Plastiek

In hierdie hoofstuk gaan jy oor verskillende tipes plastiek leer. Jy gaan ook leer dat plastiek herwin kan word en hoekom dit belangrik is dat plastiek herwin word.

Nota aan die onderwyser:

Leerders moet plastiekprodukte en -houers na die skool bring vir hierdie week se aktiwiteite. Figuur 1 stel ’n paar tipes plastiekprodukte voor wat die leerders kan bring.

Dit is belangrik dat leerders ’n wye verskeidenheid plastiekprodukte bring. Hulle moet die plastiekprodukte, wat herwinningskodes op die onderkant van die houers het, bring. Die kodes help om die tipe plastiek waarvan die houers gemaak is, te identifiseer.

Die versameling produkte moet helder, deurskynende, en donker tipes plastiek insluit, asook harde en sagte tipes plastiek. ’n Paar voorbeelde van wat leerders na die skool kan bring, is koeldrankbottels, melkbottels, grondbootjiebotterhouers, sjampoebottels, polistireenkoppies, margarienhouers, plastiekborde, plastiek eetgerei, vrieskas sakkies, plastiekplakkies, kamme, kosbakke, en/of meetkundedriehoeke.

Tech2_gr9_ch9_fig1.tif
Figuur 1: Bring plastiek items soos hierdie skool toe vir hierdie week se lesse.

Wat is plastiek en wat is hulle eienskappe?

Tot omtrent ’n 100 jaar gelede is die meeste klere en ook die meeste gereedskap en toestelle van plant- of diere-materiaal, soos katoen, wol, hout, dierevel, en vere gemaak. Toe het chemiese wetenskaplikes maniere ontdek om sintetiese materiaal te maak wat soortgelyke eienskappe het as die van natuurlike materiaal, en soms met bruikbare eienskappe wat natuurlike materiale nie het nie. Die meeste van hierdie sintetiese materiale word van minerale olies gemaak, en die meeste van hulle word plastiek genoem. Sintetiese materiale is gewoonlik goedkoper en ligter as natuurlike materiale met dieselfde eienskappe, en fabrieke kan die sintetiese materiaal in unieke vorms giet.

Wanneer jy van naderby na ’n stuk lap kyk, sal jy sien dat dit geweef is met baie dun drade, soos baie dun stukke tou. Deur ’n mikroskoop te gebruik, kan jy selfs nader kyk. Jy sal dan sien dat elke draad van verskillende lang, dun stukke gemaak is en hierdie stukke is inmekaar gehak of gedraai. Hierdie lang dun stukke word vesels genoem. In hierdie vlakbyopname-foto hieronder, kan jy die plantvesels waarvan ’n spesifieke materiaal gemaak is, sien.

Liniale is vroeër jare van hout gemaak, maar word deesdae van plastiek gemaak. Emmers is eers van hout gemaak, en toe van gegalvaniseerde staal, maar deesdae word hulle ook van plastiek gemaak. Melk is vroeër jare in swaar glas- of staalhouers gebottel, maar word nou in plastiekbottels gebottel. Toue is vroeër jare van garingboomvesels gevleg, maar die meeste toue word vandag van plastiekvesels gemaak. Motors is meestal van staal, hout en leer gemaak, maar deesdae word baie onderdele van plastiek gemaak.

Tech2_gr9_ch9_fig2.tif
Figuur 2: ‘n Vlakbyopname-foto van plantvesels wat gevleg en geweef is om ’n materiaal te maak

Oral om jou is daar voorwerpe wat van verskillende tipes plastiek gemaak is. Kyk na jou skoensole, jou pen en liniaal. In die winter dra jy dalk ’n wollerige baadjie wat regtig voel soos wol. Daardie wollerige materiaal is eintlik van plastiekvesels gemaak. Baie klere en die meeste matte word van plastiekvesels gemaak.

Sintetiese materiale het ook nadele. Jy het in graad 8, kwartaal 3, hoofstuk 8, geleer dat meeste plastiek nie bio-afbreekbaar soos natuurlik materiale is nie. Dit beteken dat plastiekafval vir baie lank hou.

Tech2_gr9_ch9_fig3.tif
Figuur 3: ’n Fleece-kombers word gemaak van die vesels van ’n tipe plastiek wat polistireen genoem word.

Plastiek is voorbeelde van polimere. ’n Polimeer is ’n materiaal wat van molekules gemaak is wat koolstofatome, waterstofatome, en ander atome bevat wat in lang kettings aan mekaar verbind is. Katoen, wol, leer, hare, stysel, hout en rubber is voorbeelde van natuurlike polimere. Die molekule kettings verbind op verskillende maniere sodat daar baie verskillende polimere met verskillende eienskappe is.

Plastiek is mensgemaakte (sintetiese) polimere. Hulle word meestal van minerale olies gemaak omdat die molekules in hierdie olie kettings, koolstofatoom kettings is, maar dat hierdie kettings korter is as die wat in plastiek voorkom.

Die woord plastiek is oorspronklik gebruik om materiale soos rubber se eienskappe te beskryf, naamlik dat dit ’n nuwe vorm gegee kan word. Die meeste sintetiese polimere het hierdie eienskappe en daarom is die naam "plastiek" aan hulle gegee.

Molekules word gemaak van atome wat aan mekaar geheg is. Jy weet reeds van Natuurlike Wetenskap dat molekules so klein is dat mens dit nie eers met ’n mikroskoop kan sien nie.

Verskillende eienskappe van plastiek

fhangende van die tipe plastiek en die vorm waarin dit gegiet is, kan plastiek dalk ’n paar van die volgende eienskappe besit:

In baie van hierdie gevalle kan jy nie net sê dat die plastiek ’n spesifieke eienskap het of nie ’n spesifieke eienskap het nie. Jy kan byvoorbeeld nie net sê ’n tipe plastiek is buigbaar nie. Jy moet kan sê hoe buigbaar dit is, byvoorbeeld baie buigbaar of slegs effens buigbaar.

Ondersoek eienskappe van plastiek voorwerpe

Werk in spanne van drie of vier.

Vir hierdie aktiwiteit het jou onderwyser jou gevra om verskillende plastiek voorwerpe skool toe te bring.

Elke span moet twee van die voorwerpe neem en hulle eienskappe beskryf. Skryf die naam van die voorwerp neer en skryf dan die eienskappe langsaan.

1. Voorwerp 1:


2. Voorwerp 2:


Ruil nou jou twee plastiek voorwerpe om met die van die ’n ander span wat verskillende plastiek voorwerpe as jou span het. Skryf dan die name en eienskappe van die ander span se voorwerpe neer.

3. Voorwerp 3:


4. Voorwerp 4:


Tipes plastiek, herwinning en identifikasiekodes

Termoplastiese en termoverharde plastiek

Sommige plastiek is sag of soortgelyk aan vloeistof, totdat jy dit op ’n spesifieke manier verhit, of totdat jy ’n ander chemikalieë daarby meng. Dit “set” of word hard en rigied. Nadat dit geset het, kan jy dit nie weer sag maak deur dit te verhit nie. Jy kan dit dus nie in ander produkte vervorm nie. Dit sal wel brand, maar dit sal nie weer sag word nie. Plastiek soos hierdie word termoverharde plastiek genoem.

Voorbeelde hiervan is epoksi-hars gom, skoensole, motorbande, elektriese kragproppe, pothandvatsels, elektroniese stroombane en kombuis werkoppervlaktes. Termoverharde plastiek kan nie herwin word deur dit te verhit nie. Dit kan wel weer teruggeskakel word na olie toe, deur ’n hoë- temperatuurproses wat "pirolise" genoem word.

Veiligheidswaarskuwing:

Dra beskermende hittewerende handskoene, beskermende bril en brandwerende klere indien jy gaan probeer om plastiek te smelt; gesmelte plastiek kan spat en kan erge brandwonde veroorsaak.

Moet nooit probeer om plastiek te smelt met ’n vlam nie; die plastiek kan brand en giftige gasse vrystel.

Ander tipes plastiek smelt wanneer dit verhit word en kan dan in nuwe produkte vervorm word. Dit word termoplastiese plastiek genoem. Koeldrank- en skoonmaakmiddelbottels is termoplasties; indien jy kookwater daarin gooi kan jy die vorm verander.

Waarom moet ons plastiek herwin?

Afvalplastiek in die omgewing is ’n groot probleem. Die meeste tipes plastiek is nie bio-afbreekbaar nie en sal vir honderde jare in die omgewing wees.

In die foto hieronder kan jy ’n grondopvulling of afvalhoop sien. Afvalhope is gewoonlik naby stede geleë sodat vullisverwydering-trokke nie te ver hoef te ry om afval weg te gooi nie. Dit beteken dat mense nooit huise op daardie grond kan bou of landerye op die grond kan maak nie.

Enige materiale wat in ’n afvalhope beland, sal nooit weer gebruik word nie. Mense gaan meer rou materiale soos olie, steenkool, staal, hout of glas uit die aarde moet uithaal. Hulle sal dan meer steenkool moet brand om elektrisiteit op te wek om die rou materiale te prosesseer.

Nie alle plastiek beland in afvalhope nie. Baie plastiek bly net daar lê waar mense dit gegooi het, of dit word in riviere gegooi en beland dan in die oseaan.

Tech2_gr9_ch9_fig4.tif
Figuur 4: Plastiekafval op die kus. (Hierdie foto is in Hawaii geneem waar daar swart vulkaniese ar swart vulkaniese dan in die oseaan.

In sommige dele van die oseaan veroorsaak die wind dat die water in sirkels op een plek vloei. Hierdie areas is baie groter in Suid-Afrika. Die areas word "oseaankolke" genoem. Hier kom miljoene drywende plastiekbottels, sakke en plastiekvlokkies van min of meer hierdie blokkie se grootte ☐ bymekaar.

Skilpaaie kan die plastieksakke met jellievisse verwar en dit insluk, wat veroorsaak dat die skilpaaie doodgaan. Groot en klein visse sluk die klein plastiekvlokkies in. Seevoëls eet die vis en die plastiek in die vis veroorsaak die dood van die seevoëls.

Plastiek wat in die omgewing gegooi word, is dus ’n baie groot probleem. Maar baie van hierdie plastiek kan herwin word.

Om te herwin beteken om afvalprodukte te prosesseer en sodoende nuwe produkte daarvan te maak.

1. Skryf twee redes neer waarom ons plastiek items moet herwin.


Verskillende tipes plastiek benodig verskillende prosesse om herwin te word

Afval van verskillende tipes plastiek moet sorteer word sodat elke tipe plastiek apart herwin kan word. Vervaardigers het saamgestem om sekere kodes te gebruik wat aandui van watter tipe plastiek die produk gemaak is.

Kodes en name

Voorbeelde van produkte

Eienskappe

Herwonne produkte

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_1_PET.tif 

koeldrankbottels

helder; sterk; goeie versperring vir vloeistowwe en gasse; hittewerend

vesels om materiale vir klere, sakke en matte te maak; voedsel en koeldrankhouers

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_2_HDPE.tif 

bottels vir melk, sappe, water en wasgoedmiddels

ietwat rigied; sterk; weerstandig teen chemikalieë; goeie versperring vir vloeistowwe en gasse

bottels; pype; emmers; kratte; blompotte; asdromme; plastiekplanke; vloerteëls

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_3_PVC.tif 

pype; omhulsels van elektriese drade

weerstandig teen chemikalieë; elektries isolerend; sterk; kan rigied of buigbaar wees

geute; vloerteëls en matte; elektriese bokse; tuinslange

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_4_LDPE.tif 

dun plastieklae om byvoorbeeld kos te bedek of boeke mee oor te trek; buigbare deksels en bottels

buigbaar; sterk; goed om dinge te seël; weerstandig teen vog

asdromsakke; vloerteëls; asdromme

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_5_PP.tif 

groot voorwerpe wat gegiet is, byvoorbeeld motoronderdele

weerstandig teen chemikalieë; sterk; hittewerend; versperring teen vog

motor battery omhulsels; besems en borsels; asdromme; skinkborde

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_6_PS.tif 

beskermende verpakking; weggooibare bekers; skinkborde; hitte- isolering (veral in dakke)

kan rigied of gespons wees; lae smeltpunt; wanneer gespons ’n baie goeie hitte-isoleerder

plate vir ligskakelaars; liniale; hitte- isolering; sponsverpakking

Tech2_gr9_ch9_PlasticCodeInTable_7_OTHER.tif 

akriel of perspeks- velle (kan gebruik word as vervanging van vensters); “ABS” vir die maak van motorbuffers

afhangende van die tipe plastiek; “ABS” het baie goeie skokabsorberende eienskappe

plastiekplanke

Wat het jy geleer?

Identifiseer die tipes plastiek op die tafel

Kyk weer na die vier plastiekprodukte wat jou span in die aktiwiteit by afdeling 9.1 bestudeer het. Draai die items onderstebo en probeer om die simbool vir die herwinningskode te vind.

1. Voltooi die tabel hieronder:

Kode en naam van die tipe plastiek

Eienskappe

Watter produkte kan van hierdie herwonne materiaal gemaak word?

Voorwerp 1

Voorwerp 2

Voorwerp 3

Voorwerp 4

2. Hoekom verkies vervaardigers gereeld om hulle produkte van plastiek te maak?


3. Waarom plaas vervaardigers die herwinningskodes op die bodem van die houers?


4. Waarom gebruik hulle nie net dieselfde tipe plastiek vir alles wat vervaardig word nie?


5. Dink aan drie voorwerpe wat nie van plastiek gemaak kan word nie.


Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy leer hoe plastiek herwin word om nuwe produkte mee te maak.