Simbole van komponente en eenvoudige stroombane

In hierdie hoofstuk gaan jy die werk hersien wat jy in graad 8 gedoen het oor elektriese stelsels en beheer. Jy gaan ook eenvoudige stroombane, stroombaandiagramme, en die koppeling van selle, lampe en skakelaars, in serie en parallel, hersien. Daarna gaan jy aksienavorsing doen oor die effek van veranderende stroomspanning in ’n stroombaan.

Tech2_gr9_ch1_fig1.tif 

Figuur 1: ’n Flits

Hersiening 1: simbole van komponente

“Komponente” is die dele wat in ’n elektriese stroombaan aanmekaar gekoppel word.

Onthou jy hoe die simbole vir selle, lampe en skakelaars lyk?

Onthou jy wat die verskil is tussen die koppeling van komponente in serie en parallel? Kom ons kyk wat jy kan onthou.

Jy het reeds geleer dat ’n elektriese stroombaan ’n geslote baan is waardeur stroom vloei.

Die eenvoudigste stroombaan het:

  • ’n kragbron soos ’n sel,
  • ’n geleier, en
  • ’n lading wat weerstand bied, soos ’n lamp.

Selle in serie

Twee of meer selle kan in serie gekoppel wees om die stroomspanning in die stroombaan te verhoog. Figuur 2 hieronder wys twee selle wat in serie in ’n stroombaan gekoppel is. Die positiewe terminaal van sel A is aan die lamp gekoppel. Die negatiewe terminaal van sel A is aan die positiewe terminaal van sel B gekoppel, en die negatiewe terminaal van sel B is aan die ander terminaal van die lamp gekoppel.

In serie beteken dat die selle end tot end gekoppel is en dat die stroombaan om die beurt deur elke sel vloei.

1. Teken ’n stroombaandiagram van die stroombaan in figuur 2 in die spasie regs.

Tech2_gr9_ch1_fig2a.tif 28198.png

Figuur 2: Twee selle in serie wat gekoppel is aan ’n lamp

2. Figuur 3 hieronder wys drie selle wat in serie in ’n stroombaan gekoppel is. Teken ’n stroombaandiagram van die stroombaan in figuur 3 in die spasie regs.

Tech2_gr9_ch1_fig3.tif 28198.png

Figuur 3: Drie selle in serie wat aan ’n lamp gekoppel is

Wanneer selle in serie gekoppel is, dan is die totale stroomspanning die som van die stroomspanning van elk van die drie selle: 1,5 V + 1,5 V + 1 ,5 V = 4,5 V

Selle in parallel

Twee of meer selle kan ook “in parallel” gekoppel wees. ’n Parallelle stroombaan het twee of meer verskillende bane waardeur die stroom kan vloei.

Figuur 4 hieronder wys twee selle wat in parallel in ’n stroombaan gekoppel is. Die positiewe terminale van albei selle is aan mekaar en aan die lamp gekoppel. Die negatiewe terminale van albei selle is aan mekaar en aan die ander terminaal van die lamp gekoppel.

3. Teken ’n stroombaandiagram van die stroombaan in figuur 4 in die spasie regs.

Tech2_gr9_ch1_fig4.tif 28198.png

Figuur 4: Drie selle in parallel aan ’n lamp gekoppel

Wanneer selle in parallel gekoppel is, dan is die totale stroomspanning van die selle dieselfde as die stroomspanning van ’n enkele sel (1,5 volt).

Lampe in serie

Twee of meer lampe kan ook in serie gekoppel wees.

Die diagramme hieronder wys stroombaandiagramme van twee en drie lampe wat in serie met ’n battery gekoppel is. Die positiewe terminaal van die battery (+B) is gekoppel aan lamp 1, die ander kant van lamp 1 is gekoppel aan lamp 2, die ander kant van lamp 2 is gekoppel aan die negatiewe terminaal (B-) van die battery, ensovoorts.

Tech2_Gr9_ch1_fig5.tif 

Figuur 5: Twee lampe in serie

Tech2_Gr9_ch1_fig6.tif 

Figuur 6: Drie lampe in serie

4. Hoe verander die stroombaan en stroomspanning in die stroombaan indien jy die aantal lampe in die stroombaan vermeerder?


Indien al die lampe dieselfde weerstand het, sal die spanningsval oor elke lamp gelyk wees aan 1,5 V. Wanneer die stroomspanning van al die lampe wat bygevoeg word val, word ’n totale battery stroomspanning van 4,5 V verkry. Die stroom is dieselfde deur elke lamp.

Lampe in parallel

Twee of meer lampe kan ook in parallel aan ’n battery gekoppel wees, soos dit in die diagramme hieronder gewys word. Die positiewe terminaal van die battery is direk gekoppel aan een kant van die lamp en die negatiewe terminaal van die battery is gekoppel aan die ander kant van die lamp.

Tech2_Gr9_ch1_fig7.tif

Figuur 7: Stroombaandiagram van twee lampe in parallel

Tech2_Gr9_ch1_fig8.tif 

Figuur 8: Stroombaandiagram van drie lampe in parallel

Die toegepaste stroomspanning is dieselfde oor elke lamp. Die stroom is oor elke lamp verdeel en die totale stroom is die som van die stroom deur elke lamp: It = I1 + I2 + I3

5. Kyk na die stroombaandiagram hieronder en beantwoord die vrae:

Tech2_Gr9_ch1_fig9.tif 

Figuur 9

(a) Wat is die stroomspanningsval oor lampe 1 en 2?


(b) Die totale stroom in die stroombaan is 10 A. Indien lamp 1 ’n stroom van 4 A het wat daardeur vloei, wat sal die stroom wat deur lamp 2 vloei wees?


Skakelaars in serie en parallel

In ’n stroombaan met een skakelaar beheer die skakelaar óf die stroom deur die stroombaan gaan vloei óf nie. Indien die skakelaar oop is, sal geen stroom deurvloei nie aangesien die stroombaan nie voltooid is nie. Die geslote skakelaar laat die stroom vloei.

Tech2_Gr9_ch1_fig10.tif 

Figuur 10: Simbole vir ’n oop skakelaar en ’n geslote skakelaar

Ons kan twee of meer skakelaars gebruik om die komponente in ’n stroombaan op meer komplekse wyses te beheer.

In ’n logika-hek stroombaan, word aanvaar dat ’n oop skakelaar ’n waarde van 0 het, en ’n geslote skakelaar ’n waarde van 1 het.

Die skakelaars is die insette wat die finale fase van die stroombaan beheer.

Indien die stroombaan nie voltooid is nie, is die uitset in die OF-fase en het ’n waarde van 0. Indien die stroombaan voltooid is, is die uitset op die EN- fase en het dit ’n waarde van 1.

Skakelaars in serie

In die stroombaandiagram hieronder, is daar twee skakelaars wat in serie gekoppel is. Dit gee aan ons vier verskillende skakelaar kombinasies. Hulle is:

Tech2_Gr9_ch1_fig11.tif 

Figuur 11: Stroombaan met twee skakelaars in serie

Sien jy dat die stroom nie deur die stroombaan kan vloei wanneer óf skakelaar A óf skakelaar B oop is nie. Albei skakelaars moet geslote wees vir die lamp om te gloei.

6. In die tabel hieronder beteken “0” af of oop, en “1” beteken aan of geslote. Voltooi die tabel om al die moontlike verskillende kombinasies in die stroombaan in figuur 11 aan te dui hier. Om jou te help is die eerste twee rye van die tabel reeds vir jou voltooi. Maak seker dat jy hierdie twee rye goed verstaan voor jy die res van die tabel voltooi.

Inset A

Inset B

Uitset

0

0

0

0

1

0

1

0

1

1

Die tabel wat hierdie kombinasies wys word die waarheidstabel genoem.

Beide skakelaar A en skakelaar B moet geslote wees vir die stroombaan om voltooid te wees (’n uitset van 1). Ons kan dus sien dat skakelaars wat in serie gekoppel is aan ons ’n EN -funksie gee

Skakelaars in parallel

In die stroombaan hieronder is daar twee skakelaars in parallel gekoppel. Dit gee ook aan ons vier verskillende skakelaar-kombinasies.

Tech2_Gr9_ch1_fig12.tif 

Figuur 12: Stroombaan met twee skakelaars in parallel

Sien jy dat die stroom deur die geslote skakelaar vloei, selfs al is die ander skakelaar oop?

7. Voltooi die waarheidstabel vir figuur 12 hieronder.

Inset A

Inset B

Uitset

Die waarheidstabel wys dat wanneer skakelaar A of B geslote is, sal die uitset 1 wees (die lamp sal aan wees). Skakelaars wat in parallel gekoppel is, gee aan ons ’n OF-funksie.

Vrae vir huiswerk

1. Kyk na elk van die situasies en sê of die lampe aan of sal af wees in elke situasie. Verduidelik jou antwoord.

(a)

Tech2_Gr9_ch1_fig13.tif

Figuur 13


(b)

Tech2_Gr9_ch1_fig14.tif

Figuur 14


(c)

Tech2_Gr9_ch1_fig15.tif

Figuur 15


2. ’n Ketel moet eers by die muurprop en dan by die ketel self aangeskakel word.

(a) Vul die waarheidstabel in om al die moontlike kombinasies aan te dui.

Muurprop skakelaar

Ketel skakelaar

Uitset

(b) Is hierdie ’n EN-funksie of ’n OF-funksie? Verduidelik jou antwoord.


Hersiening 2: eenvoudige stroombane

In hierdie les gaan jy eenvoudige stroombane opstel, met die doel om dit wat jy oor die opstel van stroombane in graad 8 geleer het, te hersien.

Jy benodig die volgende items vir hierdie aktiwiteit:

Neem kennis dat jy ’n tuisgemaakte skakelaar en sel houer (gemaak van isoleerband) vir hierdie aktiwiteit kan gebruik.

1. Kyk na die stroombaan hieronder.

Tech2_Gr9_ch1_fig16.tif 

Figuur 16

Stel hierdie stroombaan op en maak seker dat dit behoorlik werk deur die skakelaar toe te maak.

(a) Het die lig aangegaan?


Sodra jy die stroombaan kry om behoorlik te werk, kan jy aanbeweeg na vraag 2. Indien jy moet, kan jy self die stroombaan ondersoek deur die volgende stappe te volg:

2. Voeg nog ’n lamp in serie by die eerste stroombaan.

(a) Teken ’n stroombaandiagram vir hierdie stroombaan.

makeasketch.png

(b) Wat merk jy op oor die helderheid van die lampe?


3. Stel nou dieselfde stroombaan op en voeg nog ’n lamp in serie by die stroombaan.

(a) Teken die stroombaandiagram vir hierdie nuwe stroombaan.

makeasketch.png

(b) Wat merk jy op oor die helderheid van die lampe in hierdie stroombaan?


4. Skryf jou gevolgtrekking neer oor die verandering van die aantal selle en gloeilampe in die stroombaan.


Toets stroomspanning en stroom in stroombane

In hierdie les gaan jy die verhouding tussen die waarde van die stroomspanning en die waarde van die stroom in ’n stroombaan ondersoek. Jy het ’n multimeter nodig wat jy kan stel om potensiaal, weerstand of stroom van die stroombaan te meet.

V: volt (potensiaal)

A: ampere (stroom)

: ohm (weerstand)

Lees solank die teks hieronder oor hoe om ’n multimeter reg te gebruik.

Meet weerstand

Kyk na die illustrasie hieronder en identifiseer die deel op die multimeter wat met "Ω" gemerk is.

Tech2_gr9_ch1_fig17a.tif Tech2_gr9_ch1_fig17b.tif

Figuur 17: Multimeter gestel en gekoppel om weerstand te meet

Meet stroombaanspanning

Kyk na die diagram van die multimeter hieronder en identifiseer die deel wat gemerk is met “DCV”.

Tech2_gr9_ch1_fig18.tif 

Figuur 18: Multimeter gestel en gekoppel om stroombaanspanning te meet

Meet stroom

Kyk na die diagram van die multimeter hieronder en identifiseer die deel wat gemerk is met “DCA”.

Aksienavorsing

Jy benodig die volgende vir hierdie aktiwiteit:

Tech2_gr9_ch1_fig19.tif

Figuur 19: ’n 500 ohm resistor

Stel ’n stroombaan op soos wat in figuur 20 hieronder gewys word deur ’n sel, resistor en ammeter te gebruik. Indien jy ’n multimeter gebruik in stede van ’n ammeter, stel dit op die ampere skaal.

In die volgende hoofstuk gaan jy leer hoe die kleurbande op ‘n resistor die weerstand (ohms) vir jou aandui.

Tech2_Gr9_ch1_fig20.tif 

Figuur 20: Stroombaan met een sel, resistor en ammeter.

Koppel nou ’n voltmeter oor die resistor, soos gewys in figuur 21. Indien jy ’n multimeter in plaas van ’n voltmeter gebruik, stel dit op die volt skaal.

’n Ammeter is altyd in serie verbind aan die deel van die stroombaan waarvan jy die stroom wil meet, sodat dit die volle stroom deur daardie deel van die stroombaan kan meet. Dit het baie min weerstand sodat dit nie die stroom van die stroombaan kan verander nie.

Tech2_Gr9_ch1_fig21.tif

Figuur 21: Stroombaan met een sel, resistor, ammeter en voltmeter oor ’n resistor

’n Voltmeter is altyd in parallel gekoppel met die deel van die stroombaan waarvoor dit die potensiële verskil tussen twee punte moet meet. Daar vloei baie min stroom deur ‘n voltmeter aangesien dit ‘n baie hoë weerstand het.

1. Skryf die lesing neer:


Koppel nou ’n tweede sel in serie soos in die diagram hieronder:

Tech2_Gr9_ch1_fig22.tif 

Figuur 22: Stroombaan met twee selle in serie, resistor, ammeter en voltmeter oor ’n resistor

2. Skryf die lesing neer:


Koppel nou die derde sel in serie soos gewys in figuur 23.

Tech2_Gr9_ch1_fig23.tif 

Figuur 23

3. Skryf die lesing neer:


4. Vul nou jou lesings in die tabel hieronder in:

Met een sel

Met twee selle

Met drie selle

Stroomspanning

Stroom

5. Vul nou die lesing op die grafiek-papier hieronder in.

Tech2_gr9_ch1_fig24.tif 

Figuur 24: ’n Grafiek van die verhouding tussen potensiële verskil en stroom

6. Beskryf die verhouding tussen die stroombaanspanning en stroom vir ’n 500 Ω resistor.


Daar is ’n direkte proporsionele verhouding tussen stroombaanspanning en stroom. Soos die stroombaanspanning verdubbel, sal die stroom ook verdubbel; en soos die stroombaanspanning verdriedubbel, sal die stroom ook verdriedubbel.

Volgende week

Volgende week, gaan jy verskillende tipes resistors ondersoek wat in stroombane gebruik word. Jy gaan ook oefen om die berekeninge te doen deur gebruik te maak van Ohm se wet.