Kwartaal hersiening en assessering

Hersiening

Moenie ’n sakrekenaar vir enige van die vrae in hierdie afdeling gebruik nie, tensy daar vir jou gesê word dat jy dit mag gebruik. Wys al jou stappe van berekening.

Breuke

  1. Bereken die volgende:

    1. \(3\frac{2}{5} + 2\frac{4}{5}\)
    2. \(4\frac{1}{3} - 3\frac{5}{6}\)
    3. \(\frac{13}{4} - \frac{4}{3}\) (gee jou antwoord as ’n gemengde getal)
    4. \(2\frac{1}{3} \times 1\frac{1}{14}\)
  2. Driekwart van ’n getal is 63. Wat is die getal?


  3. Skryf al die breuke in hierdie lys neer wat kleiner as een agtste is: \( \frac{2}{8}; \frac{1}{7}; \frac{1}{9}; \frac{2}{17}\)


  4. Laerskool Klipheuwel se o.-13A sokkerspan het ’n goeie seisoen gehad en vyf sesdes van hulle wedstryde gewen. As die span daardie seisoen 12 wedstryde gespeel het, hoeveel het hulle verloor ?


  5. Skryf langs elke getallery of dit stygend, dalend of nie een van die twee is nie:

    1. \(\frac{1}{3}; \frac{1}{4}; \frac{1}{5}\)
    2. \(\frac{1}{3}; \frac{2}{6}; \frac{3}{9}\)
    3. \(\frac{1}{6}; \frac{2}{7}; \frac{3}{8}\)
    4. \(\frac{4}{3}; \frac{5}{4}; \frac{6}{5}\)
  6. ’n Meningsopname onder 80 Graad 7-leerders het getoon dat 60% van die leerders Justin Bieber as die beste sanger beskou. Hoeveel leerders dink hy is die beste sanger?


  7. Moeketsi het R450 ingesamel van die R3 000 wat sy klas altesaam vir die liefdadigheidsorganisasie ABC for Life ingesamel het. Watter persentasie van die totaal het Moeketsi ingesamel?


  8. Best Wear het ’n uitverkoping op al hulle rokke gehad. Wat was die persentasie- afname in die prys van ’n rok wat voorheen R600 gekos het, maar vir R480 op uitverkoping was?


Die desimale notasie vir breuke

  1. Herrangskik die volgende getalle van die kleinste tot die grootste:

    1. 0,04; \(\frac{4}{10}\); 14%; 0,4%


    2. 0,798; 0,789; 0,8; 0,79


  2. Wat is die waarde van die 7 in 4,5678? Skryf jou antwoord as ’n gewone breuk.


  3. Vul die ontbrekende getalle in die blokkies in.

    1. Maths_English_LG_gr7_term2-web-resources/image/Maths-Gr7-Eng-Term2-p252-img1.png
    2. \(9,123; 9,121; ☐; 9,117; ...\)
  4. Verbind al die getallepare wat 1 as antwoord gee as hulle met mekaar vermenigvuldig word. Die eerste een is vir jou gedoen. Let op dat jy nie al die getalle aan die regterkant sal gebruik nie.

    84850.png 

  5. Bereken die volgende:

    1. \(5,673 - 3,597\)
    2. \(4,85 \times 1,2\)
    3. \(4,825 \div 5\)
  6. ’n Gedeelte van elke figuur hier onder is ingekleur. Druk die gedeelte uit as ’n gewone breuk (in eenvoudigste vorm), as ’n desimale getal en as ’n persentasie.

    1. 84476.png
    2. 84485.png

Verbande tussen veranderlikes

    1. Hier is ’n getallery: 1; 4; 10; 22; ______; ______

      Die reël wat gebruik word om die getallery uit te brei is “vermenigvuldig met 2, tel dan 2 by”. Skryf die volgende twee getalle in die getallery neer.

    2. Hier is nog ’n getallery: 100; 50; 25; ______

      Skryf die reël van hierdie getallery in woorde neer.


  1. Gebruik die gegewe reël om die ontbrekende waardes te bereken en/of bepaal die reël:

    1. 88472.png
    2. 95313.png.png
    3. 88499.png
    4. Maths_English_LG_gr7_term2-web-resources/image/Maths-grd7-Afrikaans.png
    1. Daar is ’n eenvoudige verband (vermenigvuldig met ...) tussen die \(y\) waardes en die \(x\) waardes in die tabel. Bepaal dit en vul dan die ontbrekende waardes in.

      \(x\)

      0,1

      0,3

      0,6

      2,5

      3,2

      \(y\)

      4

      12

      24

      164

    2. Skryf die reël wat die verband tussen die \(x\) waardes en \(y\) waardes beskryf in woorde neer.


    1. Daar is ’n eenvoudige verband (tel ... by) tussen die \(x\) waardes en die \(y\) waardes in die tabel hier onder. Bepaal die verband en vul dan die ontbrekende waardes in die tabel in.

      \(x\)

      \(\frac{1}{3}\)

      \(\frac{5}{3}\)

      \(\frac{7}{3}\)

      \(9\frac{2}{3}\)

      \(\frac{5}{6}\)

      \(\frac{3}{4}\)

      \(y\)

      \(\frac{2}{3}\)

      2

      \(\frac{8}{3}\)

      15

      \(\frac{13}{12}\)

    2. Skryf die reël waarvolgens die ontbrekende \(x\) en \(y\) waardes bereken kan word in woorde.


  2. Die reël wat gebruik word om die verband tussen die \(x\) waardes en \(y\) waardes in die tabel te beskryf, is “verdubbel die \(x\) en trek dan 2 af”. Gebruik die reël om die ontbrekende waardes in die tabel te bepaal en vul hulle in

    \(x\)

    4

    8

    12

    15

    \(y\)

    6

    14

    42

    100

Omtrek en oppervlakte van

    1. ’n Reghoek se oppervlakte is 48 cm2 en sy lengte 8 cm. Wat is sy breedte?


    2. ’n Ander reghoek het ’n oppervlakte van 72 cm2, en is twee keer so lank as wat dit breed is. Bepaal die afmetings van hierdie reghoek.


    3. ’n Driehoek het ’n basis van 10 cm en ’n oppervlakte van 20 cm2. Wat is die hoogte van die driehoek?


    4. Wat is die lengte van die sy van ’n vierkant met ’n oppervlakte van 144 cm2?


  1. ’n Gelyksydige driehoek met sye van 8,4 cm en ’n vierkant het dieselfde omtrek. Bepaal die lengte van die sy van die vierkant.


  2. Bereken die oppervlakte van die grys gekleurde figure.

    1. DEFG is ’n reghoek. Die afmetings van die sye is aangedui.

      88128.png

    2. ABCD is ’n reghoek. AB = 5 cm en FC = 2 cm. Gee jou antwoord in vierkante millimeter. (Jy mag ’n sakrekenaar gebruik in hierdie vraag.)

      83932.png

  3. Die diagram toon meneer en mevrou Mbuli se tuin, nie volgens skaal nie . Daar is ’n struikheining rondom die tuin, behalwe daar waar die 2 meter wye hek is (van A tot B). Die ingekleurde oppervlakte is ’n grasperk. Die res het bome, struike, ens.

    Garden Dream het die Mbuli’s R5 per vierkante meter gekwoteer om hulle grasperk te sny en R10 per meter om hulle heining te snoei. BTW is by hierdie pryse ingesluit. Wat was die totale bedrag wat Garden Dream gekwoteer het?

    83914.png

Buite-oppervlakte en volume van

  1. ’n Vistenk se binne-afmetings is \(1,2 \text{ m} \times 60\text{ cm} \times 70 \text{ cm}\) Hoeveel liter water sal die vistenk hou as dit tot oorlopens toe vol is?


  2. ’n Reghoekige prisma het ’n lengte van 4 cm, ’n breedte van 10 cm en ’n volume van 240 cm3. Wat is die hoogte van die prisma?


  3. ’n Reghoekige prisma het ’n bepaalde volume. Watter van die volgende sal die volume van die prisma verdubbel? Merk die korrekte antwoord(e).

    ☐ Verdubbeling van al die afmetings

    ☐ Verdubbeling van slegs die lengte

    ☐ Verdubbeling van die lengte en die breedte, en halvering van die hoogte

    ☐ Verdubbeling van die lengte, halvering van die breedte maar die hoogte bly onveranderd

  4. Kyk na hierdie diagram van ’n reghoekige prisma wat uit 16 kubusse bestaan.

    83895.png 

    Teken op dieselfde rooster twee verskillende reghoekige prismas met dieselfde volume as die een wat hier gewys word.

  5. Die totale buite-oppervlakte van ’n kubus is 150 cm2. Bepaal die kubus se volume.


  6. Die volume van ’n kubus is 64 cm3. Bepaal die kubus se totale buite-oppervlakte.


  7. Om water te bespaar wanneer die toilet gespoel word, het mev. Patel ’n baksteen in die spoelbak gesit. Die binne-afmetings van die spoelbak is 30 cm \( \times\) 30 cm \(\times\) 10 cm, en die baksteen saam met ander interne meganismes het ’n volume van 1 000 cm3.

    1. Bereken hoeveel liter water die spoelbak hou as die water tot 5 cm onder die bokant van die spoelbak opvul.


    2. Gestel die Patel-gesin spoel die toilet ’n gemiddeld van 12 keer per dag. Gebruik jou sakrekenaar om te bepaal hoeveel kiloliter water hulle op hierdie manier in een jaar sal gebruik.


  8. Njabulo wil die buitekant van ’n houtkis, wat in die vorm van ’n reghoekige prisma is, vernis. Die onderkant van die kis hoef nie vernis te word nie want dit is op die grond. Die kis is 1,5 m lank, 50 cm breed en 80 cm hoog. Bepaal, in vierkante meter, die totale buite-oppervlakte wat vernis moet word.


  9. Die diagram toon die net van ’n reghoekige prisma wat op ’n rooster geteken is. As elke blokkie op die rooster ’n vierkant met ’n sylengte van 1 eenheid is, bereken:

    1. Die totale buite-oppervlakte van die prisma


    2. Die volume van die prisma


      83814.png

Assessering

In hierdie afdeling dui die getalle tussen hakies aan die einde van ’n vraag aan hoeveel punte die vraag werd is. Gebruik hierdie inligting om jou te help besluit hoeveel werk nodig is by elke vraag.

Die totale getal punte wat aan hierdie assessering toegeken word, is 60.

Let wel: Moenie jou sakrekenaar gebruik nie!

  1. \(\frac{1}{4}\) is die helfte van \(x\). Wat is die waarde van \(x\)?


  2. Die diagram toon ’n vierkant wat uit blokkies bestaan. Agt van hierdie blokkies is ingekleur. Beskryf die ingekleurde gedeelte met ’n breuk, in sy eenvoudigste vorm.

    83752.png

  3. Bereken die volgende:

    1. \(2\frac{2}{3} \times 1\frac{1}{2}\)
    2. \(\frac{13}{10} - \frac{5}{8}\)
  4. Mevrou Baker het ’n koek gebak. ’n Paar dames het by haar kom tee drink en hulle het die helfte van die koek geëet. Haar seun John het ’n kwart van die res van die koek geëet. Watter breukdeel van die koek is oor?


  5. As die petrolprys oor die afgelope 2 jaar van R8 per liter tot R12 per liter gestyg het, met hoeveel persent het dit gestyg?


  6. Die Cupido’s het getrek. Tydens die trek het 5% van hulle breekware gebreek. Hulle het 57 ongebreekte stukke breekware oor. Hoeveel stukke het tydens die trek gebreek?


  7. \(\frac{15}{400} = 0.0375; \frac{17}{400} = 0.0425; \frac{19}{400} = 0.0475\)

    Gebruik die inligting hier bo om die desimale ekwivalente van die volgende breuke neer te skryf :

    1. \(\frac{21}{400}=\)
    2. \(\frac{22}{400}=\)
    3. \(\frac{13}{400}=\)
  8. Vermenigvuldig 56,76147 met 100 en rond jou antwoord tot twee desimale plekke af.


  9. Buti gaan winkel toe en koop twee koeldranke teen R7,50 elk en drie pakkies skyfies teen R5,95 elk. Hoeveel kleingeld moet hy kry as hy met ’n R50-noot betaal?


  10. Laerskool Grace se 7A-klas samel geld in vir drie liefdadigheidsorganisasies. As die totaal wat hulle ingesamel het R823,80 is en die geld in gelyke dele aan die drie organisasies toegeken word, hoeveel sal elke organisasie ontvang?


  11. Gebruik die gegewe reël om die ontbrekende waardes te bereken:

    86372.png 

    1. Daar is ’n eenvoudige verband (tel ... by) tussen die waardes van \(x\) en dié van \(y\). Bepaal die verband en skryf dan die ontbrekende waardes in die tabel neer.

      \(x\)

      0,15

      0,76

      0,99

      1,71

      \(y\)

      1,4

      2,01

      2,24

      18,93

    2. Skryf die reël waarvolgens die ontbrekende \(x\) en \(y\) waardes bereken kan word in woorde.


  12. Die totale oppervlakte van die reghoek is 112 cm2. Bepaal die lengtes van \(a\) en \(b\).

    83399.png

  13. Die figuur hier onder is ’n reghoek, met afmetings soos gewys. ’n Vierkant het dieselfde omtrek as hierdie reghoek. Hoe lank is een sy van die vierkant?

    83391.png

  14. Die diagram wys ’n reghoek wat in ’n driehoek en ’n trapesium verdeel is. Bereken die ingekleurde oppervlakte en gee jou antwoord in mm2.

    83382.png

  15. Die lengte en breedte van ’n reghoek word verdubbel.

    1. Merk die stelling wat korrek is:

      ☐ Die omtrek van die reghoek bly dieselfde.

      ☐ Die omtrek van die reghoek verdubbel.

      ☐ Die omtrek van die reghoek neem toe maar dit is nie moontlik om te sê presies met hoeveel nie.

    2. Merk die stelling wat korrek is:

      ☐ Die oppervlakte van die reghoek bly dieselfde.

      ☐ Die oppervlakte van die reghoek verdubbel.

      ☐ Die oppervlakte van die reghoek verdrievoudig.

      ☐ Die oppervlakte van die reghoek verviervoudig.

    3. Verduidelik jou antwoord op vraag (b).


  16. ’n Reghoekige prisma het ’n volume van cm3. Skryf vier moontlike afmetings wat die prisma kan hê in die tabel neer. Een moontlike kombinasie is reeds gedoen. Nota: moenie byvoorbeeld ’n prisma met lengte 6 cm, en hoogte en breedte 2 cm as anders beskou nie.

    Length

    Breedte

    Hoogte

    2 cm

    2 cm

    6 cm

  17. Die binnekant van ’n motor se kattebak het die vorm van ’n reghoekige prisma, met lengte 1,2 m, breedte 70 cm en diepte 40 cm. Bepaal die kapasiteit van die kattebak in liter.


  18. Die volume van ’n kubus is 27 cm3. Bepaal die buite-oppervlakte van die kubus.


  19. Die lengte en breedte van ’n reghoekige prisma is albei 4 cm, en die volume is 48 cm3. Bepaal die hoogte van die prisma.


  20. Kyk na hierdie net:

    83291.png 

    1. Wat is die naam van die 3D-voorwerp wat gevorm word as hierdie net gevou word?


    2. Watter hoek sal aan A raak wanneer die net gevou word om die 3D-voorwerp te vorm: B, C of D?