Interaksies en interafhanklikheid binne die omgewing

Hoofstuk-oorsig

5 weke

Leerders word bekendgestel aan die basiese konsepte in ekologie en die vier vlakke waarin ekologiese interaksie vir navorsings- en studie-doeleindes verdeel word. Dit word duidelik uiteengesit in die teks van hierdie inleidende afdeling en leerders kry kort aktiwiteite om op 'n sinvolle wyse met die konsepte kennis te maak. Besoek http://www.slideshare.net/elmochem/chapter-3-5-lecture-ecology-population-growth.. Die skyfies bevat 'n oorsig oor die konsepte wat in hierdie afdeling bekend gestel word.

2.1 Wat is ekologie? (0.5 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Wat is 'n populasie/bevolking?

Identifikasie, waarneming, analise, beskrywing, skryfvermoë

Opsioneel

Aktiwiteit: Toets jou begrip

Ons weet dat natuurrampe 'n groot invloed op ekosisteme kan hê, maar wat doen ons, as mense, wat die fyn balans in die ekosisteem versteur?

Voorgestel

2.2 Ekosisteme (4 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Abiotiese komponente in 'n grasveld-ekosisteem

Identifisering, lys, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Bestudeer 'n ekosisteem

Ondersoek, waarneming, metings neem, beskrywing, analise, skryfvermoë, groepwerk

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Identifiseer die tipe interaksie tussen organismes

Identifikasie, skryfvermoë

Opsioneel

2.3 Voedingsverwantskappe (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Verskillende tipes verbruikers

Identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Verskillende ontbinders

Identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

2.4 Energievloei: voedselkettings en voedselwebbe (3 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Energie-oordrag in 'n ekosisteem

Klassifikasie, identifikasie, evaluering, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Bestudeer energiepiramides

Konstruksie, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Identifiseer voedselkettings en voedselwebbe

Identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

2.5 Balans in 'n ekosisteem (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Die krities bedreigde Rivier-konyn

Identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Assesseer die impak van 'n natuurramp

Beskrywing, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Stropery in Suidelike Afrika

Lees, interpretasie, skryfvermoë

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Assesseer jou impak op die omgewing

Identifikasie, interpretasie, skryfvermoë

Opsioneel

2.6 Aanpassings (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Onderskei tussen tipes aanpassings

Leesvermoë, identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

Opsioneel (Voorgestel)

Aktiwiteit: Waarom migreer diere?

Identifikasie, beskrywing, skryfvermoë

Opsioneel (Voorgestel)

Aktiwiteit: Lewende klippe

Bespreek dit eers met u klas en vra hulle menings. Hulle moet daarop let dat al die diere in 'n bevolking aan dieselfde spesies behoort en dat daar interaksie tussen hulle in die spesifieke area waarin hul lewe moet wees.

KABV voorgestel

2.7 Bewaring van die ekosisteem (1.5 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Waarom behoort ons om te gee?

Groepwerk, navorsing, openbare redevoering, debattering

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Vind oplossings vir omgewings-probleme

Skryfvermoë, reflektering

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Individue wat 'n verskil maak

Navorsing, beskrywing, skryfvermoë

Opsioneel (Uitbreiding)

  • Wat is ekologie?
  • Ons praat van Suid-Afrika se menslike bevolking (populasie), maar leef ander diere ook in bevolkings (populasies)?
  • Waaruit bestaan 'n ekosisteem? Is ons deel van 'n ekosisteem?
  • Hoe skakel organismes met mekaar deur hul voedingsverwantskappe om voedselwebbe te vorm?
  • Waarom moet daar meer produseerders en minder karnivore in 'n voedselweb wees?
  • Hoe kan 'n ekosisteem gebalanseerd bly sodat dit al die organismes wat daar lewe kan onderhou?
  • Ons weet dat natuurrampe 'n groot invloed op ekosisteme kan hê, maar wat doen ons, as mense, wat die fyn balans in die ekosisteem versteur?
  • Wat beteken dit as 'n organisme aangepas is by sy omgewing?
  • Waarom het sommige organismes uitgesterf?
  • Daar het reeds in die wêreld se geskiedenis baie organismes uitgesterf. Wat is dan so anders en kommerwekkend omtrent die afname in renoster- en olifantgetalle?
  • Hoe kan ons 'n verskil maak om ons omgewing te bewaar?

Wat is ekologie?

Leerders het reeds in detail in Gr. 7 die biosfeer bestudeer. Hulle het ook in die laer grade van die konsep van 'n ekosisteem gehoor. Ons plaas nou die verskillende vlakke saam in 'n hiërargiese organisasie om die studie van ekologie voor te stel.

  • biosfeer
  • gemeenskap
  • ekoloog
  • ekologie
  • ekosisteem
  • interaksie
  • bevolking (populasie)
  • bevolkings-ekologie
  • spesies

As jy die definisie van 'n Nuwe woord wil opsoek, kyk na die woordelys aan die einde van hierdie afdeling.

Elke lewende organisme op aarde is afhanklik van, en het interaksie met, ander lewendes en nie-lewende dinge om te oorleef. Organismes is, byvoorbeeld, afhanklik van ander organismes vir voedsel en is afhanklik van hul omgewing vir beskerming en skuilplek. Hierdie besondere vertakking van die wetenskappe wat die interaksie van organismes met ander organismes en hul omgewing bestudeer, word ekologie genoem. 'n Persoon wat hierdie verwantskappe en interaksies bestudeer word 'n ekoloog genoem.

Ekologiese interaksies

Die ekologiese interaksies wat in 'n spesifieke gebied plaasvind word gewoonlik in vier vlakke ingedeel: bevolkings (populasies), gemeenskappe, ekosisteme en die biosfeer

Kyk na die volgende illustrasie wat die verskillende vlakke van organisasie aantoon.

Individue leef saam in bevolkings (populasies). Verskillende bevolkings vorm gesamentlik 'n gemeenskap. Gemeenskappe vorm, saam met die nie-lewende dinge in hul omgewing, 'n ekosisteem. Al die ekosisteme op aarde word die biosfeer genoem.

Jy het in die vorige grade reeds van terme soos biosfeer en ekosisteem gehoor. Wat van bevolkings en gemeenskappe? Jy het waarskynlik ook al gehoor dat mense praat van die bevolking van Suid-Afrika of die gemeenskap waarin jy woon? Wat beteken hierdie terme wanneer ons dit in ekologie gebruik? Kom ons kyk daarna.

Bevolking

Die web-skakel in die Besoek-boksie, wat handel oor ons "Breathing Earth", wys 'n baie interessante simulasie van hoe die Aarde, en ook individuele lande, se menslike bevolking elke sekonde verander. Indien u internettoegang met 'n projektor in u klaskamer het, kan u hierdie webwerf aan die begin van u les oor bevolking aanskakel, en dit dan laat aangaan terwyl u voortgaan met die klas. Aan die einde van die klas kan u dit dan weer vertoon om te wys hoeveel die Aarde se bevolking in die kort tyd van een les-uur toegeneem het.

'n Simulasie van huidige veranderinge in die menslike bevolking op Aarde. http://www.breathingearth.net/

In die vorige illustrasie kan ons sien dat die individuele impalas (rooibokke) 'n bevolking in die wildreservaat vorm. Op 'n groot skaal kan ons ook sê dat die 50 miljoen mense in Suid-Afrika die land se bevolking uitmaak.

Wat is 'n bevolking?

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende voorbeelde van bevolkings.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Bespreek dit eers met u klas en vra hulle menings. Hulle moet daarop let dat al die diere in 'n bevolking aan dieselfde spesie behoort en dat daar interaksie tussen hulle in die spesifieke area waarin hul lewe moet wees.

http://www.flickr.com/photos/amanderson/4686389576/
'n Bevolking seekoeie in die St Lucia riviermonding in Kwa-Zulu Natal. http://www.flickr.com/photos/amanderson/4686389576/
http://www.flickr.com/photos/amanderson/4685773273/
'n Bevolking sebras in die Kruger Nasionale Park. http://www.flickr.com/photos/amanderson/4685773273/
'n Bevolking robbe op Rob-eiland in Valsbaai
'n Bevolking pikkewyne op Boulders-strand.

VRAE:

Leerders mag dalk nie die antwoorde op hierdie vrae kan gee nie omdat ons nog nie 'n definisie van bevolking verskaf het nie, maar dit is juis bedoel as 'n bespreking sodat hulle tot 'n gevolgtrekking kan kom van wat 'n bevolking definiëer sonder om die definisie vooraf te gee.

Wat let jy op omtrent al die diere wat 'n bevolking uitmaak?



Al die diere wat aan 'n bevolking behoort, is van dieselfde spesie. Daar is verkillende ouderdomme, mannetjies en wyfies.

In elk van die foto's word elke bevolking in 'n spesifieke gebied aangetref. Behoort die sebras in die Kruger Nasionale Park en die sebras in die Hluhluwe-Umfolozi natuurreservaat aan dieselfde bevolking? Waarom dink jy so?



Nee, hulle behoort nie aan dieselfde bevolking nie. Individue van 'n bevolking woon almal in 'n spesifieke gebied en kan onderling met mekaar interaksie hê en aanteel. Hulle kan nie aanteel as hulle in verskillende gebiede leef nie.

Hoe groot is 'n bevolking?


'n Bevolking hoef nie 'n spesifieke grootte te hê nie. Dit word eerder bepaal deur die betrokke gebied en of die individue onderlinge interaksies kan hê.

Dink jy dat die robbe wat 100 jaar gelede op Rob-eiland gewoon het, deel is van dieselfde bevolking robbe op die foto, wat tans daar woon? Hoekom dink jy so?



Nee, hulle is nie van dieselfde bevolking nie. 'n Bevolking bestaan uit organismes van dieselfde spesie wat op 'n spesifieke tydstip dieselfde gebied bewoon. Individue in 'n bevolking het onderlinge interaksies met mekaar en kan onderling aanteel. Aangesien die robbe op verskillende tye geleef het, kan hulle nie as 'n bevolking beskou word nie.

Wat dink jy sal met die bevolking seekoeie in die St Lucia estuarium gebeur indien die rivier sou opdroog? Verduidelik jou antwoord.



Die aantal seekoeie in die bevolking sal drasties verminder. Hulle mag dalk nie almal doodgaan nie, maar die getalle sal afneem. Die afname mag die gevolg van migrasie van individue na ander gebiede wees. Die bevolking sal afneem omdat die omgewing nie meer die seekoeie kan onderhou nie aangesien daar nie genoeg water in die habitat is nie. (Ons sal later in die hoofstuk in meer detail na die balans in 'n ekosisteem kyk.)

'n Groep wetenskaplikes bestudeer 'n bevolking sebras in die Kurger Nasionale Park. Hulle let op dat die bevolking oor die afgelope vier jaar baie vinnig gegroei het. Waarom, dink jy, kan dit die geval wees? Noem moontlike redes hiervoor. Bespreek dit met die klas.





Moontlike redes kan die volgende insluit: Daar is dalk minder predatore sodat minder van die sebras gevang word. Daar is dalk meer vroulike individue gebore, sodat meer kan voortplant. Daar mag meer voedsel beskikbaar wees, dalk omdat daar minder ander herbivore in die gebied is, of besondere nat seisoene kon meer voedsel (groen gras) tot gevolg gehad het. Minder siektes kon voorgekom het, sodat minder diere sou vrek. Minder diere word deur mense gejag of gestroop in 'n bewaringsgebied.

Bespreek dit met die leerders en kyk waarmee hulle vorendag kom. Hulle het in die laer grade van voedingsverwantskappe en ekosisteme geleer en behoort dit te kan skakel aan hulle vorige studies en dit dan op nuwe omstandighede toepas.

Uitbreidingsvrae vir u leerders: 'n Ander groep wetenskaplikes wil die bevolking pikkewyne by Boulders-strand in Kaapstad met 'n ander bevolking in Antarktika vergelyk. Watter aspekte van elke bevolking kan hulle vergelyk?

Bespreek dit met u leerders. Help hulle om by die antwoorde uit te kom deur vrae te vra soos: hoe sou die wetenskaplikes die habitatte van die twee bevolkings met mekaar kon vergelyk? Hoe sou hulle kon vergelyk hoe die pikkewyne in elke bevolking vaar?

Antwoord: Sommige aspekte wat hulle tussen die twee bevolkings kon vergelyk is: groeitempo van die bevolking, die hoeveelheid sterftes en geboortes in 'n spesifieke tyd, wat die bevolkings eet, wat die natuurlike vyande/predatore van elke bevolking pikkewyne is, met watter ander spesies in die omgewing die bevolking pikkewyne 'n wisselwerking het, hoeveel keer per jaar hulle voortplant, of hulle skuilings bou, of daar enige menslike impak op die pikkewyne is, ens.

'n Bevolking is 'n groep organismes van dieselfde spesie wat in 'n spesifieke area op 'n spesifieke tydstip aangetref word en hulle moet kan aanteel in daardie gebied. Wanneer wetenskaplikes 'n bevolking bestudeer dan sal hulle faktore bestudeer soos bevolkingsgroei en die faktore wat bevolkingsgroei of -afname beïnvloed. Hulle sal ook ondersoek watter wisselwerking daar tussen die bevolking en die omgewing is.

Gemeenskap

'n Gemeenskap in ekologie verwys na al die bevolkings van organismes wat interaksie in 'n spesifieke gebied het. Gemeenskaps-ekologie is die studie van interaksie. As voorbeelde: Watter voedingsverwantskappe word in die gebied aangetref? Watter tipe grasse word deur die herbivore geëet en deur wie word die herbivore geëet? Kyk weer na die illustrasie van die diere in die wildreservaat. Watter diere vorm gesamentlik die gemeenskap?


Leeus, wildebeeste, sebras, impala/rooibokke en aasvoëls

Hierdie is 'n moontlike uitbreidingsaktiwiteit wat u met u leerders kan doen. Dit is slegs in die Onderwysersgids ingesluit omdat baie leerders nie met 'n onderwater-omgewing bekend is nie.

Identifiseer organismes in 'n gemeenskap

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die foto hieronder.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.
http://www.flickr.com/photos/38485387@N02/3580781379/
'n Onderwater-gemeenskap http://www.flickr.com/photos/38485387@N02/3580781379/

VRAE:

  1. Identifiseer die verskillende bevolkings van organismes waaruit hierdie onderwater-gemeenskap, as deel van die see, bestaan.

Verskillende visbevolkings, seeskilpaaie, seegras, korale, sponse, plankton

  1. Watter ander tipes organismes sou jy in hierdie gemeenskap verwag, maar jy kan hulle nie in hierdie foto sien nie?

Sommige ander voorbeelde sluit in: skaaldiere, soos krappe en krewe, jellievisse, seekatte, ander visspesies, dalk 'n haai.

  1. Hou sou jy die spesifieke gebied beskryf waarin hierdie gemeenskap aangetref word?

Dit is 'n koraalrif.

  1. Identifiseer moontlike voedingsverwantskappe tussen die verskillende bevolkings van organismes in hierdie gemeenskap.

Sommige vissoorte mag dalk ander vissoorte eet, die visse eet seegras, die seeskilpaaie eet seegras, die sponse filtreer plankton uit die water.

Ekosisteem

Kyk weer na die illustrasie van wildlewe in 'n wildreservaat. Daar is interaksie tussen die verskillende bevolkings om 'n gemeenskap te vorm. Indien ons nou die gemeenskappe se interaksie met die nie-lewende dinge in hul omgewing bestudeer, dan is ons besig om ekologie op die ekosisteem-vlak te bestudeer.

Dink aan die verskillende bevolkings van organismes wat 'n gemeenskap in die Kruger Nasionale Park vorm, soos sebras, olifante, leeus, springbokke, verskillende soorte bome en grasse. Kyk nou na hierdie foto van sommige van hierdie bevolkings by 'n watergat. Ons bestudeer in hierdie foto die interaksie tussen die lewende organismes met die nie-lewende omgewing. As voorbeeld, die sebra en springbok drink water, terwyl die olifant modder oor homself gooi om af te koel. Dit is 'n ekosisteem.

http://www.flickr.com/photos/34731946@N00/335133573/
Die ekosisteem in die wildreservaat bestaan uit lewende en nie-lewende dinge wat in interaksie met mekaar is. http://www.flickr.com/photos/34731946@N00/335133573/

Biosfeer

Al die ekosisteme op Aarde kombineer om die biosfeer te vorm. Ons kan op die biosfeer-vlak op 'n baie groter skaal ondersoek hoe lewende en nie-lewende dinge met mekaar in interaksie is. Dit sluit klimaatsveranderings in, asook hoe die Aarde oor die eeue verander het en selfs hoe die beweging van die planeet Aarde verskillende ekosisteme, sowel as windpatrone en rots- en grondvorming beïnvloed.

Al die ekosisteme op Aarde vorm gesamentlik die biosfeer.

Kyk of jy verstaan

Bespreek dit eers met u klas en vra hulle menings. Hulle moet daarop let dat al die diere in 'n bevolking aan dieselfde spesie behoort en dat daar interaksie tussen hulle in die spesifieke area waarin hul lewe moet wees.

Skryf jou eie definisie en verduideliking van elk van die volgende begrippe neer.

Ekologie:


Die besondere afdeling van wetenskappe wat die interaksie van organismes met mekaar en met hul omgewing bestudeer.

Interaksie:


Die proses om mekaar te beïnvloed / om wisselwerking met mekaar te hê.

Organisme:


'n Individuele lewensvorm, óf 'n plant, dier fungus, protis óf bakterie / wat al sewe die lewensfunksies kan verrig.

Bevolking (Populasie):


'n Groep organismes van dieselfde spesie wat almal op 'n spesifieke tydstip in 'n spesifieke gebied aangetref word en daar kan aanteel.

Gemeenskap:


Al die bevolkings van organismes in 'n gebied wat met mekaar in wisselwerking is.

Ekosisteem:


Die gebied waarin daar interaksie tussen die verskillende lewende organismes en hul nie-lewende omgewing is.

Biosfeer:


Al die ekosisteme op Aarde vorm gesamentlik die biosfeer.

Kom ons kyk nou 'n bietjie naderby na ekosisteme.

Ekosisteme

  • abiotiese
  • biotiese
  • habitat
  • migreer
  • predator

Lewende organismes op Aarde leef in wisselwerking in verskillende ekosisteme op die planeet. Al hierdie ekosisteme vorm gesamentlik die Aarde se biosfeer. 'n Ekosisteem bestaan uit die abiotiese (nie-lewende) omgewing en die biotiese (lewende) organismes.

Geïnteresseerd in 'n beroep in Groen Wetenskappe? Ontdek die moontlikhede hier! http://www.sciencenewsforkids.org/2013/03/cool-jobs-green-science/

Die artikel in die Besoek-boksie handel oor wetenskaplikes wat in "Groen Wetenskappe" werk. Hulle bestudeer spesifiek die interaksie tussen plante en hul omgewing. U kan dit aan die leerders as 'n verrykings-aktiwiteit of tuiswerkopdrag gee. Die artikel het vrae aan die einde wat u aan die leerders in 'n informele bespreking kan vra: http://www.sciencenewsforkids.org/teachers-questions-for-cool-jobs-green-science/

Biotiese en abiotiese komponente in 'n eksosisteem

Ons het reeds heelwat van die lewende organismes in 'n ekosisteem bestudeer, maar wat van sommige van die abiotiese faktore in ekosisteme? En watter interaksie is daar tussen die biotiese komponente en die abiotiese faktore in 'n ekosisteem?

Abiotiese komponente van 'n grasveld-ekosisteem

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende illustrasie van 'n grasveld-ekosisteem.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Maak 'n lys van sommige van die abiotiese komponente in die grasveld-ekosisteem, soos aangetoon in die illustrasie.



Grond, rotse, water, wind, lug, sonlig, temperatuur, wolke.

Bespreek vir elkeen van die volgende diere hoe hierdie diere met hul abiotiese omgewing in wisselwerking is.

  1. Die arend
  2. Die bome en gras
  3. Die muis
  4. Die wurm en die insek

  1. Die arend gebruik die wind en lugstrome om op te styg en te sweef terwyl hy jag.
  2. Die bome en gras is in die grond gewortel sodat hulle nie omwaai nie en water daaruit kan kry. Hulle gebruik sonlig en koolstofdioksied uit die lug om voedsel te vervaardig.
  3. Die muis maak sy huis in die grond. Dit kan sade en voedsel in die grond stoor en daar wegkruip vir predatore.
  4. Die wurm en insek leef in die grond.

Die blou pyl in die prent dui die beweging van water deur die ekosisteem aan. Wat noem ons hierdie beweging van water?


Die blou pyle dui die waterkringloop/-siklus aan.

U kan op hierdie stadium die waterkringloop/-siklus hersien, as volg: Die water in die dam verdamp en verander van 'n vloeistof na 'n damp/gas. Die waterdamp kondenseer om wolke te vorm. Sodra die waterdruppels in die wolke te groot word, presipiteer dit as reën. Die water vloei teen die hellings af en versamel in laer gebiede soos in die dam.

Temperatuur is 'n abiotiese faktor in 'n ekosisteem. Wat beïnvloed die temperatuur in die grasveld-ekosisteem?




Die tyd van die dag beïnvloed die temperatuur omdat dit sal bepaal hoeveel stralingsenergie die ekosisteem vanaf die son ontvang, afhangende van die aarde se posisie. Die tyd van die jaar beïnvloed die temperatuur omdat die afstand vanaf die son verander. Weersomstandighede beïnvloed die temperatuur, byvoorbeeld, of daar wolke is, of wind, of as dit reën. Die aspek van die area beïnvloed die temperatuur, byvoorbeeld, of dit op 'n helling geleë is wat noord of suid wys.

Die helling van die grond is nog 'n abiotiese faktor wat ekosisteme beïnvloed. Byvoorbeeld, is dit plat of is daar heuwels of berge? Hoe sou jy die grond in die grasveld-ekosisteem beskryf? Hoe dink jy kan dit die ekosisteem beïnvloed?




Die grasveld-ekosisteem het 'n steil helling. Daar is 'n heuwel aan die regterkant en die grond loop skuins af na die dam toe. Hierdie vorm en helling laat water afloop wanneer dit reën, wat water in die dam laat versamel, vir gebruik van die ekosisteem.

Speel 'n speletjie om spesifieke habitatte op aarde te identifiseer. http://www.curriculumbits.com/prodimages/details/biology/where-on-earth.html

Daar is, behalwe vir die sirkulering van water, ook interaksie tussen biotiese en abiotiese komponente om koolstofdioksied en suurstof in ekosisteme te sirkuleer. Wanneer fotosintese in plante plaasvind om glukose te produseer, word koolstofdioksied gebruik. Plante en diere breek tydens respirasie die suikers af om die koolstofdioksied weer vry te stel. Tydens fotosintese word suurstof vrygestel, terwyl plante en diere dit weer inneem vir respirasie. Kyk na die volgende illustrasie wat aantoon hoe gasse deur die dam-ekosisteem gesirkuleer word.

Daar is twee byskrifte uitgelaat in die tekening, maar daar is lyne waarop dit ingevul kan word. Bespreek dit met die klas en vul dit in.

Die pyl regs bokant die eend behoort te lees "Koolstofdioksied vrygestel tydens respirasie by plante en diere." Die pyl wat regs onder die eend eindig behoort te lees "Suurstof gebruik deur plante en diere tydens respirasie."

Noudat ons meer weet omtrent die verskillende biotiese en abiotiese faktore in 'n ekositeem en watter interaksie daar is, kom ons bestudeer 'n ekosisteem!

Jy kan veel meer aanlyn uitvind deur die skakels in die Besoek-boksies te besoek. Wees nuuskierig en ontdek die moontlikhede!

Studie van 'n ekosisteem

Hierdie aktiwiteit kan as 'n projek aan leerders gegee word. Leerders moet 'n area afbaken as 'n ekosisteem en dit dan gereeld besoek. U, as die onderwyser, moet die gebied vooraf besoek en 'n geskikte area vir studie vind, verkieslik naby 'n rivier of die kus. Maak seker dat daar genoeg spasie is vir 'n aantal klasse om die gebied te besoek sonder om skade aan te rig. Identifiseer organismes en moontlike verwantskappe tussen hulle. Wys voor die besoek aan die leerders hoe om die apparaat reg te gebruik en hoe om rekords te hou. Indien mikroskope beskikbaar is, leer hulle hoe om dit te gebruik sodat hulle grondmonsters en klein organismes kan bestudeer. U moet gedurende die besoek tussen die groepe leerders beweeg en seker maak hulle doen dit reg.

Aangesien baie van die metings oor nuwe konsepte en gebruike handel, moet u aan hulle verduidelik waarom die verskillende omgewings-toestande gemeet word. Dit is ook belangrik dat u gedurende die ondersoek tussen die groepe beweeg om seker te maak hulle pas die nuwe vaardighede korrek toe en neem akkurate metings.

Die laag dooie blare en grondmonsters kan in die veld bestudeer word, maar dit kan ook in die klas gedoen word. Indien die leerders die basiese ligmikroskoop kan gebruik, behoort hulle aangemoedig te word om dit met die mikroskoop te ondersoek.

BENODIGDHEDE:

  • 60 m tou
  • tentpenne of stokke
  • maatband (10 m lank)
  • ou lappe vir vlae op die penne
  • termometer
  • lineale
  • troffel
  • sif
  • inseknette
  • groot plastiese "Ziploc" sakke
  • merkpenne
  • knyptange
  • handskoene
  • handlense
  • knyperbord, papier en penne of potlode
  • kamera (indien moontlik)

Opsionele apparaat: reënmeter, draadring, verkyker, veldgidse

INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe van vyf. Jul onderwyser sal julle help om 'n geskikte studiegebied te vind.
  2. Steek 'n vierkant van 10 m x 10 m af. Gebruik die 10 m maatband en kap die penne in die grond om die hoeke van die vierkant te merk. Knoop 'n vlaggie aan die pen om dit maklik te kan sien. (Julle sal die vierkant gebruik om verskillende goed oor die volgende paar weke te bestudeer, so maak seker dat dit 'n geskikte terrein is wat nie met ander groepe se terrein oorvleuel nie.)
'n Voorbeeld van 'n vierkant met vier kwadrante.

  1. Probeer om soveel as moontlik van die plante te identifiseer. Gebruik die ruimte hieronder om jou bevindinge omtrent die plante neer te skryf. Jy kan selfs 'n paar illustrasies maak.





Leerder-afhanklike antwoord. Indien u mos of ligene vind, wys aan die leerders hoe 'n plant op 'n klip kan groei (interaksie tussen bioties en abioties). Soortgelyk, plante (bioties) het interaksie met die grond (abioties) omdat hulle minerale soute en water uit die grond kry.

  1. Gebruik die net om 'n paar klein invertebrata te vang. Probeer hulle identifiseer (vra vir hulp as julle dit nodig het), laat die diertjies dan weer ongedeerd vry. Gebruik die volgende ruimte om jul waarnemings aan te teken. Julle mag illustrasies gebruik.





Leerder-afhanklike antwoord. Daar is dalk miere wat 'n nes bou - wys hierdie interaksie aan die leerders.

  1. Kyk vir aanduidings van groter diere. Is daar mis, spore, of voëls in die bome? Teken aan wat jy vind.





Leerder-afhanklike antwoord. Let op na interaksies tussen organismes en met hul abiotiese omgewing en wys dit aan die leerders.

  1. Meet die temperatuur.
    1. Meet die temperatuur van julle vierkant.
    2. Meet die temperatuur van die grond ongeveer 5 cm onder die oppervlak.

Indien julle die temperatuur 'n paar keer gedurende die dag kan neem, gebruik die inligting om 'n grafiek te trek om te wys hoe die temperatuur gedurende die verloop van die dag verander.

  1. Neem 'n grondmonster deur een skep grond in 'n plastieksak te plaas. Bepaal of dit sand, leem of kleigrond is. Vergelyk jul monster met dié van ander groepe. Die volgende illustrasie gee 'n idee van verskillende grondtipes.
Verskillende grondtipes.

Leerders behoort van verskillende grondtipes in vorige grade in "Planeet Aarde en Die Ruimte" geleer het. Hierdie dien as hersiening van wat hulle geleer het.

Gebruik die handlens om te kyk of julle enige plant- of diere-reste in die grond kan sien.

  1. Gebruik die ruimte hieronder en beskryf jou waarnemings en teken voorbeelde. (Opsioneel: Meet die reënval en windspoed. Meet die reënval oor die volgende paar weke.)





Leerder-afhanklike antwoord. Jy kan maklik jou eie reënmeter maak deur die bokant van 'n 2 liter plastiekbottel af te sny en dit dan in die onderste helfte om te keer. Gebruik 'n merkpen om afmetings op die kant van die plastiekbottel te skryf. Kyk na hierdie skakel: http://www.rain-barrel-world.com/homemade-rain-gauge.html

VRAE:

Beskryf die verskillende habitatte in jul ekosisteem.




Leerder-afhanklike antwoord. Hulle mag dit beskryf as akwaties, terrestriëel, dammetjie, gras, woud, ens.

Verduidelik hoe die abiotiese faktore in die ekosisteem wat julle bestudeer het, die plante en diere in die ekosisteem beïnvloed.




Leerder-afhanklike antwoord. Leerders behoort kennis te neem van die waterbronne in hul vierkant, die helling van die area en tipes grond en hoe dit die organismes beïnvloed.

Watter verwantskappe bestaan daar tussen die plante en diere in die gebied wat jy bestudeer het?




Leerder-afhanklike antwoord. Leerders behoort op te let na enige voedingsverwantskap wat mag bestaan. Ons sal dit hierna in meer detail bestudeer, maar leerders sou dit in die vorige grade gedoen het.

Is daar enige tekens van menslike versteuring van die gebied wat jy bestudeer het? Was daar, byvoorbeeld, rommel of 'n paadjie? Watter invloed het dit op die lewende organismes en ook op die abiotese komponente van die vierkant? Watter voorstelle kan jy maak om hierdie soort inmenging te voorkom?




Leerder-afhanklike antwoord. Daar is dalk rommel wat 'n stroompie blokkeer, of dat diere dit kan eet en verstik. Daar is dalk 'n paadjie waarop mense loop, wat veroorsaak dat die plante vertrap is en niks daar groei nie. Leerders kan voorstel dat vuilgoeddromme daar naby geplaas word, of dalk dat die area afgekamp moet word sodat mense nie daardeur kan loop nie, ens.

Dink jy dat jou teenwoordigheid terwyl jy jou waarnemings gemaak het enige invloed op die plante en die diere in die vierkant gehad het?

Leerder-afhanklike antwoord. Leerders mag opgelet het dat insekte of ander klein diere weggeskarrel het sodra die vierkant genader is, of dalk is insekte na die penne of tou wat die area afgemerk het, aangetrek.

U kan kies om hierdie praktiese aktiwiteit te gebruik om leerders 'n geskrewe verslag/opgawe van hul werk te laat inhandig of hul werk en bevindinge in die klas as 'n "powerpoint"-aanbieding voor te dra. Moontlike areas vir evaluasie sluit in:

  • Titel en doelstelling
  • Prosedures gevolg deur die groep (soos toegeken volgens waarnemings deur die onderwyser)
  • Vergelykende data-ooreenkomste met ander groepe in die klas wat soortgelyke areas ondersoek het.
  • Die beantwoording van bogenoemde vrae.
  • Mondelinge aanbieding van hul navorsing, soos voorgestel deur hul "powerpoint"-vertoning aan die klas. Hulle kan die verskillende aktiwiteite wat deurgaans in hierdie hoofstuk uitgevoer word insluit, soos hul werk in verband met voedselkettings en voedselwebbe in hul afgebakende ekosisteem en enige pogings tot bewaring van hul afgebakende ekosisteem.

Ons het relatief klein ekosisteme bestudeer. Hoe groot kan 'n ekosisteem wees? Maak die grootte van 'n ekosisteem saak?

Die grootte van ekosisteme.

Die grootte van 'n werklike ekosisteem word nie deur oppervlak gedefinieer nie, maar eerder deur die interaksies wat daarin plaasvind. Dit kan so klein soos 'n rivierwal wees, of so groot as die Kruger Nasional Park.

Soorte interaksies

Die spesies wat in 'n spesifieke gebied in 'n ekosisteem leef, kan op verskillende maniere onderlinge interaksies toon.

1. Kompetisie

Wanneer organismes in 'n ekosisteem kosbare en dikwels skaars hulpbronne soos voedsel en water met mekaar moet deel, is hulle in kompetisie met mekaar. Die verskillende organismes ding met mekaar mee om dieselfde hulpbronne, veral voedsel.

http://www.flickr.com/photos/dalangalma/8197670802/
Hiënas en aasvoëls is albei aasvreters en kompeteer om dieselfde voedselbron. http://www.flickr.com/photos/dalangalma/8197670802/

2. Simbiose

Die begrip simbiose beskryf die manier waarop twee spesies saamleef in dieselfde gemeenskap waar hulle oor 'n lang tydperk met mekaar in interaksie is. Dit kom in die vorm van parasitisme, mutualisme en kommensalisme voor.

  • Parasitisme: Parasitisme is 'n vorm van simbiose waar een spesie voordeel trek of baat uit die verhouding, verwyl die ander spesie op een of ander manier benadeel word. Die gasheer mag selfs sterf in sekere gevalle.
http://www.flickr.com/photos/31031835@N08/6368338667/
Bosluise is parasiete wat leef van die bloed van baie diere, byvoorbeeld van honde, koeie, bokke en mense. http://www.flickr.com/photos/31031835@N08/6368338667/

  • Mutualisme: Mutualisme is 'n vorm van simbiose tussen enige twee spesies, waar albei die spesies voordeel trek uit die interaksie. Albei spesies verkry iets vanaf die ander, ons kan dus sê dit is wedersyds voordelig.
http://www.flickr.com/photos/dejeuxx/6924771739/
Bestuiwing is 'n voorbeeld van mutualisme want die by kry voedsel (nektar) vanaf die blom, terwyl die blom deur die by bestuif word sodat voortplanting kan plaasvind. http://www.flickr.com/photos/dejeuxx/6924771739/

Sommige miersoorte het fungus-plase wat hulle mooi versorg en beskerm. Die fungi kry organiese materiaal wat hul benodig, terwyl die fungi die miere van voedingstowwe voorsien.

'n Video van blaarsny-miere wat hul fungus-plaas versorg

  • Kommensalisme: Kommensalisme is 'n vorm van simbiose tussen individue van verskillende spesies waar die een spesie voordeel trek, terwyl die ander nie deur die verhouding beïnvloed word nie. Anders as by parasitisme, word die een organisme nie bevoordeel of benadeel nie.
http://www.flickr.com/photos/marcelekkel/4803634603/
'n Haai met Remora-visse. Die Remora-vis kry stukkies voedsel wat uit die haai se mond val. Vir die haai maak dit nie saak nie. http://www.flickr.com/photos/marcelekkel/4803634603/

3. Voeding: Verskillende spesies in 'n ekosisteem het 'n verhouding en interaksie met mekaar wanneer een spesie die ander as 'n voedselbron gebruik. In predator-prooi verhoudings sal die een spesie (predator) die ander spesie jag (prooi).

http://www.flickr.com/photos/thomson-safaris/8377408989/
Leeus en sebras het 'n predator-prooi verhouding. http://www.flickr.com/photos/thomson-safaris/8377408989/

Identifiseer die tipe interaksie tussen organismes

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die foto's en inligting in die volgende tabel.
  2. Identifiseer die tipe interaksie in elke geval en gee 'n rede vir jou antwoord.

Tipe interaksie

Verduidelik die tipe interaksie

'n Kolibri wat voed. http://www.flickr.com/photos/mark233/6338069992/

Plante onder die bome in 'n woud. http://www.flickr.com/photos/66770481@N02/6741179033/

Vlooibyte op 'n mens.

Harlekynvissie in 'n see-anemoon.

'n Wit bosluisvoël wat wag vir die renoster om insekte te versteur. http://www.flickr.com/photos/dkeats/8040036825/

Tipe interaksie

Verduidelik die tipe interaksie

'n Kolibri wat voed. http://www.flickr.com/photos/mark233/6338069992/

Mutualisme

Die voëltjie kry nektar uit die blom en bestuif terselfdertyd die blom.

Plante onder die bome in 'n woud. http://www.flickr.com/photos/66770481@N02/6741179033/

Kompetisie

Die plante ding mee om lig, groeiplek en water.

Vlooibyte op 'n mens.

Parasitisme:

Die vlooi byt die mens en kry voedsel, die mens word in die proses benadeel.

Harlekynvissie in 'n see-anemoon.

Mutualisme

Die see-anemoon beskerm die harlekynvissie teen predatore, terwyl die harlekynvissie op klein invertebrata voed wat andersins die anemoon kan benadeel en die anemoon kry ook voedingstowwe uit die vis se ontlasting.

Onderwysersnota: Bespreek dit met u klas, veral as julle nie naby die see woon nie.

'n Wit bosluisvoël wat wag vir die renoster om insekte te versteur. http://www.flickr.com/photos/dkeats/8040036825/

Kommensalisme:

Die wit bosluisvoël word bevoordeel terwyl dit wag dat die renoster loop en eet en dan insekte in die gras versteur. Die voël vang die insekte as hulle opvlieg. Die renoster word nie benadeel nie, maar kry ook geen voordeel uit die verhouding nie.

Noudat ons weet hoe organismes met mekaar in interaksie tree, kan ons die voedingsverwantskappe tussen verskillende organismes van naderby bekyk.

Voedingsverwantskappe

Leerders behoort reeds in vorige grade van voedselkettings en voedselwebbe geleer het. Hierdie werk is dus deels hersiening, maar die konsepte word uitgebrei om dit op hierdie vlak meer uitdagend te maak.

  • karnivoor
  • verbruiker
  • ontbinders
  • herbivoor
  • insektivoor
  • omnivoor
  • produseerder

Ons het in die vorige afdeling gesien hoe organismes van verskillende spesies in 'n ekosisteem met mekaar in interaksie verkeer. Kom ons kyk nou hoe organismes deur hul voedingsverwantskappe met mekaar in wisselwerking is.

Voedingstipes

Lewende organismes moet al die lewensprosesse kan uitvoer. Sommige organismes, soos plante, produseer hul eie voedsel, terwl ander organismes dit nie kan doen nie en daarom van ander organismes afhanklik is vir hul energie.

Ons kan daarom verskillende voedingstipes identifiseer, gebaseer op die manier waarop 'n organisme sy voedsel verkry. Daar is produseerders (produsente) en verbruikers.

Produseerders

Produseerders is organismes wat hul eie organiese voedsel kan vervaardig. Hulle hoef nie ander organismes te eet nie. Produseerders word ook outotrofe genoem.

Die term outotroof is afkomstig van die Griekse woorde autos wat "self" beteken en trophe wat "voedend" beteken. Daarom beteken outotroof "self-voedend".

Plante is produseerders want hulle vervaardig hul eie voedsel gedurende fotosintese. Wat benodig plante om te kan fotosinteer?



Plante benodig water uit die grond, koolstofdioksied vanuit die lug en stralingsenergie vanaf die son.

http://www.flickr.com/photos/mickers/7896129722/
Plante produseer voedsel deur fotosintese. http://www.flickr.com/photos/mickers/7896129722/

Diepsee-navorsers het in 2011 uitgevind dat daar mossels is wat in simbiose met bakterieë leef wat waterstof as hulpbron in chemosintese gebruik. Dit is die eerste keer dat sulke organismes ontdek is!

Verbruikers

Organismes wat nie hul eie voedsel kan produseer nie moet ander organismes eet om voedsel te bekom. Sulke organismes word verbruikers genoem omdat hulle nie hul eie voedsel produseer nie. Verbruikers word ook heterotrofe genoem.

Die term heterotroof kom van die Griekse woorde heteros wat "verskillend" beteken en trophe wat "voedend" beteken. Daarom beteken heterotroof "verskillend voedend" of voed op verskillende dinge.

Daar is baie verskillende tipes verbruikers en ons klassifiseer hulle in spesifieke groepe op grond van die tipe voedsel wat hulle inneem. Hierdie is:

  • herbivore
  • karnivore
  • omnivore
  • ontbinders

Verskillende tipes verbruikers

Hierdie aktiwiteit is bedoel om op reeds bekende kennis van herbivore, omnivore en karnivore voort te bou, en stel ook die konsepte van insektivore en aasvreters bekend, alhoewel leerders dalk reeds daarvan mag weet, maar dit nog nie vir hulself gedefinieer het nie. Die aktiwiteit vereis dat hul gebruik maak van reeds bestaande kennis om die terme te definieer. Onderwysers behoort tussen die groepe deur te loop om seker te maak dat hul wetenskapllike terme gebruik in hul definisies, soos gebruik in hierdie en vorige afdelings, asook in die Nuwe Woorde-lys.

INSTRUKSIES:

  1. Die volgende illustrasie toon 'n verskeidenheid diere wat in Suid-Afrika aangetref word.
  2. Bestudeer die illustrasies en beantwoord dan die vrae wat volg.

VRAE:

Wat is 'n herbivoor? Skryf 'n definisie hieronder en gee dan vier voorbeelde van diere uit die illustrasie wat herbivore is.



'n Herbivoor is 'n dier wat op plantmateriaal voed. Voorbeelde van herbivore is: olifant, eend, perd, buffel, eekhoring, sprinkaan, renoster, sebra, koei, muis, ens.

Wat is 'n karnivoor? Skryf 'n definisie hieronder en gee dan vier voorbeelde van diere in die illustrasie wat karnivore is.



'n Karnivoor is 'n dier wat ander diere (lewend of dood) eet. Voorbeelde van karnivore is: leeu, jakkals, dolfyn, krokodil, haai, luiperd, muskiet, aasvoël, krap, rob, ens.

Daar is verskilende tipes karnivore. Sommige karnivore jag ander diere. Hulle word predatore genoem. Die dier wat gejag word is die prooi. 'n Leeu is 'n voorbeeld van 'n predator. Verskaf drie voorbeelde uit die illustrasie van diere wat die prooi van die leeu is.


Bok, sebra, buffel.

Ander tipes karnivore word aasvreters of aasdiere genoem omdat hulle dooie dieremateriaal eet, byvoorbeeld 'n hiëna. Daar is drie ander aasdiere in die illustrasie. Identifiseer hulle en skryf die name hieronder.


Aasvoël, jakkals, krap.

Die volgende diere is ook almal karnivore. Hulle het 'n soortgelyk dieet. Weet jy wat hulle eet? Vind uit wat hierdie diere eet. Bespreek dit met die klas.

http://www.flickr.com/photos/42244964@N03/4325982802/
'n Verkleurmannetjie. http://www.flickr.com/photos/42244964@N03/4325982802/
http://www.flickr.com/photos/chimothy27/3642531568/
'n Vlermuis. http://www.flickr.com/photos/chimothy27/3642531568/
http://www.flickr.com/photos/twbuckner/4056556245/
'n Bidsprinkaan. http://www.flickr.com/photos/twbuckner/4056556245/
http://www.flickr.com/photos/j\_benson/2545246443/
'n Swaeltjie. http://www.flickr.com/photos/j_benson/2545246443/

Skryf hier onder neer wat hierdie diere almal eet en wat 'n mens so 'n soort karnivoor noem.



Hierdie diere eet almal insekte en ander klein invertebrata/ongewerweldes. Hulle word insektivore genoem.

Wat noem ons diere wat beide plant- en dieremateriaal eet? Gee een voorbeeld uit die illustrasies.


'n Dier wat beide plant- en dieremateriaal eet word 'n omnivoor genoem. Voorbeelde is: vark, flamink, muis/rot.

Hoe sou jy mense klassifiseer?


Mense is omnivore.

Die laaste groep organismes wat ons kan bespreek vanaf die illustrasie is die ontbinders. Ontbinders breek die oorblyfsels van dooie plante en diere af. Gee 'n voorbeeld van 'n ontbinder uit die illustrasie.


Die erdwurm is 'n ontbinder.

Verwys na die studie van 'n ekosisteem in of naby die skool waarmee jy besig is.
  1. Lys die produseerders in jou ekosisteem. Verduidelik hoe jy weet dat hulle produseerders is.

Leerder-afhanklike antwoord

Lys die herbivore wat jy in jou ekosisteem aangetref het. Verduidelik hoe jy weet dat hulle herbivore is.



Leerder-afhanklike antwoord

Het jy enige aanduidings of voorbeelde van karnivore in jou ekosisteem aangetref? Lys hulle hieronder.



Leerder-afhanklike antwoord

Bestudeer weer die grond. Gebruik die handlens om te kyk of jy enige ontbinders of tekens van ontbinders in jou ekosisteem kan waarneem. Beskryf enige ontbinders wat jy kon vind hieronder.



Leerder-afhanklike antwoord

Hulle mag erdwurms of fungi waargeneem het.

In hierdie laaste aktiwiteit het ons na verskillende verbruikers gekyk. Die voorbeelde was almal verskillende tipes diere. Maar wat van die ander koninkryke, soos fungi?

Julle onthou dalk dat julle van fungi in vorige grade geleer het. Fungi is nie plante nie. Fungi kan nie fotosinteer nie want hulle het nie chlorofil nie. Waar kry fungi dan voedsel?

Ander ontbinders

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende foto's van verskillende soorte fungi
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Aan watter koninkryk behoort hierdie organismes?


Dit is sampioene, hulle is daarom deel van die koninkryk Fungi.

Wat let jy op omtrent die plek waar die sampioene groei? Waarop groei hulle meestal? Is die voedingsbodem dood of lewend?



Die sampioene groei meestal op dooie plantmateriaal, byvoorbeeld dooie boomstompe en humus.

Sampioene verkry hul voedingstowwe vanuit die materiaal waarop hulle groei. Hulle breek terselfdertyd dooie materiaal af. Wat kan ons daarom die voedingsvlak van Fungi noem?


Ons noem hulle ontbinders.

Wanneer Fungi, en ander ontbinders, dooie materiaal afbreek, help hulle om voedingstowwe in die grond terug te plaas. Skryf 'n paar sinne waarin jy verduidelik waarom jy dink dat ontbinders vir ekosisteme belangrik is en hoe hulle help om 'n ekosisteem te laat funksioneer.





Ontbinders breek dooie organiese materiaal af en help om voedingstofelemente soos water en koolstof terug in die ekosisteem te plaas. Die voedingstowwe word op hierdie manier hersirkuleer en beskikbaar gemaak vir gebruik deur ander organismes. Dit help ook om die ekosisteem "skoon" te hou sodat dooie en ontbindende materiaal nie vir lang periodes in die ekosisteem rondlê nie.

Ons weet nou reeds dat verskillende organismes in 'n ekosisteem van mekaar afhanklik is as gevolg van hoe hulle voed. Daar is produseerders en verbruikers. Ons het gesien dat organismes van een spesies die organismes van 'n ander spesies eet. Hoe kan ons hierdie voedingverhoudings aanmekaar skakel om te wys hoe energie vanaf die produseerders na die verbruikers oorgedra word?

Energievloei: Voedselkettings en voedselwebbe

  • energiepiramide
  • voedselketting
  • voedselweb
  • primêre verbruiker
  • sekondêre verbruiker
  • tersiêre verbruiker
  • trofiese vlak

Die vloei van energie vanaf die son na verskillende organismes in 'n ekosisteem is baie belangrik omdat dit alle lewensprosesse in lewende organismes onderhou. Ons gaan in hierdie afdeling in meer detail kyk na die manier waarop energie vanaf die son na verskillende organismes vloei om lewe op Aarde te ondersteun en te onderhou.

Energie-oordrag

Energie is lewensnoodsaaklik vir organismes om hul lewensprosesse uit te voer. Alle energie in voedselwebbe kom van die son. Plante absorbeer stralingsenergie tydens fotosintese en omskep dit in chemiese potensiële energie in voedselverbindings, wat dan weer vir diere beskikbaar is. Hierbivore verkry energie direk vanaf plante, terwyl karnivore en omnivore dieremateriaal vir energie eet. Hierdie oordrag van energie word geïllustreer deur voedselkettings.

Energie-oordrag in 'n ekosisteem

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die volgende diagram wat die voedingsverwantskappe tussen verskillende organismes in 'n ekosisteem illustreer.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Wat kan ons hierdie diagram noem?


Dit word 'n voedselketting genoem.

Watter organisme is die produseerder?


Die gras.

Watter organismes is die verbruikers?


Die sprinkaan, rot en uil is verbruikers.

Identifiseer die herbivore en karnivore onder die verbruikers.


Die sprinkaan is 'n herbivoor en die rot en die uil is karnivore.

Die rot vreet ook sade en ander plantmateriaal. Wat noem ons dus die rot? Gee 'n rede vir jou antwoord.



Die rot is 'n omnivoor omdat dit beide plant- en dieremateriaal vreet.

Wat word deur die pyle aangedui?



Die pyle dui die oordrag van energie van een trofiese vlak na die ander aan.

Dink jy dat dit 'n verskil maak in watter rigting die pyle wys? Verduidelik jou antwoord.




Ja, dit maak 'n verskil. Die pyle dui die rigting van energie-vloei aan, soos wat energie van een organisme na die volgende vloei, altyd vanaf die produseerders na die verbruikers.

Gebruik die volende spasie om nog drie voedselkettings te teken. Gebruik in ten minste twee van die voedselkettings wat jy teken organismes van die ekosisteem wat jy by die skool bestudeer het.







Leerder-afhanklike antwoord. Die voedselkettings moet by 'n groen plant (produseerder) begin, of by 'n deel van 'n groen plant, soos vrugte of graan. Maak seker dat die pyle in die regte rigting wys en dat daar drie vlakke verbruikers is.

Waar sou jy ontbinders in die voedselketting plaas? Waarom dink jy so?



Leerder-afhanklike antwoord. Die ontbinders kan aan die einde van die voedselketting geplaas word. Die ontbinders word gewoonlik aan die kant van die ketting geplaas met pyle wat vanaf elke vlak na die ontbinders gaan omdat ontbinders die liggame van alle dooie organismes afbreek.

Is dit vir jou duidelik dat voedselkettings die vloei van energie vanaf die produseerders na die verbruikers aandui? Daar is egter drie verskillende soorte verbruikers in hierdie voedselketting. Hoe kan ons tussen die verskillende verbruikers onderskei?

  • Diere wat plantmateriaal eet is primêre verbruikers. (primêr beteken eerste.)
  • Diere wat primêre verbruikers eet word sekondêre verbruikers genoem.
  • Diere wat die sekondêre verbruikers eet (dis meestal predatore) word die tersiêre verbruikers genoem.

Identifiseer die verskillende verbruikers-vlakke in die voedselketting in die aktiwiteit.

Moedig die leerders aan om die vlakke by die diagram te skryf. Die sprinkaan is die primêre verbruiker, die rot is die sekondêre verbruiker en die uil is die tersiêre verbruiker.

Elk van die vlakke in die voedselketting word 'n trofiese vlak genoem. Elke organisme gebruik tot 90% van die energie vir sy eie lewensprosesse. Slegs ongeveer 10% van die energie is beskikbaar vir die volgende dier in die voedselketting. Hierdie verlies van energie by elke trofiese vlak kan aangedui word deur 'n energiepiramide. Hoekom dui ons dit as 'n piramide aan? Kom ons vind uit.

'n Video oor energiepiramides

Bestudeer energiepiramides

BENODIGDHEDE:

  • karton
  • sker
  • gom
  • gekleurde penne en potlode

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende energiepiramides van mariene- en savanna-ekosisteme. Let noukeurig op na die aantal organismes op elke vlak.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.
  3. Jy kan op die ou end jou eie energiepiramide maak.

VRAE:

Watter organismes vorm die produseerders in die mariene- en in die savanna-ekosisteme?


Fitoplankton in die mariene ekosisteem. Bome in die savanna-ekosisteem.

Watter organismes is die primêre verbruikers in elk van die ekosisteme?


Die skaaldiere in die mariene- en die kameelperde in die savanna-ekosisteem.

90% van die energie van die eerste vlak word gebruik en slegs 10% kan na die volgende vlak oorgedra word. Hoekom dink jy gebeur dit? Bespreek dit in die klas en skryf jou antwoord hieronder.



Die organismes op elke vlak gebruik die meeste van die energie (90%) om hul eie lewensprosesse te onderhou (byvoorbeeld vir asemhaling, beweging, voortplanting, ens). Daar is daarom slegs ongeveer 10% beskikbaar om na die volgende trofiese vlak oor te dra. Leerders mag dalk hulp nodig hê met hierdie vraag. Help hulle met vrae soos: waarvoor gebruik die organismes op elke vlak die energie?

Verskaf moontlike redes waarom daar so baie produseerders in hierdie ekosisteme is.



Die energievloei in 'n ekosisteem is baie oneffektief en slegs 10% van die energie kan vanaf een vlak na die volgende oorgedra word. Daar moet dus baie meer plante as primêre verbruikers wees om genoeg energie vir die volgende trofiese vlakke te verskaf.

Hoeveel trofiese vlakke is daar in elk van hierdie ekosisteme?


Daar is vyf in die mariene- en drie in die savanna-ekosisteem

Vergelyk die aantal produseerders met die aantal sekondêre verbruikers. Waarom is daar so'n groot verskil in die getalle?



Aangesien slegs 10% van die energie wat deur die produseerders vasgevang word word na die volgende vlak, die primêre verbruikers, oorgedra kan word, moet die primêre verbruikers baie voedsel inneem om genoeg energie te verkry. Om dieselfde rede moet elke vlak deur 'n groter vlak waarop dit voed ondersteun word aangesien slegs 10% van die energie na die volgende vlak oorgedra word.

Lees die volgende aanhaling en teken 'n energiepiramide met vyf trofiese vlakke in die ruimte hieronder:

"Drie-honderd visse is nodig om een man vir een jaar te onderhou. Die forelle moet op hule beurt 90 000 paddas eet. Die paddas moet 27 miljoen sprinkane eet wat leef van 1000 ton gras."







Leerder-afhanklike antwoord.

Kom ons maak nou ons eie energiepiramide. Volg die stappe:

  1. Gebruik 'n A4 stuk karton en sny 'n vierkant uit. Vou die een hoek oor na die volgende kant en sny die deel wat uitsteek af.
  1. Vou nou die vierkant na die ander kant toe, sodat jy twee voue het wat diagonaal oor die vierkant loop.
  1. Sny langs een van die voue tot in die middel.
  1. Vou die een driehoek-kant onder die ander een in om 'n piramide te maak.
  1. Voordat jy die twee kante aanmekaar vasgom, trek drie lyne om die kante in vier lae te verdeel.
  2. Nou kan jy jou eie energiepiramide ontwerp. Besluit watter organismes jy op elke vlak gaan plaas. Daar moet produseerders, primêre verbruikers, sekondêre verbruikers en tersiêre verbruikers wees.
  3. Maak tekeninge van elke soort organisme in die vlakke van een van die driehoeke.
  4. Skryf die name van die organismes in die ander driehoek.
  5. Skryf in die laaste driehoek of dit 'n produseerder of 'n verbruiker is en watter soort verbruiker.
  6. Gom nou die driehoek vas.
  7. Kyk na die volgende voorbeeld. Jy moet ander organismes gebruik.

Voedselwebbe.

Verbruikers het verskillende voedselbronne in 'n eksosisteem en is gewoonlik nie slegs van een spesie vir voedsel afhanklik nie. Indien ons al die voedselkettings in 'n ekosisteem saamvoeg, vorm dit vele onderling geskakelde voedselkettings. Dit word 'n voedselweb genoem. 'n Voedselweb is nuttig om die verskillende voedingsverwantskappe tussen verskillende spesies in 'n ekosisteem aan te toon.

Identifiseer voedselkettings en voedselwebbe

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die voedselweb hieronder.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Plankton is 'n term wat organismes beskryf wat in water leef en wat nie teen strome kan swem nie. Fitoplankton is mikroskopiese plant-agtige organismes en soöplankton is klein dier-agtige organismes.

VRAE:

Watse soort ekosisteem word in hierdie voedselweb beskryf?


'n Mariene ekosisteem.

Gebruik die volgende ruimte om vier verskillende voedselkettings uit hierdie voedselweb neer te skryf.



Daar is verskillende antwoorde. Hier volg 'n paar voorbeelde:

fitoplankton ⇨ kril ⇨ vis ⇨ pikkewyn ⇨ rob

fitoplankton ⇨ soöplankton ⇨ vis ⇨ seemeeu ⇨ rob

fitoplankton ⇨ kril ⇨ blou walvis

seegras ⇨ krap ⇨ seekat ⇨ pikkewyn ⇨ rob

seegras ⇨ krap ⇨ seekat ⇨ rob ⇨ moordwalvis

Wat word deur 'n voedselweb aangetoon?



Dit wys hoe die verskillende voedselkettings ineenskakel.

Noem die produseerders in hierdie voedselweb.


Fitoplankton en seegras.

Lys die herbivore in hierdie voedselweb.


Kril, soöplankton en krappe

Noem twee spesies in hierdie voedselweb wat top karnivore is.

Moordwalvis en blou walvis.

Verwys na die ekosisteem wat jy besig is om te bestudeer. Probeer 'n voedselweb identifiseer wat op jou afgemerkte ekosisteem van toepassing is. Teken dit hieronder.









Wat dink jy sou met die mariene ekosisteem in die vorige aktiwiteit gebeur indien ons al die fitoplankton kon verwyder? Dit bring ons by die volgende afdeling.

Balans in 'n ekosisteem

  • bedreig
  • uitgesterf
  • menslike faktore

In hierdie afdeling gaan ons die balans tussen die verskillende trofiese vlakke bestudeer, aangesien al die organismes in die ekosisteem afhanklik is van die hulpbronne wat die gebied kan verskaf. 'n Gebied kan slegs 'n beperkte aantal organismes onderhou. Kyk na die ekosisteem hieronder en besluit van watter hulpbronne die organismes afhanklik is. Onthou om aantekeninge te maak.

Gebruik dit as 'n intreepunt vir hierdie afdeling. Die hulpbronne waarvan die organismes afhanklik is, is voedsel, skuiling en water. Vra aan die leerders vrae soos: wat sou gebeur indien daar 'n droogte is en al die gras gaan dood, of, indien daar 'n brand is wat al die plante doodbrand, of, indien al die sebras vrek van 'n siekte? Die ekosisteem sou op een of ander manier ongebalanseerd raak.

'n Gebalanseerde savanna-ekosisteem

Indien die gras en die bome sou doodgaan, wat sou met die sebras en olifante gebeur? Wat sal daarna met die jagluiperds en die hiënas gebeur? Hoekom is dit die geval? Die balans in 'n ekosisteem verwys na die hoeveelheid diere wat vir lang periodes daardeur onderhou kan word. Indien die balans versteur word, stort die hele sisteem in duie.

Leerders het in Gr. 7 Lewe en Lewende Dinge Biodiversiteit en Geslagtelike voortplantinng by Angiosperme bestudeer (insluitende afdelings oor bestuiwing). Indien u daarvoor tyd het kan u die kort video wys oor die geheimsinnige verdwyning van heuningbye en waarom baie mense daaroor besorg is! U kan daarna 'n klasbespreking inlei deur die leerders te vra wat die uitwerking van die verlies van heuningbye op die ekosisteem sou wees.

Probeer 'n oerwoud-ekosisteem balanseer! http://revolution.caret.cam.ac.uk/flash/ecosystems_younger.swf

Een van die faktore waarna ons kan kyk om te bepaal of 'n ekosisteem in balans is, is om die bevolkingsgroei van verskillende spesies oor 'n tydperk dop te hou.

Bevolkingsgroei

Alle ekologiese bevolkings in 'n gemeenskap wissel en verander. Alle bevolkings verander en groei met verloop van tyd. Die bevolkingsgroei van 'n spesie in die wildernis word in balans gehou deur verskeie faktore.

Menslike inmenging kan soms ernstige skade aan 'n diere-bevolking aanrig, soos die krities bedreigde rivierkonyn. Daar is minder as 200 individue in Suid-Afrika oor. Die diere eet net seker soorte plante, daarom is die dier se habitat beperk tot waar hierdie plante groei, soos in 'n klein gebied in die Karoo. Die diere skuil bedags onder bosse op die rivierwalle, maar hul skuilplekke is deur mense ingeneem of vernietig.

Die krities bedreigde Rivierkonyn

INSTRUKSIES:

Onderwysers kan indien moontlik die plakkaat oor die Rivierkonyn en die inligtingspamflet by http://www.capenature.co.za/resources.htm?sm%5Bp1%5D%5Bcategory%5D=341 aflaai om in die klas te bespreek.

  1. Bestudeer die diagram wat die bedreiging van die Rivierkonyn beskryf.







Verduidelik die verskillende beperkende faktore op die bevolkingsgroei van die Rivierkonyn deur die inligting op die diagram te gebruik.

  • Habitat-vernietiging is een van die baie redes, as gevolg van landbou-aktiwiteite, vuur en plaasdiere (wat ook erosie kan veroorsaak)
  • Ander diere kompeteer om hul voedsel
  • Vloede maak die jonges dood en vernietig hul habitat
  • Natuurlike predatore maak hulle dood.
  • Hulle word doodgemaak op paaie en deur 4x4-voertuie in rivierbeddens.
  • Jagters maak hulle dood omdat hulle dink dat die diere hul oes vreet.

Die hoofdoel van enige spesie is om voort te plant en die oorlewing van die spesie te verseker. Faktore buite die beheer van die spesie beïnvloed en beperk die groei van die bevolkings soos met die Rivierkonyn. Hierdie veranderings veroorsaak 'n wanbalans in die ekosisteem wat die organismes wat daar woon kan beïnvloed, maar ook die hele ekosisteem.

Faktore wat 'n ekosisteem se balans kan versteur

Ons kan hierdie faktore groepeer as:

  1. natuurlike faktore: en
  2. menslike faktore.

Ons het dit reeds bespreek, maar kom ons kyk van naderby:

Natuurlike faktore

Natuurrampe soos vloede of orkane kan ernstige versteurings in ekosisteme veroorsaak, maar die ekosisteem kan weer herstel. Indien die verandering oor lang periodes plaasvind, soos met klimaatsveranderings en globale verwarming, kan die skade onomkeerbaar wees. Daar is, byvoorbeeld, vele verskillende teorieë oor hoekom die dinosourusse uitgesterf het. Een van die teorieë is 'n skielike klimaatsverandering. Die skielike verandering, of dit nou was as gevolg van 'n meteoriet wat die aarde getref het of nie, het die balans in die ekosisteem versteur. Dit was van so 'n aard dat al die dinosourusse uitgesterf het.

'n Simulasie van 'n metoriet wat die aarde tref (video).

http://www.flickr.com/photos/usace-kcd/5846530366/
'n Skielike natuurramp, soos vloede , kan die ekosisteem versteur. http://www.flickr.com/photos/usace-kcd/5846530366/

Assesseer die impak van 'n natuurramp

Daar was in 1980 'n verwoestende droogte en hongersnood in Ethiopië wat die dood van 400 000 mense veroorsaak het. Baie diere, plante en mikroörganismes het ook gesterf, asook spesies wat van water vir hul voortplantingsiklus afhanklik is, soos amfibieë, wat erg daardeur geraak is.

http://www.flickr.com/photos/ctsnow/95573879/
Die droë landskap van Ethiopië. http://www.flickr.com/photos/ctsnow/95573879/
http://www.flickr.com/photos/oxfameastafrica/5933226731/
Mense wat water soek. http://www.flickr.com/photos/oxfameastafrica/5933226731/

VRAE:

Wat is 'n droogte?


'n Droogte is 'n tekort aan water omdat daar vir lang tydperke geen reën val nie.

Wat is hongersnood?


Hongersnood is wanneer daar 'n skaarsste aan voedsel is en mense daarom sterf.

Hoe dink jy skakel 'n droogte en hongersnood in 'n spesifieke gebied met mekaar, soos in Ethiopië?


Droogte laat plante vrek, daarom vrek die diere ook. Dit verminder dan die beskikbaarheid van voedsel vir mense en plaasdiere vrek ook.

Hongersnood word dikwels vergesel van 'n toename in siektes onder mense en diere. Waarom dink jy is dit so?


Honger en ondervoede mense en diere is verswak en kan nie siektes afweer nie.

Dink jy die uitwerking van 'n droogte en hongersnood op 'n ekosisteem is omkeerbaar of onomkeerbaar? Gee 'n rede vir jou antwoord.



Dit is gewoonlik omkeerbaar, maar dit kan baie lank duur voordat dit van ernstige droogtes herstel.

Waarom is dit meer waarskynlik dat 'n droogte 'n wanbalans sal veroorsaak as 'n maand met laer as gewoonlike reënval?



Droogtes hou baie langer aan as net een seisoen met lae reënval. Waterbronne is so min tydens lang droogtes dat die meeste organismes sterf.

Bespreek dit met u leerder voor hulle hul antwoorde neerskryf. Ekosisteme is betreklik robuus en kan fluktuasies in die klimaat gedurende die jaar hanteer. Indien daar egter skielik of oor lang tydperke sulke klimaatsveranderinge plaasvind, kan dit 'n wanbalans veroorsaak.

Menslike faktore

Baie jare gelede het mense soos die San min impak op hul omgewing gehad, omdat hulle in harmonie met die land geleef en slegs die voedsel wat hulle kon saamdra geneem het. Moderne mense het egter 'n baie groot impak op die natuur. Ons maak grond skoon om stede, paaie en plase aan te lê, ons besoedel die omgewing en produseer afval en rommel. Mense stroop ook bedreigde diere en oes te veel mariene diere, wat permanente skade aan ekosisteme veroorsaak.

Stropery in Suid-Afrika

Daar is in 2012 668 renosters in Suid-AFrika vir hul horings gestroop. Teen laat Julie 2013, slegs halfpad deur die jaar, was daar reeds 446 remonsters gestroop! Dit is 'n massiewe toename sedert die jaar 2000, toe daar slegs sewe renosters gestroop is.

INSTRUKSIES:

  1. Lees die volgende koerant-artikel
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Jag en bosvleis - die pad na uitsterwing

19 Oktober 2012

Onwettige jag (stropery) van diere en die doodmaak van wilde diere vir "bosvleis" in Suid-Afrika is 'n ernstige bekommernis vir omgewingsdeskundiges aangesien dit baie spesies tot op die rand van uitsterwing bring. Arm gemeenskappe maak dikwels gebruik van enige wilde dier wat hulle kan vang vir voedsel, maar wanneer te veel van die kleiner diere verwyder word, veroorsaak dit dat die karnivore (soos leeus, luiperds en wilde honde) begin om mak diere soos skape en beeste vir voedsel te vang. Dit bring hulle in konflik met boere wat hulle dan wil skiet. Soms word die karnivore ook in die wippe gevang. Alhoewel jag en die vang van "bosvleis" 'n tradisionele manier van voedselverkryging vir baie generasies was, is die huidige jag van te veel diere 'n groot bekommernis. Dr Rene Czudec van FAO het gesê: "There is an urgent need to look for solutions to ensure the sustainable use of SA's wildlife, while still helping to develop poor communities"

Vir meer inligting oor die "bosvleis"-krisis, besoek http://www.bushmeat.org/bushmeat_and_wildlife_trade/what_is_the_bushmeat_crisis

VRAE:

Nadat jy die artikel gelees het, verduidelik wat jy dink met die term "bosvleis" bedoel word.



Enige vleis van wilde diere wat gevang is met wippe/valstrikke/stropery, gewoonlik onwettig.

Hoe het die jaggewoontes van die San verskil van die huidige vang van "bosvleis"?

Die San het net geneem wat hulle nodig gehad het, hul wippe was goed gestel en daar was min van hulle. Deesdae word wippe swak gestel sodat die verkeerde diere gevang en doogemaak word, en dikwels nie eers geëet word nie. Daar is natuurlik ook nou baie meer mense.

Hoekom dink jy is daar 'n mark vir "bosvleis" (mense wat "bosvleis" koop)?



Baie mense is arm en kan nie bekostig om die duurder vleis in winkels te koop nie, daarom koop hulle goedkoper vleis van onwettige jagters.

Sommige mense van plaaslike gemeenskappe wat op die grens van beskermde gebiede woon, sluip in die reservate in en jag onwettig wild vir vleis. Dink jy dit is regverdigbaar? Bespreek dit met die klas. Wat kan 'n oplossing vir hierdie probleem wees?





Leerder-afhanklike antwoord. Nota: Moedig leerders aan om hul opinie hieroor te lug in 'n debat met die klas. Sommige sal voel dit is verkeerd om mense van tradisionele voedselbronne af weg te hou, ander sal voel dat dit belangriker is om die diere te beskerm en die mense op ander mieniere te help. Vra voorstelle om die probleem op te los: kwotas / opvoedingsprogramme / leer mense om self diere aan te hou, of voedsel te kweek, ens.

Wat is stropery?


Die onwettige jag van wilde diere in gebiede vir voedsel of geld.

Waarom dink jy dat stropery 'n wanbalans in 'n ekosisteem kan veroorsaak?



Wanneer diere gestroop word, word hulle vinniger doodgemaak as wat hul bevolking kan groei. Hulle kan dus uitsterf.

In die artikel word wild gestroop om die vleis daarvan te verkoop. Watter ander twee diere word tans in Suid-Afrikaanse parke gestroop? Waarom word hulle gestroop?



Renosters word vir hulle horings gestroop, olifante word vir hul tande gestroop.

Perlemoen is eetbare see-slakke wat as 'n lekkerny in Asië verkoop word. Alhoewel daar met hulle geboer word, word baie onwettig deur duikers verwyder, wat 'n ernstige afname in hul getalle veroorsaak.

http://www.flickr.com/photos/dkeats/5327947094/
Perlemoen in hul natuurlike omgewing. http://www.flickr.com/photos/dkeats/5327947094/
http://www.flickr.com/photos/smwhang/3783672117/
Perlemoen voorgesit as 'n lekkerny. http://www.flickr.com/photos/smwhang/3783672117/

Hoe dink jy beïnvloed die stroop van perlemoen ons mariene ekosisteme?



Die natuurlike predatore van perlemoen het te min voedsel en begin dan om ander spesies te eet. Dit beïnvloed dus ook die bevolkings van die ander spesies. Nota: Plaaslike gemeenskappe wat perlemoen as voedsel vir hul gesinne benut word ook belet om perlemoen uit te haal. Onwettige sindikate het die onwettige handel van perlemoen oorgeneem aangesien daar groot bedrae geld by betrokke is. Dit is onwettig om perlemoen te koop of te verkoop!

Mopaniewurms is 'n tradisionele, seisoenale bron van proteïene in die noordelike provinsies van Suid-Afrika. Dit is nou ook 'n lekkerny vir toeriste en besoekers aan die gebied. Elke jaar word meer en meer daarvan geëet sodat dit al hoe skaarser word. Ons sê dat dit plaaslik aan die uitsterf is.

http://www.flickr.com/photos/fifikins/4213181845/
'n Mopaniewurm. http://www.flickr.com/photos/fifikins/4213181845/

Beskryf die impak wat dit op die res van die voedselketting of voedselweb kan hê.




Die sekondêre verbruikers wat hulle eet sal minder hê om te eet. Hulle sal dus meer ander diere eet wat dan op hulle beurt kan uitsterf. Sekondêre verbruikers wat slegs mopaniewurms eet kan dan dadelik uitsterf.

'n Ander manier waarop mense 'n groot impak op die omgewing kan hê, wat groot ontwrigting in ekosisteme veroorsaak, is besoedeling. Daar is baie soorte besoedeling. Is jy bewus van maniere waarop jy tot besoedeling bydra?

Wat is jou impak op die omgewing?

VRAE:

Verskillende soorte besoedeling word hieronder gelys. Bespreek elkeen met jou maat en skryf 'n kort beskrywing waar elkeen vandaan kom.

  1. Waterbesoedeling.


  2. Lugbesoedeling.


  3. Grondbesoedeling


Julle kan ook die eerste deel van hierdie aktiwiteit as 'n klasbespreking doen. Vra leerders watter tipes waterbronne besoedel is en hoe dit gebeur. Wat besoedel lug? Waarheen gaan die afval vanuit ons huise? Hieronder volg sommige punte vir bespreking.

  • Grondbesoedeling: Ten spyte van herwinning, gaan die meeste vullis steeds na vullishope waar chemikalieë in die grond insypel en voedselkettings vergiftig word.
  • Waterbesoedeling: Kan veroorsaak word deur motorolie, mense wat hulself in riviere was of wat riviere as toilette gebruik. Sommige munisipaliteite laat toe dat rou riool in riviere of die see gestort word. Ander behandel riool maar stort nog steeds chemikalieë in riviere. Boere bespuit gewasse met plaagdoders om peste te dood. Die plaagdoders beland ook in riviere en beskadig ekosisteme.
  • Lugbesoedeling: Kom van chemikalieë wat deur fabrieke verbrand word, koolstowe, uitlaatgasse, insekdoders en die brand van ou bande ens.

Kyk na jou eie lewe. Hoe het jy tot die verskillende soorte besoedeling bygedra?




Leerder-afhanklike antwoord

Dink aan maniere waarop jy elke tipe besoedeling kan verminder.




Leerder-afhanklike antwoord

Bestudeer die volgende plakkate wat deur 'n Gr. 8-klas gemaak is.

Wat dink jy probeer hulle ons oorreed om te doen? Wat is die boodskap van elkeen van die plakkate?





Dit skakel met die vorige afdeling wat handel oor die bewaring van ekosisteme. Nota: Sommige antwoorde sal wees dat die eerste plakkaat ons probeer oortuig om twee keer te dink voordat ons iets weggooi. Ons moet eerder probeer om soveel moontlik afval te herwin of te dink hoe dit hergebruik kan word. Ons kan ook goedere met die minimum hoeveelheid verpakkingsmateriaal koop of die hoeveelheid plastiese sakke wat ons gebruik verminder. Die tweede plakkaat speel met die woorde "plan B". In hierdie geval het ons nie 'n plan B vir planeet Aarde nie. Daar is nie 'n tweede planeet Aarde of enige ander planeet waarop ons kan bly nie. Ons het slegs hierdie planeet en ons moet daarvoor sorg.

Aanpassings

'n Belangrike punt om hier te onthou is die feit dat individuele organismes nie kan verander nie. Slegs bevolkings of spesies kan mettertyd verander of aanpas. Daar is variasie in 'n bevolking. Sommige individuele organismes het as gevolg hiervan aanpassings wat hulle meer geskik maak om te oorleef in die omgewing waarin hulle woon as ander. Die punt in KABV is 'n wanopvatting en moet as volg herbewoord word:

  • Aanpassing is die strukturele-, funksionele- en gedragskenmerke van organismes in spesies. Aanpassings vind gewoonlik oor baie generasies plaas.
  • Aanpassing, oor tyd, laat 'n spesie toe om in veranderende omstandighede, in 'n sekere omgewing, te oorleef.
  • Spesies wat nie die vermoë het om in veranderende omstandighede te oorleef nie, sterf uit.

Maak dit baie duidelik dat spesies of bevolkings van organismes aanpas en nie individuele organismes nie.

  • aan te pas
  • kamoeflering
  • hibernasie
  • instinktief
  • migrasie
  • mimiekrie/nabootsing
  • terrestriële omgewing

Organismes in ekosisteme staar kompetisie, predasie, parasitisme en menslike invloed in die gesig, waarvan almal hulle negatief kan beïnvloed. Dit kan hulle dwing om aan te pas, weg te beweeg of dood te gaan. Dit is welbekend dat SA in die verlede, groot klimatologiese veranderinge ondergaan het. Die Karoo was eens op 'n tyd moerasagtig en die Kango-grotte was onder water.

Rotsformasies in die Kango-grotte toon dat hulle eens op 'n tyd onder water was.

Kango is 'n Khoisan woord wat 'Plek van diep water' beteken.

Wat is aanpassing?

Toe Suidelike Afrika miljoene jare gelede uit die see verrys het, het organismes wat nie kon aanpas by 'n nuwe, droër terrestriële omgewing nie, uitgesterf. Individue wat kon aanpas en oorleef het nuwe bevolkings gevorm. Hierdie aanpassings kan veranderinge in die organisme se struktuur, funksie of gedrag oor 'n lang tydperk wees. Slegs bevolkings van organismes wat geskikte eienskappe besit kan in veranderende toestande in 'n omgewing oorleef. Hulle word deur die 'natuur geselekteer' om te oorleef. Spesies wat nie die vermoë het om aan te pas nie sal uitsterf.

Aanpassings ontstaan dus op drie maniere:

  1. Struktureel: fisiese eienskappe van 'n spesie soos byvoorbeeld lang bene en sterk spiere.
  2. Funksioneel: spesies mag spesiale maniere hê waarop hul lewensprosesse uitgevoer word soos byvoorbeeld om eiers te produseer met harde doppe sodat die embrios kan groei en uitbroei selfs al verander die klimaat.
  3. Gedrag: die spesies kan sekere instinktiewe gedrag toon (wat hulle instinktief weet) of kan aanleer soos die maak van neste vir beskerming van hulle kuikens.

Hierdie veranderinge vind oor 'n baie lang tydperk plaas en word van generasie tot generasie oorgedra. Mettertyd en oor baie generasies sal hierdie aanpassings in die individuele organismes die spesie in staat stel om te verander en aan te pas by hul veranderende omgewing. Kom ons kyk na sommige van hierdie aanpassings by plante en diere.

Aanpassings by diere

Diere het verskillende aanpassings wat verskillende spesies in staat stel om in verskillende plekke te woon en te oorleef. Kom ons kyk na sommige diere wat in ons land voorkom en hoe hulle aangepas is vir hul omgewing.

Onderskei tussen verskillende tipes aanpasssings

INSTRUKSIES:

  1. Ons sal nou sekere aanpassings van Suid-Afrikaanse diere bestudeer, om te kyk hoe hule in die omgewing waarin hulle woon kan oorleef.
  2. In elkeen van die voorbeelde moet jy sê of jy dink die aanpassing is struktureel, funksioneel of as gevolg van gedrag. Gee by elkeen 'n rede vir jou antwoord.

VRAE:

Teken jou werk vir elke groep diere in die tabel hieronder aan.

Aardvark Die aardvark het 'n lang, buigbare tong wat tot 30 cm lank kan wees sowel as kort, kragtige pote met sterk kloue sodat hy in termiethope kan ingrawe om termiete, wat sy gunsteling kossoort is, by te kan kom. Hy versamel dan die termiete met sy tong - tot 50 000 in een nag! Bedags skuil hy ondergronds om van hitte en predatore te ontsnap.

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Porcs\_formiguers\_\%28Orycteropus\_afer\%29.jpg
Twee aardvarke in 'n omheining. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Porcs_formiguers_%28Orycteropus_afer%29.jpg

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Lyf aangepas om te grawe en om prooi in die neste te bereik. Min hare om in 'n warm klimaat te oorleef. Kort graaf-vormige kloue en sterk, kort ledemate asook 'n lang klewerige tong om die miere mee op te tel en te eet.

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Struktureel: langer snoet en tong; dik vel om die dier teen termiete en mierbyte te beskerm asook kort, kragtige pote om in die grond mee te grawe.

Gedrags: 'n Nagdier. Jag in die nag wanneer dit koel is. Skuil in tonnels om homself teen predatore te beskerm.

Woestynkewers: Hulle het groefies op die agterkante van hulle rug sodat vog in die nag in die mistige Namib-woestyn daarin kan versamel. Lang bene laat hulle toe om hulle agterlywe op te lig sodat die vog in die groefies versamel, kondenseer en dan in die rigting van hul mond afloop sodat hulle dit kan drink.

http://www.flickr.com/photos/pedronet/3203851713/
'n Woestynkewer http://www.flickr.com/photos/pedronet/3203851713/

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Liggaam met groefies en riffies. Aangepas om klein druppeltjies water na hul monde te laat afloop. Die agterbeentjies is lank en sterk om die kewer vir 'n lang tyd in posisie te kan hou.

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Struktureel: groefies op die lyf vorm klein kanaaltjies na die mond; sterk agterbene

Gedrags: nagtelike gewoontes. Die kewer staan die hele nag in 'n spesifieke posisie terwyl die druppeltjies op sy lyf kondensser.

Gemsbok: Hierdie pragtige bok bly hoofsaaklik in die Kalahari-woestyn. Hulle eet gras en struike maar grawe ook wortels van plante uit as hulle water nodig het. Hulle bespaar water deur nie te sweet nie en slaap, wanneer hulle kan, in die skaduwee. Indien daar nie skaduwee is nie, draai hulle hul liggaam se ligste kant na die son toe.

http://www.flickr.com/photos/mister-e/3051915461/
Gemsbok in die Kalahari. http://www.flickr.com/photos/mister-e/3051915461/

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Liggaamskleur en patroon help hulle om by die omgewing se kleur in te skakel. Die gemsbok se ligste kleur word na die son toe gedraai as daar geen skaduwee is nie. Verkry water van plante wat hulle eet.

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Struktureel: liggaamskleur

Funksioneel: verwyder alle moontlike water vanuit die plante wat hulle eet; verloor nie baie water nie omdat hulle nie sweet nie

Gedrags: soek skaduwee op gedurende die warmste tye van die dag; draai die ligste gedeelte van hulle liggame na die son toe as skaduwee nie beskikbaar is nie; kan hulle eetgewoontes verander as hulle normale dieet van gras nie beskikbaar is nie.

Volstruis: Volstruise is die grootste en swaarste voëls. Hulle kan nie vlieg nie. Om predatore te vermy het hulle sterk klouagtige pote om mee te veg en kan ook, teen 'n spoed van 70 km/h, vinnig weghardloop! Volstruise sluk klein klippies in om te help met die vertering van die voedsel wat hulle inneem. Die snawels van mannetjie-volstruise word rooi gedurende die paringseisoen. Die wyfie lê eiers en sit gedurende die dag daarop terwyl die mannetjie gedurende die nag daarop sit - kyk na hul kleurverskille om te sien waarom hulle op hierdie spesifieke tye op die eiers sit.

http://www.flickr.com/photos/jonasb/6987050666/
'n Wyfie-volstruis http://www.flickr.com/photos/jonasb/6987050666/
http://www.flickr.com/photos/jonasb/6987048092/
'n Mannetjie-volstruis http://www.flickr.com/photos/jonasb/6987048092/

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in sy habitat?

Volstruise het een lang toon en klou om teen predatore te veg. Eiers ontwikkel nie totdat die mannetjie en wyfie se liggaamstemperatuur die ontwikkeling daarvan begin nie. Die mannetjie en wyfie deel die verantwoordelikhede van die nes. Hulle liggame is spesiaal gekamoefleer. Die mannetjie het swart vere wat hom in die nag kamoefleer wanneer hy op die nes sit terwyl die wyfie vaalbruin vere het wat haar in die dag kamoefleer wanneer sy op die nes sit.

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Struktureel: sterk toon en beenspiere help die volstruis om vinnig te hardloop. Die mannetjie se snawel word rooi wat vir die wyfie 'n aanduiding is dat hy gereed is om te paar en te broei.

Gedrags: die mannetjie sit op die nes gedurende die nag en die wyfie gedurende die dag. Hulle maak so beurte om te broei en die nes op te pas. Volstruise het nie tande nie maar eet klippies om met die vertering van kos te help. Die wyfie lê net genoeg eiers sodat haar lyf almal kan bedek.

Stokinsekte: Hierdie insekte lyk soos stokkies en blare om predatore te vermy - dit word mimiekrie/nabootsing genoem. Hulle voed op plant material gedurende die nag en beweeg baie stadig sodat hulle so onopsigtelik moontlik kan bly.

http://www.flickr.com/photos/nh53/6061103659/
'n Stokinsek http://www.flickr.com/photos/nh53/6061103659/

Hoe is hierdie insek aangepas by sy omgewing?

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Hoe is hierdie insek aangepas by sy omgewing?

Liggaam aangepas om stokkies en blare na te maak; beweeg baie stadig om soos 'n stokkie of blaar te lyk; nagdiere om nie in die dag deur predatore raakgesien te word nie; stokinsekte kan voortplant sonder die teenwoordigheid van mannetjies

Watter tipe(s) aanpassings is hier ter sprake?

Struktureel: liggaam aangepas om soos 'n stokkie of blaar te lyk.

Gedrags: nagdiere aangesien hulle in die nag vreet; beweeg stadig sodat hulle nie deur predatore raakgesien word nie.

Ander gedragsaanpassings

Baie spesies diere vertoon interessante gedragsaanpassings wat migrasie genoem word. Dit gebeur wanneer 'n dier of groep diere deur verskillende gebiede gedurende verskillende tye of periodes beweeg.

Waarom migreer diere?

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende diere
  2. Dink aan redes waarom hulle sou wou migreer vanaf hulle huidige habitat

Diere

Beskrywing

Rede om te migreer

Wildebeeste migreer in die Masai Mara. http://www.flickr.com/photos/scubagirl66/7929201230/

Wildebeeste migreer jaarliks oor lang afstande. Dit val saam met die reënvalpatroon en die groei van die gras.

Skole sardientjies migreer jaarliks al langs die Suid-Afrikaanse kusgebied. http://www.flickr.com/photos/tanaka_juuyoh/1775405862/

Skole sardientjies migreer jaarliks al langs die kus van Afrika gedurende Mei tot Julie. Biljoene sardientjies migreer na die noord-oos kus van Suid-Afrika.

Diere

Beskrywing

Rede om te migreer

Wildebeeste migreer in die Masai Mara. http://www.flickr.com/photos/scubagirl66/7929201230/

Wildebeeste migreer jaarliks oor lang afstande. Dit val saam met die reënvalpatroon en die groei van die gras.

Kyk na waar die gras groei en waar daar water is.

Skole sardientjies migreer jaarliks al langs die Suid-Afrikaanse kusgebied. http://www.flickr.com/photos/tanaka_juuyoh/1775405862/

Skole sardientjies migreer jaarliks al langs die kus van Afrika gedurende Mei tot Julie. Biljoene sardientjies migreer na die noord-oos kus van Suid-Afrika.

Daar is baie teorieë waarom die sardientjies migreer. Ons weet nog nie veel daarvan nie. Die mees waarskynlike rede is dat dit seisoenale voortplantings-migrasie is.

Kyk na hierdie ongelooflike onderwater-toneel van sardientjie-migrasie wat jaarliks van Mei tot Julie plaasvind

Diere wat nie migreer nie gaan somtyds in die winter in 'n onaktiewe fase wat hibernasie genoem word.

Paddas het 'n spesiale tipe chemikalie in hul liggame wat keer dat hulle bloed vries - 'n natuurlike teen-vriesmiddel!

Aanpassings van plante

Verskeie plaaslike plante is ook by hulle omgewing aangepas.

Die sambreeldoringboom in die Afrika-savannah kan oorleef by temperature wat wissel van 50°C tot onder vriespunt. Sy diep wortels bereik maklik die grondwater en die smal blare voorkom ontwatering, terwyl die boom steeds goed, as gevolg van sy sambreelvorm, blootgstel word aan lig.


Hoe meer die boom blootgestel word aan lig, hoe hoër die tempo van fotosintese. Moedig u leerders aan om notas te neem terwyl u hierdie onderwerpe in die klas bespreek.

'n Sambreeldoringboom

Die kremetartboom oorleef in droë areas aangesien dit water in die dik stam en die sponsagtige hout stoor. Die gladde bas reflekteer hitte, wat dit koeler maak, maar beskerm ook die vrugte teen ape. Hoe gebeur dit?

http://www.flickr.com/photos/dkeats/5643928782/
Sonsondergang met 'n kremetartboom op die voorgrond. http://www.flickr.com/photos/dkeats/5643928782/
http://www.flickr.com/photos/kelsiedipernaphotography/3800104410/
Hierdie kremetartboom is meer as 3000 jaar oud! Let op hoe breed die stam is en hoe die bas lig reflekteer. http://www.flickr.com/photos/kelsiedipernaphotography/3800104410/

Die gladde oppervlak voorkom ook dat ape en ander klein diertjies daarin kan opklim en van die blare en vrugte eet.

Die blomme ruik na verrottende vleis om vlermuise, vlieë en motte gedurende die nag aan te lok. Waarom dink jy moet die kremetartboom hierdie diere na sy blomme aantrek?


Vrugtevlermuise voed op die blomme en die nektar. In ruil daarvoor bestuif hulle die blomme van die kremetartboom.

http://www.flickr.com/photos/tgerus/3613267071/
Die blom van die kremetartboom ruik na verottende vleis. http://www.flickr.com/photos/tgerus/3613267071/

Ons gaan nou na verskeie unieke plante kyk wat net in Suid-Afrika aangetref word.

Beeskloutjies of "lewende klippe"

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende fotos wat verskillende soorte plante toon. Hierdie plante lyk werklik soos klippies. Hulle behoort aan die genus Lithops en is vetplante wat water kan stoor.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Die naam "Lithops" kom van twee ou Griekse woorde Lito wat "klip" en ops wat "gesig" beteken. So,Lithops beteken "klip-gesig"!

http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/3862534417/
Lithops-plante groei in droë rotsagtige grond. http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/3862534417/
http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4673616905/
Verskillende patrone van Lithops-plante. http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4673616905/
'n Gekamoefleerde Lithops-plant. Kan jy die plant sien?
http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4239972017/
'n Lithops wat blom http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4239972017/

VRAE:

Waarom dink jy word daar in die algemeen na hierdie plante as "lewende klippe" of "klippies-plante" verwys?



Dit is omdat hulle plante is wat gekamoefleer is om soos klippe te lyk.

Waarom het hierdie plante so 'n verskeidenheid van kleure en patrone op hulle oppervlakke? Hoe help dit hulle om in die omgewing waarin hulle aangetref word, te oorleef?



Die Lithops is gekamoefleerd om soos klippies te lyk sodat hulle kan saamsmelt met die klipperige grond waarin hulle groei. Die verskillende patrone laat hulle soos verskillende klippies lyk. Die plantjies word daarom nie maklik deur herbivore, wat hulle sou wou eet, raakgesien nie. Hierdie aanpassing beskerm dus die plante teen herbivore.

Lithops word as vetplante geklassifiseer. Wat beteken dit? By watter tipe omgewing is vetplante aangepas?



Vetplante is plante wat aangepas is om in 'n warm,droë omgewing te bly. Hulle het dik, vlesige blare en stamme wat water stoor.

Lithops se blare is vlesig en hoofsaaklik ondergronds terwyl die stingel kort is. Die blomme groei tussen die blare wat ineenkrimp tot onder die grondoppervlak gedurende tydperke van droogte. Hoe help dit die plant oorleef?



Die feit dat die blare meestal ondergronds is, help die plant om water te bewaar omdat so min as moontlik van die plant aan die droë, warm omgewing blootgestel is. Dit verminder waterverlies. Gedurende droogte krimp die blare nog verder ondergronds om water te bespaar.

Waar is die chlorofil as die blare rooi-bruin en hoofsaaklik ondergronds is? Ondersoek die beeskloutjies wat uit die grond uitgehaal is.

http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4240758668/
Die boonste oppervlak van die Lithops plante. http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4240758668/

http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4239988271/
Die onderste oppervlak van die Lithops plante. http://www.flickr.com/photos/yellowcloud/4239988271/

Waar word die grootste gedeelte van die groen van die plant gevind?


Die grootste gedeelte van die blaar, en dus die grootste hoeveelheid chlorofil is aan die onderkant van die plant, ondergronds, te sien.

'n Dun deursnit deur 'n beeskloutjieplant, soos deur 'n vergrootglas gesien. Teken 'n diagram daarvan en benoem die bokant van die blare, die spleet tussen die blare en die stingel. Dui aan waar die grondoppervlak sal wees. Wat word in die "oop" area in die blare gestoor?

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Dissected\_Lithops\_0133\_\%283137859955\%29.jpg
'n Dwarssnit van 'n Lithops plant soos deur 'n mikroskoop gesien. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Dissected_Lithops_0133_%283137859955%29.jpg

Leerder-afhanklike antwoord.

Die benoemde mikrograaf moet ongeveer so lyk:

Die boonste oppervlak tree soos 'n venster op. Kan jy die deurskynende, vlesige dele van die blare sien? Dink jy lig kan hierdeur beweeg? Hoe laat dit die plant toe om te fotosinteer?




Die boonste deel van die blare tree soos 'n venster op om lig deur te laat. Aangesien die binnekant van die blaar deurskynend is kan sonlig daardeur beweeg na die onderkant van die blaar, wat ondergronds is. Hierdie gedeelte bevat die chlorofil waar fotosintese plaasvind. Die plant het dus 'n gekleurde boonste oppervlak met patrone vir kamoeflering teen herbivore, maar laat nogtans genoeg lig deur vir fotosintese.

Bewaring van die ekosisteem

Ons land is een van die mees diverse lande ter wêreld. Dit beteken dat ons baie spesies, habitatte en ekosisteme het, meer as baie ander lande in die wêreld.

Ons land se natuurskoon en diversiteit lok jaarliks duisende toeriste. Dit word egter bedreig deur stroping, besoedeling en ander menslike aktiwiteite. Ekosisteme, onder normale omstandighede, hersirkuleer natuurlike materiale soos water, koolstofdioksied en ander gasse sowel as die oorblyfsels van lewende organismes. Met menslike inmenging kan die ekosisteme dit nie effektief doen nie. Hierdie menslike aktiwiteite sluit in:

  • habitat-vernietiging soos ontbossing en brande;
  • besoedeling wat globale verwarming veroorsaak;
  • uitheemse indingerplante neem ekosisteme oor;
  • jag, stropery en die doodmaak van wilde diere.

Al hierdie dinge veroorsaak verlies aan biodiversiteit. Sommige ekosisteme is onder druk en ander het al ineengestort.

Video oor renoster-stroping in Suid-Afrika.

Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak by teen-stropingspogings http://www.stoprhinopoaching.com

Waarom moet ons omgee?

Daar is baie redes waarom dit belangrik is vir mense om om te gee vir die omgewing. Soos ons reeds geleer het is alles in die ekosisteem verwant en aan mekaar gekoppel. As een komponent dus beskadig word, word al die ander beïnvloed.

Vind oplossings vir omgewingsprobleme.

INSTRUKSIES:

  1. Die volgende tabel bevat 'n lys van omgewingskwessies.
  2. Doen navorsing oor lugbesoedeling, waterbesoedeling, stortingsterreine en klimaatsverandering.

INSTRUKSIES:

Skryf die moontlike invloed (gevolg) van elkeen van bogenoemde omgewingskwessies en die impak wat dit op ekosisteme (en op mense) het, neer.

Omgewingskwessie

Impak

Oplossing

Afvalstorting: Lugbesoedeling

Afvalstorting: Waterbesoedeling

Afvalstorting: Stortingsterreine en rommelstrooiing.

Koolstof-emissies en klimaatsverandering

Daar is baie moontlike antwoorde vir hierdie aktiwiteit. Leerders mag baie spesifieke of algemene antwoorde gee. Hulle kan kreatief wees ten opsigte van voorstelle wat hulle maak. Hieronder volg voorbeelde van antwoorde, maar leerders mag met baie ander na vore kom.

Omgewingskwessie

Impak

Oplossing

Afvalstorting: Lugbesoedeling

1) Skadelike chemikalieë in die lug veroorsaak 'n reeks van allergiese reaksies asook degeneratiewe longsiektes sowel as kardiovaskulêre siektes en baie soorte kankers.

2) Lugbesoedeling kan suurreën veroorsaak wat woude vernietig en mere vergiftig.

Maatskappye wat omgewingsvriendelike aksies steun en produkte gebruik wat minder besoedeling veroorsaak. Hulle ontwikkel ook skoner tegnologie.

Afvalstorting: Waterbesoedeling

Waterbesoedeling kan veroorsaak word deur fabrieke en plase wat toelaat dat afvalstowwe in riviere afgevoer word. Baie mense kan ook naby riviere woon en hulle afval in die riviere stort. Dit versprei siektes en vergiftig waterplante en -diere.

Moenie skadelike chemikalieë in afvalpype, riviere en strome stort nie. Ondersteun maatskappye wat verantwoordelik van afval ontslae raak.

Afvalstorting: Stortingsterreine en rommelstrooiing.

Rommel hoop op en kan baie duisende jare neem om af te breek. As gevolg van verkeerde maniere om van afval ontslae te raak beland plastiek in die see en ander diere se habitat. Diere verwar dit met voedsel en eet dit, wat dan veroorsaak dat hulle verstik en doodgaan.

Verminder, hergebruik en hersirkuleer sover moontlik. Moenie rommel strooi nie. Pas jou besittings op sodat dit langer hou. Koop verantwoordelik. Moenie verpakkingsmateriaal (soos polistireen) koop wat nie afbreek nie.

Koolstof-emissies en klimaatsverandering

Die buitensporige verbranding van fossielbrandstowwe is 'n tipe lugbesoedeling wat bydra tot globale verwarming en klimaatsverandering. Klimaatsverandering het 'n uitwerking op habitatte aangesien diere en plante nie vining genoeg kan aanpas by veranderinge in hul omgewing nie. Dit mag veroorsaak dat spesies uitsterf.

Probeer om die gebruik van elektrisiteit te beperk. Skakel ligte af, trek meer klere aan in plaas van om 'n verwarmer te gebruik, skakel die warmwatersilinder af vir 'n paar uur per dag. Kook net genoeg water in die ketel vir waarvoor jy dit gaan gebruik. Gebruik publieke vervoerstelsels. Deel motorvervoer werk- en skooltoe. Moenie jou motor onnodig gebruik nie. Loop wanneer jy kan. Gebruik minder plastiek.

Sommige mense en organisasies soos Greenpeace, veg vir die behoud van die omgewing. Daar mag groepe in jou onmiddelike omgewing wees wat ook omgewingsbewaring bevorder. Jy kan ook 'n verskil maak - al is jy net een persoon.

http://www.flickr.com/photos/jemanlin/1417937089/
Die Greenpeace skip, "Arctic Sunrise", wat in baie omgewingsbewusmakings-veldtogte en -navorsing gebruik word. http://www.flickr.com/photos/jemanlin/1417937089/

Waarom moet ons omgee?

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit.

INSTRUKSIES:

  1. Verdeel die klas in twee spanne. Een groep ondersteun omgewings-bewaring en die ander glo ons moet die aarde se hulpbronne gebruik soos ons lus voel.
  2. Beide groepe moet eers hulle onderwerpe navors en relevante inligting inwin.
  3. Die onderwyser kan die debat inlei en verseker dat dit op 'n ordelike wyse plaasvind.

VRAE:

Skryf na die debat drie punte wat jy kan onthou uit die bespreking neer.







.

Leerder-afhanklike antwoord

Hieronder is addisionele inligting wat handel oor die tipes mense wat by bewaring betrokke is, indien u dit verder met u leerders wil bespreek.

  • Wildbewaarders en omgewingsbewuste mense werk saam om die omgewing te red. Navorsings-wetenskaplikes lig wildbewaarders in omtrent die nuutste bevindinge ten opsigte van omgewingskwessies en ondersoek hoe klimaatsverandering bevolkings beïnvloed.
  • Ekonome en wetenskaplikes probeer die "koste" van groot stede op die omgewing bepaal en hoe om gesonde ekosisteme in stand te hou sodat ons, en alle lewende organismes wat daar woon, die voordele van gesonde voedsel, skoon water en lug kan geniet.
  • Ander groepe verwyder indringerplante en probeer om stropers op te spoor, veral broodboom- en renosterstropers, wat aan die toeneem is. Jy kan help!
  • Sommige mense organiseer bewusmakingsveldtogte om die publiek bewus te maak van omgewingskwessies soos die stroping van bedreigde diere of veldtogte om die herwinning van blikkies, bottels en plastiek aan te moedig. Raak betrokke!
  • Klimaatsveranderings-aktiviste lig die publiek in ten opsigte van aardverwarming en die skade wat ons deur ontbossing en besoedeling aanrig.

Leer van die aksies wat jy in julle huis kan neem om die omgewing te help verbeter. JY kan 'n verskil maak http://www.wwf.org.za/act_now/green_living/at_home/

Jou fotos kan wetenskaplikes help om die verspreiding van diere in Suid-Afrika aan te teken om so te help met hulle bewaringsaksies http://mammalmap.adu.org.za/index.php?serial=1

Daar is baie gewone mense wat passievol is om die enigste wêreld wat ons het, te help red. Dit vra die gesamentlike pogings van baie besorgde mense om gesonde ekosisteme te handhaaf - jy kan ook 'n verskil maak!

Mense wat 'n verskil maak.

Dit is 'n opsionele uitbreidingsaktiwiteit om bewussyn te kweek van wat ander mense al gedoen het. Indien u nie tyd in die klas daarvoor het nie, kan die leerders dit as huiswerk doen.

INSTRUKSIES:

  1. Hieronder volg foto's van 'n paar mense wat bygedra het tot omgewingsbewaring en bewusmakingsveldtogte.
  2. Ondersoek wat elkeen gedoen het.
  3. Kies dan die een wat jou die meeste inspireer, skryf oor hom of haar en stel vas wat dit van die persoon is wat jy bewonder.
  4. Jy hoef nie net oor mense te skryf wat hier bespreek is nie. Jy kan ook skryf oor iemand met wie jy self identifiseer.
  5. Laastens, moet jy dink oor hoe jy 'n verskil kan maak in jou eie lewe en wat jy kan doen om te help om jou eie omgewing te bewaar. Skryf ook hieroor.
http://www.flickr.com/photos/jrscientist/4379034881/
Sir David Attenborough http://www.flickr.com/photos/jrscientist/4379034881/
http://www.flickr.com/photos/nickstep/5072666287/
Jane Goodall http://www.flickr.com/photos/nickstep/5072666287/
Jacques Cousteau.
http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Al\_Gore.jpg
Al Gore. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Al_Gore.jpg

Ander mense oor wie jy kan oplees, sluit in:

  • Wangari Maathai
  • Lawrence Anthony
  • Steve Irwin
  • Diane Wilson
  • Dian Fossey
  • Ian Player
















'n Kort huldeblyk aan Wangari Maathai.

Opsomming

Ekosisteme

  • Ekologie is die studie van interaksies tussen organismes onderling, asook die interaksies met hul fisiese en chemiese omgewing.
  • Die studie van ekologiese interaksies word op vier vlakke uitgevoer
    • bevolkings (populasies)
    • gemeenskappe
    • ekosisteme
    • biosfeer (biosfere)
  • Alle ekosisteme op aarde vorm gesamentlik die biosfeer.
  • 'n Ekosisteem bestaan uit 'n gemeenskap wat alle lewende organismes (bioties) soos plante en diere, sowel as die nie-lewende (abiotiese) omgewing asook klimaatstoestande soos temperatuur, lug, wind en water, insluit.
  • 'n Ekosisteem kan na 'n spesifieke area op die Aarde verwys of na die hele biosfeer, wat as een groot ekosisteem beskou kan word.
  • Die oorlewing van bevolkings en spesies hang daarvan af of genoeg individue, op daardie tydstip, aangepas is by hulle omgewing of nie. Soos wat omgewingstoestande oor tyd verander, sal slegs die individue wat goed aangepas is by die omgewing kan oorleef om die voortsetting van die spesie te verseker. So pas die spesie dus oor tyd by die veranderende omgewing aan.

Voedingsverwantskappe

  • Plante is produseerders (produsente). Hulle vervaardig hulle eie voedsel.

  • Diere is verbruikers. Hulle verkry hulle voedsel direk vanaf plante (herbivore) of indirek (soos karnivore).

  • Herbivore voed op plante

  • Karnivore voed op ander diere (dood of lewend). Hierdie groep sluit in:

    • Predatore, byvoorbeeld leeus en luiperds, maak jag op ander diere, wat hulle prooi genoem word.
    • Aasvreters, byvoorbeeld hïenas en aasvoëls, wat dooie diere vreet.
    • Insektivore wat insekte en ander klein invertebrata, soos wurms,vreet.
  • Omnivore voed op plante en diere. Mense is oor die algemeen omnivore.
  • Ontbinders breek oorblyfsels van dooie plante en diere af (ontbind dit). Hulle hersirkuleer belangrike voedingstowwe in die omgewing.

Energievloei: voedselkettings en voedselwebbe

  • Plante en alge speel 'n baie belangrike rol in ekosisteme aangesien hulle stralingsenergie vanaf die son kan vasvang in 'n proses wat ons fotosintese noem. Hierdie proses vervaardig glukose wat plante en diere dan as bron van energie gebruik.
  • Die energie vloei langs die voedselketting vanaf produseerders na verbruikers; ontbinders is die laaste skakel in die oordrag van energie. Al die organismes stel hitte-energie aan die omgewing vry.
  • Elke stadium of vlak van 'n voedselketting word 'n trofiese vlak genoem.
  • Energieoordrag en energieverlies vind op elke trofiese vlak plaas.
  • Ineengeskakelde voedselkettings word voedselwebbe genoem.

Balans in 'n ekosisteem

  • 'n Ekosisteem kan slegs soveel organismes huisves as wat die hulpbronne (voedsel, water en skuiling) toelaat.
  • Die balans kan deur natuurlike of menslike faktore versteur word:
    • natuurlike faktore sluit veranderinge in weer- en klimaatspatrone soos vloede, droogte, asook uiterste en skielike veranderinge in temperatuur, in.
    • menslike faktore sluit die verwydering van organismes vanuit 'n ekosisteem (soos deur stroping) asook besoedeling wat deur mense veroorsaak is, in.
  • Hierdie faktore kan bydra tot 'n wanbalans in 'n ekosisteem wat 'n ernstige invloed op al die komponente van so 'n ekosisteem kan hê en die aard daarvan kan verander.

Aanpassings

  • Aanpassings is die verandering in strukturele, funksionele en gedragseienskappe van 'n spesie oor baie generasies.
  • Aanpassings laat spesies toe om te oorleef soos wat hulle aanpas by veranderende omstandighede in hulle omgewing.
  • Spesies en bevolkings van organismes wat nie kan aanpas by veranderende toestande in hul omgewing nie, sterf uit.

Bewaring van ekosisteme

  • Mense kan werk om natuurlike ekosisteme te bestuur en te bewaar.
  • Individue kan 'n bydrae tot bewaring maak in verskeie opsigte, soos om afval doeltreffend (deur herwinning en hergebruik) te verwyder.

Konsepkaart

Hierdie konsepkaart wys hoe die verskillende konsepte in hierdie hoofstuk wat handel oor die 'Interaksies en interafhanklikheid binnne die omgewing' by mekaar aansluit. Voltooi die konsepkaart deur die twee vlakke wat nie ingevul is as 'n studieveld van ekologie nie, in te vul. Vul ook die vier tipes verbruikers waarvan jy in hierdie hoofstuk geleer het, in.

Kan jy sien hoe die pyltjies in die rigting wys waarheen jy moet "lees" in die konsepkaart?

Onderwysersweergawe

Onthou dat konsepkaarte verskil van geheuekaarte. Konsepkaarte het 'n hiëragiese struktuur wat aantoon hoe konsepte verbind kan word deur gebruik te maak van pyltjies en woorde wat dit verbind. Geheuekaarte bevat oor die algemeen 'n sentrale onderwerp waaruit individuele takke spruit wat nie noodwendig verband hou nie. Geheuekaarte is ook 'n handige manier waarop inligting opgesom en bestudeer kan word. Konsepkaarte in die wetenskap dui verwantskappe aan wat baie belangrik in die vak is. Help u leerders om die konsepkaart te "lees" deur aan hulle uit te wys dat die pyltjies die rigting waarheen die konsep vorder, aandui en die konsepte met mekaar verbind. Leerders mag sukkel om die ander 2 vlakke waarin ons ekologie bestudeer te vind. Help hulle deur hulle te herinner aan die 4 vlakke, naamlik: bevolkings, gemeenskappe, ekosisteme en die biosfeer.

Hersieningsvrae

Vind die bypassende beskrywing in die volgende tabel om by die term te pas. Skryf jou antwoorde in die onderstaande spasies neer.[9 punte]



1. Produseerder

A Organismes wat as voedsel ander organismes eet.

2. Karnivore

B. Voed op plante en diere

3. Verbruiker

C. Organismes wat hulle eie voedsel vervaardig.

4. Omnivoor

D. Organismes wat plantmateriaal eet

5. Predator

E. 'n Karnivoor wat dooie diere eet

6. Ontbinder

F. 'n Organisme wat op ander diere (lewend of dood) voed

7. Insektivoor

G. 'n Organisme wat die oorblyfsels van dooie plante en diere afbreek

8. Aasvreter

H. 'n Karnivoor wat ander diere jag

9. Herbivoor

I. 'n Karnivoor wat hoofsaaklik insekte en ander klein invertebrate eet

1-C

2 - F

3 - A

4 - B

5 - H

6 - G

7 - I

8 - E

9 - D

Onderskei tussen abiotiese en biotiese faktore in 'n omgewing [4 punte]





Abiotiese faktore is die nie-lewende elemente van 'n omgewing, wat nooit voorheen gelewe het nie en wat ook nooit sal kan lewe nie. Dit sluit gasse, rotse, grond, water, temperatuur en weersomstandighede in. Biotiese faktore is daardie faktore wat tans lewe of wat eens op 'n tyd gelewe het. Dit sluit plante, diere en mikroörganismes in.

Daar is verskillende vlakke van ekologiese organisasie tussen individuele organismes en die biosfeer op Aarde. Lys en beskryf die vlakke tussen die twee wat hierbo genoem is. [6 punte]







Bevolking: individue van dieselfde spesie wat terselfdertyd in dieselfde plek woon en met mekaar kan teel word 'n bevolking of populasie genoem.

Gemeenskap: verskillende bevolkings van verskillende spesies wat in dieselfde plek woon vorm 'n gemeenskap.

Ekosisteem: daar is wisselwerking tussen al die gemeenskappe wat in 'n groter area of gebied woon. Hulle is interafhanklik van mekaar sowel as van die abiotiese faktore in daardie area.

Bespreek die verskillende tipes interaksie wat tussen spesies bestaan. [9 punte]









  • Kompetisie: wanneer organismes van verskillende of dieselfde spesie kompeteer om 'n beperkte hulpbron.
  • Voesdselverwantskappe: daar is baie tipes voedselverwantskappe tussen verskillende organismes in 'n ekosisteem, soos herbivore, predatore en aasdiere.
  • Simbiose: wanneer twee (of meer) organismes se interaksies 'n positiewe, negatiewe of neutrale effek op ander organismes van 'n verskillende spesie het. Die manier waarop hulle op mekaar inwerk en die invloed wat dit op die ander spesie het, lei ons om die volgende te identifiseer:
    • mutualisme
    • parasitisme
    • kommensalisme

Beskryf wat die verskillende trofiese vlakke in 'n ekosisteem voorstel en waarom ons die vlakke as 'n piramide kan voorstel, met die basis as die grootste. [8 punte]









Produseerders is organismes/plante wat in staat is om hulle eie voedsel te produseer vanaf sonlig, water en koolstofdioksied. Hulle skakel stralingsenergie om vir hulle eie behoeftes en hoef dus nie ander organismes daarvoor te eet nie.

Primêre Verbruikers: moet plante eet om die nodige energie te bekom.

Sekondêre verbruikers: moet primêre verbruikers eet om die nodige energie te bekom.

Tersiêre verbruikers: moet sekondêre verbruikers eet om die nodige energie te bekom.

Die trofiese vlakke kan voorgestel word as 'n piramide aangesien daar altyd meer organismes in die onderste vlak moet wees as in enige een van die vlakke daarbo. Die rede hiervoor is omdat slegs 10% energie op elke trofiese vlak beskikbaar is vir die volgende vlak. Die res word deur organismes gebruik vir hulle eie lewensprosesse.

Evalueer die volgende stelling: 'n Insektivoor is 'n karnivoor. [2 punte]




'n Insektivoor eet insekte en ander klein invertebrate. Dit is dus 'n karnivoor aangesien dit ander diere eet. Hierdie stelling is korrek aangesien karnivore hulle energie verkry deur ander diere te eet, en nie plante nie.

Identifiseer die volgende in meegaande voedselweb [7 punte]

  1. Produseerders:
  2. Primêre verbruikers:
  3. Sekondêre verbruikers:
  4. Aasvreters:
  5. Ontbinders:

  1. bome, struike, grasse
  2. sebras, olifante, termiete
  3. jagluiperds, hiënas
  4. aasvoëls, hiënas
  5. bakterieë, fungi

Daar is meer sebras as jagluiperds in 'n gebalanseerde ekosisteem. Verduidelik waarom dit so is. [3 punte]





Die sebra as primêre verbruiker gebruik omtrent 90% energie wat hulle van die gras wat hulle eet kry. Omtrent 10% energie word oorgedra na die jagluiperd wat die sebras eet. Daarom moet daar meer sebras as jagluiperds wees - om seker te maak dat die jagluiperds se voedselvoorraad volhoubaar is en dat sebras nie uitsterf nie.

Beskryf die rol van die produseerders in hierdie ekosisteem. [2 punte]



Die produseerders vang die stralingsenergie vanaf die son vas en skakel dit om in chemiese potensiële energie, in die vorm van glukose, deur die proses van fotosintese. Op hierdie manier bring hulle energie in die ekosisteem in, wat diere nie kan doen nie.

Kyk na vorige illustrasie en evalueer hoe aktief die ontbinders in daardie omgewing is. [2 punte]



Leerders moet kan sien dat daar geen karkasse van dooie diere of tekens van mis is nie. Dit dui daarop dat die ontbinders hul werk effektief doen.

Wat dink jy sal met die ekosisteem gebeur as al die sebras 'n siekte kry en doodgaan? [2 punte]



As al die sebras uitsterf, sal die ekosisteem ongebalanseerd raak. Die jagluiperds sal eerstens nie meer 'n voedselbron hê nie. Hulle sal op hul beurt ly en uithonger. Die hiënas sal ook minder kos kry. Daar sal moontlik minder mis wees vir die miskruiers om te gebruik om hul in eiers te lê. Daar sal moontlik meer gras groei aangesien sebras herbivore is.

Wat dink jy sal met die ekosisteem in die kort- en langtermyn gebeur indien daar 'n groot brand ontstaan en meeste van die gras en sommige bome afbrand? [2 punte]



In die korttermyn, sal baie diere sukkel om 'n bestaan te voer. Die sebras en olifante sal 'n verminderde voedselbron hê, veral die sebras wat net gras eet. Sommige van hulle mag selfs sterf. Indien dit gebeur sal die predatore ook daardeur geraak word. Baie van die kleiner organismes sal ook doodbrand. Oor die langtermyn kan hierdie wanbalans gewoonlik herstel soos wat die landskap herstel. Die plante sal weer, na die eerste reëns, begin groei.

Die volgende voedselweb toon voedingsverwantskappe tussen organismes in 'n savanna-ekosisteem.

Gebruik die voedselweb om drie voedselkettings wat daarin voorkom neer te skryf. [6 punte]

Daar is heelwat voedselkettings in die voedselweb. 'n Paar moontlikhede is:

boom \(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)

boom\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)

struik\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)

gras\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)

gras \(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)\(\rightarrow{}\)

Beskryf hoe die verskillende organismes in die tabel hieronder aangepas is by hul spesifieke omgewings. [4 X 3 punte = 12 punte]

Organisme

Aanpassings

'n Luiperd.http://www.flickr.com/photos/safaripartners/4838390161/

'n Walvis.http://www.flickr.com/photos/eguidetravel/8058729536/

'n Venus vlieëvanger.

'n Miskruier.http://www.flickr.com/photos/amylovesyah/3945525048/

Organisme

Aanpassings

'n Luiperd.http://www.flickr.com/photos/safaripartners/4838390161/

Die luiperd is, as gevolg van sy kleure en kolle, gekamoefleerd. Dit help die luiperd om weg te kruip sodat dit so naby as moontlik aan die prooi kan kom. Die luiperd is aangepas om vinnig oor kort afstande te hardloop, om sodoende sy prooi te vang. Die luiperd het 'n ligte, vaartbelynde liggaam met sterk bene. Dit het 'n stert vir balans wanneer dit skerp draaie moet maak tydens die jagtog.

'n Walvis.http://www.flickr.com/photos/eguidetravel/8058729536/

Die walvis is 'n soogdier en het dus nie kieue nie. Hulle kan hulle asems vir 'n lang tyd onderwater ophou wat hulle in staat stel om diep te duik en om prooi te vang/filter. Die vetlaag van walvisse hou hulle warm en isoleer hulle. Dit verskaf ook energie wanneer die walvis duik en in baie koue seetoestande swem. Walvisse het 'n sterk stert, 'n stroombelynde liggaam en voorste ledemate wat sterk, vinagtige bewegings kan maak, om mee te swem.

'n Venus vlieëvanger.

Die plant is aangepas en funksioneer as karnivoor. Dit vang vlieë en is aangepas om hulle te verteer. Die rooi kleur aan die binnekant lok die vlieë aangesien dit soos vleis lyk. Sodra 'n vlieg op die oppervlak land klap die plant toe en vang die vlieg. Die vlieg word in 'n "hok" gevang aangesien die rante van die blare uitsteeksels het wat soos die tralies van 'n hok lyk. Die vlieg word gevange gehou totdat dit verteer is. Die plant kan ook fotosinteer aangesien dit groen is en chlorofil bevat.

'n Miskruier. http://www.flickr.com/photos/amylovesyah/3945525048/

Miskruiers het by hulle omgewing aangepas deur die mis van ander herbivore as voedselbron te benut sowel as om hulle eiers daarin te lê. Hulle het aangepas deur mis bymekaar te maak en in balletjies te rol sodat dit maklik vervoer kan word. Dit skep 'n warm, veilige omgewing waarin hulle eiers gelê, hulle kleintjies gevoed en beskerm word. Miskruiers het sterk voorpote waarmee hulle die mis rol terwyl hulle agterpote fyn beheer uitoefen oor die misballetjie.

Lees die volgende paragraaf wat oor die kokerboom handel, wat in die Kalahari en in Namibië voorkom.

Kokerbome word in die Namib- en Kalahari-woestyne aangetref. Die hitte en watertekort maak dit ongelooflik moeilik vir hierdie plante om te groei en te oorleef. Hullle stoor water in vleesagtige blare en opgeswelde takke en stamme. Die San-mense het die stamme van kokerbome uitgehol en gebruik as kokers vir hulle pyle, vandaar die naam van die bome. Die stamme is met 'n wit poeierlaag bedek wat hitte reflekteer en die blare het min huidmondjies om die verlies van water te beperk. Gedurende uitsonderlike warm weerstoestande, amputeer (verwyder) die boom van sy eie takke en verminder ook die getal blare om waterverlies te beperk. Wanneer toestande verbeter stoot die plant nuwe takke en 'n welige kroon blare uit.

'n Kokerboom

Hoe is die spesie aangepas vir lewe in hulle habitat? [4 punte]





Die kokerboom het dik, opgeswelde stamme en vleesagtige blare om water maandelank te kan stoor. Die stamme is met 'n wit poeierlaag bedek wat hitte weg van die plant af reflekteer, wat help om waterverlies te beperk. Die blare het minder huidmondjies om waterverlies te beperk. Die boom verminder die aantal takke en blare, deur dit af te gooi, sodra water skaars raak.

'n Groep stropers het onlangs die volgende stelling gemaak toe hulle in hegtenis geneem is: "Hoekom is dit belangrik om biodiversiteit en die omgewing te bewaar? Daar is sekerlik genoeg wilde plante en diere oor, indien sommige sou uitsterf?" Skryf 3-4 sinne waarin jy aan hulle verduidelik waarom ons moet omgee vir die biodiversiteit in ons land. [6 punte]

Leerders moet die volgende demonstreer:

  • herkenning van die belangrikheid van elke spesie en hulle spesifieke nis in die ekosisteem.
  • erkenning dat elke spesie 'n spesifieke rol speel in die voedselketting. Indien een verwyder word, word al die ander spesies in die voedselketting, voedselweb of voedselpiramide beïnvloed.
  • elke soort organisme moet beskerm word, om die hele ekosisteem te beskerm.
  • die belangrikheid om diversiteit vir ekotoerisme en vir toekomstige generasies, om te geniet, te bewaar. (Ons het nie die aarde van ons voorouers GEËRF nie, ons is slegs die BEWAARDERS daarvan vir ons kinders)

Totaal[84 punte]