Mini-pat 1 ’n brug om die gemeenskap te help

Oor die volgende ses weke gaan julle ’n model van ’n brug ontwerp en bou. Om dit te doen moet julle deur die verskillende stadiums van die ontwerpproses werk en in groepe van drie saamwerk.

1_Gr9_ch4_dps_1.tif 

Figuur 1

1_Gr9_ch4_dps_2.tif 

Figuur 2

Week 1

Ondersoek ouma margaret thabang se probleem (60 minute)

  1. Lees in jou eie groep die volgende storie deur.

2.tif 

Figuur 3

Riviere verskaf water wat gemeenskappe so nodig het, maar water kan soms ’n mens se lewe baie moeilik maak. Gedurende die reënseisoen sukkel mense aan beide kante van die rivier byvoorbeeld om die rivier oor te steek as daar nie ’n brug is nie.

Baie van die mense in KwaNongawu langs die uThukelarivier in KwaZulu- Natal werk aan die ander kant van die rivier. Die dokter, banke en winkels wat hulle moet besoek, is ook aan die ander kant van die rivier.

Skoolkinders steek die rivier oor om hulle skole aan die ander kant te bereik en die ouer mense moet een maal per maand deur die rivier loop vir die uitbetaling van hulle regeringstoelae by die kantore aan die ander kant.

Gewoonlik steek die dorpenaars die rivier te voet oor, want die naaste brug is baie ver van hulle af. In die reënseisoen, as die rivier afkom, word dit baie gevaarlik. Die watervlak is so hoog dat dit moeilik is om veilig daardeur te kom, en die dorpsbewoners het ook krokodille in die rivier gesien. Almal is bang om te verdrink of deur ’n krokodil aangeval te word, maar hulle het geen ander keuse nie en moet deur die rivier gaan om die ander kant te bereik.

  1. Skryf ’n paar sinne om die dorpenaars se probleem te verduidelik.


  2. Kan jy ’n paar maniere voorstel om ouma Margaret Thabang oor die rivier te help?


Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal147.png
Figuur 4: Die versoek om ’n tender wat in ’n plaaslike koerant geplaas is.

'n Tender is ’n versoek om werk deur ’n maatskappy. Dit gee besonderhede oor hoeveel die maatskappy gaan vra om die werk te voltooi.

Die Thukela Munisipaliteit het ’n advertensie geplaas om kontrakteurs te versoek om tenders in te dien vir die bou van ’n struktuur om mense te help om veilig oor die rivier by die dorpie, KwaNogawu, veilig oor te steek.

Munisipaliteite word nie toegelaat om ’n kontrakteur te kies sonder om aan soveel kontrakteurs as moontlik die geleentheid te gee om aansoek te doen nie. Dit is om te voorkom dat iemand voorgetrek word, en om korrupsie te voorkom. Elke kontrakteur skryf ’n tenderdokument wat ’n beskrywing is van sy of haar plan vir die werk en ook wys hoeveel hy of sy sal vra om die werk te voltooi. Die werk word gegee aan die kontrakteur wat die beste plan teen die laagste prys voorlê.

Jy gaan ’n struktuur bou om die gemeenskap te help. Lees weer die storie en ondersoek die verskillende brûe hieronder om te besluit wat die beste oplossing vir die probleem sal wees.

Ondersoek strukture om die probleem op te los (60 minute)

Op hierdie en die volgende bladsy is daar tekeninge van verskillende tipes brûe. Julle het in graad 8 oor hierdie brûe geleer. Kan jy onthou wat die name beteken? As jy nie kan onthou nie, kyk na jou graad 8-boek of vra jou onderwyser om jou te help.

Tech1_gr9_ch4_fig5A_p48.tif

A: ’n Balk-en-kolombrug

Tech1_gr9_ch4_fig5B_p48.tif

B: ’n Boogbrug

Tech1_gr9_ch4_fig5C_p48.tif

C: ’n Vakwerkbrug

Tech1_gr9_ch4_fig5D_p48.tif

D: ’n Hangbrug

Tech1_gr9_ch4_fig5E_p49.tif

E: ’n Vrydraerbrug

Tech1_gr9_ch4_fig5F_p49.tif

F: ’n Kabelankerbrug van die harptipe

Tech1_gr9_ch4_fig5G_p49.tif

G: ’n Kabelankerbrug van die waaiertipe

Tech1_gr9_ch4_fig5H_p49.tif

H: ’n Klein hangbrug

Figuur 5

Vir verskillende tipes brûe word verskillende soorte materiale en konstruksiemetodes gebruik, maar hulle het almal ’n soortgelyke funksie.

Bespreek in julle groepe party van die voordele en nadele van elkeen van die brûe vir die gemeenskap. Dink oor watter dele die gemeenskap sal help en watter nie sal help nie.

As die brug vir motors bedoel word, mag dit te duur wees vir julle tender. Onthou dat die brug die gemeenskap se probleem moet oplos, dit wil sê dit moet doelgeskik wees. In hierdie geval beteken dit dat jou brug sterk moet wees en hoog genoeg om mense te dra, maar nie motors nie. Jou brug moet egter sterk genoeg wees om vloede, wat nogal algemeen in KwaZulu-Natal is, te weerstaan. Jou brug moet stabiel wees en nie sywaarts heen en weer beweeg en ou mense of kinders laat val as hulle oor die brug loop nie. Dit moet ook ’n struktuur hêwat ’n breë rivier kan oorspan.

Gebruik die volgende lys om jou te help om elkeen van die brûe in figuur 5 op bladsy 48 en 49, te ondersoek. Bring ook prente van brûe skool toe. Jy kan foto’s van brûe in ou tydskrifte en koerante kry.

Kontrolelys vir die ondersoek van brûe

Ja

Nee

Is die brug vir motors?

Is die brug vir mense?

Is die brug te duur vir die tender?

Kan die brug sterk genoeg en hoog genoeg gebou word sodat dit nie deur vloede meegesleur sal word nie?

Kan die brug stabiel gebou word sodat dit nie sywaarts beweeg nie?

Kan die brug lank genoeg gebou word sodat dit die rivier heeltemal oorspan?

Is die brug sterk genoeg sodat die dorpsbewoners dit kan gebruik om veilig daaroor na die ander kant van die stroom te loop?

Week 2

Ontwikkel rowwe sketse van idees (30 minute)

Teken rowwe sketse van jou idees vir ’n brug wat die gemeenskap moet help. Gebruik die sketstegnieke wat jy in grade 7 en 8 geleer het.

Totaal [10]

Skets jou idees hier:

6869.png 

Evalueer en pas jou rowwe sketse aan (30 minute)

Jou groep gaan nou ’n tender voorberei. Om te begin, kies die beste ontwerp in julle groep. Dit beteken dat julle een skets uit al die rowwe sketse moet kies. Om jou te help kies, beantwoord die vogende vra:

Vrae

Ja

Nee

Laat die struktuur mense toe om veilig oor die rivier te beweeg?

Beskerm die struktuur mense teen krokodille?

Laat die struktuur ’n groep mense toe om die rivier veilig oor te steek?

Sal die struktuur veilig wees terwyl die rivier in vloed is?

Is die struktuur duursaam en sal dit lank hou sonder om te breek?

Word die struktuur met die regte materiale gemaak? Onthou dat die brug voortdurend met water in aanraking mag wees en moontlik kan roes.

Sal die struktuur beide statiese en dinamiese kragte kan weerstaan?

Sal dit baie duur wees om die struktuur te bou?Onthou, jy bou dit vir mense, nie motors nie.

Sal die struktuur duur wees om te onderhou?

Rig die struktuur skade aan die omgewing?

As die ontwerpe op die sketse nie aan hierdie vereistes voldoen nie, doen aanpassing totdat hulle dit wel doen.

Teken die sketse van julle aangepaste ontwerpe in die spasie op die volgende bladsy. Dié oplossing is julle finale oplossing, en dit sal die basis van jou werkstekening vorm.

Maak jou sketse hier:

6869.png 

Ontwerpopdrag met spesifikasies en beperkinge (30 minute)

Skryf ’n ontwerpopdrag wat verduidelik wat jy wil hêdie struktuur moet doen. Jou ontwerpopdrag moet die spesifikasies en beperkings van jou ontwerp lys. Gebruik die oop spasie hieronder om die ontwerpopdrag te skryf.

Onthou spesifikasies is dinge wat jou ontwerp moet hê en beperkings is die dinge wat jou ontwerp nie kan hê nie. Die spesifikasies en beperkings word gewoonlik in die tenderkennisgewing genoem

Spesifikasies mag die volgende insluit:

Beperkinge kan die volgende insluit:

Totaal [10]

Skryf jou ontwerpopdrag in die spasie hieronder en op die volgende bladsy:

6869.png 

Teken ’n vloeidiagram (30 minute)

Onthou jy wat ’n vloeidiagram is? ’n Vloeidiagram is ’n opsomming van al die stappe wat jy moet volg om iets te beplan of te maak. Dit is ’n visuele manier om die stappe in ’n beplannings- of maakproses te wys.

’n Vloeidiagram is ’n opsomming, gebruik dus kort sinne of net sleutelwoorde om jou stappe neer te skryf. Trek dan ’n raampie om elke stap en ’n pyl tussen die stappe.

Kyk na die voorbeeld van ’n vloeidiagram hieronder. Teken nou ’n vloeidiagram van hoe jy jou brug gaan bou. Doen dit op die volgende bladsy.

Dink aan die heel eerste ding wat jy sal moet doen en begin daar. Gaan jy byvoorbeeld eers die rivier meet, die materiaal koop, die personeel oplei of begin deur jou begroting op te stel?

Jy kan die vloeidiagram later verander terwyl jy die model van jou brug maak. Ingenieurs en tegnoloë verander dikwels hulle planne terwyl hulle aan ’n projek werk.

“Visueel” beteken iets wat jy kan sien.

'n Sleutelwoord is ’n woord wat ’n hele sin kan vervang. Byvoorbeeld: vir “Maak ’n lys van jou take,” kan jy net skryf “lys”

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal155.png
Figuur 6
6869.png
Teken jou vloeidiagram hier:

Week 3

Maak werkstekeninge (60 minute)

“Werkstekening” is gidse wat ons wys hoe om ’n spesifieke struktuur te bou. Maak ’n werkstekening van jou brug. Dit moet volgens skaal geteken word en soveel detail as moontlik wys.

Elkeen van jul tekeninge moet die afmetings van die struktuur wys en die skaal wat jy gekies het. Gebruik die korrekte soorte lyne.

Kyk weer na hoofstuk 1 om jou te herinner hoe om ortografiese tekeninge te maak.

Jy benodig die volgende toerusting:

Teken jou eerste-hoekse ortografiese projeksietekening hier: Totaal [10]

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal158.png 

Werk ’n begroting uit (60 minute)

Alle projekte wat geld kos, het ’n begroting nodig. ’n Begroting is ’n plan waarin daar na die verskillende kostes gekyk word en hoe die geld aangewend gaan word.

Voordat jy met enige stuk werk begin, is dit belangrik om seker te maak jy het genoeg geld. Jy mag andersins reeds halfpad deur die projek sonder geld sit.

Jy moet ook die tenderraad oortuig dat jou brug koste-effektief is, wat beteken dat dit veilig is vir mense en die omgewing, en dat dit nie te duur is vir hierdie doel nie.

Wanneer jy die brug bou, dink aan die dinge wat geld gaan kos, byvoorbeeld:

Onthou dat julle’n kontrakterende maatskappy is en ’n wins wil maak. Sodra julle die ander koste bereken het, voeg ’n bedrag by vir julle wins.

Daar sal ander maatskappye wees wat ook vir die werk tender, hou dus julle koste so laag as moontlik om die tender so aantreklik as moontlik te maak. Moet egter nie die veiligheid van die brug in gedrang bring, of toelaat dat dit nie vir die vereiste doel geskik sal wees nie. Balanseer die behoefte om ’n wins te maak, met die behoefte om ’n veilige brug te bou.

Vir hierdie oefening moet jy ’n kostetabel saamstel. ’n Kostetabel is ’n opsomming van al jou onkostes.

Op die volgende bladsy is ’n voorbeeld van ’n kostetabel vir ’n ander brug. Jy kan party van die materiaalkostes in hierdie tabel gebruik in die kostetabel vir jou eie brugontwerp.

Voorbeeld:

Itembeskrywing

Hoeveelheid

Prys per eenheid (Rand)

Totaal (Rand)

Materiaal

Sement (80 kg)

50

90

10 000

Dennehoutplanke (200 cm × 30 cm × 2 cm)

200

Sakke spykers (10 × 3 cm)

10

Bakstene

5 000

Staal I-balke (5 m × 6 cm)

20

1 000

20 000

Subtotaal

Arbeid

Arbeiders

25

25 per uur

Skrynwerker

2

320 per dag

Voorman

1

600 per dag

Sweisers

3

720 per dag

Subtotaal

Masjinerie/Toerusting

Stootskraper

1

2 000 per dag

Padskraper

1

2 500 per dag

Grawe en ander toerusting

25

10 per dag

Subtotaal

Ander personeelkoste

Ingenieur

Argitek

Werkbestuurder

TOTAAL

Julle eie lys sal anders lyk, want dit sal afhang van die materiale wat julle gekies het om julle brug mee te bou. As jy nie heeltemal seker is oor bedrae of hoeveelhede nie, kan jy altyd ’n klein bietjie ekstra by jou finale syfer voeg. Dit is beter om ’n ietsie oor te hê as om tekort te skiet.

Om jou te help om die koste te bereken, praat met die eienaar van ’n gereedskapwinkel, ’n boukontrakteur, of ’n lid van jou familie wat iets weet van begrotings en boukoste. Jy kan ook die Geelbladsye gebruik om verskaffers na te slaan. Hulle sal vir jou inligting gee as jy hulle van jou projek vertel. Moenie sommer koste uit jou duim suig nie. Jy wil jou begroting akkuraat hê.

Skryf jou begroting hier en op die volgende bladsy neer.

Totaal [10]

6869.png 

6869.png 

Winsgrens

Wat is die addisionele bedrag wat jy gaan vra?

Onthou, jy moet ’n wins te maak. Hierdie bedrag moet regverdig wees teenoor jou en die owerheid wat die kontrak gaan toeken.

Week 4

Bespreek en oefen die maak van jou model l (60 minute)

Julle gaan ’n model van julle struktuur maak. Bespreek in julle groepe hoe julle dit gaan doen.

Dink deeglik oor al die materiale wat julle gaan nodig hê om die model te bou. Het julle papier, lym, en/of geriffelde karton nodig? Wat van gereedskap? Het julle ’n skêr of lym nodig?

Maak ’n volledige lys van al die materiale en gereedskap wat nodig is vir die bou van julle model.

Om georganiseerd te bly, moet julle ’n plan hê. Vra julle-self vrae soos:

As julle besluit het wat julle wil doen, voeg dit by die vloeidiagram. Elke groepslid moet een saamstel.

Die volgende aktiwiteit sal jou help om sterk strukture van papier te maak. Jy kan hierdie strukture gebruik om jou te help om jou model van ’n brug te bou.

Maak ’n model van jou brug (60 minute)

Elke groep bou een model wat moet lyk soos die werkstekening. Dit moet netjies, veilig en op skaal gebou word. Jy kan materiale soos karton, tou, draad, hout, koeldrankstrooitjies, plastiek en klei gebruik. Jy kan ook lym en verf gebruik.

Wees die hele tyd van veiligheid bewus, veral as julle met lemme en giftige gom werk. (Houtgom, wondergom en Pritt is gelukkig nie giftig nie.)

Onthou om die stappe te volg soos in die vloeidiagram gewys word. Elkeen moet by die maak van die model betrokke wees.

Totaal [20]

Week 5

Ontwerp ’n evalueringsinstrument (6 0 minute)

Maak in julle groepe ’n kontrolelys vir beoordeling om te sien of jul struktuur ’n goeie oplossing vir die gemeenskap se probleem is. Gebruik die spesifikasies van jou ontwerpopdrag van week 1 om jou te help om die kontrolelys te maak.

Hier is ’n voorbeeld van ’n paar van die items wat in ’n kontrolelys vir ’n projek kan wees:

Voeg nou jou eie items by die kontrolelys om dit klaar te maak.

6869.png 

Skryf jou kontrolelys hier neer:

6869.png 

Evalueer jou span se oplossing (60 minute)

Vergader met al die groepe in die klas. Deel julle kontrolelyste tussen die groepe en werk almal saam om die beste kriteria te kies. Op dié manier sal julle almal die beste kriteria kan gebruik om ’n enkele kontrolelys te maak wat elkeen kan gebruik.

Gebruik die gekose kontrolelys om jou groep se oplossing vir die gemeenskap se probleem te beoordeel. Sluit hierdie kontrolelys by jou tenderdokumente in.

6869.png 

Week 6

Bied julle tender vir die klas aan (120 minute)

Dit is tyd om julle tender vir die klas aan te bied. Julle moet ’n aanbieding van 15 minute lank doen om te probeer om die tenderraad te oortuig dat julle tender die beste een is. Elke lid van die groep moet ’n deel van die tender vir die klas aanbied.

Totaal [10]

Die tender moet die volgende inligting insluit:

Beplan watter lid van die groep watter deel van die tender sal aanbied. Iemand moet die artistiese tekening van julle struktuur teken. Hierdie tekening moet kleur en detail hê om die tenderraad te beïndruk.

6869.png