Ortografiese tekening

In hierdie hoofstuk gaan jy leer omtekeninge te maak wat die presiese groottes van dele van voorwerpe wys. Dié soort tekening wys ook hoe voorwerpe vanuit verskillende waarnemingspunte lyk .

Tech_English_LG_Grade9_term1_pic1.png 

Figuur 1

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal-pg3.png 

Figuur 2

3.png 

Figuur 3

Oor ortografiese tekeninge

In grade 7 en 8 het julle verskillende maniere geleer om julle ontwerpe te teken. Jy kan jou idees vinnig met sketse op papier vaslê. Die byvoeg van perspektief laat tekeninge meer lewensgetrou lyk. As jy beskaduwing en kleur byvoeg, lyk jou tekeninge nog beter.

4.png

Figuur 4

Die woord ortografies, is van twee woorde afkomstig. “Orto” beteken om reguit na ’n plat vlak van ’n voorwerp te kyk. “Grafies” beteken ’n tekening.

5.png

Figuur 5

6.png

Figuur 6

Jy gaan nou leer hoe om ortografiese tekeninge te maak. Dit beteken dat jy van verskillende kante na ’n voorwerp gaan kyk en afsonderlike tekeninge sal maak van wat jy sien.

Slegs drie aansigte van die boks kan gesien word.

  1. Hoeveel vlakke van die kubus word nie op die tekening gewys nie ?

7.png

Figuur 7


As jy reg van bo af kyk op ’n kubus wat soos hierdie een ingekleur is, sal jy ’n blou vierkant sien.

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal15-1.png

Figuur 8

9.png

Figuur 9

As jy na die kubus kyk vanaf ’n spesifieke posisie aan die linkerkant, sal jy ’n geel vierkant sien.

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal15-2.png

Figuur 10

11.png

Figuur 11

As jy na die kubus kyk vanuit ’n spesifieke posisie aan die regterkant, sal jy ’n rooi vierkant sien.

12.png

Figuur 12

13.png

Figuur 13

Dit word ook ’n sy-aansig genoem.

Dit kan ook die vooraansig genoem word.

Die vooraansig, bo-aansig en een sy-aansig van ’n klein huisie word hieronder gewys. ’n Stel tekeninge soos hierdie word eerstehoekse ortografiese projeksies genoem.

14.png 

Figuur 14

Eerstehoekse ortografiese projeksies word gewoonlik, soos hieronder gewys, in blokke geteken. Die vooraansig word eers in die boonste linkerkantse blok geteken. Daarna word konstruksielyne vanaf die vooraansig geteken om dit makliker te maak om die bo-aansig en ’n sy-aansig te teken. ’n Sy-aansig kan ook ’n endaansig genoem word.

Vooraansig

Sy-aansig

Bo-aansig

Maak jou eerste ortografiese tekeninge

Regs word ’n isometriese tekening van ’n mobiele trap gewys. Die trap is 900 mm wyd. Die ander afmetings word op die sy-aansig op die volgende bladsy gewys. ’n Vooraansig van die trap word in die linkerkantse boonste blok hieronder gewys. Gebruik konstruksielyne om ’n bo-aansig en ’n sy-aansig in die linkerkantse onderste blok, en in die regterkantse boonste blok, te teken.

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal17-1.png

Figuur 15

16.png 

Figuur 16

Argitekte gebruik ortografiese tekeninge van ’n huis om die bouer in te lig hoe groot die vensters, hoe lank die mure en hoe hoog die dak is. Dit word dimensies of afmetings genoem. Ons skryf afmetings gewoonlik in millimeters (mm).

Die klein lyntjies op jou liniaal is 1mm van mekaar af.

Kyk na hierdie sy-aansig van ’n trap. Jy kan die afmetings langs die pyle sien.

17.png 

Figuur 17: Sy-aansig van die trap met afmetings

Kyk na die tekeninge hieronder en op die volgende bladsy. ’n Argitek het hulle gemaak terwyl hy ’n huis ontwerp het.

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal19.png

Figuur 18: Voorlopige tekeninge

TechA-Grade9_chapter-1_fig19-1.tif 

Figuur 19: Finale tekeninge

Verskillende soorte lyne in tekeninge

In die volgende tekening word verskillende soorte lyne gebruik:

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal111.png

Figuur 20

Die volgende lyne word in die tekening hierbo gebruik:

Tech_English_LG_Grade9_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal111-2.png

Maak op die volgende bladsy ’n vryhandkopie van hierdie tekening en gebruik dieselfde soorte lyne daarin.

Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy jou tekenvaardhede verder ontwikkel. Jy gaan verskeie tekeninge van ‘n stel trappe en ‘n oprit maak.