Mini-pat elektroniese stelsels en beheer

Tech2_gr9_ch6_fig1a.tif   Tech2_gr9_ch6_fig1b.tif 

Figuur 1: Alledaagse toestelle wat elektroniese beheerstroombane gebruik

elektroniese stroombane gebruik om elektriese stroombane met hoër stroom, te beheer.

’n Elektroniese stroombaan verskil van ’n elektriese stroombaan omdat dit ’n baie lae stroom gebruik, en ook omdat dit elektroniese beheertoestelle soos ’n termistor, LAR, diode en transistor gebruik.

  • Algemene stroombrekers:

    Skakel die stroombaan af (byvoorbeeld, die stroombaan wat al die ligte in ’n huis van krag voorsien) wanneer die stroom te hoog word (indien die stroom te hoog is vir die dikte draad wat gebruik is, sal die draad oorverhit).
  • Oorblywende-stroombaan stroombrekers:

    Wanneer daar ’n kraglekkasie bespeur word, skakel dit die hoof elektrisiteitstoevoer af, byvoorbeeld wanneer ’n persoon aan ’n “draad onder stroom” raak. Die elektrisiteit word dan deur die persoon se liggaam gelei. Hierdie toestel moet die stroom vinnig afsny om te verhoed dat die persoon as gevolg van elektriese skok doodgaan. Daarom sny dit die krag af, selfs al is daar slegs ’n klein hoeveelheid lekkasie van krag van die elektriese stroom.
  • Tech2_gr9_ch6_fig2.tif

    Figuur 2: ’n Elektriese verspreidingsbord met stroombrekers

  • Oonde: om die temperatuur te beheer.
  • Radio’s en ander musiektoestelle: om die volume van die luidsprekers te beheer.
  • Sommige energie-besparing-ligte: om hulle outomaties af te skakel wanneer daar genoeg natuurlike lig is.
  • Ketels: om hulle af te skakel wanneer die water kook.
  • Tech2_gr9_ch6_fig3a.tif
    Tech2_gr9_ch6_fig3b.tif

    Figuur 3: Die beheerknoppie van ’n stoof is gekoppel aan ’n veranderlike resistor. Dit beheer die stroom wat deur die verhittingselement vloei. Hoe hoër die stroom, hoe warmer sal die plaat wees.

    Tech2_gr9_ch6_fig4.tif 

    Figuur 4: Die beheerstroombaan wat jy in hoofstuk 5 gebou het vir die brandalarm

    Die scenario vir die Mini-PAT
    Tech2_gr9_ch6_fig5.tif

    Figuur 5

    Tech2_gr9_ch6_fig6a.tif Tech2_gr9_ch6_fig6b.tif

    Figuur 6: ’n Elektriese deurslot

    Tech2_gr9_ch6_fig7.tif 

    Figuur 7: ’n 3D-werktekening van die onderdele binne ’n elektriese deurslot
    Ontwerpopdrag Spesifikasies Beperkings Ontwerpsketse 28198.png Week 2

    Daar is nie so iets soos ’n perfekte ontwerp nie! Jy kan byvoorbeeld ‘n gekompliseerde ontwerp maak wat baie goed sal werk, maar dit sal duur wees en moeilik wees om te bou. Of jy kan ’n eenvoudige ontwerp maak wat werk, maar wat nie sterk sal wees nie.

    Leer van die verskillende ontwerpe wat mense gemaak het
  • Eerstens moet jy idees ontwikkel, skets en dan verduidelik, sonder dat enige iemand iets negatief oor die idees sê.
  • Sodra jy baie idees het om mee te werk, begin nou dink aan hoe en of die idees wel sal werk. Moenie praat oor “Mary se ontwerp” en “Sipho se ontwerp” nie. Praat eerder van “Ontwerp C” en “Ontwerp B”. Sodra iemand se ontwerp op die tafel is, praat jy oor die ontwerp en nie oor die persoon nie. Jy evalueer die ontwerpe; jy evalueer nie jouself of iemand anders nie.
  • Indien enige iemand ’n negatiewe aanmerking maak, moet iemand anders sê: “Rooi vlag! Geen negatiewe opmerkings in hierdie fase nie.”

    Indien dinge gesê word soos: “Mary het so ’n swak ontwerp gemaak” en “Sipho se ontwerp is baie beter”, sal dit mense laat sleg en skaam voel en ander mense sal trots en selfs arrogant voel. Indien iemand sê: “Mary se ontwerp”, moet iemand anders sê “Rooi vlag! Ons noem daardie ontwerp, Ontwerp C.”

    28198.png 28198.png 28198.png 28198.png Indien jy dit nie gaan doen nie, gaan jy nie volgende week in staat wees om die model van jou ontwerp te bou nie. prototipe genoem. .

    Ontwerpers en ingenieurs maak gewoonlik eers prototipes voordat ’n ontwerp goed genoeg is om dit te begin vervaardig en verkoop. Elke prototipe probeer om te verbeter op die vorige een.

  • Jy het al die materiale gebring wat jy nodig het vir die maak van ’n model van jou ontwerp.
  • Jy het die model akkuraat en volgens jou ontwerptekeninge gemaak.
  • Jy het die elektriese uitsettoestel suksesvol gebou .
  • Jy het die model aan ’n eenvoudige stroombaan gekoppel, sonder die uitsettoestel, en jy het ’n goeie metode van toetsing gevolg.
  • Nadat jy jou model vir die eerste maal getoets het, het jy ’n lys gemaak van al die moontlik redes oor waarom jou model dalk nie werk nie, of waarom jou model nie te goed werk nie.
  • Jy het die lys wat jy hierbo gemaak het, gebruik om jou model reg te maak of te verbeter.
  • Jy het jou model ten minste nog een maal getoets. Jy het die probleme neergeskryf en weer die foute reggemaak of die model verbeter totdat dit goed werk.
  • Jou model werk, of jy het ’n goeie verduideliking geskryf en sketse gemaak oor wat jy nog moet doen en verander om te verseker dat jou model sal werk.
  • Week 4
  • Jy was goed voorbereid vir jou aanbieding.
  • Jy het verduidelik hoe jy verbeter het gedurende die ontwerpproses.
  • Jy het na jou gehoor gekyk en duidelik gepraat.
  • ‘n alternatief vir die ketelskakelaar-projek: ontwerp en bou ‘n stroombaan kontinuïteitstoetse

    Jou onderwyser mag dalk besluit dat jy die volgende projek doen in plaas van die ontwerp en bou van ’n outomatiese ketelskakelaar.

    Heel dikwels wanneer mense drade moet koppel, is daar soveel drade dat dit moeilik is om te weet watter twee draadpunte is deel van dieselfde draad.

    Dit sal handig wees om ’n toestel te hê wat kan aandui of twee draadpunte gekoppel is of nie. Dit is wat die “kontinuïteitstoetser” doen.

    Tech2_gr9_ch6_fig8.tif

    Figuur 8

    ’n Kontinuïteitstoetser is eintlik ’n oop stroombaan. Die stroombaan kan alleenlik gesluit word deur die twee draadpunte wat jy wil toets. Gebruik die twee toets leidingsdrade van die kontinuïteitstoetser om aan die twee draadpunte wat jy wil toets, te raak. Indien daar ’n baan vir die stroom is om tussen die twee draadpunte gelei te word, sal dit die stroombaan voltooi en ’n lig of gonser op die kontinuïteitstoetser sal geaktiveer word.

    Veiligheidswaarskuwing:

    Skakel eers die kragtoevoer af voordat jy so ’n toets wil doen.

    Neem kennis dat die kontinuïteitstoetser nie kan aandui of die twee punte wat jy toets deel van dieselfde draad is nie. Dit kan slegs aandui of daar ’n baan is vir die stroom om tussen die twee draadpunte gelei te word, dit dui dus aan of die twee drade elektries gekoppel is. Indien jy weet dat daar geen splitsing of koppeling van drade tussen die twee draadpunte is nie, dan kan die draadpunte slegs elektries gekoppel wees indien dit dieselfde draad is.

    Wanneer jy die kontinuïteitstoetser as jou projek gaan doen, moet jy die volgende in ag neem:

    ’n Paar idees vir die bou van die kontinuïteitstoetser word in die foto’s hieronder gewys.

    Tech2_gr9_ch6_fig9.tif 

    Figuur 9

    Tech2_gr9_ch6_fig10.tif 

    Figuur 10