Skeiding van mengsels

@TN: Hoofstuk-oorsig

2 weke

'Mengsels' is vir die eerste keer in Gr.6 bekendgestel, dus behoort leerders reeds met hierdie begrippe vertroud te wees. Leerders sou ook gekyk het na sommige van die fisiese metodes om verskillende tipes mengsels te skei (onder meer handsortering, sifting, filtrasie),en hierdie jaar word sommige addisionele metodes (wat distillering en chromatografie insluit) in groter besonderheid ondersoek.

2.1 Mengsels (1 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Mengseltipes

Sortering en klassifisering, kommunikasie, groepbesprekings

Aanbeveel

2.2 Fisiese skeidingsmetodes (4 ure)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Beskou handsortering

Sortering en klassifisering, vergelyking

Aanbeveel

Aktiwiteit: Beskou sifting en filtrering

Sortering en klassifisering, vergelyking

Aanbeveel

Aktiwiteit: Beskou magnetiese skeiding

Sortering en klassifisering, vergelyking

Aanbeveel

Aktiwiteit: Wat gemaak as ons beide die water en die sout wil behou?

Distillering-demonstrasie

CAPS voorstel

Aktiwiteit: Hoe kan twee vloeistowwe met verskillende kookpunte geskei word?

Distillering-demonstrasie deur gebruik van 'n Liebigkondensator

Opsioneel, uitbreiding

Ondersoek: Is swart ink regtig swart?

Skeiding van ink in sy pigmente deur chromatografie, waarneming, vaslegging van inligting, vergelyking, interpretasie van inligting.

CAPS voorstel

Aktiwiteit : Skeiding van 'n komplekse mengsel

Ontwerp en verduideliking, beplanning van ondersoek, sortering en klassifisering, vergelyking, opskryf.

CAPS voorstel

2.3 Sortering en herbenutting van materiale (1 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Wat gebeur as ons dinge weggooi?

Kommunikasie, groepbesprekings, aantekening, identifisering van probleme en kwessies, ophaal van vrae

Aanbeveel

Aktiwiteit: Loopbaanondersoektaak

Bespreking, kommunikering

Opsioneel

TN@

  • Hoe kan die term 'mengsel' verduidelk word?
  • Watter tipes materiale kan gemeng word?
  • Watter metodes kan aangewend word om 'n megsel in sy oorspronklike komponente te skei?
  • Watter faktore is belangrik wanneer 'n metode gekies word om 'n mengsel in sy komponente te skei?
  • Watter materiale kan hergebruik word?
  • Wie is verantwoordelik vir die wegdoening van afvalstowwe?
  • Wat is die negatiewe gevolge van swak afvalbestuur?

Mengsels

  • mengsel
  • suspensie
  • ondeursigtig
  • oplossing
  • deursigtig
  • roet en as

In die eerste afdeling van hierdie hoofstuk sal leerders leer hoe om mengsels te identifiseer. Een van die sentrale gedagtes van hierdie afdeling is dat die komponente van 'n mengsel nie chemies verbind is nie. Hulle bestaan steeds as afsonderlike verbindings wat nie op enige manier met mekaar gereageer het nie. Om daardie rede kan mengsels geskei word deur die aanwending van fisiese metodes. Fisiese metodes kan nie gebruik word om elemente te skei wat chemies verbind is nie.

Om hierdie afdeling meer interessant te maak kan klein monstertjies van elk van die volgende mengsels wat bespreek word verskaf word, en leerders gevra word om hulle te teken, met besondere aandag aan enige kenmerke van die mengsel. Dit sal help om die konsep te vestig dat mengsels so intiem gemeng is (letterlik op die vlak van individuele deeltjies) dat mens nie meer die verskillende stowwe kan uitken nie.

Wat beteken dit om iets te meng? Kan jy deur nabootsing en gebare verduidelik (sonder om 'n enkele woord te gebruik)?

Kry jou leerders om die woord 'meng' op te voer. Hulle swaai dalk hulle arms en bene rond. Die oefening lyk dalk laf, maar dit sal hulle aandag dadelik spits (en hulle leervlak verhoog) as hulle so ingespan word. Daar is bevind dat om gebare uit te voer wat liggaamsbewegings vereis selfs op universiteitsvlak leer bevorder.

Is dit moontlik om water te meng?

Sommige leerders sal nee sê, mens het twee of meer stowwe nodig om 'n mengsel te kan maak. Andere mag sê dat dit moontlik is om warm en koue water te meng. Wys daarop dat dit steeds net water sal lewer, want warm en koue water gemeng lewer net water by 'n ander temperatuur.

Een stof alleen kan nie 'n mengsel wees nie. 'n Mengsel bestaan uit twee of meer verskillende stowwe.

'n Mengsel kan vaste stowwe, vloeistowwe en/of gasse bevat. Die komponente van 'n mengsel is nie chemies verbind nie; hulle is net gemeng. Dit beteken dat mens nie chemiese reaksies nodig het om hulle te skei nie. Mengsels kan geskei word deur van fisiese metodes alleen gebruik te maak - en dit is waaroor hierdie hoofstuk gaan: hoe om mengsels te skei.

Daar is baie verskillende soorte mengsels. Voor ons leer hoe hulle geskei kan word, is dit nuttig om van die verskillende soorte mengsels te weet.

Verskillende soorte mengsels

Wat volg is 'n hersiening van die tipes mengsels wat voorkom, en bespreek is in Gr. 6 Materie en Materiale. As jy van mening is dat jou leerders dit reeds verstaan, kan jy vinnig daardeur werk deur net na die verskillende prente wat voorsien is te kyk en te vra watter tipe mengsels hulle verteenwoordig.

  • emulsie
  • volop
  • kondenseer
  • allooi
  • pigment

'n Mengsel van 'n vaste stof en 'n vaste stof

Kan jy dink aan 'n voorbeeld van 'n mengsel van 'n vaste stof en 'n vaste stof? Grond is 'n voorbeeld van vaste stowwe. Wat is die stowwe wat in grond aangetref word?


Grond kan klei, sand en klein klippies bevat. Grond kan ook klein stukkies plantmateriaal bevat. Klei- en stofdeeltjies is baie klein; sanddeeltjies is groter. Klippies is selfs groter.

http://www.flickr.com/photos/eggrole/7373500718/
Grond is 'n mengsel van verskillende komponente. http://www.flickr.com/photos/eggrole/7373500718/

'n Mengsel van 'n vaste stof en 'n vloeistof

Wat gebeur wanneer klei of sand met water gemeng word? Sal jy kan sien deur 'n mengsel van klei en water? Die mengsel van klei of sand en water is modderig. Die klein kleideeltjies word in die water gesuspendeer. Hierdie soort mengsel word 'n suspensie genoem. Suspensies is ondeursigtig; dit beteken hulle is troebel en ons kan nie goed deur hulle sien nie.

Wat gebeur wanneer suiker en water gemeng word? Word die mengsel modderig? Waarom nie? Die suiker los op in die water en die mengsel word 'n oplossing genoem. Oplossings is deursigtig; dit beteken mens kan deur hulle sien.

Hou in gedagte dat sommige mengsels wat ons verwag om oplossings te wees uiteindelik suspensies kan wees. 'n Goeie voorbeeld is tafelsout en water wat uiteindelik troebel kan wees weens die stysel ('n vryvloei middel) in die sout. 'n Beter plan is om suiwer seesout te gebruik. (Jy kan ook hierdie skynbare paradoks gebruik as 'n basis vir 'n uitgebreide aktiwiteit wat illustreer watter afleidings ons in sekere omstandighede van waarnemings kan maak.)

Kan jy die verskil sien tussen die ondeursigtige suspensie van sand en klei in water (links) en die helder oplossing van suiker in water regs?

'n Mensel van 'n vaste stof en 'n gas

Het jy al ooit die rook van 'n vuur gesien? Waaruit bestaan die rook? Dink jy dit is 'n mengsel?



Rook bestaan in werklikheid uit klein vaste klontjies van roet en as en stof wat meng met lug (wat 'n gas is) en water (ook 'n gas). Dit beteken rook is 'n mengsel van een of meer vaste stowwe en gasse.

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Universal\_Fire\_Smoke.jpg
Swart roof van 'n brandende gebou. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Universal_Fire_Smoke.jpg

'n Mengsel van 'n vloeistof en 'n vloeistof

Melk is nie 'n enkele stof nie, maar eintlik 'n mengsel van twee vloeistowwe! Die een vloeistofbestanddeel in melk is water en die ander een is vetterige olie. Die rede vir die ondeursigtigheid van melk is dat klein druppeltjies van die olie in die water gesuspendeer is. Kan jy onthou wat 'n mengsel genoem word wanneer 'n vaste stof in 'n vloeistof gesuspendeer is?


Ons gebruik melk as 'n voorbeeld van 'n suspensie, maar melk is eintlik meer kompleks aangesien dit ook opgeloste stowwe bevat. Dit is eintlik 'n goeie voorbeeld van 'n mengsel wat beide oplossing- en suspensie- (emulsie-) komponente het. Meel en mielieblom of 'maizena' met water gemeng, vorm ook 'n goeie suspensie waaruit met verloop van tyd 'n neerslag vorm. Hierdie is ook 'n goeie geleentheid om die terme opgeloste stof, oplosmiddel en oplossing te hersien; byvoorbeeld, suiker, die opgeloste stof in die oplosmiddel water, vorm 'n oplossing (suikerwater).

Wanneer sommige vloeistowwe in 'n vloeistof gesuspendeer word, noem ons die mengsel 'n emulsie. Soos suspensies, neig emulsies om ondeursigtig te wees.

'n Helder, deursigtige oplossing links en 'n ondeursigtige emulsie regs

Is alle vloeistof-vloeistof mengsels emulsies? (Een manier om 'n emulsie te herken is dat dit ondeursigtig is.) Is alle vloeistof-vloeistof mengsels ondeursigtig? Kan jy dink aan 'n vloeistof-vloeistof mengsel wat nie 'n emulsie is nie? Bespreek dit met jou klas en gee die antwoord hieronder.


Eerstens, nee, nie alle vloeistof-vloeistof mengsels is ondeursigtig nie. Tweedens, die meeste oplossings waaraan leerders sal kan dink is essensieel vaste stof-vloeistof mengsels op die fundamentele vlak. Dit is goed genoeg vir leerders op hierdie vlak om voorbeelde van vloeistof-vloeistof mengsels soos ''n mengsel van appelsap en water' aan te bied.

'n Beter voorbeeld van 'n vloeistof-vloeistof oplossing is asyn, wat 'n mensel is van entanoësuur (asynsuur)- 'n vloeistof by kamertemperatuur - en water.Hierdie voorbeeld is moontlik 'n goeie een aangesien dit as 'n vroeë bekendstelling aan huishoudelike sure dien wat in die volgende hoofstuk (Sure en Basisse) behandel word. As leerders gevra word om 'n asynmonster te teken, sal dit beter wees om 'n monster witasyn te voorsien, aangesien dit minder vaste stof bevat. Hulle sal weer eens gekonfronteer word met die besef dat die oplossing nie sigbare kenmerke het nie. Dit is nog 'n geleentheid om te bevestig dat oplossings mengsels is waar die stowwe so intiem gemeng is dat mens nie die individuele stowwe langer kan uitken nie.

'n Mengsel van asyn en water is helder en dit is 'n aanduiding dat die mengsel 'n oplossing is.

Oplossings is 'n spesiale soort mengsel waarin die deeltjies so goed gemeng dat hulle nie van mekaar geskei is nie. Mens kan nie langer individuele stowwe onderskei nie - alles lyk dieselfde as ons met die blote oog daarna kyk.

Die deeltjiemodel van materie word eers in Gr. 8 behandel, maar die volgende soorte visuele voorstellings kan begrip van abstrakte konsepte aanhelp. Hulle kan op die bord in verskillende kleure geteken word. Leerders is in Gr. 6 aan soortgelyke voorstellings blootgestel. Dit is egter nie op hierdie stadium krities nie, en daar hoef nie op detail ingegaan te word nie. Oplossings lyk glaserig/deurskynend, en die vaste deeltjies is nie sigbaar nie. Die stowwe kan nie deur filtrasie geskei word nie (word later in hierdie hoofstuk behandel).

Deeltjies in oplossing. Let op dat die blou deeltjies min of meer eweredig versprei is tussen die wittes.
Deeltjies in suspensie of emulsie. Let op dat die blou deeltjies teenwoordig is in klein klontjies of trossies tussen die wittes.

In 'n suspensie is een van die stowwe se deeltjies altyd saamgegroepeer. Soms kan mens selfs klein druppeltjies olie (in die geval van 'n emulsie) of klein klontjies van 'n vaste stof (in die geval van 'n suspensie) in die vloeistof gesuspendeerd sien.

'n Mengsel van 'n gas en 'n gas

Ons het in Gr. 6 Materie en Materiale geleer dat die deeltjies in gasse ver van mekaar is. Dit beteken dat gasse baie maklik kan meng, omdat die deeltjies tussen mekaar kan inbeweeg. Die lug wat ons inasem is in werklikheid 'n gasmengsel! Weet jy wat die mees volop komponente is?


Stkstofgas en suurstofgas. Leerders kan dalk suurstof en koolsuurgas noem, maar stikstof is die hoofbestanddeel van lug (rofweg \(\text{80}\)%) gevolg deur suurstof (rofweg \(\text{18}\)%). Koolstofdioksied is teenwoordig in baie kleiner hoeveelhede.

'n Mengsel van 'n vloeistof en 'n gas

Onthou jy dat ons in die vorige hoofstuk die kookproses bespreek het (Eienskappe van Materiale)? Wat gebeur met 'n vloeistof wanneer dit kook?


Die vloeistof word 'n gas.

Kan jy die waterdamp sien in die prent van 'n ketel wat kook? Wys daarna met jou vinger. Bespreek dit met jou klasmaats en jou onderwyser en wanneer julle ooreenstem oor 'n antwoord, teken in die prent 'n pyl wat die waterdamp aandui.

'n Voorstel is dat jy dit in die klas demonstreer deur water in 'n ketel te kook om aan die leerders die kleurlose stoom by die ketel se tuit te wys. Leerders kan die wolk voor die tuit uitwys. Dit is egter nie waterdamp nie, wat onsigbaar is. Die wolk vorm wanneer die waterdamp met afkoeling kondenseer en mikrodruppeltjies vorm wat vir die oog sigbaar is.

Ons sal die water net sien wanneer dit begin kondenseer. Wanneer kondensasie begin, vorm daar weer vloeistof water. Dit beteken die waterdeeltjies begin aan mekaar vaskleef om mikrodruppels te vorm. Die wolk voor die tuit bestaan uit hierdie mikrodruppels. Dit is dan 'n voorbeeld van 'n vloeistof wat in gas gesuspendeer is.

Die skets hieronder toon waar die pyl geteken moet word:

Is die meeste gasse sigbaar? Waarom dink jy so?


Die meeste gasse is kleurloos en onsigbaar. Individuele deeltjies is te klein om sigbaar te wees. Maar sommige gasse (soos Fluoor en Chloor) is tog sigbaar omdat hulle gekleurd is.

Wolke en mis is voorbeelde van klein waterdruppeltjies wat in die lug gesuspendeer is.

'n Kunstenaar, Berndnaut Smilde, gebruik 'n mismasjien om klein wolkies wat net vir 'n paar sekondes bestaan in 'n kamer te maak. Dit is 'n wonderlike voorbeeld van die wetenskap as kunsvorm! http://www.berndnaut.nl/works.htm

Ons het geleer dat mengsels gemaak kan word van stowwe in dieselfde of verskillende toestande. Die volgende aktiwiteit sal help om ons nuwe kennis van mengsels op meer voorbeelde toe te pas.

Mengseltipes

INSTRUKSIES:

  1. Beskou die lys van mengsels. Bespreek in jou groep, of met jou maat, waaruit elke mengsel bestaan.
  2. Identifiseer die tipe stof (vaste stof, vloeistof of gas) wat in elk van die voorbeelde in die lys gemeng is.
  3. Skryf die naam van elke voorbeeld in die toepaslike blok in die diagram.

Mengsels:

  • lug
  • rook
  • haarolie (emulsie van olie en water)
  • helder vrugtesap (bv.appelsap)
  • troebel appelsap
  • soutwater
  • allooie soos geelkoper (word in muntstukke gebruik) en vlekvrye staal (word vir roesbestande metaalvoorwerpe gebruik)

  • skuimplastiek (soos die materiaal wat vir die vervaardiging van matrasse en kussings gebruik word)
  • sproeideodorant
  • lugverfrisser (gassol tipe)
  • verf
  • stofwolk
  • grond

Byvoorbeeld, suiker opgelos in water pas in die middelblok van die onderste ry, om te wys dat dit 'n vaste stof (suiker) is wat gemeng is met 'n vloeistof (water).

Gas-gas mengsels: Lug

Gas-vloeistof mengsels: sproeideodorant en lugverfrisser

Gas-vaste stof mengsels: rook, stofwolk en skuimplastiek

Vloeistof-vloeistof mengsels: Helder vrugtesap, haarolie

Vaste stof-vloeistof mengsels: Soutwater, verf ('n emulsie/suspensie van vaste pigmentdeeltjies in water of olie), troebel appelsap (klein pulpdeeltjies is solied, en in die sap gesuspendeer)

Vaste stof-vaste stof mengsels: Allooie, grond

Warom maak ons mengsels? Mengsels het baie gebruike: miskien word bestanddele gemeng om 'n koek te bak, of word metale gemeng om 'n baie sterk allooi te maak.

'n Koek is 'n mengsel van bestanddele wat meel, eiers en melk insluit.

Baie dinge om ons is natuurlike mengsels: sout seewater, grond, kompos, rotse (mengsel van minerale) is maar enkeles. Baie mengsels is mensgemaak, byvoorbeeld: Coca Cola, verf, slaaisous, ensovoorts.

Jy kan die leerders vra waarvoor verf gebruik word. Dit word gebruik om mure en ander oppervlakke te bedek. Soms wil ons hierdie oppervlakke (bv. 'n buitemuur of dak) teen wind en water beskerm, of soms wil ons hulle net mooier laat lyk (wanneer ons byvoorbeeld 'n binnemuur verf of 'n kunswerk wil skep). Die water of olie help om die pigmente meer eweredig te versprei oor die oppervlak wat ons wil bedek en dit bind die pigmente sterk sodat die verf 'n beskermende laag vorm.

Mengsels is baie nuttig. Maar soms wil ons mengsels in hulle komponente skei. Onthou dat die stowwe in 'n mengsel nie chemies gebind is nie. Hulle is nie omskep in nuwe stowwe nie, maar is steeds dieselfde stowwe as voorheen - hulle is net fisies saamgestel. Dit is waarom hulle deur fisiese metodes geskei kan word.

Fisiese skeidingsmetodes

Noudat ons weet van die verskillende soorte moontlike mengsels, gaan ons leer van sommige van die maniere om hulle te skei.

As 'n inleiding kan leerders gevra word waarom hulle dink dat 'n mens mengsels sal wil skei. Dink byvoorbeeld aan drinkwater wat uit 'n put kom en modderig is. Mens sal dan die water voor gebruik van die vaste stowwe (sand of klei) wil skei! Daarna kan die water vir gebruik behou en die sand weggegooi word. Vra die leerders of hulle kan dink aan 'n manier om die sand en water te skei. Leerders kan dalk filtrering voorstel as 'n metode om sand en water te skei.

Hoe skei ons mengsels?

  • sif
  • filtrering
  • filtraat
  • magneties
  • korreltjie
  • residu

Veronderstel jy word 'n mandjie met appels en lemoene aangebied. Hoe sou jy hulle sorteer? Jy sou die appels en lemoene waarskynlik met die hand uitkies. Hierdie metode is miskien nie vir alle mengsels geskik nie. Jy sal waarskynlik nie oorweeg om suiker en sand korreltjies met die hand te sorteer nie. Waarom nie?


Suiker en sand korreltjies is te klein om met die hand gesorteer te word, en hulle lyk ook eenders. Dit sal nie prakties wees om hulle so te sorteer nie.

Kom ons kyk na sommige van die mees algemeen gebruikte metodes van fisiese skeiding.

Handsortering

Hoe sou jy die mengsel van krale in die prent hieronder volgens hulle onderskeie kleure van mekaar skei?


Die mees praktiese manier sou moontlik wees om hulle met die hand volgens hulle verskillende kleure te skei.

'n Mengsel van krale van verskillende kleure

Soms ontwerp mense masjiene wat hulle take kan verrig, soos hierdie kegelsorteermasjien.

Die video oor die kegelsorteermasjien is gewoon vir die pret, maar dit kan gebruik word vir besprekings oor 'plesier-eksplorasies' en stokperdjies wat ons uitdaag as beginpunt vir innovasie en nuttige toepassings van tegnologie.

Dink na oor handsortering

Sal handsortering ook 'n praktiese manier wees om die mengsel van rys en lensies in die prentjie hieronder te sorteer?

Ja, mits daar nie te veel is om te sorteer nie.

'n Mengsel van rys en lensies
Sal handsortering 'n praktiese manier wees om die klippies uit 'n groot sandhoop te sorteer?

Waarskynlik nie. Dit sal hopeloos te lank vat!

Buiten wat in hierdie hoofstuk bespreek is, dink aan ten minste drie ander voorbeelde van mengsels wat met die hand gesorteer kan word.

Leerderafhanklike antwoord. Voorstelle kan insluit:

  • Die sortering van dorings uit wol
  • Die sortering van legoblokkies volgens verskillende groottes en kleure
  • Die sortering van klippies uit 'n pakkie gedroogde lensies en boontjies
  • Sortering van pos
  • Die sortering van vrugte of eiers volgens grootte of graad
Wanneer is handsortering 'n goeie metode vir die skeiding van die komponente van 'n mengsel?

Wanneer die 'deeltjies' in die mengsel relatief groot is en wanneer daar nie te veel van hulle is om te sorteer nie.

Sifting

Kan jy dink aan 'n praktiese manier om steentjies en klippe uit sand te sorteer? Dink jy handsortering sal werk?


Dit is waarskynlik nie 'n goeie plan om met die hand te sorteer nie, want dit sal te lank neem.

http://www.flickr.com/photos/leehaywood/4203909236/
Hoe sal jy dan die steentjies van die sand in die hoop skei? http://www.flickr.com/photos/leehaywood/4203909236/

Wanneer mens groot hoeveelhede materiaal moet sorteer en die verskillende deeltjies verskillende groottes het, kan ons die mengsel sif. Die kleiner deeltjies sal deur die openinge in die sif val, terwyl die groter deeltjies agter sal bly.

Filtrering

Wanneer die deeltjies in 'n mengsel te klein is om deur 'n sif opgevang te word, en wanneer die komponente van die mengsel in verskillende toestande is, kan hulle geskei word deur filtrering deur gebruik van 'n filter.

Leerders het in Hoofstuk 6 van Materie en Materiale in Gr. 6 'n oefening gedoen om modderwater te suiwer. Die hoofstuk getiteld 'Prosesse om water te suiwer' het vereis dat leerders hulle eie filter moes ontwerp, maak en evalueer. Jy kan die proses weer demonstreer om hulle geheues te verfris. Om 'n filter op te stel (soos onder getoon), plaas 'n gevoude filtreerpapier in 'n tregter wat in 'n fles uitmond. Skink dan 'n mengsel modderwater in die filter en gee die leerders kans om te sien hoe skoon water deur die filter loop, en die modder/sand/klei agterbly.

Modderwater word geskink deur 'n tregter met filtreerpapier daarin om klein sand- en kleideeltjies te verwyder.

Van watter tipe mengsel is die modderwater in die glas 'n voorbeeld?


Dit is 'n mengsel van 'n vaste stof en 'n vloeistof, 'n suspensie. Jy kan die leerders vra om die suspensie, die filtraat en die residu in die diagram te benoem.

Die helder vloeistof wat deur die filter geloop het word die filtraat genoem. Die deeltjies wat agterbly op die filtreerpapier word die residu genoem.

Het jy al ooit opgelet dat mense wat moet werk in stowwerige en rokerige omgewings stofmaskers of rookmaskers dra? Waarom dink jy dit is nodig?


Om stof of rook in te asem is vir ons longe skadelik. Die maskers help om die lug te suiwer voor dit ons lugweë binnegaan.

http://www.flickr.com/photos/humblog/2381521496/
'n Brandbestryder dra 'n masker om rook uit te filtreer. http://www.flickr.com/photos/humblog/2381521496/

Die diagram hieronder wys hoe 'n gasmasker werk. Skadelike stowwe en stof- en rookdeeltjies word deur baie fyn filters vasgevang sodat net skoon lug deurgelaat word.

'n Rookmasker bestaan uit filterlagies wat die vuil lug skoonmaak voor dit ingeasem word.

Dink na oor sifting en filtrering

Buiten wat in hierdie hoofstuk bespreek is, dink aan ten minste drie ander mengsels wat gesif kan word, en teken hulle aan in die spasie hieronder.

Leerderafhanklike antwoord. Voorstelle kan insluit:

Sifting van meel om klonte, doppies en ander groot stukkies te verwyder

Die skink van tee deur 'n siffie om teeblare op te vang (dit is 'n rowwe manier van filtrering)

Die afspoel van sand of grond van spinasieblare voor dit gekook word

Die filtrering van swembadwater om blare te verwyder (ons noem dit filtrering, maar wat eintlik plaasvind is sifting van die blare uit die water)

Wanneer is sifting 'n goeie metode om die komponente van 'n mengsel te skei?

Wanneer die komponente van die mengsel verskillende groottes het en daar baie is om te sorteer.

Deesdae gebruik die meeste mense teesakkies om tee mee te maak, maar daar was 'n tyd toe mense 'n teetreksel gemaak het en daarna die tee deur 'n sif in 'n koppie geskink het. Waarom dink jy het hulle dit gedoen?
Teeblare en -stukkies het in die siffie versamel na die tee in die koppie geskink is.

Om die teeblare uit die tee te verwyder voor dit gedrink is.

Soms is die deeltjies wat ons uit die mengsel wil verwyder so klein dat hulle maklik deur 'n sif sal beweeg (dink aan die voorbeeld van die modderwater van vroeër). Kan jy dink aan 'n manier om die probleem te oorkom?

Leerders kan besef dat hulle die openinge in die sif kleiner moet maak om kleinder deeltjies op te vag

Buiten wat in die hoofstuk bespreek is, dink aan ten minste drie ander mengsels wat gefiltreer kan word, en maak 'n lysie hieronder.

Leerderafhanklike antwoord. Voorstelle kan die volgende insluit:

Filtrering van koffiemoer deur 'n filter of 'n plunjer

Die stofsuier het 'n filter om stofdeeltjies in die masjien op te vang en skoon lug deur te laat. Dit is hoe stofdeeltjies uit tapyte en meubels verwyder word.

Lugversorgers het filters wat stof uitfiltreer uit die lug wat geboue van buite binnekom.

Wanneer is filtrering 'n goeie metode om die komponente van 'n mengsel te skei?

Wanneer die 'deeltjies' in die mengsel baie klein is, en in verskillende toestande.

Kan jy die aktiwiteit in Gr. 6 onthou waar Tom magnetisme gebruik het om verskillende soorte metale in sy oom se skrootwerf te skei? Die magneties eienskappe van metale het dit moontlik gemaak om hulle op hierdie manier te skei.

Magnetiese skeiding

Jy kan demonstreer hoe, of die leerders toelaat om te probeer, om 'n mengsel van sand en ystervylsels te skei deur 'n magneet te gebruik. Dit kan help om die magneet in 'n klein plastieksakkie te sit sodat die ystervylsels na die magneet aangetrek word sonder om daaraan vas te sit.

Die volgende diagram toon hoe magnetiese skeiding gebruik kan word om 'n mengsel van komponente te skei. In die voorbeeld word 'n mineraalerts geskei wat twee komponente bevat (die een magneties, die ander nie-magneties). Die ertskorrels word gevoer op 'n draaiende band. Die roller aan die einde is magneties. Dit beteken dat al die magnetiese korrels in die erts aan die band sal vassit wanneer dit om die roller beweeg, terwyl die nie-magnetiese korrels dan sal afval. Nadat die magnetiese korrels by die magnetiese roller verbybeweeg het, sal hulle ook afval.

In bostaande diagram, wat is die kleur van die nie-magnetiese korrels en in watter houer val hulle? Wat is die kleur van die magnetiese korrels en in watter houer val hulle?

Die nie-magnetiese korrels is geel-oranje en val in die houer links. Die magnetiese korrels is grys-bruin en val in die houer regs. Die diagram behoort soos volg gemerk te word:

Dink na oor magnetiese skeiding

Buiten wat in die hoofstuk bespreek is, kan jy dink aan twee ander mengsels wat magneties geskei kan word? Teken hulle aan in die ruimte wat voorsien word.

Leerderafhanklike antwoord. Voorstelle kan die volgende insluit:

Die verwydering van ystervylsels (magneties) uit sand of suiker (nie-magneties).

Die skeiding van aluminiumblikkies (nie-magnaties) en staalblikkies (magneties).

Wanneer is magnetiese skeiding geskik vir die skeiding van die komponente van 'n mengsel?

Wanneer die komponente van die mengsel verskillende magnetiese eienskappe het, met ander woorde, wanneer een of meer van die komponente in die mengsel magneties is en die ander nie-magneties.

Hoe kan die komponente wat in 'n oplossing teenwoordig is, geskei word? Kom ons vind uit.

Skeiding van oplossings

  • verdamping
  • kondensasie
  • distillering
  • stook
  • chromatografie
  • chromatogram
  • opgeloste stof
  • oplosmiddel

Die stowwe in 'n oplossing is gemeng op die vlak van individuele deeltjies. In 'n suiker en water oplossing is die suiker deeltjies en die water deeltjies so goed gemeng dat ons met die blote oog nie tussen hulle kan onderskei nie. Mens kan dalk dink dat mengsels wat so goed 'gemeng' is nie skeibaar is nie. Maar soos ons gou sal sien, is dit nie waar nie.

In antieke kulture is graan en kaf geskei deur 'n proses wat genoem word uitwanning. Die mengsel is dan in die lug opgegooi sodat die wind die ligter kaf kon wegwaai, maar nie die swaarder graankorrels nie.

Skeiding deur verdamping

Demonstreer dit in lestyd deur 'n bietjie sout in water op te los wanneer die les begin. Wys op die helderheid van die oplossing. Skink dan 'n bietjie in 'n aluminiumpan, soos die wat vir bakdoeleindes gebruik word. Plaas dit op 'n sonnige plek vir die duur van die les en laat toe om te verdamp. Die spoed van die proses hang af van hoe warm en vogtig die omgewing is. Aan die einde van die les, wys die droë pan en die sout daarin, soos in 'n soutpan. Dit mag nodig wees om die pan tot aan die einde van die dag te laat staan, afhangend van die temperatuur.

Weet jy waar die meeste van die sout wat ons in Suid-Afrika gebruik vandaan kom? Suid-Afrika kry sy sout van binnelandse soutpanne, kus soutpanne en seewater.'n Soutpan is 'n vlak dam in die grond waar soutwater verdamp om 'n laag droë sout agter te laat.

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Salt\_pans.jpg
'n Lugbeeld van soutpanne. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Salt_pans.jpg
Soutpanne in Indië. 'n Man is besig om die droë sout te versamel om verpak en verkoop te word.

Wanneer seewater toegelaat word om in vlak panne te staan, word die water verhit deur sonlig om dan stadig waterdamp te vorm deur verdamping. Wanneer die water alles verdamp het bly die vaste sout agter.

Dink jy dit is 'n goeie metode om sout en water te skei? Dink jy dit sal werk vir 'n suiker en water oplossing?


Ja, dit sal.

Wat gedoen as ons beide die water en die sout wil behou?

As jy tyd het om dit in die klas te doen, kan jy dit prakties demonstreer. Laat die leerders toe om die soutwater te proe voor dit gekook word en daarna die gekondenseerde water. So sal hulle besef dat dit net die water is wat verdamp het en dat die sout in die ketel agtergebly het. Jy kan die ys plaas in 'n klein plastieksakkie om seker te maak dit gly nie van die bord af nie, maar dat die bord steeds koud genoeg is vir water om te kondenseer. Die yssakkie sal ook voorkom dat die smeltende ys in die beker indrup wat die gekondenseerde water versamel. Jy kan ook 'n beker of glas met soutoplossing oor 'n bunsenbrander gebruik en 'n koue stukkie glas of spieël om die water te kondenseer en in 'n ander beker te versamel.

VRAE:

Dink jy dat skeiding deur verdamping 'n goeie metode is om die soutwateroplossing te skei as jy beide die sout en die water wou behou? Waarom sê jy so?

Verdamping alleen is nie 'n goeie skeidingsmetode as jy beide die sout en water wil behou nie. As die water eers verdamp het is dit verlore.

Kan jy aan 'n plan dink om die metode te verander sodat die water wat verdamp het nie verlore gaan nie? Miskien help die diagram wat volg jou om 'n plan te maak. Skryf hieronder 'n verduideliking.





In die prentjie word die soutwateroplossing in 'n ketel verhit en 'n metaalplaat (met ys daarin om die buitekant daarvan koud te hou) word gehou in die waterdamp wat uit die ketel se tuit ontsnap. Die waterdamp koel af wanneer dit met die die koue metaalplaat kontak maak, en kondenseer. Dit loop dan van die plaat af na die beker. Die sout bly in die ketel agter wanneer al die water verdamp het. Maar, die water het in die beker behoue gebly.

Wat gebeur in die ketel?

Soutwater is aan die kook.

Kan jy sê watter toestandverandering in die ketel plaasvind? Wat word die proses genoem?

Vloeistof water verander na waterdamp. Die proses is verdamping.

Watter toestandverandering vind plaas op die koue oppervlak van die metaalplaat? Wat word die proses genoem? (Leidraad: die toestandverandering van gas na vloeistof is in die vorige hoofstuk gedek, onder Fisiese eienskappe van materiale.)



Waterdamp verander na vloeistof water. Die proses word kondensasie genoem.

Verdamp die sout saam met die water? Hoe sou jy uitvind?

Nee. Jy kan proe dat die water voor verdamping souterig is, en nie souterig na kondensasie nie. As jy die water kook tot alles verdamp het, sal jy soutkristalle sien vorm.

Wat kan jy oor die suiwerheid van die water sê nadat dit verdamp het en gekondenseer het?

Dit proe nie meer souterig na die verdamping/kondensasie nie, dus aanvaar ons dit is suiwer, maar dit kan dalk ander stowwe bevat wat ons nie kan proe nie.

Sommige dinge kan ons nie bespeur of proe nie, soos wanneer ons byvoorbeeld seewater gebruik.

Die water wat deur verdamping verlore gaan kan kondenseer op 'n koue oppervlak. Die koue metaalplaat kan werk, maar dis moeilik om al die gekondenseerde water te versamel omdat dit van die mataaloppervlak afdrup op baie plekke. Wetenskaplikes het 'n oplossing vir hierdie probleem: hulle gebruik 'n spesiale tegniek om mengsels soos hierdie te skei sonder om van enige komponent iets te verloor. Die tegniek word distillering genoem.

Distillasie

As jy die toerusting het om hierdie distillasieproses op te stel, kan jy dit in die klas demonstreer. Anders is daar alternatiewe materiale en toerusting wat jy kan gebruik. Hier is twee skakels wat verduidelik hoe jy jou eie distillasietoerusting kan bou: http://www.instructables.com/id/Build-a-Lab-Quality-Distillation-Apparatus/ en http://nukegingrich.files.wordpress.com/2009/06/diy-still.pdf. 'n ander wenk is om leerders aan te moedig om navorsing te doen om hulle eie distilleerapparaat te bou, spesifiek om maklik bekombare goedkoop materiale te soek. Vir vele wetenskap-eksperimente het jy nie laboratoriumtoerusting nodig vir die uitvoer van demonstrasies nie - dink maar gewoon aan alledaagse materiale en maak 'n plan! Dit maak ook wetenskap meer toeganklik vir baie mense.

Distillasie is die skeiding van een stof van 'n ander deur verdamping gevolg deur kondensasie. Die proses wat in hierdie tegniek gebruik word, word stoking genoem.

Eksperimentele opstelling vir distillasie

Gestel ons wil die water en sout in seewater skei. Mens sal die seewater plaas in die fles links in die figuur (in die distilleerfles). Ons kook dan die seewater om waterdamp of stoom te produseer. Die sout sal nie met die water verdamp nie; net die water verdamp. Die water styg op deur die bokant van die fles en beweeg in die Liebigkoeler in.

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Liebig\_condensers-two\_2.jpg
Twee Liebigkoelers wat vir distillering gebruik word. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Liebig_condensers-two_2.jpg

Die Liebigkoeler bestaan uit 'n glasbuis binne-in 'n groter glasbuis. Die koeler is so ontwerp dat koue water in die ruimte tussen die buise kan vloei. Dit koel die oppervlak van die binneste buis af. Die waterdamp kondenseer teen hierdie koue oppervlak en vloei na die versamelfles toe. Omdat die sout nie verdamp het nie, bly dit agter in die distilleerfles.

'n Video wat beskryf hoe 'n sondistilleerder water kan ontsout (sout uit die water kan haal).

Die sondistilleerdervideo is kort maar verskaf 'n interessante onderwerp vir besprekings: toepassings van skeidingsmetodes; uitvindings; voordele en nadele; jy kan selfs oopbronprojekte en die deling van inligting bespreek. Die Italiaanse uitvinder van die Eliodomestico sondistilleerder het dit ontwerp met ontwikkelende lande in die gedagte. Dit is relatief goedkoop, maklik om te monteer en vereis geen elektrisiteit nie. Dit word beskryf as 'n ekodistilleerder wat aangedryf word deur sonkrag. Al wat jy moet doen is om 5 liter sout- of onsuiwer water in te skink, die dop op te skroef, en dit in die son te plaas. Teen die einde van die dag kan dit bakterievrye, soutvrye water verskaf wat gedrink kan word. Dit is ook 'n oopbronprojek, wat beteken dat enigiemand die ontwerp kan gebruik en naboots, modifiseer en opgradeer, maar nie daaruit wins mag maak nie.

Distillasie is ook die beste manier om twee vloeistowwe wat verskillende kookpunte het, byvoorbeeld water en etanol, te skei. Kom ons kyk.

Hoe kan ons twee vloeistowwe waarvan die kookpunt verskil van mekaar skei?

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit, of anders kan dit as 'n tuiswerkopdrag gegee word. Dit is 'n uitbreiding van wat leerders sou geleer het van distillasie.

VRAE:

Kan jy onthou by watter temperatuur water kook? Skryf dit hieronder neer.

100°C

Wat word hierdie temperatuur genoem?

Die kookpunt van water.

Etanol kook by 'n laer temperatuur as dié van water, naamlik by 78°C. Gestel jy meng 'n bietjie water en etanol. Die mengsel is aan die begin by kamertemperatuur. Veronderstel nou jy begin om die mengsel te verhit. Watter van die temperature 78°C of 100°C sal eerste bereik word?

78°C

Wat dink jy sal gebeur wanneer die mengsel se temperatuur 78°C bereik? Dink jy die etanol sal begin kook?

Leerders kan daaraan herinner word dat die etanol steeds etanol is, dat dit nie deur die mengproses verander is nie, en daarom sekerlik by 78°C sal begin kook.

Sal die water ook dan begin kook?

Nee. Water begin eers by 100°C te kook. Onder hierdie temperatuur sal die water nie kook nie.

Hierdie vrae is identies aan dié wat in die oorspronklike aktiwiteit gestel is. Hulle is in die oorspronklike aktiwiteit gestel om te dien as 'n inleiding tot die konsep distillering.

Mens kan dieselfde distilleringsmetode wat gebruik is om seewater te skei ook gebruik om twee vloeistowwe te skei. Die beginsel is presies dieselfde, behalwe dat die mengsel meer as een keer gedistilleer word. Hier is hoe dit werk.

Die mengsel van die twee vloeistowwe word in die distilleerfles geplaas en verhit tot by die laagste kookpunt. In die geval van die etanol/watermengsel sal dit die kookpunt van die etanol wees, naamlik 78°C. Al die vloeistof met daardie kookpunt sal verdamp, in die Liebigkoeler kondenseer, en oorvloei na die versamelfles. Die vloeistof met die hoër kookpunt sal in die fles agterbly. Veronderstel dit bevat 'n derde vloeistof wat ons wil skei. Hoe sal jy dit doen?



Ons vervang die versamelfles met 'n skoon een en verhit weer die distilleerfles, maar hierdie keer tot by die kookpunt van die tweede vloeistof. Die tweede vloeistof sal verdamp, kondenseer in die verkoeler en oorvloei na die versamelfles, wat dan die finale komponent van die mengsel in die distileerfles agterlaat.

Ru-olie word in sy verskillende komponente geskei deur distillering. Die komponente word verdamp, beginnend met ligter brandstof (wat die laagste kookpunt het), dan stralerbrandstof, dan petroleum, dan motorolie, tot net teer oorbly. Ons noem die geskeide komponente fraksies en die proses fraksionele distillering.

Vind meer uit oor die distillering van ru-olie in die volgende video

Die video oor distillering van ru-olie mag dalk te gevorderd wees, maar dit som die proses van fraksionele distillering goed op en noem relevante, egte-wêreld voorbeelde van produkte wat geproduseer word. Let op dat die video telkens melding maak van 'koolwaterstowwe'. Jy kan die leerders gerusstel dat dit nie nou reeds vir hulle belangrik is om die betekenis daarvan te weet nie. Die periodike tabel word eers in Hoofstuk 4 behandel, maar jy kan leerders help om te 'ontsyfer' dat ru-olie baie waterstof deeltjies en koolstof deeltjies in verskillende kombinasies (verhoudings) bevat. Elkeen van die fraksies wat uiteindelik versamel word bevat een soort koolwaterstof kombinasie.

Daar is nog een skeidingstegniek wat ons moet ondersoek. Het jy al opgelet hoe ink op papier soms 'vloei' wanneer dit nat word?

http://www.flickr.com/photos/daquellamanera/4304246279/
Kan jy sien hoe die ink op hierdie teken gevloei het nadat dit nat geword het, waarskynlik deur reën? http://www.flickr.com/photos/daquellamanera/4304246279/

Die meeste inke is 'n mengsel van verskillende pigmente wat vermeng word om net die regte kleur te verkry. 'n Pigment is 'n chemiese stof wat aan materiale kleur gee. Wanneer 'n mengsel kleurryke verbindings bevat is dit dikwels moontlik om die verskilende verbindings te skei deur 'n metode wat chromatografie genoem word.

Chromatografie

Chromatografie kom van die Griekse woorde chroma (wat 'kleur' beteken) en graaf (wat beteken 'om te skryf')

Chromatografie is 'n metode om gekleurde stowwe in hulle individuele pigmente te skei. Ons sal dit in die volgende ondersoek verder bekyk.

Penkleur wetenskap.

Is swart ink regtig swart?

DOEL: Om die pigmentkomponente in ink te skei deur verskillende vloeistowwe te gebruik.

Hierdie is 'n pret-aktiwiteit wat gou doenbaar is. As die klas in klein groepe verdeel word en elke groep kry 'n verskillende merkpen om mee te eksperimenteer, kan die chromatogramme agterna op die muur uitgestal word vir almal om te sien en te vergelyk. Deur te soek vir chromatogramme wat eenders is, kan leerders vasstel watter groepe dieselfde merkpen gehad het, of watter merkpenne met dieselfde ink gevul is. As die ink in 'n merker nie in een vloeistof wil skei nie, probeer dan 'n ander vloeistof in die beker.

Jy kan selfs 'n storie om die ondersoek weef. Veronderstel dat 'n moord gepleeg is en dat die moordenaar aan sy (of haar) swart pen uitgeken kan word. Gebruik drie of vier swart of blou penne van verskillende handelsmerke, en registreer die unieke chromatogramme wat aan elke pensoort gekoppel kan word. Die inke mag, beoordeel aan elkeen se skrif, dieselfde lyk, maar hulle sal nie dieselfde wees as die chromatogramme vergelyk word nie.

HIPOTESE:

Wat stel jy voor moet die antwoord op ons ondersoekvraag wees? Dit is jou hipotese.


Leerderafhanklike antwoord. 'n Hipotese kan wees 'Swart ink bestaan uit verskillende gekleurde pigmente.'

MATERIALE EN APPARAAT:

  • absorberende papier gesny in strokies ongeveer 3 cm wyd en 12 cm lank

Laboratorium Whatman filtreerpapier nr. 1 is ideaal vir chromatografie. Alternatiewelik kan mens koffiefilters gebruik, waterverfpapier of strokies van papierhanddoek. Selfs gewone kopieerpapier werk, maar stadiger, en dit bring dikwels mee dat die kleure beter skei. Vir sagter papier mag jy langer strokies benodig, en langer houers, omdat die vloeistof baie vinniger op die papier boontoe beweeg.

  • skoon glas of beker
  • verskeidenheid swart penne en merkpenne
  • kraanwater
  • potlood
  • skuifspeld of wasgoedpennetjie
  • filtreerpapier
  • drupbuisie
  • verskeidenheid vloeistof-oplosmiddels ('Ammoniak', mediese etanol, gemetileerde alkohol en naellakverwyderaar)

'n oplosmiddel is 'n stof wat 'n opgeloste stof oplos, wat 'n oplossing lewer. 'n Oplosmiddel is gewoonlik 'n vloeistof, maar kan ook 'n gas of 'n vaste stof wees.

Moontlike gevare:

  • 'Ammoniak' is 'n opgeloste gas en 'n swak basis. Dit is onwaarskynlik dat dit brandplekke sal veroorsaak, maar ammoniakdampe kan die slymvliese in die neus irriteer.
  • Mediese alkohol bevat etanol en gemetileerde alkohol bevat etanol en metanol. Naellakverwyderaar bevat asetoon. Alkohol en asetoon is ontvlambaar en moet van vlamme en hitte weggehou word. Die dampe van hierdie oplosmiddels moet nie ingeasem word nie.

Veilige labratoriumpraktyk is uiters belangrik. Gebruik 'n oomblik om met die leerders risiko's, voorsorgmaatreëls en veiligheid te bespreek. Bespreek die feit dat wetenskaplikes dikwels gevaarlike stowwe en/of toerusting moet gebruik om waarnemings te kan maak.

Wanneer met ammoniak gewerk word, werk altyd in 'n dampkas of 'n goed-geventileerde ruimte. Los die deur en vensters oop sodat die dampe nie bly hang nie. Net so moet stowwe wat alkohol bevat in 'n goed-geventileerde ruimte gebruik word, maar hulle is ook ontvlambaar, en moet dus nie naby oop vlamme gehanteer word nie.

Dit is altyd wys om latex/nitriel-handskoene (by apteke bekombaar) te gebruik om die absorpsie van gevaarlike stowwe deur die vel te voorkom. Gebruik 'n veiligheidsbril om jou oë teen chemikalieë te beskerm. Hou altyd skoon water byderhand om jou oë uit te spoel of jou hande te was as chemikalieë spat of uitstort.

Versigtige laboratoriumpraktyk sal nie alleen jou eie veiligheid verseker nie, maar sal ook 'n goeie voorbeeld aan leerders voorhou.

METODE:

Om 'n strokie-chromatogram te maak

  • Gebruik 'n swart pen of merkpen om oor een ent van die papierstrokie 'n lyn te trek, 2 cm van die einde af.
  • Skink kraanwater in die beker tot 'n diepte van ongeveer 1 cm.
  • Vou die ongemerkte ent van die papier om die potlood en vestig dit op sy plek met 'n skuifspeld.
  • Pas die strokie papier se posisie aan deur dit teen die buitekant van die glas te hou voor dit in die glas geplaas word, sodat die hoogte van die inkstreep 1 cm bo die vloeistofoppervlak is.
  • Laat sak die strokie in die glas en laat die potlood op die glas rus soos in die diagram gewys word. Die einde van die strokie moet in die water wees, maar die inklyn moet bo die water wees.
  • Laat toe dat die papier die vloeistof opsuig en deur die inklyn opstyg.
  • Wanneer die migrerende pigmente die bokant van die strokie nader, en naby die skuifspeld kom, verwyder die strokie en plaas dit op 'n plat, nie-poreuse oppervlak om droog te word.

Jy kan ook 'n wasgoedpennetjie gebruik om die strokie in plek te hou.

  • Maak 'n soortelyke strokie-chromatogram vir elk van die swart penne wat jy versamel het.
  • Vergelyk die chromatogramme. Is hulle dieselfde of verskillend?
  • Wanneer jy klaar jou chromatogram vergelyk het met dié van die res van die klas, kan jy dit in die ruimte hieronder plak, of in die ruimte 'n tekening daarvan maak.

Om 'n sirkelvormige chromatogram te maak.

  • Plaas 'n groot, ronde stuk filtreepapier op 'n gladde oppervlak, soos byvoorbeeld jou lessenaar.
  • Gebruik een van die gekleurde penne om in die middel van die skyf 'n 0.5 tot 1 cm kol te maak.
  • Plaas die skyf plat oor die bokant van 'n beker.
  • Plaas 'n druppel water in die middel van die inkkol.
  • Voeg elke minuut of so nog 'n druppel water by om te help om die chromatogram te versprei na die rand van die papierskyf.
  • Herhaal die eksperiment met een van die ander oplosmiddels (ammoniak, alkohol of naellakverwyderaar).

WAARNEMINGS:

Lyk die twee chromatogramme dieselfde of verskillend? As hulle verskillend lyk, en jy het dieselfde pen gebruik, waarom dink jy dit is so?

Leerderafhanklike antwoord

Watter kleurpigmente kon jy raaksien?

Leerderafhanklike antwoord

Teken prentjies van jou chromatogramme in die ruimte hieronder.

Leerderafhanklike antwoord

GEVOLGTREKKING:

Wat kan jy aflei van die pigmente waaruit swart ink saamgestel is?

Leerders behoort daarop te let dat swart ink in werklikheid saamgestel is uit 'n aantal verskillend gekleurde pigmente.

Kom ons kyk mooi hoe dit werk:

In papierchromatografie beweeg vloeistof tussen die papiervesels deur. Maar waarom skei die pigmente uit in bande met verskillende kleure?

Die pigmente in die ink word deur die vloeistof vervoer, maar omdat hulle verskillende verbindings is, beweeg hulle nie teen dieselfde spoed nie. Dit veroorsaak dat hulle verskyn as verskillende kleurbande in die chromatogram.

Kyk na die prentjie van die chromatogram hieronder.

http://commons.wikimedia.org/wiki/File:TLC\_black\_ink.jpg
'n Voorbeeld van 'n strokiechromatogram. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:TLC_black_ink.jpg
Watter kleurpigment beweeg teen die papier op teen die hoogste spoed? Waarom sê jy so?

Die geel pigment beweeg die vinnigste omdat dit die langste afstand beweeg het.

Watter pigment beweeg in die papier op teen die laagste spoed?

Die groen pigment beweeg die stadigste want dit het die kortste afstand beweeg.

Waarom beweeg die verskillende pigmente nie teen dieselfde spoed nie?

Die pigmente beweeg teen verskillende snelhede omdat hulle verskillende eienskappe het: groot pigmentdeeltjies neig om stadiger te beweeg. Nog meer, deeltjies wat in die vloeistof goed oplosbaar is sal geneig wees om in die vloeistof te bly en vinnig na bo te beweeg, terwyl deeltjies wat sterk aan die papier bind baie stadiger sal beweeg.

Is swart regtig swart? (video)

Noudat ons iets geleer van die verskillende maniere om mengsels te skei, gaan ons ons kennis toepas om 'n mengsel te skei wat bestaan uit baie komponente.

Skeiding van 'n komplekse mengsel

Sommige skole gebruik 'combo plates' vir die praktiese opdragte in Materie en Materiale. Dit word aangemoedig en die aktiwiteite in hierdie werkboek kan effens aangepas word om te werk met watter toerusting en apparate ookal beskikbaar is in jou skool.

Verder, as leerders die vloeidiagram op hierdie stadium te ingewikkeld ervaar, kan jy hulle aanmoedig om die stappe wat hulle sou volg om al die materiale in die mengsel te skei uit te skryf, en daarby die rede vir die keuse van elke skeidingsmetode.

Gestel jy is 'n lid van 'n span wetenskaplikes wat in 'n laboratorium saamwerk. Jou span het 'n belangrike taak gekry. Julle het 'n beker gekry wat 'n mengsel van stowwe bevat. Julle moet die mengsel skei.

Die mengsel bevat die vogende bestanddele:

  • sand
  • ystervylsels
  • sout
  • etanol
  • water

Jou taak is om 'n prosedure te ontwerp om die mengsel in sy individuele komponente te skei. Hoe sal jy dit doen? Jou prosedure moet opgesom word in die vorm van 'n vloeidiagram.

Voor jy begin, stel jou voor hoe die mengsel sal lyk. Teken 'n prentjie van die helder houer en verskillende inhoude in die mengsel in die spasie.





Dit kan dalk vir die leerders moeilik wees om te doen, maar dit is vir hulle belangrik om die mengsel te kan visualiseer voor hulle die eksperiment beplan. As hulle dit nie kan doen nie, sal die idees abstrak bly en sal dit vir hulle moeilik wees om die opeenvolging van skeidingsprosesse korrek uit te werk. Jy kan hulle lei deur die volgende vrae te vra. Andersins kan jy die mengsel vir hulle berei sodat hulle dit kan sien voor hulle dit teken:

  • Hoe lyk die houer? Teken dit op jou bladsy.
  • Watter vloeistowwe is in die houer? (Etanol en water.) Teken nou die houer met 'n mengsel van etanol en water. Sal jy die etanol EN die water kan sien wanneer hulle gemeng is? (Nee, hulle sal net soos vloeistof in die houer lyk.)
  • Voeg nou die sand by. Sal dit met die water meng of na onder uitsak? (Die grootste deel sal na onder uitsak.)
  • Voeg nou die ystervylsels by. Sal dit met die water meng of na onder uitsak? (Dit sal na onder uitsak.)
  • Voeg nou die sout by. Sal dit na onder uitsak of in die water oplos? (Dit sal in die water oplos.) Sal ons dit kan sien na dit in die water opgelos het? (Nee.)

Om jou te help om jou metode uit te werk, hier is 'n paar vrae wat rigting aandui en 'n templaat vir jou vloeidiagram:

Wat is die fisiese toestand (vaste stof, vloeistof of gas) van elkeen van die komponente in die mengsle? Vul dit in die tabel in.

Komponent (stof)

Toestand (vaste stof of gas)

Opgelos of nie-opgelos?

Komponent (stof)

Toestand (vaste stof of gas)

Opgelos of nie-opgelos?

Yster

vaste stof

nie opgelos

Sand

vaste stof

nie opgelos

Sout

vaste stof

opgelos

Etanol

vloeistof

opgelos (in oplossing met die water en sout)

Water

vloeistof

opgelos (in oplossing met die etanol en sout)

Noem die vaste stowwe wat nie in die mengsel sal oplos nie. Dit is die onopgeloste vaste stowwe.

Die sand en ystervylsels is onopgelos

Noem die opgeloste vaste stowwe in die mengsel.

Sout is die enigste opgeloste vaste stof.

Wat sal die beste metode wees om die onopgeloste vaste stowwe van die vloeistowwe in die mengsel te skei? Skryf die naam van die metode in blok 1 in die vloeidiagram.

Leerders moet in blok 1 FILTRERING skryf.

Skryf die name van die onopgeloste vaste stowwe in blok 2 van die vloeidiagram.

Leerders moet in blok 2 SAND en YSTERVYLSELS skryf.

Wat bly oor as die onopgeloste vaste stowwe uit die mengsel verwyder is? Skryf die name van hierdie verbindings in blok 3.

Leerders moet SOUT, ETANOL en WATER in blok 3 skryf.

Hoe kan ons die onopgeloste vaste stowwe skei? (Wenk: kyk na die vloeidiagram vir idees.) Skryf die naam van hierdie proses in blok 4.

Leerders moet MAGNETIESE SKEIDING in blok 4 skryf.

Skryf die name van die twee onopgeloste vaste stowwe in blokke 6 en 7.

Leerders moet YSTERVYLSELS in blok 6 en SAND IN BLOK 7 skryf.

Hoe kan ons die vloeistowwe skei van die opgeloste vaste stof? Ons sou hulle kon verdamp, maar dan is hulle verlore. Watter ander opsie is beskikbaar as ons die komponente in die oplossing wil skei? Skryf die naam van die proses in blok 5.

Leerders moet DISTILLERING in blok 5 skryf.

Watter vloeistof sal eerste distilleer? (Wenk: watter vloeistof het die laagste kookpunt?) Skryf die naam van hierdie vloeistof in blok 8.

Leerders moet ETANOL in blok 8 skryf.

Wat bly in die oplossing oor wanneer die eerste vloeistof verwyder is? Skryf die name van hierdie komponente in blok 9.

Leerders moet WATER en SOUT in blok 9 skryf.

Hoe kan ons die vloeistof skei van die opgeloste vaste stof? (Wenk: hierdie proses is dieselfde as die een in blok 7.) Skryf die naam van die proses in blok 10.

Leerders moet DISTILLERING in blok 10 skryf.

Skryf die name van die finale twee komponente in blokke 11 en 12.

Leerders moet in blok 11 WATER skryf en in blok 12 SOUT skryf.

Die voltooide vloeidiagram moet soos volg lyk:

Tot dusver het ons materiale, hulle eienskappe, hoe om hulle te meng en hulle te skei wanneer hulle gemeng word, bespreek. Die finale afdeling van hierdie hoofstuk gaan oor afvalstowwe en hoe ons hulle invloed op die omgewing kan beperk.

Die sortering en hergebruik van materiale

Met verloop van tyd word sommige van ons goed oud en dit breek en ons moet daarvan ontslae raak. Wanneer ons voedsel of ander items koop word die verpakkingsmateriaal ook weggegooi. Maar wat beteken 'weg'? Beteken dit die weggooigoed verdwyn eenvoudig? Waarheen dink jy gaan ons rommel as ons dit 'weggooi'?

Laat die leerders toe om 'n rukkie hieroor te gesels. Party sal weet dat rommel uiteindelik op 'n vullishoop êrens beland, en dit is 'n goeie beginpunt vir die volgende aktiwiteit wat sal vereis dat leerders dink oor die implikasies van storting.

Het jy al ooit gehoor van die die 'Groot Stille Oseaan Rommelhoop'? Miljoene ton plastiekrommel beland uiteindelik in die oseaan, en bly daar.

Wat gebeur as ons dinge weggooi?

INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe van 3 tot 4.
  2. Bestee 5 minute in jou groep om die plakkate te bespreek en te oordink wat hulle beteken.

VRAE:

'Daar is geen weg' nie en 'Daar is nie 'n planeet B nie' verwys na dieselfde saak, naamlik dat alles wat ons weggooi deel bly van die omgewing. Ons behoort besig te wees om te dink aan maniere om ons afval te herintegreer deur dit deel te maak van die omgewing op maniere wat nie die omgewing sal skaad nie; hergebruik, hersirkulering en die heraanwending van materiale op kreatiewe en innoverende maniere. 'Daar is nie 'n planeet B nie' is ook 'n woordspeling wat verwys na die welbekende idee van 'n 'Plan B' waarop ons kan terugval as die oorspronklike plan (plan A) nie werk nie.

Skryf 'n paragraaf om die boodskappe op die plakkate te verduidelik. Wat dink jy beteken hulle?

Leerderafhanklike antwoord

Dink jy dit is moontlik om heeltemal op te hou om goed weg te gooi?

Baie dinge kan hergebruik of hersirkuleer word. Baie van die afval wat nie hersirkuleerbaar is nie kan in kompos vir tuine omgesit word. Leerders het waarskynik interessante opinies oor die vraagstuk, en hopelik sal dit hulle laat nadink oor kreatiewe maniere van afval hergebruik en heraanwending.

Kan jy aan maniere dink om die hoeveelheid gemors wat in jou huis weggegooi word minder te maak?

Leerderafhanklike antwoord. Leerders moet probeer om te dink aan voorstelle wat sentreer om hergebruik, hersirkulering en heraanwending.

'n Opsionele addisionele aktiwiteit vir hierdie afdeling is om aan die leerders kans te gee om te besluit hoe swak afvalbestuurstegnieke die omgewing beïnvloed.

Vir hierdie aktiwiteit moet leerders materiale gebruik wat normaalweg tuis in die vullisdrom sal beland (ontbytkosdose, karton, plastiek-verpakkingstof, ens.). Daarvan moet hulle 'n plakkaat maak wat 'n bewusmaking sal wees van die omgewingsprobleem wat hulle die meeste hinder. Die plakkaat moet ook wenke bevat om die probleem op te los. Hier is 'n paar voorstelle, maar dis nodig om net een te kies:

  • Brandende sigaretstompies kan veldbrande veroorsaak.
  • Stukkende glasbottels kan brande veroorsaak.
  • Weggooi plastiekstowwe kan diere verstrik.
  • Weggooi plastiek besoedel riviere en ander natuurlike habitats.
  • Afval veroorsaak gesondheidsgevare en versprei siektes.
  • Grond word vermors wanneer dit gebruik word om vullis te stort of te begrawe (opvulling).
  • Materiale en ander hulpbronne word vermors as dit hersirkuleer kon word.

Wanneer leerders hulle plakkate gemaak het, kan dit in die klaskamer opgestel word en hulle kan daaroor 'n kort verslag lewer. Dit is ook moontlik om hierdie 'n groepaktiwiteit te maak.

Hoe word huishoudelike afvalstowwe deur plaaslike owerhede hanteer?

In sommige voorstede word hersirkulering aktief aangemoedig en spesiale deursigtige hersirkuleringsakke word vir die doel voorsien. Is daar in jou gemeenskap hersirkulering? Word die hersirkuleerbare afval by jou huis opgelaai of moet jy dit by 'n houer of depot besorg? Het jy geweet dat party mense selfs uit hersirkuleerbare afval geldmaak deur dit te verkoop?

Weet jy watter materiale in huishoudelike afval hersirkuleer kan word? Wat is die vier belangrikste kategorieë?


Stel aan jou leerders hierdie vraag voordat aanbeweeg word na die volgende afdeling waar dit bespreek sal word. Die antwoorde is:

  • papier en karton
  • glas
  • metaal (blikkies en blikhouers)
  • plastiekstowwe

Items waarvan met omsigtigheid ontslae geraak moet word en nie saam met gewone vullis nie, is batterye en buisligte.

http://www.flickr.com/photos/epsos/5575089139/
Het jy al helderkleurige dromme, soos die by jou skool en in inkopiesentrums gesien? Hulle is bedoel vir hersirkulering. http://www.flickr.com/photos/epsos/5575089139/
As jy ooit van voorwerpe soos batterye en buisligte moet ontslae raak, maak seker dat jy die regte hersirkuleringsdrom gebruik.

Hier is 'n addisionele, opsionele aktiwiteit wat jy aan leerders kan opdra as 'n huiswerktaak.

Aktiwiteit: Ander dinge wat ons weggooi

In hierdie kort aktiwiteit gaan ons dink aan kreatiewe maniere om te handel met huishoudelike afval wat nie pas in die 4 kategorieë hierbo genoem nie. Vir elke item in die tabel word sommige hersirkuleringsvoorstelle gegee.

Kan jy aan beter voorstelle dink wat by die tabel gevoeg kan word? Bespreek dit in 'n groep en skryf hulle in die tabel in.

Item

Hersirkuleringsvoorstel

Tuinafval en ander organiese afval soos groenteskille en voedsel wat sleg geword het.

  • Hierdie items kan in kompos omgesit word.
  • Gekookte kos, vleis of vis wat sleg geword het en bene moet verkieslik begrawe word omdat hulle vlieë en ander peste kan lok. Op hierdie manier kan hulle ondergronds ontbind en voedingstowwe verskaf aan groeiende plante in die tuin.

Ou klere en ander tekstielitems; ou skoene.

  • Klere, skoene, gordyne en komberse wat nog bruikbaar is kan aan skuilings vir dakloses geskenk word.
  • Klere wat te geslyt is kan omskep word in lappe vir motor- of vensterwasdoeleindes.
  • Ou truie kan in komberse of ander items omskep word.

Ou en vervalde medisynes

  • Medisyne wat oud is of verval het moet nooit gebruik word nie. Dit moet oorhandig word aan jou naaste kliniek of apteek, wat weet hoe om dit te vernietig.

Loopbane in chemie

Nooi 'n chemikus/wetenskaplike Weet jy van iemand wat 'n chemikus of chemiese ingenieur is? Miskien woon jy naby 'n universiteit? Indien wel, kan jy 'n chemikus nooi om by jou klas te kom praat oor die werk van 'n chemikus. Of jy kan 'n chemikus by sy werkplek besoek en vra om rondgewys te word. Jy kan leerders vra om vooraf 'n paar vrae op te stel, byvoorbeeld, te vra oor sy werk, sy opleiding en wat die kwaliteite is wat nodig is om 'n chemikus te word. Onthou om eers 'n afspraak te maak!

Hierdie aktiwiteit kan in 'n klein groepprojek omskep word en van leerders kan verwag word om 'n kort verslag te skryf oor die inligting wat hulle versamel het.

Weet jy wat chemici doen? Kom ons ontdek die moontlikhede van chemie!

Chemici bestudeer verskeie chemiese elemente en verbindings, hulle eienskappe en hoe hulle met mekaar reageer. Ons sal in die volgende hoofstuk leer oor elemente en verbindings. Chemici is ook daarvoor verantwoordelik om nuwe materiale met spesifieke eienskappe te ontwikkel, soos nuwe medisynes, innoverende materiale vir die oprig van geboue en ander strukture, materiale wat gebruik kan word vir die vervaardiging van brandstowwe uit hernubare bronne en baie ander aktiwiteite.

As jy naskools chemie bestudeer kan jy werk as 'n navorser, 'n laboratoriumtegnikus, 'n wetenskaponderwyser en baie ander belangrike en stimulerende beroepe! Wees nuuskierig en ontdek die moontlikhede! Die wetenskap kan ons help om probleme in die wêreld om ons op te los.

Loopbaan-navorsingstaak

Hierdie is nie vir assesseringsdoeleindes nie en is daarop gemik om leerders te kry om te begin dink oor moontlikhede vir hulle toekoms. Die klem moet val op die ontdekking van die moontlikhede wat die wetenskap, tegnologie, wiskunde en ingenieurswese bied, nie alleen werkmoontlikhed nie, maar om dit aan te wend om die wêreld se probleme op te los.

INSTRUKSIES:

  1. Onder is 'n lys van verskillende loopbane wat almal op een of ander manier chemie benut. Kyk na die lys en kies dan een wat jou die meeste interesseer.
  2. Voer 'n internet soektog uit om vas te stel wat die loopbaan behels.
  3. Beskryf kortliks die loopbaan. Stel vas watter vlak van chemiekennis jy vir die bepaalde loopbaan sal moet hê.
  4. Daar is baie ander loopbane buiten dit wat hier gelys is wat op die een of ander manier van chemie gebruik maak. As jy dus weet van iets wat nie hier gelys is nie en wat jou interesseer, volg jou nuuskierigheidsdrang en ontdek die moontlikhede!

Sommige loopbane wat chemie behels

  • Chemie-opleiding/onderrig
  • Chemiese navorser
  • Omgewingschemie
  • Mynindustrie
  • Olie- en petroleumindustrie
  • Farmaseutiese- en medisyne-ondersoeke
  • Ruimte-eksplorasie
  • Afvalbestuur

Jou beskrywing van die loopbaan wat jou interesseer:






Opsomming

  • 'n Mengsel bestaan uit twee of meer komponente wat verskillende fisiese eienskappe het.
  • Die komponente in 'n mengsel is nie chemies verbind nie; hulle verander nie hulle chemiese kenmerke nie en behou ook hulle fisiese eienskappe.
  • Wanneer ons 'n mengsel wil skei kan ons die verskille in die fisiese eienskappe van die komponente van die mengsel gebruik om hulle van mekaar te skei.
  • Handsortering is 'n geskikte skeidingsmetode vir 'n mengsel wat 'n relatief klein aantal items bevat.
  • Sifting is 'n geskikte metode wanneer die deeltjies wat geskei moet word verskillende groottes het.
  • Filtrering is 'n goeie metode om 'n onopgeloste vaste stof te skei van 'n vloeistof.
  • Komponente met verskillende magnetiese eienskappe kan geskei word deur magnetiese skeiding.
  • Verdamping is 'n geskikte metode om 'n vloeistof te skei van 'n vaste stof.
  • Distillering is 'n geskikte metode om twee vloeistowwe met verskillende kookpunte te skei.
  • Chromatografie is 'n goeie metode om gekleurde pigmente van mekaar te skei.
  • Die opruiming van afval moet op verantwoordelike manier gedoen word sodat die negatiewe invloed op die omgewing so klein as moontlik is.
  • Metale, plastieke papier en glas kan hersirkuleer word.
  • Organiese afval kan omskep word in kompos.
  • Verantwoordelike afval-opruiming is almal se verantwoordelikheid, maar word gewoonlik deur die plaaslike outoriteite bestuur, wat beskik oor stelsels vir sortering en hersirkulering van afval.
  • Swak afvalbestuur lei tot negatiewe gevolge vir mense, diere en die omgewing. Sommige hiervan is:
    • besoedeling van die grond, waterbronne en die omgewing:
    • gesondheidsgevare en die verspreiding van siektes:
    • verstopping van rioolstelsels en dreiningstelsels;
    • grond wat vermors word wanneer dit gebruik word vir die storting of begrawing van afval (opvulling); en
    • materiale en ander hulpbronne wat vermors word wanneer dit hersirkuleer sou kon word.

Konsepkaart

Ons het gekyk na fisiese metodes om mengsels te skei en hulle word in die konsepdiagram aangedui. Gee 'n voorbeeld van die mengseltipes wat jy kan skei deur drie van die metodes te gebruik. Watter negatiewe gevolge het menslike afval op die omgewing? Vul hulle in die diagram in.

Onderwyser se weergawe

Hersieningsvrae

In die volgende paragraaf is twee belangrike woorde uitgelaat. Die woorde is chemiese en fisiese. Herskryf die sinne en vul die ontbrekende woorde in die paragraaf deur hulle op die regte plek te plaas:

Die komponente in 'n mengsel het geen _____ verandering ondergaan nie. Hulle het steeds dieselfde eienskappe as voor die mengproses. Dit is waarom mengsels geskei kan word deur gebruik te maak van _____ metodes.

Die komponente in 'n mengsel het geen chemiese ondergaan nie. Hulle het steeds dieselfde eienskappe as voor die mengproses. Dit is waarom mengsels geskei kan word deur gebruik te maak van fisiese metodes.

In die diagram hieronder is ystervylsels met swawel gemeng. Skryf 'n kort paragraaf (2 sinne) om te verduidelik hoe die mengsel geskei kan word deur die gebruik van magnetiese skeiding. [2 punte]





Leerders se antwoord moet die volgende elemente bevat:

  • Ystervylsels word deur die magneet aangetrek, maar swawel nie.
  • As die magneet in die mengsel gehou word sal die ystervylsels aan die magneet kleef, maar die swawel sal agterbly in die bakkie.

'n Stofsuier skep 'n suspensie van stof in lug terwyl dit die stof op die vloer insuig. Skoon lug verlaat die stofsuier. Hoe skei die stofsuier die stof van die lug? [2 punte]

Die stofsuier het binne-in 'n fyn filter wat die stofdeeltjies vasvang. Die skoon lug kan deur die filter beweeg, maar die stof bly agter. Sommige moderne stofsuiers filtreer ook die lug deur water, wat die lug verder suiwer. Party baie fyn stofdeeltjies is in staat om deur die filter te gaan, maar as die lug dan deur die water gaan, word selfs die baie fyn stofdeeltjies vasgevang.

Skryf 'n kort paragraaf (3 sinne) om te verduidelik hoe sout uit seewater geproduseer word. [3 punte]

Leerders se antwoord moet die volgende elemente bevat:

  • Seewater word toegelaat om in vlak panne te staan.
  • Sonlig verhit die water en dit verdamp.
  • Vaste sout bly agter wat dan gedroog, verpak en verkoop kan word.

Kies die regte woord uit die volgende lys om die sin te voltooi: kleure, kookpunte, smake. Skryf die woord hieronder.

Veronderstel ons wil twee vloeistowwe skei deur distillering as skeidingsmetode te gebruik. Dit sal net moontlik wees as die twee vloeistowwe verskillende ... het. [1 punt]


kookpunte

  1. Die diagram onder toon 'n strokiechromatogram wat van 'n kolletjie swart ink gemaak is. Die strokie links toon die chromatogram aan die begin van die eksperiment, die strokie in die middel toon die chromatogram halfpad deur die eksperiment, en die strokie regs toon die chromatogram aan die einde van die eksperiment.
    Uit hoeveel verskillende pigmente bestaan die swart ink? Verduidelik jou antwoord. [1 punt]

    Drie verskillende kleurbande beteken daar is (ten minste) drie verskillende pigmente in die ink.

    Watter pigment beweeg teen die hoogste spoed teen die papier op? Rangskik die pigmente in die orde van toenemende spoed van beweging. [2punte]

    Die blou pigment beweeg die vinnigste. Gerangskik in die orde van groter spoed (van stadigste tot vinnigste bewegende pigment): geel, dan pienk, dan blou.

Die tabel onder bevat 'n lys van mengsels. In die regterkantse kolom, langs elke mengsel, skryf die beste skeidingsmetode om die mengsel in sy komponente te skei. [8 punte]

Mengsel

Skeidingsmetode

Sout en water

Sand en ystervylsels

Sand en water

Kleurpigmente in ink

Klippe en sand

Etanol en water

Lemoene en appels

Suiker en ystervylsels

Mengsel

Skeidingsmetode

Sout en water

Distillering of verdamping

Sand en ystervylsels

Magnetiese skeiding

Sand en water

Filtrering

Kleurpigmente in ink

Chromatografie

Klippe en sand

Sifting

Etanol en water

Distillasie

Lemoene en appels

Handsortering

Suiker en ystervylsels

Magnetiese skeiding

Eksperimentele opstelling vir distillasie

Glas, metaal, plastiek, papier.

Skryf elke keer in een sin hoe jy in die volgende gevalle sou ontslae raak van die nie-hersirkuleerbare materiaal: Groenteskille; ou drafskoene; medisyne wat verval het. [3 punte]

Groenteskille kan in die tuin begrawe word of gebruik word om kompos te maak.

Ou drafskoene kan geskenk word aan 'n behoeftige persoon, of aan 'n skuiling.

Medisyne wat verval het, moet na 'n apteek geneem word.

TOTAAL: 27 punte