Elektriese stelsels en beheer

In hierdie hoofstuk gaan jy uitvind hoe om elektriese stroombane te bou wat gloeilampe laat skyn. Jy gaan van die volgende leer: stroombaan komponente, inset- en uitsettoestelle, en beheertoestelle soos skakelaars. Jy gaan ook leer hoe om hierdie komponente as simbole op stroombaandiagramme te teken.

Tech2_gr8_ch5_fig1a.tif 
Figuur 1
Tech2_gr8_ch5_fig1b.tif 

Ondersoek eenvoudige stroombane

Laat gloeilampe skyn

Om hierdie aktiwiteit te doen, benodig jy al die komponente (dele) wat in figuur 2 gewys word.

Tech2_gr8_ch7_fig2.tif 
Figuur 2: Komponente om ’n elektriese stroombaan te bou

Verdeel in spanne van vier tot ses leerders. Twee spanne kan saam werk indien daar slegs een sel per span is. Bespreek die volgende in julle span en doen dan die eksperimente:

Uit hierdie aktiwiteit het jy agtergekom dat die gloeilamp slegs sal skyn wanneer die drade aan die skroefkontak en die soldeerknop van die gloeilamp raak.

Jy het ook geleer dat jy die metaaldele aanmekaar moet koppel om ’n baan vir die stroom te maak wat deur die puntgedeelte van die sel, deur die gloeilamp, en terug na die plat gedeelte van die sel loop. Hierdie baan word ’n stroombaan genoem. Die stroom sal nie vloei as daar ’n gaping in die baan van die geleiers is nie.

’n Elektriese stroombaan is ’n volledige baan van geleiers. Die selle veroorsaak dat ’n stroom elektrisiteit deur die stroombaan vloei. Die stroom sal slegs vloei as daar geen gapings in die stroombaan is nie.

Die selle verskaf energie om die elektrisiteit deur die stroombaan te laat vloei, en die elektrisiteit wat deur die “filamentdraad” binne die gloeilamp gloei, veroorsaak dat die gloeilamp skyn.

Selle gebruik chemiese reaksies om elektrisiteit deur ’n stroombaan te laat vloei. In hoofstuk 9 gaan jy meer oor die chemiese reaksies in selle leer.

Die stroomspanning van ’n sel

Daar is ’n nommer op die selle gedruk, byvoorbeeld “1,5 V”. Soek daardie nommer op jou sel. Die nommer stel 1,5 volt voor. Jy kan sê dat die sel ’n stroomspanning van 1,5 volt het.

Toe jy twee selle punt-tot-punt gekoppel het, het jy ’n twee-sel battery met ’n stroomspanning van 3 volt gemaak. Die 3 volt battery kan meer energie aan die gloeilamp gee en die gloeilamp sal dus helderder skyn.

Wanneer twee of meer selle gekoppel word om ’n elektriese stroom aan ’n stroombaan te verskaf, noem jy dit ’n battery van selle, of gewoonweg, ’n battery. ’n Enkel sel kan ook ’n battery genoem word.

Koppel gloeilampe in serie

Vir hierdie aktiwiteit het jy die volgende nodig:

Tech2_gr8_ch7_fig3.tif 
Figuur 3

Jy kan ’n drukskakelaar maak deur ’n stuk rigiede plastiek en twee metaal papierskuiwers te gebruik. ’n Drukskakelaar maak slegs elektriese kontak wanneer jy dit druk.

Bou die stroombaan wat in figuur 3 gewys word. Druk die skakelaar sodat die gloeilamp kan skyn en kyk hoe helder die gloeilamp skyn. Die eerste gloeilamp gaan jou kontrole-lig wees.

Indien die kontrole-lig helder skyn, is die stroom sterk.

Indien die kontrole-lig flou is, is die stroom swak.

Koppel nou nog ’n gloeilamp in die stroombaan soos in figuur 4 gewys word.

Tech2_gr8_ch7_fig4.tif 
Figuur 4

Bedek die nuwe gloeilamp met jou hand en kyk slegs na die kontrole-lig. Die kontrole-lig is nie so helder as wat dit voorheen was nie. Wat weet jy omtrent die stroom wat deur die twee gloeilampe moet vloei?

Koppel nou ’n derde gloeilamp in die stroombaan soos in figuur 5.

Tech2_gr8_ch7_fig5.tif 
Figuur 5

Bedek albei nuwe gloeilampe met jou hand en kyk na die kontrole-lig. Hoe het die stroom nou verander?

Serie skakeling

Wanneer ons gloeilampe koppel wat net een baan toelaat vir die stroom om te vloei soos in figuur 5, sê ons dat die gloeilampe “in serie” gekoppel is. Die stroom moet om die beurt deur elke gloeilamp vloei.

1. Wat sal gebeur indien jy ’n vierde gloeilamp koppel?


2. Indien ons meer gloeilampe in serie in die stroombaan koppel, sal die kontrole- lig flouer skyn. Dit sê aan ons dat indien ons meer ................ byvoeg, sal die stroom ................ word.


Weerstand

Dieselfde battery kan ’n sterk en ’n swak stroom voortbring; die stroom word deur die weerstand bepaal.

Namate ons meer gloeilampe in serie koppel, is dit moeiliker vir die battery om die stroom deur die stroombaan te stuur, en die stroom word dus al hoe swakker en swakker. Die rede hiervoor is die weerstand in elke gloeilamp se filamentdraad. Die gloeilampe het weerstand en daarom sê ons dat hulle “resistors” is.

Hoe groter die weerstand, hoe swakker die stroom.

  • Goeie geleiers het ’n lae weerstand, swak geleiers het ’n hoë weerstand. Voorbeelde van goeie geleiers is koper, goud, silwer en aluminium. Hulle het almal ’n lae weerstand.
  • Voorbeelde van medium of swak geleiers is wolframgloeidraad, grafiet (die swart samestelling wat binne jou potlood is) en nichroom. Hulle gelei wel elektrisiteit, maar nie baie goed nie. Die filamentdraad in ’n gloeilamp word van wolframgloeidraad gemaak.
  • Voorbeelde van baie swak geleiers is plastiek, glas en hout. Hulle het so ’n hoë weerstand dat ’n battery nie stroom deur hulle kan laat vloei nie. Die plastiek wat elektriese draad bedek, is die isolator vir die draad.

Nichroom is ’n allooi (mengsel van nikkel en chroom). Dit word gereeld in elektriese toestelle gebruik as ’n verhittingselement met ’n baie hoë weerstand.

Parallelle verbindings: twee, drie of meer bane vir stroom

Figuur 4 wys twee gloeilampe wat in serie gekoppel is sodat die gloeilampe skyn. Koppel hulle weer en probeer om te onthou hoe skerp hulle geskyn het.

Koppel nou twee gloeilampe op ’n ander manier soos in figuur 6 hieronder.

Tech2_gr8_ch7_fig6.tif 
Figuur 6

Albei gloeilampe skyn wanneer jy die skakelaar druk, maar hulle brand nou helderder as wat hulle gebrand het toe hulle soos in figuur 4 gekoppel was.

Al die stroom wat deur die sel verskaf word vloei deur die rooi draad. Maar die stroom word tussen die twee blou drade gesplit.

Wanneer resistors in ’n stroombaan gekoppel is sodat die stroom tussen die resistors verdeel is, sê jy dat die resistors in “parallel” gekoppel is.

Koppel drie resistors in parallel

Vir hierdie aktiwiteit het jy die volgende nodig:

Kyk na die stroombaan in figuur 7.

Tech2_gr8_ch7_fig7.tif 
Figuur 7

1. Hoeveel bane vir die stroom kan jy sien? Volg die bane vir ’n stroom vanaf die positiewe terminaal van die battery, deur die gloeilampe, tot by die negatiewe terminaal van die battery.


2. Sal die kontrole-lig net so helder, of helderder of flouer skyn as in figuur 6?


3. Toets jou idee. Bou die stroombaan in figuur 6 en voeg dan ’n gloeilamp by soos in figuur 7.

4. Was jou idee korrek?


Wanneer jy die gloeilampe koppel sodat die stroom twee of meer bane het om deur te vloei, koppel jy die gloeilampe in parallel.

Indien jy meer parallelle bane vir jou stroom bou, kan die battery meer stroom uitgee?

’n Mens kan dus ook sê dat wanneer jy meer bane in parallel by jou stroombaan oeg, die weerstand in die stroombaan sal verminder word.

Kortsluitings

Kyk na die stroombaan in figuur 8. Iemand het ’n fout gemaak en die oranje draad van die terminaal aan die skakelaar gekoppel.

Tech2_gr8_ch7_fig8.tif 
Figuur 8

Soek die oranje draad – is daar ’n gloeilamp aan gekoppel?

Hierdie draad is ’n zero-weerstandbaan vir stroom. Indien jy die skakelaar druk, sal die battery soveel stroom uitgee as wat dit kan. Die battery sal dit doen omdat dit ’n zero-weerstandbaan gevind het.

Omtrent al die stroom wat deur die battery verskaf word, sal deur die oranje draad vloei, en slegs ’n swak stroom sal deur die gloeilamp vloei.

Die battery sal sy energie so vinnig as moontlik uitgee. Daarom sal dit warm word en sal dit binne 10 minute “dood” of “pap” wees.

Die persoon se fout was om ’n parallelle baan met die draad vir die stroom te maak. Hierdie baan noem ons ’n kortsluiting.

’n Kortsluiting is ’n parallelle baan vir stroom wat amper zero-weerstand het.

5. Hoekom skyn die gloeilamp nie wanneer jy ’n kortsluitingbaan maak?


6. Wat gebeur met die draad wat die kortsluiting veroorsaak? Hoekom?


7. Kyk na figuur 9. Die gloeilamp skyn, maar wanneer jy die skakelaar druk hou die gloeilamp op met skyn. Verduidelik die probleem en teken ’n diagram op die volgende bladsy om te wys hoe jy die stroombaan korrek moet koppel. Die gloeilamp moet skyn slegs wanneer jy die skakelaar druk.


Tech2_gr8_ch7_fig9.tif 
Figuur 9
makeasketch.png

Waarom kortsluitings gevaarlik is

ESKOM verskaf energie teen 230 volt, wat ’n verwarmer rooiwarm kan maak. Dit is veilig in ’n verwarmer aangesien slegs die resistor in die verwarmer warm word en nie die drade van die kragprop nie. Maar indien die isolasie op die drade gebreek is, kan die drade aanmekaar raak en ’n kortsluiting veroorsaak. Die stroom sal nie deur die verwarmer vloei nie, maar eerder ’n ander baan deur die drade vind. Die drade word dan rooiwarm en kan ’n brand veroorsaak.

Alle elektriese toestelle moet presies gebruik word soos wat dit deur die vervaardiger voorgestel word. Moet nooit probeer om ’n gebreekte elektriese toestel reg te maak sonder ekspert hulp nie. Maak altyd seker dat die toestel afgeskakel of selfs uitgeprop is wanneer jy dit nie gebruik nie.

Inset-, uitset- en beheertoestelle in ’n stroombaan

n Elektriese stroombaan gebruik ’n inset van elektriese energie om ’n uitset van een of ander tipe energie te verskaf. Voorbeelde word hieronder beskryf:

Ons kan ’n stelseldiagram gebruik om ’n elektriese stroombaan te beskryf:

energie inset beheertoestel energie uitset

Tech2_gr8_ch7_fig10.tif
Figuur 10: Insettoestelle
Tech2_gr8_ch7_fig11.tif 
Figuur 11: Uitsettoestelle

Gloeilampe, verwarmers en ander uitsettoestelle, het weerstand. Dit beteken dat die elektrisiteit energie verloor soos wat dit deur die toestel beweeg, en hierdie energie word aan die toestel oorgedra. Die gloeilamp is dus ’n resistor, en ’n verwarmer se element is ook ’n resistor.

Uitsettoestelle het weerstand.

Beheertoestelle

Ons wil stroombane aan- en afskakel, beheer hoeveel energie uitset ons van ’n stroombaan kry, of ons wil die hoeveelheid stroom in sekere dele van ’n stroombaan beheer. Ons kan dit doen deur gebruik te maak van beheertoestelle. Voorbeelde van beheertoestelle is skakelaars, domperskakelaars en resistors.

Jy het al ’n ligskakelaar teen die muur van ’n kamer gesien. Daardie tipe skakelaar word ’n “wiegskakelaar” genoem. ’n “Drukskakelaar” word gebruik vir deurklokkies; dit voltooi die stroombaan slegs wanneer jy die skakelaar druk. ’n “Glyskakelaar” word gebruik vir tafellampe.

’n “Domper-skakelaar” gee jou beheer oor die helderheid van die ligte in ’n kamer. ’n Domper-skakelaar gebruik ’n resistor wat jou toelaat om die stroom te beheer deur die knoppie te draai. Dit word ’n veranderlike resistor genoem.

Om te “varieer” beteken om te verander, daarom word die skakelaar ’n veranderlike resistor genoem.

Sommige resistors is nie veranderlik nie en het vaste (onveranderlike) weerstand. Wanneer jy ’n stroombaan ontwerp kan jy ’n resistor kies wat die regte hoeveelheid weerstand bied om die stroom in ’n sekere deel van die stroombaan te beheer.

In graad 9 sal jy meer leer oor verskillende tipes beheertoestelle.

Tech2_gr8_ch7_fig12.tif 
Figuur 12: Beheertoestelle

Ontwerp en maak ’n skakelaar; verskillende tipes skakelaars

’n Skakelaar het ’n gaping waar die geleiers nie kontak maak nie.

Om ’n stroombaan aan te skakel, moet jy die skakelaar toemaak. Om ’n stroombaan af te skakel, moet jy die skakelaar oopmaak.

Vir hierdie aktiwiteit het jy die volgende nodig:

1. Ontwerp en maak jou skakelaar.

2. Toets jou skakelaar.

Verskillende skakelaars kan op verskillende maniere werk; die skakelaar kan byvoorbeeld:

3. Kyk na die idees vir skakelaars in figuur 13. Verduidelik hoe elkeen sal werk.

(a) Skakelaar A:


(b) Skakelaar B:


(c) Skakelaar C:


(d) Skakelaar D:


(e) Skakelaar E:


Tech2_gr8_ch7_fig13.tif 
Figuur 13: Meer idees vir die maak van skakelaars

Die simbole wat gebruik word om stroombaandiagramme te teken

Nadat jy met regte elektriese stroombane gewerk het, kan jy begin om hulle te teken deur van simbole gebruik te maak, eerder as wat jy die stroombaan teken soos wat hy werklik lyk. Ingenieurs, wetenskaplikes en tegnici gebruik meestal simbole en diagramme.

’n Lys van simbole vir verskillende elektriese komponente, word op die volgende twee bladsye gegee. In graad 9 gaan jy die simbole van nog meer komponente leer.

Foto van die komponent

Simbool vir die komponent

Naam van die komponent

’n Enkelsel: Hierdie selle verskaf gewoonlik 1,5 volt.

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesPicA_Cell.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesSymA_Cell.tif 

’n Enkelsel: Hierdie selle verskaf gewoonlik 1,5 volt.

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesPicB_Battery.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesSymB_Battery.tif 

’n Battery van drie selle in serie wat gewoonlik 4,5 volt verskaf.

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesPicC_Generator.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesSymC_Generator.tif 

’n Generator skakel wisselbeweging om na elektrisiteit deur ’n magneet en opgerolde koperdraad te gebruik.

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesPicD_PVcell.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesSymD_PVcell-1.tif 

’n Fotovoltaïese sel: Hierdie insettoestel skakel ligenergie om na elektrisiteit.

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesPicE_Conductor.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableInputDevicesSymE_Conductor.tif 

Enige goeie geleier: Gewoonlik ’n stuk draad of koperstrook, maar ’n vurk of muntstuk sal ook goeie geleiers wees.

Beheertoestelle

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesPicA_Switch.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesSymA_Switch.tif 

’n skakelaar

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesPicB_Resistor1.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesPicB_Resistor2.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesSymB_Resistor.tif 

’n Resistor: Dit kan van nichroom- draad gemaak word wat ’n swak geleier is, of van grafiet soos in ’n "koolstof-resistor".

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesPicC_VariableResistor.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableControlDevicesSymC_VariableResistor.tif 

’n Veranderlike resistor: Domper- skakelaars is veranderlike resistors. Die foto wat die onderkant van ’n veranderlike resistor verwyder wys, wys die gerolde weerstandsdraad aan die binnekant.

Uitsettoestelle

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesPicA_Bulb.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesSymA_Bulb.tif 

’n Gloeilamp, ook ’n lamp genoem: Gloeilampe is ook resistors.

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesPicB_Heater.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesSymB_Heater.tif 

’n Verwarmer: Die weerstandsdraad in die verwarmer word warm wanneer elektriese stroom daardeur vloei.

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesPicC_Buzzer.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesSymC_Buzzer.tif 

’n Gonser of ’n bieper bring klank voort as ’n uitset.

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesPicD_ElectrMotor.tif 

Tech2_gr8_ch7_TableOutputDevicesSymD_ElectrMotor.tif 

’n Elektriese motor: Dit skakel elektriese energie om in wisselbeweging. Dit is soortgelyk aan die generator, maar werk op teenoorgestelde as die generator.

Huiswerk: hersiening

1. Teken die stroombaandiagram vir figuur 4 hieronder:

100127.jpg 

2. Teken die stroombaandiagram vir figuur 6 hieronder, maar wys hoe ’n gonser in parallel met die gloeilamp geskakel is, eerder as twee gloeilampe in parallel.

100127.jpg 

Volgende week

Volgende week gaan jy leer van verskillende energiebronne wat mense gebruik om aan hulle hitte en lig te verskaf.