Elektroniese komponente 1

In hierdie hoofstuk gaan jy leer oor elektroniese stelsels en oor komponente in elektroniese stroombane. Jy gaan ook leer van die volgende beheertoestelle: skakelaars, diodes en transistors. Laastens gaan jy ’n eenvoudige transistorstroombaan maak. ’n Elektriese stroombaan bestaan uit ’n energiebron en geleiers. Geleiers koppel komponente soos inset-, uitset- en prosesseringstoestelle aanmekaar om ’n baan vir die elektrone te skep om van en na die energiebron te vloei. Isolators word gebruik om komponente teen kortsluiting te beskerm.

Tech2_gr9_ch3_fig1.tif 

Figuur 1: ’n Paar voorbeelde van elektroniese komponente waarna ons in hierdie hoofstuk gaan kyk.

Skakelaars

’n Skakelaar beheer die elektriese stroom deur die stroombaan oop of toe te maak. Daar is verskeie tipes skakelaars wat die stroombaan op verskillende maniere kan beheer. In hierdie les gaan jy van skakelaars leer wat die gebruiker met die hand kan aan en af skakel.

1. Dink na oor die verskillende tipes skakelaars wat jy op ’n daaglikse basis gebruik en skryf hulle hier neer:


Drukknoppieskakelaar

Drukknoppieskakelaars word dikwels gebruik in deurklokkie stroombane, soos in figuur 2. Hierdie eenvoudige deurklokkie stroombaan bestaan uit selle wat in serie gekoppel is, ’n drukknoppie en ’n gonser. Al hierdie komponente word deur ’n geleidingsdraad verbind. ’n Persoon wat die huis besoek, sal die knoppie vir ’n kort rukkie druk en dit dan laat los.

Tech2_gr9_ch3_fig2.tif

Figuur 2: ’n Eenvoudige deurknoppiestroombaan

2. Teken die stroombaandiagram van die deurknoppie stroombaan wat in die foto gewys word. Gebruik die korrekte stroombaandiagram simbole. Let op dat die selle in serie gekoppel is.

28198.pngEnkelpool-enkelslagskakelaar (EPES)

Tech2_Gr9_Ch3_Fig3.tif 

Figuur 3: Die simbool vir ’n EPES-skakelaar

Tech2_Gr9_Ch3_Fig4.tif 

Figuur 4: ’n Tipiese ligskakelaarstroombaan met ’n energiebron, skakelaar en ’n lamp

Enkelpool-dubbelslagskakelaar (EPDS)
Tech2_Gr9_Ch3_Fig5.tif

Figuur 5: Die simbool vir ’n EPDS-skakelaar

Tech2_Gr9_Ch3_Fig6.tif 

Figuur 6: ’n Stroombaan met ’n battery, twee gloeilampe, en ’n EPDS-skakelaar wat twee uitsette beheer

Tech2_Gr9_Ch3_Fig7.tif 

Figuur 7: ’n Stroombaan met twee EPDS-skakelaars wat gereeld gebruik word om ’n gloeilamp te beheer. Hierdie skakelaars is gewoonlik aan albei punte van ’n lang gang. Dit word ook gebruik om ’n lamp met een skakelaar van onder en van bo ’n stel trappe aan en af te skakel.

Tech2_Gr9_Ch3_Fig8.tif 

Figuur 8

teenoorgestelde rigting draai. Hoe kan die rigting waarin die motor draai verander word? Om dit te kan doen moet die rigting van die stroom deur die elektriese motor verander word. Dubbelpool- dubbelslagskakelaars kan gebruik word om die rigting van die stroom deur die stroombaan om te keer. Hulle is dus baie geskik vir toestelle soos outomatiese motorhekke. Die stroomdiagram hieronder wys hoe ’n DPDS-skakelaars die rigting van die stroom deur die elektriese motor kan verander.

32079.png 

Figuur 9: ’n Stroombaan waar ’n DPDS-skakelaar die rigting van die stroom deur ’n elektriese motor beheer.

teenoorgestelde rigting draai wanneer die stroom vanaf M2 na M1 daardeur vloei.
  • van die positiewe terminaal van die battery,
  • deur die AAN/AF skakelaar na 1,
  • deur die boonste deel van die DPDS-skakelaar van 1 tot 5,
  • deur die boonste deel van die DPDS-skakelaar van M2 tot M1,
  • tot 6,
  • deur die onderste deel van die DPDS vanaf 6 tot 2, en
  • tot by die negatiewe terminaal van die battery.
  • Tech2_gr9_ch3_fig10.tif 

    Figuur 10: n Diode

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig11.tif

    Figuur 11: Stroombaan simbool van ’n diode. Die stroomvloeirigting in ’n diode word deur die pyl aangedui.

    Tech2_gr9_ch3_fig12.tif

    Figuur 12: ’n LED. Die langer draad van die twee drade wat uit die LED kom moet aan die positiewe terminaal gekoppel wees en die korter draad aan die negatiewe terminaal.

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig13.tif

    Figuur 13: Die stroombaan simbool vir ’n LED.

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig14.tif 33066.jpg kollektor, basis en emittor.
    Tech2_gr9_ch3_fig15.tif

    Figuur 15: Een tipe transistor

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig16.tif 

    Figuur 16: Die stroombaansimbool vir ’n npn transistor.

    Npn-transistor tree op asof daar ’n skakelaar tussen die kollektor en die emittor is; en ’n positiewe potensiaal op die basis van die transistor as die skakelaar geslote. Dit is dus ’n elektries-beheerde skakelaar.

    Daar is ander tipe transistors, byvoorbeeld, pnp transistors wat effens anders werk as die npn transistors. Jy gaan in hierdie kwartaal slegs met npn transistors werk.

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig17.tif

    Figuur 17: ’n Eenvoudige stroombaan vir ’n aanraakskakelaar. Hierdie stroombaan sal nie goed werk nie.

    ’n Transistor gebruik ’n klein stroom stroombaan om ’n groter stroom stroombaan aan te skakel. Dit is waarom transistors in musiek- toerusting gebruik word om die klank te “versterk”.

    Tech2_Gr9_Ch3_Fig18.tif 

    Figuur 18: n Stroombaan wat ’n transistor as ’n elektroniese skakelaar gebruik.

    Tech2_gr9_ch3_fig19a.tif Tech2_gr9_ch3_fig19b.tif

    Figuur 19: Die konstruksie van ’n aanraakskakelaarstroombaan met ’n transistor en ’n LED.