maklik te wys hoe die gewig van voorwerpe verander. Die simulasie kan op baie verskillende vlakke gebruik word, afhangende van die kompleksiteit van die konsepte wat die onderwyser wil illustreer. 'n Skakel na 'n pdf-dokument wat onderwyswenke van die PhET-span bevat, kan hier gevind word: http://phet.colorado.edu/files/teachers-guide/mass-spring-lab-guide.pdf

Het jy al ooit gewonder hoe dit sal voel om op ander planete rond te loop? Vind in die volgende aktiwiteit uit hoeveel jy op ander planete sal weeg.

Hoeveel sal jy op ander planete weeg?

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit. In hierdie aktiwiteit het leerders bereken wat hulle gewig sou wees op die sewe ander planete in ons sonnestelsel. Alhoewel hulle massa dieselfde bly, sal hulle ligter of swaarder "voel", as gevolg van die verskille in die sterktes van die gravitasievelde op die ander planete. Dit behoort benadruk te word dat hulle massa altyd dieselfde bly, en dat slegs hulle gewig verander. As gewigskale nie beskikbaar is nie, kan leerders óf gevra word om hulle massa te skat, óf 'n voorbeeld massa kan aan hulle gegee word.

MATERIALE:

  • gewigskale
  • sakrekenaar

INSTRUKSIES:

Meet jou massa in kilogram. Teken jou waarde in die tabel hieronder aan.

Gebruik die versnellingswaardes as gevolg van gravitasie op verskillende planete, om te bereken wat jy op ander planete sal weeg.

Planeet

Jou massa (kg)

Waarde van g (m/s2)

Jou gewig (N)

Aarde

9,8

Merkurius

3,6

Venus

8,8

Mars

3,8

Jupiter

26

Saturnus

11,2

Uranus

10,5

Neptunus

13,3

Voorbeeld antwoorde vir 'n 50kg leerder

Planeet

Jou massa (kg)

Waarde van g (m/s 2 )

Jou gewig (N)

Aarde

50

9,8

490

Merkurius

50

3,6

180

Venus

50

8,8

440

Mars

50

3,8

190

Jupiter

50

26

1300

Saturnus

50

11,2

560

Uranus

50

10,5

525

Neptunus

50

13,3

665

VRAE:

Op watter planete sal jy swaarder voel as op Aarde?


Jy sal swaarder voel op Jupiter en Neptunus.

Op watter planete sal jy ligter voel as wat jy op Aarde voel?


Jy sal ligter voel op Merkurius, Venus, Mars, Saturnus en Uranus.

Die gewig van 'n persoon is die krag van gravitasionele aantrekking op die Aarde wat 'n persoon ervaar. Iemand wat vry val voel gewigloos, maar hulle het nie hul gewig verloor nie. Hulle ervaar nog steeds die Aarde se gravitasionele aantrekking.

Die enigste rede waarom ruimtevaarders ronddryf is omdat hulle in vryval is, en hulle ruimtetuie ook in vryval saam met hulle is, en teen dieselfde tempo val. Daarom lyk dit asof die ruimtevaarders ronddryf in vergelyking met hulle ruimtetuig omdat beide teen dieselfde tempo val.

Ruimtevaarders ervaar gewigloosheid.

Kyk na Felix Baumgartner se supersoniese vryval terug na die Aarde. Hy het vryval of gewigloosheid ervaar.

'n Nota oor Gewigloosheid

Die term gewigloosheid veroorsaak baie verwarring by leerders. Die verwarring tussen 'n persoon se eintlike gewig met 'n mens se gevoel van gewig, is die bron van baie wanopvattings. Gewigloosheid verwys slegs na iemand se sensasie van gewig, of gebrek daaraan. Gewigloosheid is 'n gevoel wat deur iemand ervaar word wanneer geen eksterne voorwerpe aan die persoon raak en 'n trek- of stootkrag op hulle uitoefen nie (ons noem hierdie kragte kontakkragte omdat hulle ontstaan as gevolg van dinge wat in kontak met mekaar is, of aan mekaar raak).

Die gewig van 'n persoon is die krag van gravitasionele aantrekking na die Aarde toe wat 'n mens ervaar. Iemand wat in vryval is voel gewigloosheid, maar hulle het nie hulle gewig verloor nie. Hulle ervaar steeds die Aarde se gravitasionele aantrekking.

Leerders is dikwels ook verward oor waarom ruimtevaarders wat in 'n wentelbaan om die Aarde is, in hulle ruimtetuie ronddryf. Een algemene wanopvatting is dat daar geen gravitasie in die ruimte is nie, en dat ruimtevaarders dus kan dryf. In werklikheid in 'n lae Aardse wentelbaan is die Aarde se gravitasie omtrent \(\text{90}\)% van sy sterkte op die Aarde se oppervlak. Die enigste rede waarom ruimtevaarders ronddryf is omdat hulle in vryval in hulle ruimtetuie is, en hulle ruimtetuie ook teen dieselfde tempo in vryval saam met hulle is. Dus lyk dit asof die ruimtevaarders dryf in vergelyking met die ruimtetuig, omdat beide teen dieselfde tempo val. Nog 'n voorbeeld is hoe 'n wentelende ruimtetuie eintlik in vryval is, aangesien daar 'niks' is wat hulle beweging na die middelpunt van die Aarde keer nie, maar as gevolg van hulle orbitale snelheid beweeg hulle nooit werklik nader na die Aarde toe nie.

'n Goeie skakel na 'n video van iemand wat vryval ervaar word in die Besoekboksie gegee.

Magnetiese kragte

  • magneet
  • magnetiese material
  • allooi

Sekere materiale het sterk magneetvelde om hulle. Hierdie materiale word magnete genoem. Alle magnete het twee pole, 'n noord- en 'n suidpool.

'n Voorbeeld van 'n staafmagneet met 'n noord- en suidpool.

Ander stowwe word sterk deur magnete aangetrek. Hierdie stowwe word magneties genoem. Magnete oefen kragte op ander magnete en magnetiese materiale uit. Watter stowwe is magneties? Kom ons ondersoek dit.

Magnetiese of nie-magnetiese stowwe

ONDERSOEKENDE VRAAG Watter stowwe is magneties en watter nie?

HIPOTESE:

Skryf 'n hipotese vir hierdie ondersoek.


Leerder-afhanklike antwoord. Daar is baie moontlike hipoteses vir hierdie ondersoek. 'n Voorbeeld sal wees: Slegs sommige stowwe is magneties.

MATERIALE EN APPARAAT:

  • staafmagnete
  • papier
  • hout
  • plastiek
  • yster
  • aluminium
  • staal

METODE:

  1. Hou die verskillende items na aan die magneet (sonder dat hulle raak), om te sien of hulle na die magneet aangetrek word.
  2. Voltooi die tabel en dui aan of die items na die magneet toe aangetrek word of nie.

Leerders behoort op te let dat die nie-metale nie aangetrek word deur magnete nie, en dat koper, selfs al is dit 'n metaal, nie aangetrek word nie.

Hoe om 'n magneet te vernietig.

RESULTATE:

Voltooi die volgende tabel:

Materiaal

Magneties (JA/NEE)

papier

hout

plastiek

yster

aluminium

staal

koper

Materiaal

Magneties (JA/NEE)

Papier

NEE

hout

NEE

plastiek

NEE

yster

JA

aluminium

NEE

staal

JA

koper

NEE

GEVOLGTREKKING:

Wat kan jy uit jou resultate aflei?

Nie alle stowwe is magneties nie. Slegs sommige metale is magneties, soos byvoorbeeld yster.

Nie alle metale word deur magnete aangetrek nie. Dié wat deur magnete aangetrek word staan bekend as magnetiese stowwe. Daar bestaan baie min magnetiese stowwe. Hulle is yster, nikkel en kobalt. Allooie wat enige van die magnetiese stowwe bevat kan ook deur magnete aangetrek word. Staal is 'n allooi wat yster bevat, en dus word staal ook deur 'n magneet aangetrek.

'n Allooi is 'n mengsel van metale.

So nou weet ons dat magnetiese kragte oor 'n afstand kan werk, maar kan hulle steeds inwerk as daar iets in die pad is? Kom ons vind uit.

Kan 'n magnetiese krag dwarsdeur stowwe uitgeoefen word?

Magnetiese kragte is nie-kontakkragte en kan oor 'n groot afstand inwerk. Normale magnete het egter nie sterk magneetvelde nie. Hoe verder 'n voorwerp van die magneet af is, hoe swakker is die krag wat ervaar word. 'n Magneet behoort deur die meeste stowwe te kan inwerk. As die voorwerp wat tussen die magneet en die metaal geplaas is te dik is, dan mag die metaal te ver weg vanaf die magneet wees om 'n sterk genoeg krag te ervaar. Hierdie gebrek aan aantrekking is dan die gevolg van die sterkte van die magneetveld, en nie die 'blokeringsvermoë' van die materiaal nie. In hierdie aktiwiteit gaan jy hierdie ondersoek deur 'n dun en 'n dik stuk hout te gebruik. Die magneetveld kan deur die dun stuk hout inwerk, wat beteken dat hout nie 'n 'blokeerder' van magnetiese krag is nie. As die dik hout dus verhoed dat die skuifspelde na die magneet aangetrek word, kan gesien word dat dit die afstand tussen die skuifspelde en die magneet is wat van toepassing is, en nie die materiaal ( hout) nie.

MATERIALE:

  • staafmagnete
  • papier
  • dun stuk hout
  • dik stuk hout
  • foelie
  • skuifspelde

INSTRUKSIES:

Hou twee noordpole naby aan mekaar. Wat let jy op?


Die twee pole stoot mekaar af. Daar is 'n "afstotende" krag.

Hou twee suidpole saam. Wat let jy op?


Die twee pole stoot mekaar af. Daar is 'n "afstotende" krag.

Hou 'n noordpool en 'n suidpool na aan mekaar. Wat let jy op?


Die twee pole trek mekaar aan. Daar is 'n aantrekkende krag tussen die pole.

Plaas die skuifspelde op die lessenaar.

Probeer om die skuifspelde met die magneet op te tel, maar plaas een van die ander materiale tussen die magneet en die skuifspelde. Word die skuifspelde deur die magneet aangetrek?

Die magneet behoort deur enige van die materiale te werk, solank as wat hulle dun genoeg is. Dit is die afstand tussen die magneet en die skuifspelde wat die aantrekking beïnvloed. Dus behoort die dun stuk hout nie die aantrekking te verhoed nie, maar die dikker hout sal die skuifspelde ver genoeg van die magneet weghou om die aantrekking te swak te maak om die skuifspelde op te tel.

Probeer elkeen van die verskillende materiale tussen die magneet en die skuifspelde.

VRAE:

Was daar enige materiale wat verhoed het dat die magneet die skuifspelde optel?


Die enigste materiaal wat moontlik sou verhoed dat die magneet die skuifspelde optel is die dik stuk hout.

Wat vertel hierdie aktiwiteit ons van die aard van die magnetiese krag?



Dit werk oor 'n afstand. Dit is die sterkste nader aan die magneet, en swakker soos 'n mens verder van die magneet af beweeg.

In die vorige aktiwiteit het ons gesien dat soortgelyke pole mekaar afstoot, maar teenoorgestelde pole mekaar aantrek. Ons het ook gesien dat die magneetveld oor 'n afstand kan inwerk. Die magneet het nie nodig om aan iets te raak om 'n krag daarop uit te oefen nie. Só 'n magnetiese krag is 'n nie-kontakkrag, of 'n veldkrag.

Wat is 'n kragveld? Kan ons dit sien? Kom ons ondersoek of dit moontlik is om 'n magneetveld te sien.

Wat is die magneetveld?

Visualisering van die magneetveld.

Die ystervylsels kom in lyn met die magneetveld. Verduidelik aan die leerders dat die ystervylsels 'n tweedimensionele beeld van die veld wys, maar dat die veld eintlik oral (in drie dimensies) rondom die magneet is.

MATERIALE:

  • ystervylsels
  • twee staafmagnete
  • papier

INSTRUKSIES:

  1. Plaas die staafmagneet op die tafel.
  2. Plaas die papier oor die magneet.
  3. Skud die ystervylsels uit op die papier.
  4. Gebruik jou vinger om stadig die vylsels rondom die magneet uit te sprei.
  5. Let op die patroon en teken dit hieronder.









Hierdie wys die patroon rondom die staafmagneet.

  1. Lig die papier weg vanaf die magneet.
  2. Plaas 'n tweede magneet langs die eerste, sodat die verskillende pole na mekaar toe wys.
  3. Plaas die papier terug oor die magnete.
  4. Versprei die ystervylsels rondom die magnete, veral tussen die magnete.
  5. Teken die patroon in die ruimte hieronder.









Die patroon tussen die twee teenoorgestelde pole wat mekaar aantrek.

  1. Lig die papier weg vanaf die magneet.
  2. Beweeg die tweede magneet sodat dieselfde pole na mekaar toe wys.
  3. Plaas die papier terug oor die magnete.
  4. Versprei die ystervylsels rondom die magnete, veral tussen die magnete.
  5. Teken die patroon in die ruimte hieronder.









Die patroon tussen die twee pole wat mekaar afstoot.

Soos ons kan sien, is dit moontlik om die magnetiese veld om 'n magneet te visualiseer. Ons weet vanuit ons vorige aktiwiteite dat die magnetiese krag oor afstand inwerk. Die veld is die ruimte rondom 'n magneet waarin dit nog 'n magneet kan aantrek of afstoot.

In die laaste aktiwiteit het die ystervylsels 'n tweedimensionele beeld van die veld gewys, maar die veld is eintlik reg rondom die magneet (in drie dimensies).

Die magneetveld rondom 'n U-vormige magneet.

Hoe teken ons 'n kragveld? Die patroon wat jy met jou magnete gesien het kan voorgestel word deur veldlyne. Veldlyne word gebruik om iets te wys wat ons nie eintlik kan sien nie. Hoe nader die veldlyne aan mekaar geteken word, hoe sterker is die veld wat beskryf word. Hoe meer veldlyne geteken word, hoe sterker is die veld. Die veldlyne gaan vanaf die noordpool na die suidpool. Die volgende diagram wys die veldlyne rondom 'n staafmagneet.

Die volgende diagramme wys die veldlyne tussen staafmagnete wat mekaar aantrek, en dié wat mekaar afstoot.

Teenoorgestelde pole trek mekaar aan.

Soortgelyke pole stoot mekaar af.

'n Veld is sterkste langs die magneet, en raak swakker verder weg vanaf die magneet.

Het jy geweet dat die Aarde soos 'n staafmagneet met 'n Noord- en 'n Suidpool is? Die Aarde het 'n magneetveld. Jy kan die Aarde se magneetveld sien asof daar 'n staafmagneet deur sy kern gaan, met die magneet se suidpool onder die Aarde se Noordpool. Niemand weet dit vir seker nie, maar die teorie is dat die superwarm ystervloeistof in die Aarde se kern in 'n roterende patroon beweeg, en dat hierdie rotasiekragte lei tot swak magnetiese kragte rondom die Aarde se roterende asse.

Die Aarde het 'n magneetveld, asof daar 'n groot staafmagneet deur die kern gaan, met sy Suidpool onder die Aarde se magnetiese Noordpool.

Waar is die Ware Noordpool.

Dit is hoekom ons kompasse kan gebruik om rigting te bepaal. 'n Kompas het 'n naald met 'n klein magneet. Die naald wys na die magnetiese noord, omdat die klein magneet aangetrek word deur die teenoorgestelde magneetveld, en dus gebruik kan word om rigting te bepaal.

'n Kompas met die naald wat noord wys.

Die suiderligte word ook die Aurora Australis genoem, en die noorderligte word die Aurora Borealis genoem.

Het jy al van die suider- of noorderligte gehoor? Weet jy hoe hierdie verskynsel plaasvind?

Die suiderligte, soos gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie.

Gelaaide deeltjies ontsnap vanaf die oppervlak van die Son en beweeg uitwaarts in alle rigtings. Wanneer die gelaaide deeltjies die Aarde bereik, word sommige deur die Aarde se magneetveld vasgevang in gebiede in die ruimte rondom die Aarde se atmosfeer, wat belde genoem word. Soms ontsnap die gelaaide deeltjies uit die belde, en spiraal dan langs die Aarde se magnetiese veldlyne in die rigting van die magnetiese pole, waar hulle die atmosfeer binnedring. Hulle reageer dan met die atmosfeer se gasdeeltjies, wat pragtige ligskouspelle tot gevolg het.

Wat veroorsaak die Noorderligte?

Sommige vloeistowwe kan ook gemagnetiseerd raak in die teenwoordigheid van 'n sterk magneetveld. Hulle word ferrovloeistowwe genoem

'n Voorbeeld van 'n ferrovloeistof, 'n vloeistof wat in 'n magneetveld gemagnetiseerd kan raak.

Magnetiese vloeistof (video).

Elektrostatiese kragte

Onthou jy dat jy in Gr.8 van statiese elektrisiteit geleer het? Kom ons doen 'n vinnige aktiwiteit om sommige van die konsepte wat ons alreeds ken te hersien.

Al is hierdie eksperimente in Graad 8 gedoen, is dit belangrik vir die leerders om hulle weer as 'n aktiwiteit te doen. Dit sal hulle help verstaan hoe die elektroskoop en Van de Graaff-generator werk.

Laai van voorwerpe

Hierdie aktiwiteit kan ook gedoen word met 'n plastiekkam eerder as ballonne. Andersins kan stukke papier in plaas van 'n leerder se hare gebruik word, aangesien nie alle hare op die volgende manier sal optree nie.

MATERIALE:

  • ballonne (of plastiekkam)
  • glasstaaf
  • stuk gebreide materiaal (wol)
  • PVC-staaf
  • plastiekliniaal
  • klein stukkies papier
  • waterkraan

INSTRUKSIES:

Werk in pare

Blaas 'n ballon op en bind dit toe sodat die lug nie ontsnap nie.

Hou die ballon 'n kort ent van jou hare af weg. Wat let jy op?


Niks gebeur nie.

Vryf die ballon teen jou hare.

Hou nou die ballon 'n kort ent van jou hare af weg. Wat sien jy?


Die hare behoort 'op te styg' en aan die ballon vas the plak.

Vervolgens, hou die glasstaaf oor die klein stukkies papier. Wat let jy op?


Niks gebeur nie.

Vryf die glasstaaf met die gebreide materiaal.

Hou die glasstaaf oor die stukkies papier. Wat let jy op?


Die stukkies papier plak aan die glasstaaf vas.

Vryf die glasstaaf weer met die gebreide materiaal.

Maak die kraan oop sodat 'n dun stroom water vloei.

Hou die glasstaaf na aan die stroom water. Wat let jy op?


Die waterstroom buig in die rigting van die glasstaaf.

VRAE:

Wat het jy gedoen om die hare aan die ballon te laat vasplak?


Dit is heftig teen die ballon gevryf.

Wat gebeur wanneer jy die glasstaaf met die gebreide materiaal (breistof) vryf?



Elektrone word vanaf die glasstaaf na die gebreide materiaal oorgedra as gevolg van wrywing. Die glasstaaf raak positief gelaai en die wol raak negatief gelaai.

Waarom het die glasstaaf die waterstroom aangetrek?



Die water het positiewe en negatiewe ladings. Die negatiewe ladings is deur die positief-gelaaide staaf aangetrek.

Kom ons kyk in meer besonderhede na die voorbeeld van jy wat jou hare kam, om te verstaan wat gebeur. Jy het die oppervlak van die plastiekkam teen die oppervlaktes van jou hare getrek. Wanneer die twee oppervlaktes teen mekaar gevryf word, is daar wrywing tussen hulle. Die wrywing tussen twee oppervlaktes kan veroorsaak dat elektrone van die een oppervlak na die ander oorgedra kan word.

Om te verstaan hoe elektrone oorgedra word, moet ons onthou wat ons oor die struktuur van 'n atoom geleer het.

Waar is die elektrone in die atoom geleë?


Die elektrone is in die ruimte rondom die kern.

Watter tipe lading is op 'n proton?


Positiewe lading.

Watter tipe lading is op 'n elektron?


Negatiewe lading.

Wat is die lading op 'n neutron?


Neutrone het nie lading nie. Hulle is neutraal.

Die atoom word bymekaar gehou deur die elektrostatiese aantrekking tussen die positief-gelaaide kern en die negatief-gelaaide elektrone. Binne-in 'n atoom word die elektrone naaste aan die kern die sterkste vasgehou, terwyl dié verder weg 'n swakker aantrekking ervaar.

Normaalweg bevat atome dieselfde aantal protone en elektrone. Dit beteken dat atome gewoonlik neutraal is, omdat hulle dieselfde aantal positiewe en negatiewe ladings het, sodat die ladings mekaar uitbalanseer. Alle voorwerpe bestaan uit atome, en aangesien atome gewoonlik neutraal is, is voorwerpe normaalweg neutraal.

Wanneer ons egter die twee oppervlaktes saamvryf, soos wanneer jy jou hare kam, of 'n ballon teen jou hare vryf, kan die wrywing veroorsaak dat elektrone van een voorwerp na 'n ander oorgedra word. Onthou dat die protone vas in hul posisies is, en dus nie tussen atome oorgedra kan word nie. Slegs elektrone kan tussen atome oorgedra word. Sommige voorwerpe gee makliker elektrone af as ander voorwerpe. Kyk na die volgende diagram wat verduidelik hoe dit gebeur.

Watter voorwerp in die diagram het van sy elektrone afgegee?


Die hare.

Het die voorwerp nou meer positiewe of negatiewe ladings?


Dit het meer positiewe ladings.

Watter voorwerp in die diagram het elektrone bygekry?


Die kam.

Het die voorwerp nou meer positiewe of negatiewe ladings?


Dit het meer negatiewe ladings.

Wanneer 'n voorwerp meer elektrone as protone het, sê ons die voorwerp is negatief gelaai..

Wanneer 'n voorwerp minder elektrone as protone het, sê ons die voorwerp is positief gelaai..

Onthou dat dit slegs die elektrone is wat beweeg, en nie die protone wat in die kern van die atoom is nie.

Kyk na die volgende diagramme, wat hierdie illustreer.

'n Simulasie van wrywing tussen 'n mat en John Travolta se voet. http://phet.colorado.edu/en/simulation/travoltage

Ons verstaan nou die oordrag van elektrone wat plaasvind as gevolg van wrywing tussen voorwerpe. Maar hoe het dit daartoe gelei dat jou hare opgelig het toe jy die gelaaide ballon in die vorige aktiwiteit na aan jou hare gebring het? Kom ons kyk na wat gebeur wanneer teenoorgesteld gelaaide voorwerpe na mekaar toe gebring word.

Draai van die wiel

Hierdie is 'n prettige demonstrasie van hoe soortgelyke ladings mekaar afstoot, en teenoorgestelde ladings mekaar aantrek. As genoeg materiale beskikbaar is, laat die leerders toe om dit self te probeer. Indien nie, doen self die demonstrasie, maar gee aan die leerders ook die geleentheid om 'n bietjie daarmee te speel.

Oefen hierdie aktiwiteit eers 'n paar keer om seker te maak dat die metode reg gedoen kan word. Onthou dat dit redelik maklik kan gebeur dat die stawe per ongeluk geaard kan word - werk dus versigtig. Hierdie aktiwiteit sal die beste werk op 'n droë dag. Dit sal afhang van die area waar die skool geleë is.

By 'n dinkskrum werkswinkel vir vrywilliger onderwysers en akademici aan die begin van 2013 het ons 'n vinnige demonstrasie van hierdie taak verfilm toe die groep dit bespreek het. Hierdie kort video kan hier gevind word: bit.ly/1fFbbbJ

MATERIALE:

  • 2 geboë horlosieglase
  • 2 perspeksstawe
  • lap: wol of nylon
  • plastiekstaaf
  • klein stukkies geskeurde papier

INSTRUKSIES:

  1. Plaas 'n horlosieglas onderstebo op die tafel.
  2. Balanseer die tweede horlosieglas met sy geboë kant na onder bo-op die eerste horlosieglas.
  3. Vryf een van die perspeksstawe heftig met die lappie.
  4. Balanseer die perspeksstaaf bo-oor die bokant van die horlosieglas.
  5. Vryf die tweede perspeksstaaf heftig met dieselfde lappie.
  6. Bring die tweede perspeksstaaf na die kant van die eerste perspeksstaaf wat gelaai was. Wat sien jy gebeur?

Die tweede perspeksstaaf behoort die eerste een af te stoot, aangesien hulle soortgelyke ladings het, sodat leerders behoort te sien dat die tweede staaf die eerste een in 'n sirkel rond 'stoot'.

Dit mag nodig wees om die eerste perspeksstaaf weer tussen pogings te vryf, aangesien die lading intussen kan weglek.

  1. Herhaal die aktiwiteit, maar in plaas van die perspeksstaaf, gebruik die plastiekstaaf. Wat sien jy gebeur?

Die stawe het nou teenoorgestelde ladings, en dus behoort die tweede staaf die ander staaf in 'n sirkel rond te 'trek'.

  1. Vervolgens, bring die staaf wat jy gevryf het nader aan die stukkies geskeurde papier op die tafel. Wat let jy op?

Die leerders behoort die stukkies papier met die gelaaide staaf te kan optel.

VRAE:

Wat het gebeur toe jy die tweede perspeksstaaf naby aan die eerste perspeksstaaf gebring het?



Wanneer die stawe dieselfde is (beide perspeks), dan behoort die eerste staaf weg vanaf die tweede te beweeg, en sal die boonste horlosieglas in die rondte draai.

Wat het gebeur toe jy die plastiekstaaf naby aan die eerste perspeksstaaf gebring het?



Wanneer die twee verskillende materiale gebruik is, behoort die eerste staaf na die plastiekstaaf toe te beweeg, en sal die horlosieglas in die rondte na die plastiekstaaf toe draai.

Wat het gebeur toe jy die plastiekstaaf naby aan die stukkies papier gebring het?


Die stukkies papier is deur die staaf aangetrek.

Toe ons die perspeksstawe met die lappie gevryf het, is elektrone vanaf die perspeks na die lappie oorgedra. Watter lading sal die perspeksstawe nou hê?


'n Positiewe lading.

Beide die perspeksstawe het nou dieselfde lading. Het jy opgelet dat voorwerpe met dieselfde lading geneig is om mekaar weg te stoot? Ons sê dat hulle mekaar afstoot. Dit is 'n elektrostatiese afstotingskrag.

Toe ons die plastiekstaaf met die lappie gevryf het, is elektrone oorgedra vanaf die lappie na die plastiekstaaf. Watter lading het die plastiekstaaf nou?


'n Negatiewe lading.

Die perspeksstaaf en die plastiekstaaf het nou teenoorgestelde ladings. Het jy opgelet dat voorwerpe met verskillende ladings geneig is om mekaar saam te trek? Ons sê dat hulle mekaar aantrek. Dit is 'n elektrostatiese aantrekkingskrag.

Soos met gravitasionele en magnetiese kragte, beïnvloed die afstand tussen gelaaide voorwerpe die sterkte van die elektrostatiese krag. Hoe nader die gelaaide voorwerpe aan mekaar is, hoe sterker is die krag. Hoe groter die lading op die voorwerpe is, hoe sterker is die elektrostatiese krag tussen hulle.

Ontdek meer aanlyn met hierdie simulasie oor die vryf van ballonne en 'n trui. http://phet.colorado.edu/en/simulation/balloons

Ons het nou die fundamentele gedrag van ladings waargeneem. In opsomming kan ons sê:

  • As twee negatief-gelaaide voorwerpe na aan mekaar gebring word, sal hulle mekaar afstoot.
  • As twee positief-gelaaide voorwerpe na aan mekaar gebring word, sal hulle mekaar afstoot.
  • As 'n positief-gelaaide voorwerp na aan 'n negatief-gelaaide voorwerpe gebring word, sal hulle mekaar aantrek.

Onthou, soortgelyke ladings stoot mekaar af en teenoorgestelde ladings trek mekaar aan.

Teenoorgesteldes trek mekaar aan, en soortgelykes stoot af (video)

Het jy al ooit gewonder waar weerlig vandaan kom? Kom ons demonstreer 'n elektrostatiese vonk.

Van de Graaff-generator

Hierdie is 'n opsionele uitbreidingsaktiwiteit. Die Van de Graaff-generator kan vir alle soorte prettige aktiwiteite gebruik word. Dit kan gebruik word om verskeie statiese elektrisiteitskonsepte te verduidelik. Daar is talle webwerwe met idees en voorstelle vir prettige aktiwiteite en videos van demonstrasies, soos hierdie een: http://www.nationalstemcentre.org.uk/elibrary/resource/2088/van-de-graaff-generator

[link]

Die doel van hierdie aktiwiteit is om te wys hoe vonke gemaak word, as basis vir die verduideliking van hoe weerlig werk. As 'n Van de Graaff-generator nie beskikbaar is nie, gebruik dan 'n internet videogreep (soos hierdie eenprovided in the visit box)).

Groot vonke, klein vonke.

MATERIALE:

  • Van de Graaff-generator

INSTRUKSIES:

Skakel die generator aan.

Bring die klein metaalbol nader aan die generator. Wat sien jy?


Leerders behoort 'n vonk tussen die generator en die bol te sien.

'n Van de Graaff-generator.

Het jy die vonke gesien? Die Van de Graaff-generator kan gebruik word om die vonke van 'n elektrostatiese lading te demonstreer. Die groot metaalkoepel aan die bokant raak positief gelaai wanneer die generator aangeskakel word. Wanneer die koepel gelaai is, kan dit ontlaai word deur nog 'n geïsoleerde metaalsfeer na aan die koepel te bring. Die elektrone sal van die metaalsfeer na die koepel spring, wat 'n vonk veroorsaak.

Die basiese idee om wrywing in 'n masjien te gebruik om lading op te wek dateer terug na die 17de eeu, maar die generator is eers in 1929 deur Robert Van de Graaff by Princeton-universiteit uitgevind.

Wat is die verband tussen hierdie klein vonk en 'n reusagtige weerligslag?

Weerlig is 'n reuse elektrostatiese ontlading.

Hoe om 'n weerligslag te oorleef.

Gedurende 'n weerligstorm raak die wolke elekstrostaties gelaai. Wrywing tussen die wolke en die vogtigheid in die wolke veroorsaak dat die wolke gelaai raak. Die onderkant van die wolke (naaste aan die grond) raak negatief gelaai, en die bokant van die wolke raak positief gelaai. Wanneer die opbou van lading te groot word, beweeg die elektrone van die onderkant van die wolk af na die grond, waar hulle 'geaard' is. Die oordrag van energie is enorm, en lei tot 'n verskriklike helder lig, hitte en klank. 'n Weerligstraal is 'n reuse ontlading tussen gelaaide gebiede in wolke, of tussen wolke en die Aarde. Die donderslag wat ons hoor is die lug wat beweeg as gevolg van die elektronbeweging.

Weerlig is baie gevaarlik. As die elektrone deur 'n persoon beweeg op pad na die grond, kan die groot hoeveelhede energie betrokke groot skade aanrig. Só 'n persoon kan ernstig beseer word of selfs doodgaan.

Suid-Afrika het een van die hoogste voorkomste van weerlig in die wêreld.

Watter voorsorg moet ons tydens 'n donderstorm tref? Weerlig kan ver vanaf die reënskadu van die storm af slaan. Dit beteken dat selfs al lyk dit asof die storm ver weg is, is dit beter om in elk geval voorsorgmatreëls te tref. Die veiligste plek in 'n donderstorm is om binnenshuis te bly. Bly weg van vensters en metaal voorwerpe. As jy nie binne kan kom nie, vermy dit om langs hoë of metaal voorwerpe te staan, omdat wanneer weerlig slaan, dit gewoonlik die hoogste voorwerpe in die gebied sal tref. As jy gedurende die storm in 'n motor reis, bly in die motor totdat die storm opklaar.

Hierdie werkboeke is deur Siyavula geskep met die hulp van medewerkers en vrywilligers. Lees meer oor Siyavula hier.www.siyavula.com

Opsomming

  • 'n Krag word gedefinieer as 'n stoot of trek van 'n voorwerp.
  • Kragte word in newton gemeet (N).
  • 'n Krag kan die vorm, rigting en beweging van 'n voorwerp verander.
  • Kragte werk in pare. Die krag wat op 'n voorwerp inwerk word die aksie genoem, en die krag wat die voorwerp met 'n gelyke grootte maar teenoorgestelde rigting terug uitoefen, is die reaksie.
  • Meer as een krag kan op 'n voorwerp inwerk. Die netto of resultante krag is die som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk.
  • Die kragte op 'n liggaam kan deur 'n vryeliggaamdiagram voorgestel word, waar die pyle die rigting en grootte van die verskillende kragte aandui.
  • Daar is twee hoofgroepe kragte: kontak- en nie-kontak (veld) kragte
  • Kontakkragte werk in wanneer voorwerpe in kontak is (aan mekaar raak). Wrywing, spanning en kompressie is voorbeelde van kontakkragte.
  • Wrywing is die krag wat beweging tussen twee oppervlaktes teenwerk soos hulle teen mekaar skuur.
  • Kompressiekragte is twee kragte wat op een voorwerp inwerk, en wat in teenoorgetelde rigtings (relatief tot mekaar) werk om die voorwerp saam te pers of te vervorm.
  • Spanningskragte is twee kragte wat op een voorwerp inwerk, en in teenoorgestelde rigtings (weg van mekaar) werk om die voorwerp te rek.
  • Nie-kontakkragte kan oor 'n afstand inwerk, en voorwerpe hoef nie aan mekaar te raak nie. Algemene voorbeelde is magnetiese, elektrostatiese en gravitasionele kragte.
  • Nie-kontakkragte is bekend as veldkragte. 'n Veld is 'n gebied in die ruimte waar 'n sekere voorwerp met sekere eienskappe 'n krag sal ondervind.
  • Gravitasiekrag is 'n aantrekkingskrag tussen twee liggame as gevolg van hulle massa. Die gravitasiekrag neem toe met massa en neem af met die afstand tussen die liggame.
  • Die gewig van 'n liggaam is die gravitasiekrag wat deur die Aarde (of die Maan of ander planeet) op die voorwerp uitgeoefen word. Die gewig sal varieer afhangende van waar dit gemeet word.
  • Die massa van 'n voorwerp is 'n maatstaf van hoeveel materie wat dit bevat. Die massa bly konstant, ongeag van waar dit bepaal word.
  • Gewig word bereken as W = m × g, waar g die gravitasionele versnelling is. Op Aarde is g = 9,8 m/s2.

  • 'n Magneet is 'n stof wat 'n sterk magnetiese veld daaromheen het.
  • Magnetiese aantrekkingskragte bestaan tussen 'n magneet en 'n magnetiese stof soos yster, staal, kobalt en nikkel.
  • 'n Magneet het twee pole, 'n noordpool en 'n suidpool. Teenoorgestelde pole trek mekaar aan, en soortgelyke pole stoot mekaar af.
  • Die Aarde het 'n magneetveld rondom hom. Ons kan kompasse gebruik om rigting te bepaal, aangesien die naald 'n magneet is wat na magnetiese Noord wys.
  • Wanneer sekere materiale teen mekaar gevryf word, veroorsaak die wrywing tussen hulle dat die elektrone van een materiaal na die ander beweeg. Die voorwerpe het dan 'n elektrostatiese lading as gevolg van die verlies of wins aan elektrone.
  • 'n Lading is 'n fundamentele eienskap van materie. Elektrone dra negatiewe ladings, en protone dra positiewe ladings.
  • 'n Voorwerp wat elektrone bygekry het, sal negatief gelaai wees. 'n Voorwerp wat elektrone verloor het, sal positief gelaai wees.
  • Daar is 'n elektrostatiese aantrekkingskrag tussen voorwerpe met teenoorgestelde ladings, en afstoting tussen voorwerpe met soortgelyke ladings.
  • Donderwolke kan gelaai raak soos die water- en lugdeeltjies teen mekaar vryf. 'n Weerligslag vind plaas wanneer daar 'n reuse ontlading tussen die donderwolke en die grond is.
  • Weerlig is gevaarlik en veiligheidsmaatreëls moet nagekom word gedurende 'n donderstorm.

Konsepkaart

Voltooi die konsepkaart om dit wat jy in hierdie hoofstuk oor kragte geleer het, op te som. Jy kan ook die spasie rondom die konsepkaarte gebruik om van jou eie notas by te voeg om meer volledige opsommings te maak. Dit sal jou help om vir die eksamens voor te berei wanneer jy nodig het om alles van hierdie jaar te hersien.

Onderwyser se weergawe

Hersiening

Hersieningsvrae

Gee een term vir die volgende beskrywings. [5 punte]

  1. Iets wat 'n vervormbare voorwerp sal vervorm of die rigting van 'n voorwerp met massa sal verander.


  2. 'n Gebied in die ruimte waar 'n voorwerp met sekere eienskappe 'n krag sal ervaar.


  3. Wanneer die enigste krag wat op 'n voorwerp inwerk die krag as gevolg van gravitasie is.


  4. Die twee teenoorgestelde punte van 'n magneet.


  5. 'n Fundamentele eienskap van materie wat in twee vorms bestaan, en deur protone en elektrone gedra word.


  1. Krag.

  2. Veld.

  3. Vryval.

  4. Pole.

  5. Lading.

Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae gegee. Daar is slegs een korrekte antwoord. Skryf die korrekte letter op die lyn onder elke vraag. [6 x 2 = 12 punte]

  1. Watter EEN van die volgende stellings is onwaar?

    A. Om 'n nie-bewegende voorwerp aan die beweeg te kry, moet 'n netto krag op daardie voorwerp inwerk.

    B. Kontakkragte is die sterkste wanneer die voorwerpe wat die krag ondervind aan mekaar raak.

    C. Veldkragte word oor afstande uitgeoefen, maar hulle kan ook inwerk wanneer voorwerpe aan mekaar raak.

    D. Kragte werk altyd in as pare van gelyke grootte, maar hierdie pare werk in op verskillende voorwerpe.


  2. Watter EEN van die volgende is NIE 'n veldkrag nie?

    A. Gravitasiekrag

    B. Wrywingskrag

    C. Electrostatiese krag

    D. Magnetiese krag


  3. Die korrekte eenheid vir gravitasiekrag is:

    A. die newton

    B. die kilogram

    C. die newton per kilogram

    D. die kilogram per newton


  4. Watter EEN van die volgende stowwe is magneties?

    A. aluminium

    B. koper

    C. kobalt

    D. tin


  5. Die elektrostatiese krag tussen twee gelaaide voorwerpe is F. Die afstand tussen hulle neem toe. Hoe verander die elektrostatiese krag?

    A. Dit neem toe

    B. Dit neem af

    C. Dit bly dieselfde

    D. Nie genoeg inligting is gegee nie.


  6. 'n Ruimtevaarder het 'n massa van 80 kg op Aarde. Watter EEN van die volgende stellings aangaande die massa en gewig van die ruimtevaarder op die Maan, relatief tot die Aarde, is korrek?

    A. Die massa sal dieselfde wees, en die gewig sal ook dieselfde wees.

    B. Die massa sal minder wees, en die gewig sal ook minder wees.

    C. Die massa sal dieselfde wees, en die gewig sal minder wees.

    D. Die massa sal minder wees, en die gewig sal dieselfde wees.


  1. B

  2. B

  3. A

  4. C

  5. B

  6. C

Besluit watter van die volgende stellings waar of onwaar is. As hulle onwaar is, herskryf hulle sodat hulle waar is. [5 x 2 = 10 punte]

  1. 'n Krag kan 'n bewiginglose voorwerp laat beweeg.


  2. 'n Krag kan 'n bewegende voorwerp van rigting laat verander.


  3. 'n Krag kan die vorm van 'n voorwerp verander.


  4. 'n Spanningskrag vertraag of stop 'n voorwerp, omdat die oppervlaktes teen mekaar skuur.


  5. Weerlig is 'n toepassing van 'n magneetkrag.


  1. Onwaar. 'n Krag kan 'n beweginglose voorwerp laat beweeg.

  2. Waar

  3. Waar

  4. Onwaar. 'n Wrywingskrag vertraag of stop 'n voorwerp omdat die oppervaktes teen mekaar skuur.

  5. Onwaar. Weerlig is 'n toepassing van 'n elektrostatiese krag.

Kyk na die volgende prente.

  1. Watter situasie wys 'n stootkrag, en watter situasie 'n trekkrag? [1 punt]


  2. Die seun trek aan die lessenaar met 'n krag van 70 N. Daar is 'n wrywingskrag van 20 N. Teken 'n vryeligaamdiagram in die spasie hieronder om die kragte wat op die lessenaar inwerk, te wys. [4 punte]






  3. Wat is die netto krag wat op die lessenaar inwerk? [1 punt]


  1. Die linkerkantste prent wys 'n stootkrag, en die regterkantse 'n trekkrag.

  2. 1 punt word toegeken vir die tekening van 'n kol vir die lessenaar.

    1 punt word toegeken vir die gebruik van die korrekte waardes.

    2 punte word toegeken vir die korrekte rigting van die pyle en die pyllengtes om die verskil in die groottes van die kragte aan te dui.

  3. 50 N na regs.

'n Krag van 50 N en 80 N werk op 'n blok in. Bereken die netto krag wat op die blok inwerk indien:

  1. die kragte werk in dieselfde rigting in [1 punt]


  2. die kragte werk in teenoorgestelde rigtings in [1 punt]


  1. 110 N

  2. 30 N

Skryf drie verskillende uitwerkings/effekte neer wat 'n krag op 'n voorwerp kan hê. [3 punte]




  • verandering in beweging (vinniger of stadiger)
  • verandering in rigting
  • verandering in vorm

Wat word deur die volgende diagram geïllustreer? Verduidelik jou antwoord. [4 punte]





Prent A wys die voorwerp in rus, en prente B en C wys die voorwerp met verskillende kragte wat op dit toegepas word. Prent B wys kompressiekragte wat die voorwerp saampers. Prent C wys spanningskragte wat die voorwerp uitrek.

Trek 'n tabel op om te wys wat die verskille tussen massa en gewig is. Maak gebruik van die definisies van massa en gewig. Noem die onderskeie meeteenhede. [5 punte]







Tabel wat die verskil tussen massa en gewig wys.

Massa

Gewig

Definisie

Massa word bepaal deur die hoeveelheid materie waaruit 'n voorwerp bestaan, en dit bly dieseflde ongeag van waar dit gemeet word.

Die gewig van 'n voorwerp word bepaal deur die gravitasiekrag wat daarop uitgeoefen word deur die Aarde of 'n ander groot voorwerp, soos die Maan of 'n ander planeet. Die gewig varieer afhangende van waar dit bepaal word, en ook van die sterkte van die gravitasiekrag.

Eenhede

kilogram (kg)

newton (N)

Skryf die formule neer wat die gewig van 'n voorwerp met sy massa koppel. Verduidelik wat elke simbool voorstel. [4 punte]




W = m x g, waar W die gewig van die voorwerp in N is, m die massa van die voorwerp in kg is, en g die gravitasieversnelling in m/s2 is.

Watter TWEE faktore beïnvloed die gravitasiekrag wat tussen twee voorwerpe ervaar word? Verduidelik die vewantskap. [2 punte]




Die aftand tussen voorwerpe, aangesien hoe nader hulle aan mekaar is, hoe sterker is die krag, en die massa van die voorwerpe, aangesien hoe groter die massa is, hoe sterker is die krag.

'n Ruimtevaarder doen 'n eksperiment om die verband tussen die massa en gewig van verskeie planete te bepaal. Hy neem 'n skaal en vertrek in sy ruimteskip, en meet sy eie gewig op verskillende planete in die sonnestelsel. Die volgende tabel wys sy resultate.

Planeet

Gewig (N)

Merkurius

287

Venus

710

Aarde

?

Mars

302

Jupiter

2076

Saturnus

886

Uranus

854

Neptunus

1126

  1. Bereken die ruitevaarder se gewig op Aarde as sy massa 80 kg is. [3 punte]




  2. Stip 'n gepaste grafiek van die ruimtevaarder se gewig op verskillende planete van die sonnestelsel. Jou grafiek sal 'n gepaste opskrif en opskrifte vir die asse nodig hê. [8 punte]













  3. Op watter planeet is Kevin se gewig die kleinste? Wat vertel dit aan jou omtrent die grootte van hierdie planeet in verhouding tot die ander? [2 punte]


  1. Leerders moet die formule gee, dan vervang met die waardes, en laastens die antwoord met die eenhede gee.

    W = m x g

    = 80 x 9,8

    = 784 N

  2. Leerders moet 'n staafgrafiek met gapings tussen die stawe teken [2 punte], 'n opskrif gee [1 punt], x-as byskrif [1 punt], y-as byskrif met eenhede [1 punt], gepaste vertikale skaal [1 punt], akkuraatheid van grafiek [2 punte].

  3. Sy gewig is die kleinste op Merkurius, aangesien Merkurius die planeet met die kleinste massa is.

Teken 'n diagram om die magneetveld rondom die staafmagneet te illustreer. [3 punte]









Jy doen 'n eksperiment om die staafmagnete te ondersoek. Jy plaas twee magnete langs mekaar op die tafel, plaas 'n vel papier oor die magnete, en sprinkel ystervylsels oor die papier. Jy draai dan een magneet om en doen dit weer. Jy sien die volgende patrone. Wat wys elke foto (A en B) aan ons? [2 punte]

Foto A.
Foto B.





Foto A wys die magneetveld tussen twee teenoorgestelde pole wat mekaar aantrek. Foto B wys die veld tussen twee soortgelyke pole (óf noord en noord óf suid en suid), wat mekaar afstoot.

Voltooi die tabel deur die algehele (netto) lading op elke voorwerp te bepaal. Wys jou berekenings. Sê of die voorwerp positief gelaai, negatief gelaai, of neutraal is, en hoekom. [9 punte]

Voorwerp

Algehele (netto) lading

Waarom is dit positief, negatief of neutraal?

3 punte vir elkeen van die voorwerpe, 1 punt word toegeken vir die berekening, en 2 punte vir die verduideliking.

Voorwerp

Algehele (netto) lading

Waarom is dit positief, negatief of neutraal?

Lading = 4 + (-4) = 0

Dit is neutraal omdat daar gelyke getalle positiewe en negatiewe ladings is.

Lading = 3 + (-6) = -3

Dit is negatief gelaai omdat daar drie meer negatiewe as positiewe ladings is.

Lading = 7 + (-3) = 4

Dit is positief gelaai omdat daar vier meer positiewe as negatiewe ladings is.

'n Ballon word teen 'n trui gevryf en die ballon tel 'n negatiewe lading op.

  1. Veduidelik waar hierdie negatiewe lading vandaan kom. Verwys na beide protone en elektrone in jou antwoord. [3 punte]




  2. Noem die tipe krag wat die ballon en trui GEDURENDE die saamvryf sal ervaar. [1 punt]


  3. Noem die tipe krag wat die ballon en trui NA die saamvryf sal ervaar. [1 punt]


  4. Sal die krag waarna in c verwys is 'n aantrekkings- of afstotingskrag wees? [1 punt]


  1. Elektrone word vanaf die trui na die ballon toe oorgedra. Protone word nie oorgedra nie. Elektrone is negatief gelaai, en die ballon tel dus 'n negatiewe lading op.

  2. Wrywing.

  3. Elektrostatiese krag.

  4. Aantrekkend.

Waaraan dink jy raak hierdie twee meisies aan die linkerkant van die foto? Verduidelik jou antwoord en wat met hulle gebeur. [3 punte]

Wat gebeur in hierdie foto?




Die meisies raak aan die hol koepel van die Van de Graaff-generator. Die koepel is positief gelaai sodat elektrone vanaf hulle liggame na die koepel toe oorgedra word, om dit te ontlaai. Dit veroorsaak dat hulle liggame en hare positief gelaai raak. Hulle hare stoot mekaar nou af omdat hulle almal positief is (soortgelyke ladings stoot mekaar af), en dus staan hulle hare orent.

Skryf 'n kort paragraaf om te verduidelik hoe weerlig vorm. [4 punte]






Wrywing tussen die water- en lugdeeltjies in die wolke veroorsaak 'n opbou van negatiewe lading. Wanneer daar 'n groot oormaat lading in die wolke is, beweeg die oormaat lading deur die lug na die grond toe en ontlaai. Hierdie ontlading vorm 'n helder vonk, ondat die energie wat deur die bewegende ladings afgegee word, in die vorm van hitte, lig en klank is. Hierdie is weerlig.

Wat is verkeerd met die volgende toneel? [2 punte]



Die leerders speel buite gedurende 'n donderstorm, wat gevaarlik is. Verder is hulle onder 'n boom, wat selfs meer gevaarlik is omdat weerlig gewoonlik hoë voorwerpe soos bome tref, en dus loop hulle gevaar om elektries geskok te word.

Totaal [95 punte]