Energie vir die nasie

In hoofstuk 7 het jy meer geleer van elektriese stroombane en komponente. Jy het ook geleer wat die internasionale tekens is wat gebruik word wanneer jy hierdie stroombane teken.

In hierdie hoofstuk gaan jy meer leer van die praktiese implikasies van elektrisiteitstoevoer en hoe dit mense wat in informele nedersettings en landelike gebiede woon, raak. Jy gaan meer leer van die verskillende energie hulpbronne wat gebruik word vir hitte, beligting en kosmaak, en ook hoe onwettige verbindings van elektriese kabels probleme vir die gemeenskap kan veroorsaak.

Laastens gaan jy dit bespreek en ’n verslag skryf oor hoe ons land elektriesiteit aan huishoudings, nywerhede en die gemeenskap moet verskaf.

Tech2_gr8_ch8_fig1.tif 
Figuur 1: Maste wat die land se energievoorraad dra
Tech2_gr8_ch8_fig1a.tif 
Figuur 2
Tech2_gr8_ch8_fig2b_p139.tif 

Energieverbruik in landelike en informele nedersettings

Voor elektrisiteit: Slim maniere om energie te kry en te gebruik

Jy aanvaar dalk lig en hitte as vanselfsprekend te danke aan elektrisiteit maar lank gelede, voor daar elektriese energie was, moes mense slim planne beraam om hierdie basiese benodighede in die hande te kry. Wanneer jy navorsing doen oor die tydperk voor elektrisiteit en wat gemeenskappe in ons land as brandstof gebruik het, kan jy die volgende sien:

Ambagsmanne het dit reggekry om hoë temperature te produseer deur vure in oonde te stook. In hierdie oonde kon hulle dan staal smelt om wapens en implemente mee te maak. Hierdie proses is al sowat 2000 jaar oud. Hout van die inheemse acacia robusta boom is gebruik omdat dit besonder hard is en smeul wanneer dit aan die brand gesteek word. Hierdie hout is ook gebruik wanneer daar kos gemaak is en ook om lig te verskaf.

Daar is ook ’n ander “oond” wat duisende jare gelede gebruik is. Die oond is gebou deur ’n gat in die grond te grawe en dit met mis en ander isolerende stowwe uit te voer

Tech2_gr8_ch8_fig3.tif 
Figuur 3: ’n Put vuur

Energie vir hitte, beligting en kosmaak in landelike en informele nedersettings in die laat 20ste eeu

Elektrisiteit is vroeg in die 20ste eeu bekendgestel maar kon meestal net in stede en industriële gebiede gebruik word. Later het elektrisiteit digbewoonde dele van die land bereik, maar landelike en informele nedersettings was meestal nie deel van die elektrisiteitstoevoer-netwerk nie. Selfs teen 1994 het slegs 1% van landelike huishoudings toegang tot elektrisiteit gehad! Ander metodes moes dus ondersoek word.

Verhitting

In die afwesigheid van hout was kool en steenkool die brandstof wat meestal gebruik is vir verhitting. Hout was goedkoper as steenkool maar moeiliker om in die hande te kry omdat die hout in areas rondom sommige nedersettings lankal deur vorige bewoners opgebruik is.

’n Ander bron van energie wat gebruik is, is gas. Gas is duur en mens het spesiale toerusting soos gasbottels en ’n element nodig om huise en sinkhuise te verhit.

Paraffien is ’n ander energie hulpbron wat baie populêr was. Dit was maklik om verwarmers te kry wat paraffien gebruik en hierdie verwarmers was ook redelik goedkoop. Paraffien het egter veiligheidsrisiko’s wat later in hierdie hoofstuk ondersoek sal word.

’n Element skakel elektrisiteit om in hitte as gevolg van die weerstand in die materiaal waarvan die element gemaak is. Wanneer gas verbrand word, maak dit die element warm wat hitte behou en uitstraal.

Beligting

Jy maak elke dag gebruik van beligting. Verbeel jou net hoe moeilik dit sou wees om jou huiswerk in die aand te doen sonder enige lig! Teen 1994 was kerse nog steeds die hoof bron van beligting in landelike gebiede. Ongeveer 82% huishoudings het staatgemaak op kerse om in die aande lig in hulle huise te verskaf.

Lampe wat paraffien as brandstof gebruik het, het die res van die gemeenskap se lig verskaf in 17% van die huishoudings. Mense wat gas vir kosmaak gebruik het, kon dit ook vir beligting gebruik, maar party huishoudings het met steenkool of hout vuur gemaak om lig te verskaf. Gas, hout en steenkool is nie doeltreffend in hierdie opsig nie.

’n Baie klein hoeveelheid mense het elektrisiteit gebruik: amper minder as 1% van die bevolking in informele nedersettings.

Kosmaak

In informele nedersettings was paraffien die algemeenste brandstof wat gebruik is wanneer kos gaar gemaak is: meer as 90% van die mense het paraffienstowe gebruik. Oonde wat hout en steenkool verbrand, was in byna al die oorblywende huishoudings gebruik, met gas wat baie selde tydens kosmaak gebruik is.

Selfs al het sommige gebiede toegang tot elektrisiteit gehad, het minder as die helfte van die mense dit gebruik wanneer hulle kos gemaak het. Stowe en ander elektriese toestelle was onbekostigbaar vir die meeste mense wat in informele nedersettings gebly het.

Tech2_gr8_ch8_fig4.tif 
Figuur 4: ’n Paraffienstoof Brandgevare en veilighei

Brandgevare en veiligheidsrisiko’s van oop vure as ’n energie-hulpbron

Oop vlamme is altyd gevaarlik. Huise in informele nedersettings is gewoonlik uit materiale gemaak wat maklik aan die brand slaan en sinkhuise is gewoonlik baie naby aan mekaar gebou. Mense wat nie elektrisiteit het nie en dus gedwing word om vuur te maak vir hitte, lig en kosmaak, moet baie versigtig wees. Wanneer mense nie versigtig is nie, kan groot brande ontstaan en baie skade aanrig. Wanneer so ’n brand ontstaan, is dit moeilik vir nooddienste om by die toneel te kom omdat daar nie behoorlike paaie is waarmee brandweerwaens tot by die huise kan ry nie en ook omdat daar nie lopende water is om die brand mee te blus nie. As gevolg van ’n tekort aan basiese dienste, soos elektrisiteit, voel mense hulle kan net gebruik maak van alternatiewe en meestal gevaarlike energie-hulpbronne.

’n Landelike nedersetting is ver van dorpe, stede of groot industrieë (soos myne). ’n Informele nedersetting bestaan uit tydelike huise vir mense wat nader aan ’n dorp, stad of industrie verhuis om werk te soek.

Landelike nedersettings is gewoonlik ver van kragstasies, en ook weg van dorpe en stede waar daar reeds elektrisiteit-hoogspanningslyne aangelê is. Dit is duur om hoogspanningslyne aan te lê na verafgeleë plekke. Dit vereis ook tyd om te beplan en te bou. Sommige mense in landelike nedersettings kan nie bekostig om vir elektrisiteit te betaal nie.

Informele nedersettings word gewoonlik vinnig en sonder beplanning opgerig, dus is daar geen tyd om elektrisiteit-hoogspanningslyne te beplan of te bou voordat mense daarheen verhuis nie.

Sommige mense in informele nedersettings kan ook nie bekostig om vir elektrisiteit te betaal nie.

1. Gestel jy was in beheer daarvan om die manier waarop elektrisiteit versprei word deur die land te verander om die bevolking te bevoordeel.

(a) Neem die persentasies van die bevolking wat elektrisiteit gehad het in ag en skryf dan wat jou hoofdoel gaan wees?


(b) Watter gedeelte van die bevolking het die meeste aandag nodig?


(c) Skryf vier of vyf dinge neer wat jy sal ondersoek voor jy besluit om ’n landelike of informele nedersetting vir die eerste keer met elektrisiteit te voorsien.

Byvoorbeeld: Ek sou die veiligheidsaspekte vir die verskaffing van elektrisiteit in informele nedersettings ondersoek.


Die hede: Energie vir alle Suid-Afrikaners

Die regering van Suid-Afrika het in die jaar 2000 hul beleid om gratis basiese dienste aan arm mense te verskaf, aangekondig. Die hooffokus van hierdie beleid is gratis water- en sanitasiegeriewe asook om krag aan alle inwoners te verskaf.

Oor die algemeen is elektrisiteit goedkoper as tradisionele vorms van energie soos steenkool, paraffien, kerse en hout. Selfs al is die direkte koste van elektrisiteit nie minder as die van hout nie, moet die indirekte kostebesparings of voordele daarvan in ag geneem word. Byvoorbeeld, lede van ’n landelike gesin spandeer dalk baie ure per dag om hout bymekaar te maak en op te kap; tyd wat hulle op ander dinge kon spandeer as hulle elektrisiteit gehad het.

Vir die regering om sy doelwitte te bereik, word ongeveer 210 000 huishoudings per jaar by die nasionale kragnetwerk aangesluit en sowat 10 000 huishoudings per jaar word toegerus met hernubare energie hulpbronne.

Die netwerk waardeur elektrisiteit oor Suid-Afrika versprei word, word die nasionale kragnetwerk genoem. Dit sluit kragstasies, kragkabels en substasies in.

Volhoubare energie is energie wat nooit kan opraak nie. Die son en wind is die algemeenste bronne van hierdie soort energie.

Van die 12, 8-miljoen huishoudings wat elektrisiteit het in Suid-Afrika, word ongeveer 52 000, meestal in landelike gebiede, voorsien van basiese sonkrag. Wanneer energie vanaf die son op ’n spesifieke manier opgevang word om batterye te laai, kan die batterye dan krag aan huishoudelike toestelle verskaf.

In 1994 het slegs 37 % van die land toegang tot elektrisiteit gehad en teen 2013, het 83% van die land elektrisiteitstoevoer gehad. Ons kan dus aflei dat die regering se beleid suksesvol was

Die regering moedig arm mense aan om aan te sluit by die nasionale kragnetwerk deur ’n hoeveelheid elektrisiteit gratis te aan armer huishoudings te verskaf. Dit is tans 50kWh per huis, per maand.

Ondersoek: energie hulpbronne

Tech2_gr8_ch8_fig5.tif 
Figuur 5: ’n Informele nedersetting met elektrisiteitstoevoer. Let op dat daar beheerbokse bo-op die pale is. Hierdie bokse beheer hoeveel elektrisiteit elke huishouding gebruik en het ingeboude veiligheidsmeganismes vir wanneer daar ’n kortsluiting is.

Andile bly hier. Hy beplan om eendag ’n ingenieur te word en probeer uitvind wat mense in sy gemeenskap nodig het. Hy weet reeds die volgende:

Hy wil nou by hulle weet watter energie hulle gebruik om hulle huise warm te hou in die winter, kos mee gaar te maak en water mee te kook, en wat hulle gebruik om lig te verskaf.

Hy skei die energie hulpbronne van die sisteme wat hulle gebruik. Byvoorbeeld, paraffien is ’n energiebron waarvoor mense betaal. Maar paraffien word gebruik in ’n verskeidenheid sisteme: paraffienstowe, paraffienverwarmers, parafienlampe en selfs yskaste wat met paraffien werk. .

Help Andile om sy vraelys op te stel: Individuele werk

Voltooi die tabel hieronder en op die volgende bladsy. Skryf neer wat jy dink die verskillende huishoudelike toestelle sal wees wat mense in onderskeidelik landelike en informele nedersettings gebruik. Hierdie verskillende toestelle sal jou help om te voorspel watter energiehulpbronne en -stelsels gebruik word. Die eerste kolom is vir huise wat nie elektrisiteit het nie en die tweede kolom vir huise wat wel elektrisiteit het.

Jy sal prente van sisteme waarin energiehulpbronne gebruik word in hoofstuk 5, hoofstuk 7 en in hierdie hoofstuk kry .

Huishoudings sonder elektrisiteit

Ek dink dat mense gaan ons vertel van hierdie ENERGIEHULPBRONNE:

Ek dink ons gaan hoor van hierdie SISTEME en GEBRUIKE van energiehulpbronne:

NADELE of RISIKO’S wanneer hierdie energiehulpbronne gebruik word:

paraffien

steenkool

houd

kerse

batterye

gas

sonlig

Huishoudings met elektrisiteit

Ek dink dat mense gaan ons vertel van hierdie ENERGIEHULPBRONNE:

Ek dink ons gaan hoor van hierdie SISTEME en GEBRUIKE van energiehulpbronne:

NADELE of RISIKO’S wanneer hierdie energiehulpbronne gebruik word:

paraffien

steenkool

houd

kerse

electricity that is not supplied by batteries

batterye

gas

sonlig

Onveilige en onwettige elektrisiteitsverbindings

ESKOM en ander maatskappye wek elektrisiteit op (“maak” elektrisiteit) en verskaf dit dan aan verbruikers deur middel van lang kabels waarna ons verwys as “kragkabels”. Verbruikers sluit in: winkels, fabrieke, myne en mense wat in woonstelle, sinkhuise en ander huise bly. Hierdie verbruikers word deur dun kabels wat deur kragmetingbokse gaan, aan die groot kragkabels gekoppel. Die kragmetingbokse bo-op krag pale meet die hoeveelheid energie wat verbruik word.

Tech2_gr8_ch8_fig6.tif 
Figuur 6: ’n Boks wat wettige krag verbruik meet.
Tech2_gr8_ch8_fig7.tif 
Figuur 7: Onwettige verbindings in ’n informele nedersetting. Let op dat daar geen beheerboks op die paal is nie, dit beteken dat daar geen manier is om die kragverbruik te meet nie en dat die elektrisiteit nie afgesit kan word wanneer ’n kortsluiting plaasvind nie.

Die maatskappy wat elektrisiteit verskaf het geld nodig om steenkool en nuwe kragopwekkers te koop en om die mense te betaal wat die kragopwekkers in stand hou. Dit is die rede waarom jy moet betaal vir elektrisiteit.

Elektrisiteit is nie ’n goedkoop hulpbron nie maar sommige mense maak dit goedkoop deur elektrisiteit te steel. Sien figuur 6. Hier kan jy die kabels sien wat mense aan die kragpaal gekoppel het. Hierdie verbindings is onwettig. Die woord “onwettig” beteken “teen die wet”.

Die wet sê dat slegs ’n opgeleide elektrisiën ’n gebou by die hoof elektriese toevoer vanaf die munisipaliteit mag aansluit. Hierdie toevoer word die “hooftoevoer” genoem. Hierdie wet is met baie goeie rede opgestel. Die hooftoevoer van elektrisiteit met ’n energievlak van omtrent 230 volt, het genoeg energie om ’n mens dood te maak. Dit beteken dat mense baie kan seerkry en dat ’n brand kan ontstaan wanneer verbindings verkeerd gekoppel word. Brande kan ontstaan as gevolg van kortsluitings waaroor jy in hoofstuk 5 geleer het.

’n Elektrisiën word opgelei om veilige elektrisiteitsverbindings te maak en weet hoe om die hooftoevoer met die boks wat die kragverbruik meet, te koppel. Daar is egter mense wat voorgee dat hulle weet hoe elektrisiteitsverbindings werk en dan ’n huis direk aan die hooftoevoer koppel. Hierdie verbindings word nie deur die meter boks gekoppel nie. Hulle gebruik oop drade sonder isolasie wat in bome hang of op die grond lê. Hierdie mense sal kabels op plekke sit waar hulle maklik aan sinkmure en -dakke, hekke of metaal vensterrame raak. Hulle weet nie dat metaalvoorwerpe geleiers is wat die 230 volts kan dra nie. Wanneer sulke verbindings gemaak word, gebeur daar gereeld kortsluitings wat veroorsaak dat huise en sinkhuise afbrand.

Die koste van gesteelde elekrisiteit

Tech2_gr8_ch8_fig8.tif 
Figuur 8: ’n Elektriese substasie. Substasies is dikwels die slagoffers van diewe wat elektrisiteit steel.

Onwettige verbindings is gevaarlik en kos die land baie geld! Hoe raak die elektrisiteit diefstal die volgende groepe en wat kan hierdie groepe doen om die probleem op te los?

Hierdie is ’n besprekingsopdrag. Werk in groepe van drie of vier.

1. Die gemeenskap:

(a) Hoe word hulle deur die diefstal van elektrisiteit geraak?


(b) Wat kan hulle doen om elektrisiteitsdiefsteal te keer?


2. Skole:

(a) Hoe word hulle deur die diefstal van elektrisiteit geraak?


(b) Wat kan hulle doen om elektrisiteitsdiefstal te keer?


3. Regering:

(a) Hoe word hulle deur die diefstal van elektrisiteit geraak?


(b) Wat kan hulle doen om elektrisiteitsdiefstal te keer?


Die regverdige verdeling van elektrisiteit

In die gedeelte onder 8.1 het jy geleer hoe Suid-Afrika se regering die toevoer van elektrisiteit verbeter het sodat meer mense toegang tot elektrisiteit in hul huise kan hê.

Elektrisiteit moet deur Eskom opgewek word waarna hulle elektrisiteit aan huishoudings moet voorsien, maar die elektrisiteit moet ook voldoen aan die hele land se behoefte vir energie. Soos jy weet word party plekke deur diewe geteiken, byvoorbeeld straatligte en verkeersligte. Hierdie verbruikers is deel van die munisipaliteit. Wie het nog elektrisiteit nodig?

Verbruikers van elektrisiteit

Werk saam met ’n klasmaat.

geet om jou skool in te sluit nie.

Verbruiker

Item

Spoorweë

Elektriese treine

Stasies

Hospitale

Ligte

masjiene

Fabrieke

Myne

Winkels

Bespreek saam met die klas die verdeling van hulpbronne in ons land. Gebruik jou lys om die volgende punte te bespreek. Kies iemand om notas op die bord te skryf. Hier is van die onderwerpe wat bespreek moet word, maar om in diepte oor elektrisiteit te praat, kan ander onderwerpe bygevoeg word soos hulle opduik:

Maak tydens en na afloop van die bespreking notas oor die onderwerpe wat in die klas bespreek is. Jy kan hierdie notas as ’n verwysing gebruik om jou in die volgende gedeelte van die hoofstuk te help.

Jou notas:


Skryf ’n verslag oor die verbruik van elektrisiteit in suid-afrika

Skryf ’n verslag oor wat jy geleer het van elektrisiteitsverbruik in ons land. In die verslag moet jy aandag gee aan die volgende onderwerpe:


Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy meer leer oor batterye en fotovoltaïese selle.