Mini-pat: verminder, hergebruik en herwin: werk met plastiek

In hierdie Mini-PAT gaan jy ’n bruikbare nuwe produk van plastiekbottels ontwerp en maak. Jy gaan eers kyk hoe plastiek in ons alledaagse lewens gebruik word.

Jy gaan slegs individuele werk in hierdie Mini-PAT doen.

Tech2_gr9_ch11_fig1a.tif
Figuur 1: Verbeter jou omgewing deur afval op te tel en te sorteer

Verminder, hergebruik, herwin

In graad 8, kwartaal 4 het jy geleer dat die omgewing al hoe meer beskadig word soos wat meer produkte gemaak en weggegooi word. Jy het geleer dat afval gevorm word om nuwe produkte te maak en dat hierdie produkte self afval word wanneer hulle weggegooi word. Jy kan die negatiewe impak van hierdie praktyke op die omgewing op verskillende maniere verminder.

Eerstens kan jy minder produkte koop, wat beteken dat jy jou verbruik verminder.

Tweedens kan jy sommige produkte oor en oor gebruik sodat jy nie aanhoudend nuut moet koop nie. Dit beteken dat jy produkte hergebruik. Jy kan ook dinge hergebruik vir ’n heel ander doel as waarvoor dit oorspronklik bedoel is. Byvoorbeeld, baie mense gebruik ou warmwatertenks (geisers) of oliedromme om “braai-skottels” mee te maak. Hierin kan hulle dan vuur maak en kos buite gaarmaak.

Tech2_gr9_ch11_fig2.tif
Figuur 2: ’n Braai-skottel wat gemaak is van ’n ou oliedrom wat in die helfte deurgesny is

Maar wat gebeur wanneer iets wat jy besit stukkend raak of wanneer jy nie meer ’n doel daarvoor het nie? Dan moet jy dit weggooi. Gelukkig is daar ’n slim manier om dinge weg te gooi deur verskillende tipes afval te skei.

Byvoorbeeld, wanneer jy en jou familie al julle plastiekafval apart hou en dit herwin. Dit word dan na ’n herwinningsfabriek geneem, waar nuwe plastiek goedere van die ou plastiek gemaak word. By die herwinningsfabriek word die ou plastiek gewas en in baie klein stukkies opgesny.

Dit word gesmelt en “gegiet” in die vorm van “korrels”. Hierdie korrels kan gebruik word as die roumateriaal waarvan nuwe plastiek produkte gemaak word.

Jy het in die vorige hoofstuk geleer hoe plastiekkorrels in nuwe vorme gegiet word.

Week 1

Plastiek is maklik om in gekompliseerde vorms in te giet: dit verroes nie, het ’n hoë elektriese weerstand, is sterk en kan in verskillende kleure gemaak word.

Plastiek in die klaskamer en by die huis (60 minute)

1. Kyk om jou rond, op jou tafel, jou klere en in jou skooltas. Maak ’n lys van al die dinge wat jy sien wat van plastiek gemaak is. Skryf ook neer of dit van ’n harde of ’n sagte, ’n dik of ’n dun of geweefde stuk plastiek gemaak is.

Plastiese item

Hard of sag

Dik of dun of geweef

2. Die tabel hieronder lys die verskillende dinge wat jy in ’n huis sal sien. Skryf “ja” of “nee” langs die item neer om aan te dui of dit van plastiek gemaak is of nie.

vloerteëls

dakplate

kussings

vensters

vensterrame

verf

stoel rugleunings

ligte

bottels van wasseep

sponse

die buitekant van ’n TV of ’n radio


3. Kyk na die illustrasies van die huishoudeliketoestelle hieronder. Die pyle wys na verskillende dele van die toestelle, en byskrifte word gegee om die verskillende dele van die toestelle te beskryf. Skryf ’n “P” onder elke byskrif vir ’n deel wat van plastiek gemaak is.

Tech2_gr9_ch11_fig3_NoAnswers_LB.tif
3: Verskillende dele van tipiese huishoudelike toestelle

4. Baie jare gelede was motors baie swaar omdat die meeste van hulle onderdele van staal, gietyster en selfs hout gemaak was. Deesdae is motors baie ligter en daarom gebruik hulle baie minder petrol per kilometer. Een manier wat gebruik is om motors ligter te maak, was om plastiek in plaas van metaal te gebruik.

Kyk na die illustrasies van die binne- en buitekant van die motor hieronder. Die pyle wys na die verskillende dele en byskrifte is gegee om hierdie dele te beskryf. Skryf ’n “P” onder elke byskrif vir die dele wat van plastiek gemaak is.

Tech2_gr9_ch11_fig4_NoAnswers_LB-2.tif
Figuur 4: Verskillende dele van ’n motor

5. Hoe kan jy toets om te sien of ’n materiaal plastiek of metaal is? Wenke: Dink aan hardheid, sterkte, magnetisme, klank, hitte en vuur.


Veiligheidwaarskuwing:

Brandende plastiek kan ’n brand laat uitbreek en stel ook giftige gasse vry. Gesmelte plastiek kan ernstige brandwonde veroorsaak.


Verskillende scenario’s vir die hergebruik van plastiekbottels (30 minute)

Op die volgende bladsye word jy foto’s gewys van vier scenario’s waar nuwe produkte van ou plastiekbottels gemaak word.

Elkeen van hierdie produkte los ’n sekere probleem op. Dit bevredig of spreek met ander woorde ’n sekere behoefte aan. Beantwoord die vrae oor die probleem of behoefte wat in elke scenario gewys word. Kies dan een van die scenario’s vir die produk wat jy gaan ontwerp en maak.

Scenario A

Tech2_gr9_ch11_fig5.tif
Figuur 5

1. Wat is die doel van die produk (½)


2. Hoe verminder dit die hoeveelheid werk wat iemand moet doen? (½)


Scenario B

Tech2_gr9_ch11_fig6.tif
Figuur 6

3. Wat is die doel van die produk? (½)


4. Kan hierdie produk jou laat geld spaar? Hoe? (½)


Scenario C

Tech2_gr9_ch11_fig7.tif
Figuur 7

5. Wat is die doel van hierdie produk? (½)


6. Kan hierdie produk jou geld laat spaar? Hoe? (½)


Scenario D

Tech2_gr9_ch11_fig8.tif
Figuur 8

7. Wat is die doel van hierdie produkte? (½)


8. Kan hierdie produk jou help om geld te spaar? Hoe? (½)


Totaal [4]

Ontwerpopdrag vir die scenario wat jy gekies het (30 minute)

Beantwoord die volgende vrae om jou te help om die spesifikasies en beperkings van die scenario wat jy gekies het, te bepaal.

1. Gee ’n beskrywing van die produk wat jy gaan maak. (1)


2. Beantwoord die volgende vrae om die spesifikasies van jou ontwerp te identifiseer:

(a) Wat is die doel van jou produk? (½)


(b) Moet jou produk sommige dinge buite hou en sommige dinge binne hou? Wat moet jou produk binne hou en wat moet dit buite hou? (½)


(c) Moet jou produk op ’n manier ondersteun word om regop te bly? Hoe? (½)

3. Beantwoord die volgende vrae om die beperkings van jou ontwerp te identifiseer:

(a) Maak ’n lys van al die materiale wat jy gaan benodig. (½)


(b) Maak ’n lys van al die gereedskap wat jy gaan benodig. (½)


(c) Skryf ’n tydskedule neer wat wys hoeveel tyd jy het om die produk te ontwerp en te maak . (½)

Totaal [4]

Week 2

Aanvanklike rofwerk-ontwerpsketse (30 minute)

Maak rofwerksketse van jou ontwerp idees vir die produk wat jy wil maak. Jy kan sketse van verskillende idees maak en later besluit watter een jy gaan maak.

Probeer om ’n produk te ontwerp en te maak wat anders is as die wat op die foto’s op die vorige bladsye gewys is. Probeer om ’n innoverende ontwerp te maak.

Die woord innovasie is afgelei van die woord “nuut”. ’n Innoverende oplossing tot ’n probleem is ’n oplossing waaraan niemand anders nog gedink het nie.

Maak notas en byskrifte op jou skets om jou te help om jou idees te verduidelik.

Totaal [10]

makeasketch.png

makeasketch.png

makeasketch.png

Finale ortografiese tekening (30 minute)

Kies ’n finale ontwerp van jou rofwerksketse. Teken nou jou produk volgens skaal in eerstehoekse ortografiese projeksie. Wys jou afmetings. [15]

makeasketch.png

Oefen om plastiek te merk, te sny en hoe om gate in plastiek te maak (60 minute)

Jy benodig die volgende materiale vir hierdie aktiwiteit:

Maak eers seker dat al die plastiekbottels skoon is en dat al die etikette en gom verwyder is.

So sny jy ’n plastiekbottel:

Maak eers ’n klein gaatjie met ’n dun spyker op die plek waar jy wil begin sny. Wenk: Dit sal makliker wees om die gat te maak as jy die bottelproppie stewig aangeskroef hou. Die bottel sal dan nie insink wanneer jy die spyker indruk nie.

Maak nou die gat groter deur ’n dik spyker in die kleiner gat te druk en dit in die rondte te draai, soos wat in die foto hieronder gewys word. Jy kan ook ’n snymes gebruik om ’n klein snytjie in die bottel te maak en dan die lem van die skêr daar in te druk.

Tech2_gr9_ch11_fig9.tif
Figuur 9: Maak ’n gat in die bottel

Veiligheidswaarskuwing

’n Skêr moet nie soos ’n mes gebruik word nie. Die skêr kan gly en jy kan jouself raak sny.

Moet nie probeer om die dik, harde dele van die bottel te sny nie. Die skêr kan gly en jy kan jouself raak sny.

Sodra die gat groot genoeg is om die een lem van die skêr in te druk, kan jy begin sny, soos gewys op die foto hier regs.

Gebruik skuurpapier om die skerp rante waar jy gesny het, glad te maak om te verseker dat jy jouself nie sny nie

Tech2_gr9_ch11_fig10.tif
Figuur 10: Sny die bottel

Week 3

Maak die produk wat jy ontwerp het (90 minute)

Jy kan meer sketse teken indien jy besef dat jy nog aan jou ontwerp moet verander.

Totaal [25]

makeasketch.png

Wat het jy gedurende hierdie kwartaal geleer? (30 minute)

1. Watter metaal word op die oppervlak van ’n sinkplaat gebruik om dit teen roes te beskerm? (1)


2. Gee ’n paar voorbeelde van staalprodukte wat gegalvaniseer is. (1)


3. Verf en galvanisering is albei metodes wat die roes van staal voorkom; elke metode bedek die staal met ’n ander stof. Wat is die verskil tussen die twee metodes? (4)


4. Hoe sal jy ’n staalbrug teen roes beskerm? Watter een van die drie prosesse waarvan jy in hierdie afdeling geleer het, dink jy sal die beste werk vir hierdie taak, en hoekom dink jy so? (2)


5. Gee twee voorbeelde van voedsel wat gepreserveerd word deur die drogingsproses. (1)


6. Hoekom druk vervaardigers ’n simbool soos hierdie op die bodem van plastiekprodukte? (1)


Tech2_gr9_ch11_fig11.tif
Figuur 11

7. Waarom verkies ontwerpers om plastiek eerder as staal vir sekere dele van motors te gebruik. Gee vier redes. (2)


Totaal [12]

Stel ‘n verslag van die hele kwartaal se werk saam

Gaan deur al die werk van die kwartaal en maak seker dat die volgende in jou werkboek is sodat jou onderwyser dit kan evalueer.

Jy behoort die volgende inligting in jou lêer gereed te hê om aan jou onderwyser te wys. Jy moet aan jou onderwyser wys waar die volgende inligting in jou werkboek is: