Mini-pat meganiese stelsels en beheer

Excavator.tif
Figuur 1
Week 1
  • Wie kan Maria help om aan die gang te kom? Met ander woorde, met watter soort mense moet sy gaan gesels om haar met haar planne te help?


  • Watter bekwaamhede en vaardighede sal Maria nodig hê om huise te ontwerp en te bou?


  • Watter tipe toerusting sal haar maatskappy nodig hê om huise te bou?


  • Masjiene wat konstruksiemaatskappye gebruik

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-2.tif 

    Figuur 2
  • Skryf die ontwerpopdrag deur hierdie sin in die spasie hieronder oor te skryf en te voltooi:

    Ek gaan my groep help om 'n . . . . . . . . te ontwerp en 'n . . . . . . . . te maak, wat sal .........(1)


    Kyk na die foto van 'n wipbakvragmotor op bladsy 159. Die klap agter gaan self oop wanneer die bak lig. Daar is geen slotte en grendels om dit oop en toe te maak nie.

  • kryf die spesifikasies neer.(2)


  • Skryf die beperkings neer. Onthou dat die beperkings die gereedskap, materiale en tyd is wat jy tot jou beskikking het om die model te maak.(2)


  • Stel spanne van vier saam en vergelyk julle spesifikasies. Totaal [5]

  • Tech1_Gr9_Ch10_fig-3.tif

    Figuur 3
    skarniere wat hulle toelaat om oop te maak en toe te maak.
    Tech1_Gr9_Ch10_fig-4.tif
    Figuur 4
    kantel. Die tekening hier regs wys hoe jy iets met die gebruik van 'n hidrouliese stelsel opwaarts kan laat kantel.
    Tech1_gr9_ch10_NewFig5_p160.tif
    Figuur 5
    insetkrag toegepas word, noem ons die insetsuier, en die spuit waar die uitsetkrag verkry sal word, noem ons die uitsetsuier.

    Wees versigtig

    Die karton moenie nat word nie, want dit sal pap en swak word.

    Tech1_gr9_ch10_NewFig6_p161.tif
    Figuur 6
    Kry jy 'n meganiese voordeel?uitsetkrag moet groter as die insetkrag wees.
  • Moet die suier onder die laaibak dikker, dieselfde of dunner as die insetsuier wees? Gee 'n rede vir jou antwoord.


    Verstel nou jou stelsel sodat die insetsuier die uitsetsuier laat beweeg. Maak seker dat die uitsetsuier nie heeltemal uit sy silinder beweeg nie.

    Maak seker dat die karton aan die agterkant van die boks nie nat word nie.

  • Die rugkant van die boks moet sterk enstewig wees. Waarom?


  • Voltooi die tekening hier regs. Die groen lyne wys jou waar die uitsetsuier is as die karton onder is. Teken nou weer die suier met 'n potlood op dieselfde tekening. Wys sy posisie as hy die karton opgestoot het.

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-8.tif
    Figuur 7
  • Kies 'n boks om die laaibak voor te stel. Die sand moet uitval as die laaibak teen 30° opwaarts kantel, maar as die vragmotor op die pad ry, moet die klap die sand binne hou. Die klap het nie handvatsels of slotte om dit toe te hou nie, maar moet vanself toe bly.
  • Kyk na die posisie van die skarnier waaraan die klap swaai. Waarom is die skarnier juis op daardie posisie geplaas? Hoekom het die klap arms wat vorentoe strek tot by die die skarnier?


    [3]

  • Kyk na die kettings wat van die arms van die klap na die vragmotor se onderstel gaan. Wat is die doel van hierdie kettings?


    [3]

  • Maak 'n tekening van hoe die laaibak en die klap sal lyk as die laaibak plat is. Met ander woorde, hoe lyk die laaibak as die vragmotor op die pad ry, met die laaibak nie opgelig nie?

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    Kyk na die prent van 'n wipbakvragmotor hieronder. Gee spesiale aandag aan die klap aan die agterkant van die laaibak.

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-9.tif
    Figuur 8
  • Sal die klap van hierdie laaibak die sand binne hou as die vragmotor besig is om te ry? Verduidelik jou antwoord. Jy kan ook 'n tekening gebruik om jou antwoord te verduidelik.


    (3)

    Totaal [9]

  • Maak 'n klap vir die laaibak van jou model van 'n wipbakvragmotor. Maak dan hieronder 'n rowwe skets van jou ontwerp van die klap. Totaal [5]

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

  • Tech1_Gr9_Ch10_fig-10.tif

    Figuur 9

    Verander die ontwerp van die skakelaar sodat dit "normaalweg geslote" is. Die gewig van die vrag behoort die skakelaar oop of "af" te hou, sodat dit nie die stroombaan kan voltooi nie. As die bak opwaarts gaan, moet die skakelaar die stroombaan voltooi. Dan sal die LED lig skyn en die bieper sal biep.

    1. Teken jou idee van 'n "normaalweg geslote" skakelaar hieronder. Wys die laaibak in die onder-posisie, besig om die skakelaar oop te hou. Jy hoef nie die hele vragmotor te teken nie, net die deel wat die skakelaar na onder druk.

      TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    Hoe om wiele en 'n vragmotorbakwerk te maak

    Die sketse hieronder wys hoe om wiele met plastiek bottelproppe te maak, en hoe om die wiele aan die boks wat die vragmotor se bakwerk voorstel vas te heg.

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-11.tif

    Figuur 10

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-11.tif

    Figuur 11

    Daar moet genoeg in die vragmotor se bakwerk wees vir die hidrouliese spuit om te beweeg. Die bakwerk moet ook plek vir die skarnier hê.

    1. Kyk na die wiele van die vragmotor in figuur 3. Vragmotors wat swaar vragte dra, moet wiele hê wat sterk is, maar ook breed. Hoekom moet die buitebande breed wees?


      (2)

    2. Hoe kan jy verseker dat die wiele vry kan draai?


      (3)

      Totaal [5]

    3. Die vragmotor moet genoeg plek hê vir die hidrouliese spuit om te weeg. Dit moet ook plek hê vir die skarniere. Maak 'n skets van die boks wat jy vir die vragmotor se bakwerk gaan gebruik en wys die spuit en die skarniere op hierdie skets.

      TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    Week 2

    Ontwerp julle wipbakvragmotor (30 minute)

    Julle gaan in groepe van drie of vier werk om die verskillende onderdele van 'n model van 'n wipbakvragmotor te maak. Die onderdele moet presies inmekaar pas, sodat julle uiteindelik 'n werkende model van 'n wipbakvragmotor aanmekaar kan sit.

    Elke lid van die groep gaan slegs een onderdeel van die model maak.

    Ontwerp al die onderdele van die wipbakvragmotor

    Teken jou ontwerp op die volgende bladsye. Voorsien elke tekening van 'n opskrif om te wys waaroor die tekening gaan. Gebruik ook byskrifte om te wys wat die verskillende onderdele van die tekening is.

    Gebruik jou liniaal en wys die afmetings van onderdele op jou tekening. Die afmetings is belangrik, want die onderdeel of onderdele wat jy maak, moet pas in onderdele wat ander lede van jou groep besig is om te maak.

    As jy die waarskuwingstroombaan gaan maak, moet jy eers 'n stroombaandiagram teken, en ook 'n skets maak van hoe die stroombaan in die werklikheid sal lyk. Jy moet jou stroombaan so beplan dat die skakelaar onder die laaibak sal wees, en jy iewers 'n plek het om die battery weg te steek.

    As jy 'n beter idee kry, moenie die aanvanklike sketse weggooi nie. Hou al jou ou sketse en aantekeninge bymekaar. Jou onderwyser sal jou assesseer op grond van hoeveel jou idees verbeter het. Gebruik los papiervelle as jy meer spasie nodig het om tekeninge van beter idees te maak.

    Totaal [6]

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    Spanvergadering oor die ontwerp (30 minute)

    Julle werk in groepe van drie of vier leerders elk. Elke leerder gaan slegs spesifieke onderdele van die wipbakvragmotor maak en uiteindelik moet al die onderdele inmekaar pas.

    Verdeel die werk onder julle. Gee byvoorbeeld vir elke leerder een van die volgende onderdele om te maak:

    As 'n span moet julle die vorms en afmetings van die onderskeie onderdele kontroleer om seker te maak dat alles inmekaar sal pas. Slegs dan kan julle begin om die onderskeie onderdele afsonderlik te maak. As hulle nie bymekaar pas nie, moet die ontwerpe aangepas word om hulle te laat pas.

    Individuele werk: maak gereed om julle onderdele te maak

    Elkeen moet self die volgende sinne voltooi:

    1. Ek maak . . . .


    2. Ek benodig die volgende materiale:

      Daar is beperkings op die materiale wat julle kan gebruik. Julle kan net materiale gebruik wat julle in die hande kan kry.


      (3)

    3. Ek benodig die volgende gereedskap:

      Daar is beperkings op die gereedskap wat julle kan gebruik. Julle kan slegs gereedskap gebruik wat julle in die hande kan kry en wat veilig is om mee te werk


      (3)

    Totaal [6]

    Maak jou onderdeel of onderdele (2 × 30 min = 60)

    Begin werk aan jou onderdeel, maar kontroleer met ander in die groep dat al die onderdele inmekaar sal pas. Maak nuwe sketse indien nodig. Totaal [12]

    TechA_LB_Gr9_Ch9_fig11.tif

    Week 3

    Sit die model van die wipbakvragmotor inmekaar (2 × 30 min = 60 minute)

    Voeg nou al die onderdele saam om die hele vragmotor te vorm. Wees versigtig wanneer julle die onderdele inmekaarsit. Party onderdele sal dalk nie presies bymekaar pas nie. Moenie hulle saam dwing nie, want dit kan beide onderdele breek. Dit sal makliker wees om net een van die onderdele te verander deur dit versigtig te sny, of 'n klein stukkie met gom aan te plak.

    Die prent hier regs is 'n voorbeeld van 'n wipbakvragmotor wat iemand gemaak het. Julle model kan anders lyk as hierdie een en kan ook beter werk as hierdie model. Totaal [12]

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-13.tif
    Figuur 12

    Die aanbieding van julle projek (2 × 30 min = 60 minute)

    Julle span sal vyf minute hê om julle ontwerp te verduidelik en julle tekeninge vir die res van die klas te wys.

    Elke spanlid moet die beste sketse wat hy of sy van onderdele gemaak het aan die klas wys.

    Drie nuwe tekeninge moet van die voltooide vragmotor gemaak word. Julle moet as span besluit wie elk van die volgende tekeninge gaan maak:

    Die illustrasie hieronder wys hoe die model op die papier geprojekteer word om 'n ortografiese eerstehoekprojeksie te teken.

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-14.tif

    Figuur 13

    Kyk na die skêr in die figuur. As jy die boks oopsny sal die sye na onder val en plat op die tafel gaan lê. Dan het jy 'n ortografiese eerstehoekprojeksie.

    Op die volgende bladsy is daar 'n oefening om die ortografiese eerstehoekprojeksie van die vragmotor te voltooi.

    Die syaansig is vir jou geteken. Gebruik die rooi projeksielyne en voltooi die bo-aansig van die vragmotor. Gebruik dan die blou lyne en voltooi die vooraansig. Laastens voeg jy die byskrifte by vir die "vooraansig", "bo-aansig" en "sy-aansig" op jou tekening.

    Totaal [10]

    Tech1_Gr9_Ch10_fig-15.tif
    Figuur 14

    Evalueer jou model

    As jy 'n model evalueer, vra jy vrae daaroor. Die meeste van die vrae het betrekking op die spesifikasies. Blaai terug en lees weer die spesifikasies.

    Volgende kwartaal

    Geniet jou wintervakansie. Na die vakansie gaan julle meer leer oor elektriese stroombane en die onderdele wat binne elektriese stroombane gebruik kan word.