Prosessering van voedsel vir noodtoestande

In die vorige hoofstuk het jy oor vlugtelinge geleer en ook geleer waarom groot groepe mense gedwing kan word om hulle huise en lande te verlaat. Gewoonlik het vlugtelinge min of geen besittings nie. Hulle kan ook nie genoeg voedsel vir lang periodes saam met hulle dra nie. In hierdie hoofstuk gaan jy leer hoe om voedsel te prosesseer vir noodtoestande. Geprosesseerde voedsel hou baie langer as vars voedsel en is ideaal vir vlugtelingekampe. Jy gaan ’n ontwerpopdrag skryf en ’n noodtoestandmaaltyd beplan wat voedsaam en smaaklik is. Dit moet moontlik wees om hierdie noodtoestandmaaltyd in ’n vlugtelingekamp te kan maak.

Darfur_refugee_camp_in_Chad.tif

Figuur 1: Vlugtelingekamp in Darfoer, Sudan, in Noord Afrika.

Darfur_refugee_camp_in_Chad.tif

Figuur 2

Darfur_refugee_camp_in_Chad.tif

Figuur 3

Ondersoek tipes voedsel

Wanneer vlugtelinge na ’n gasheerland reis, versorg die mense in die gasheerland normaalweg die vlugtelinge.

In die vorige hoofstuk het jy geleer oor die groepering van mense en hoe hierdie groepering kan verander, afhangende of die noodtoestand deur ’n natuurramp of oorlog veroorsaak is.

Die tipe voedsel wat vlugtelinge eet, hang af van die groepering van mense in die groep. Kinders benodig meer proteïne as ouer mense, babas benodig spesiale melkformules, en bejaardes benodig baie groente om hulle teen siektes te beskerm.

As huiswerk moes jy nagedink het oor die tipes voedsel wat beskikbaar is in Suid-Afrika en ook aan voedsel wat ’n groot aantal mense kan voed. Die voedsel moet goedkoop, maklik om te vind en voedsaam wees

Vlugtelinge verwag nie om duur voedsel te kry nie; hulle soek net genoeg en gesonde voedsel. Slegte voeding kan probleme soos siektes veroorsaak. Indien vlugtelinge swak of siek raak, kan hulle nie meer hulself versorg nie en die situasie in die vlugtelingekamp kan vererger.

Voedsame voedsel

Om gesond te bly, benodig die liggaam verskillende tipes voedsel wat bekend staan as voedselgroepe. Maaltye wat die regte kombinasie van verskillende voedselgroepe bevat, word gebalanseerde maaltye genoem. ’n Gebalanseerde maaltyd bestaan uit die volgende voedselgroepe:

Gebalanseerde diëte

Kyk na die tekening hieronder en identifiseer watter voedsel hoog is in koolhidrate, proteïne, vette en olies, en vitamines en minerale. Jy sal oplet dat soortgelyke voedsel saamgegroepeer is. Let ook op dat die groepe van dieselfde grootte of “proporsie” is. Die tekening wys dat ons soortgelyke proporsies van voedsel, van al vyf voedselgroepe, op ’n daaglikse basis moet eet, om gesond te bly.

Jy kan aan voedsaamheid dink as ’n wiel waar elke tipe voedsel ’n belangrike deel is.

Tech2_gr7_ch7_fig2.tif 

Figuur 4: ’n Gebalanseerde dieet bestaan uit voedsel van al vyf voedselgroepe per dag.

Onthou ook dat jou liggaam vars, skoon water nodig het om aan te hou werk en om die voedsel wat jy eet te verteer en te absorbeer.

Tech2_gr7_ch7_fig3.tif

Figuur 5: Die drink van vars, skoon water is baie belangrik vir jou gesondheid.

As huiswerk in die vorige hoofstuk, is jy gevra om na te dink oor voedsel wat goedkoop en maklik is om te vind, en wat ook voedsaam is en maklik is om voor te berei.

Tech2_gr7_ch7_fig4.tif 

Figuur 6: Piesangs is baie voedsaam en goedkoop en is ook volop in die somer.

Tech2_gr7_ch7_fig5.tif 

Figuur 7: Lemoene het baie Vitamine C om verkoues en griep te voorkom. Hulle is goedkoop en volop in die winter.

Tech2_gr7_ch7_fig8.tif 

Figuur 8: Koring is baie voedsaam.

Tech2_gr7_ch7_fig7.tif 

Figuur 9: Spinasie groei vinnig en is hoog in vitamines en minerale.

Vrae oor jou ondersoek

1. Watter tipe voedsel het jy gekies? Skryf ook neer hoekom jy dit gekies het.


2. Het jy die verskillende ouderdomsgroepe wat in die kamp mag wees in ag geneem? Indien jy verskillende voedsel vir verskillende ouderdomsgroepe gekies het, verduidelik waarom jy dit gedoen het.


3. Is daar genoeg van hierdie voedsel beskikbaar om ’n groot groep mense te voed? Skryf neer hoekom dit maklik sal wees om genoeg van hierdie voedsel vir die kamp te kan kry.


4. Is die voedsel voedsaam? Skryf neer hoekom jy dink die voedsel wat jy gekies het die vlugtelinge gesond sal hou.


5. Is dit maklik om voor te berei? Skryf neer die redes vir jou antwoord.


Ondersoek jou vlugtelingekamp

’n Groep van 100 vlugtelinge het hulle naby jou gemeenskap gevestig. Jy is gevra om kos aan hulle te voorsien. Voordat jy jou planne optrek, moet die hele klas besluite neem oor die kwessies hieronder.

Die aantal mense van verskillende ouderdomme in jou groep van 100 vlugtelinge

Ouderdomsgroep

Aantal mense in hierdie ouderdomsgroep

Babas (1–5 jaar oud)

Kinders (6–15 jaar oud)

Volwassenes (15–65 jaar oud)

Bejaardes (ouer as 65 jaar)

Skryf jou besluite neer soos wat jy hulle maak. Gebruik die spasie hieronder.


Skryf ’n ontwerpopdrag om jou vlugtelingekamp te voed

Voordat jy kan uitwerk hoeveel voedsel jy vir ’n 100 mense benodig, moet jy eers uitwerk hoeveel voedsel jy vir een maaltyd nodig het. Die voedsel moet voedsaam, smaaklik en maklik wees om te vind. Dit moet ook soveel van die voedselgroepe as moontlik insluit.

Lys die bestanddele wat jy gaan nodig hê vir een persoon van elke ouderdomsgroep. Gebruik die tabelle hieronder. Een voorbeeld is vir jou gedoen.

Hoeveelheid van elke bestanddeel nodig om een baba te voed

Bestanddeel

Hoeveelheid

Stampmielies

Een derde van ’n koppie (100 gram)

Hoeveelheid van elke bestanddeel nodig om een kind te voed

Bestanddeel

Hoeveelheid

Stampmielies

Twee derdes van ’n koppie (200 gram)

Hoeveelheid van elke bestanddeel nodig om een volwassene te voed

Bestanddeel

Hoeveelheid

Stampmielies

1 koppie (300 gram)

Hoeveelheid van elke bestanddeel nodig om een bejaarde te voed

Bestanddeel

Hoeveelheid

Stampmielies

Halwe koppie (150 gram)

Ontwerp ‘n maaltyd vir 100 vlugtelinge

Sodra jy die tabelle hierbo voltooi het, moet elkeen van julle ’n ontwerpopdrag skryf om die 100 vlugtelinge te voed. Jou ontwerpopdrag moet ook jou spesifikasies lys. Spesifikasies is bestanddele wat jy nodig het om die maaltyd te maak.

Jy moet uitwerk hoeveel van elke bestanddeel jy nodig het om een voedsame maaltyd vir elke ouderdomsgroep te maak.

Byvoorbeeld, dit is hoe jy die bewerkinge sal doen:

Byvoorbeeld:

Indien daar 20 babas in jou groep is, vermenigvuldig 100 gram met 20. Dit gee vir jou 2 000 gram of 2 kilogram stampmielies wat jy nodig het om al die babas vir een maaltyd te voed.

Indien daar 30 kinders in jou groep is, vermenigvuldig 200 gram met 30. Dit gee vir jou 6 000 gram of 6 kilogram stampmielies wat jy nodig het om al die kinders vir een maaltyd te voed.

Indien daar 40 volwassenes in jou groep is, vermenigvuldig 300 gram met 40. Dit gee vir jou 12 000 gram of 12 kilogram stampmielies wat jy nodig het om al die volwassenes vir een maaltyd te voed.

Indien daar 10 bejaardes in jou groep is, vermenigvuldig 150 gram met 10. Dit gee vir jou 1 500 gram of 1,5 kilogram stampmielies wat jy nodig het om al die bejaardes vir een maaltyd te voed.

Skryf nou die spesifikasies vir jou ontwerpopdrag op die volgende bladsy. Maak twee lyste. In die eerste lys skryf jy al die bestanddele wat jy nodig het om ’n voedsame maaltyd vir 100 vlugtelinge te maak, neer. In die tweede lys, skryf jy die hoeveelheid van elke bestanddeel wat jy gaan nodig kry neer.

Skryf jou ontwerpopdrag

Naam van bestanddeel nodig

Hoeveelheid van die bestanddeel



Volgende week

Volgende week gaan jy ’n maaltyd volgens jou ontwerpopdrag voorberei. Dit moet smaaklik, voedsaam, maklik verkrygbaar wees en maklik om te maak wees. Jy gaan die maaltyd proe en self evalueer, so jy moet versigtig dink oor wat jy gaan voorberei!