Meganismes wat die soort beweging verander

Tech1_gr8_ch6_fig1.tif
Figuur 1: Wanneer jy hout saag, maak jy ’n wederkerende beweging.
Tech1_gr8_ch6_fig2.tif
Figuur 2: ’n Windpomp verander ’n rotasiebeweging in ’n weder- kerende beweging.
2_gr8_ch6_dps.tif
Figuur 3: ’n Stoomlokomotief gebruik ’n kruk-en-glyermeganisme om die wiele te laat draai.

As ’n kruk deel vorm van ’n wenas verander dit ’n groot rotasiebeweging met ’n klein krag in ’n klein rotasiebeweging met ’n groot krag. Hoe langer die krukarm is, hoe meer meganiese voordeel gee dit.

Tech1_gr8_ch6_fig4.tif
Figuur 4: ’n Eenvoudige handaangedrewe wenas wat gebruik word om ’n emmer water op te trek
Glyer word met behulp van ’n verbindingstang aan die kruk vasgeheg. Die glyer is gewoonlik rond en pas in ’n ronde gat. Dit kan slegs sywaarts beweeg en nie op of af nie. spil tussen die kruk en die verbindingstang en nog ’n spiltussen die verbindingstang en die glyer. Albei die spille verander van posisie as die meganisme besig is om te werk. Die kruk draai om die as.Die as verander nooit van posisie nie, dit draai net. wiel vasgeheg word, om die wiel daarmee saam te laat draai, of die kruk kan deel van die wiel wees.

Die manier waarop die kruk werk, hang slegs af van die afstand tussen die middelpunt van die as en die middelpunt van die spil tussen die kruk en die stootstang. Hierdie afstand word die krukslag genoem. Dit word in figuur 5 aangedui.

Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal175.png
Figuur 5: Die verskillende onderdele van ’n kruk-en-glyermeganisme
Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal175-1.png
Figuur 6: Verskillende stappe gedurende die werking van ’n kruk-en-glyermeganisme
  • Hoe lank is die krukslag in die meganisme in figuur 6?
  • Hoe ver is die beweging van die glyer van die verste posisie aan die linkerkant tot by die verste posisie aan die regterkant? Dit kan ook die “volledige sywaartse beweging” genoem word.
  • As die krukslag twee maal so lank was, hoe lank sou die totale sywaartse beweging van die glyer wees?
  • Sal die glyer ooit stil staan as die kruk besig is om te roteer?
  • hoë druk. Verbeel jou jy blaas ’n ballon op. Jy moet ’n hoë lugdruk in jou mond opwerk om die ballon groter op te blaas. Die ballon word groter, want die hoër druk van die lug laat die sye van die ballon uitwaarts beweeg. Stoom teen ’n hoë druk kan ook dinge beweeg. Tech1_gr8_ch6_fig7.tiff
    Figuur 7
    suier genoem, en die gat waarbinne die suier beweeg word die silinder genoem. kleppe om die warm stoom links of regs van die silinder in te laat. Die kleppe moet op die regte tye oopmaak en toemaak. Is daar ’n meganisme wat dit kan regkry? Daarvan gaan julle in die volgende les leer. Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal176.png
    Figuur 8: Die werking van ’n stoomenjin

    ’n Glyermeganisme kan gebruik word om rotasiebeweging in wederkerige beweging te verander, of dit kan gebruik word om wederkerige beweging in rotasiebeweging te verander. Met ander woorde, as jy die kruk beweeg, sal die glyer ook beweeg. En beweeg jy die glyer, sal die kruk ook beweeg.

    Nok is ’n wiel wat nie rond is nie, of dit is ’n ronde wiel wat om ’n as draai wat nie die middelpunt van die wiel is nie. volger gebruik. Die rotasiebeweging van die nok word verander na die wederkerende beweging van die volger. Die volger is in ’n huls, sodat dit slegs in een rigting kan beweeg. as aangedryf, sodat die nok roteer wanneer die as roteer. As die nok roteer, gly die volger op die nok. Die posisie van die volger hang af van die hoek waarteen die nok roteer word.

    Onthou julle die verskil tussen ’n gedrewe wiel en ’n vry-draaiende wiel waaroor ons julle in die vorige hoofstuk geleer het?

    Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal177.png
    Figuur 9: Die verskillende onderdele van ’n kruk-en-glyermeganisme en verskillende nokvorms
    Tech1_gr8_ch6_fig10a.tif
    Figuur 10: Die beweging van ’n klep soos die nok roteer

    Rotasie van nok

    Beginposisie

    1 agste van ’n nokrotasie

    2 agstes van ’n nokrotasie

    3 agstes van ’n nokrotasie

    Rotasie van nok in grade

    45°

    90°

    135°

    Afstand waarmee klep oop is

    0

    2 mm

  • Voltooi die tabel hierbo om te wys hoe ver oop die klep is by die verskillende posisies van die nok in figuur 10. Meet die afstand waarmee die klep oop is.
  • Watter van die prente hierbo wys die klep in sy hoogste posisie?
  • Watter prent wys die klep in sy laagste posisie?
  • ’n Nok kan rotasiebeweging in wederkerende beweging omskakel, maar nie andersom nie.

    Tech1_gr8_ch6_fig10b.tif 

    4 agstes van ’n nokrotasie

    5 agstes van ’n nokrotasie

    6 agstes van ’n nokrotasie

    7 agstes van ’n nokrotasie

    een volle nokrotasie

    180°

    225°

    270°

    315°

    360°

  • Die tekening hier regs gebruik rooi pyle om die afstand tussen die middelpunt van ’n slaknok en die rand daarvan by verskillende rotasiehoeke te wys. Elke pyl is kloksgewys met 45° vanaf die vorige pyl geroteer.

    Meet die onderskeie pyle, van die kortste tot die langste en skryf jou afmetings in die tabel hieronder.

    Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Tech_English_Gr8_term1_pg79_img2.png
    Figuur 11: ’n Slaknok

    posisie

    1

    2

    3

    4

    5

    6

    7

    8

    9

    lengte

  • Is daar ’n patroon in die lengtes van die pyle? Hoe werk die patroon?
  • Wat gebeur tussen posisie 9 en posisie 1?
  • Party nokke is ronde wiele, maar hulle roteer nie om die middelpunt van die wiel nie. Hierdie nokke word eksentrieknokke genoem. Hulle word aan baie moderne fietse gebruik.

    Gedurende ’n fietswedren kry die ryers soms pap wiele en lekkasies. Hulle moet dan die wiel afhaal om die band af te haal sodat hulle dit kan regmaak. Dit neem baie tyd en hulle sukkel om weer die ander fietsryers in te haal.

    Baie jare gelede het ingenieurs ’n meganisme ontwerp waarmee ’n mens gou-gou, sonder die gebruik van enige gereedskap, ’n wiel van ’n fiets kan afhaal. Dit word ’n “slipmeganisme” genoem.

    Deesdae word slipmeganismes aan die wiele van die duurder fietse gebruik. Hulle gebruik ook ’n slipmeganisme om dit vinniger en makliker te maak om die hoogte van die saal te verstel. Die foto’s hieronder en hier regs wys hoe ’n slipmeganisme van ’n eksentrieknok gebruik maak om die saal op die korrekte hoogte vas te sluit.

    Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal180.png
    Figuur 12: ’n Slipmeganisme word gebruik om die saalpyp aan die raamwerk van hierdie fiets vas te klamp.
    Tech1_gr8_ch6_fig13.tif
    Figuur 13: Die sye van hierdie slipmeganisme beweeg of klem nouer saam as die eksentrieknok met die handvatsel gedraai word.
    Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal181.png
    Figuur 14
    Tech_English_LG_Grade8-term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Grade8kwartaal182.png
    Figuur 15: Die bewegende onderdele binne een silinder van ’n motorenjin
  • Maak ’n drie-dimensionele artistiese tekening van die krukas van ’n eensilinderenjin. Gebruik beskaduwing om dit meer realisties te maak. Maak eers ’n rowwe tekening voordat jy jou finale netjiese tekening maak.
  • sketchspacesketchspace