Noodtoestande

In hierdie hoofstuk gaan jy leer oor hoe natuurrampe en oorloë mense se lewens kan ontwrig. Mense moet soms in sulke omstandighede uit nood hul huise verlaat. Mens sê dan dat hulle vlugtelinge is. Jy gaan leer hoe veilige, tydelike skuilings vir vlugtelinge geskep word en hoe noodlenigingswerkers hulle van kos en water voorsien.

Tech2_gr7_ch6_fig1.tif

Figuur 1: Hierdie familie moes uit nood hul huis verlaat, en benodig nou ’n veilige plek om te bly totdat hulle na hul huis kan terugkeer.

Tech2_gr7_ch6_fig1.tifTech2_gr7_ch6_fig1.tif

Figuur 2: Verwoestende brande is een soort ramp wat gemeenskappe kan tref.

Omstandighede wat vooroorsaak dat mense vlugtelinge word

’n Noodtoestand kan veroorsaak dat ’n groot aantal mense hulle huise moet verlaat. Dit benïvloed nie net die mense wat hulle huise moes verlaat nie, maar ook die mense in die gebiede waar die vlugtelinge tydelik gehuisves word. Mense het skuiling, water en kos nodig. ’n Vlugtelingekamp moet opgerig word, en hierdie kamp moet goed beplan wees.

’n Noodtoestand kan veroorsaak dat ’n grootaantal mense hulle huise moet verlaat. Dit benïvloednie net die mense wat hulle huise moes verlaat nie,maar ook die mense in die gebiede waar die vlugtelinge tydelik gehuisves word. Mense het skuiling, water en kos nodig. ’n Vlugtelingekamp moet opgerig word, en hierdie kamp moet goed beplan wees.

In hierdie les gaan jy leer oor noodtoestande en jy gaan maniere ondersoek om vlugtelinge te help

Vlugtelinge: ense wat hulle huise moes verlaat tydens ’n ramp of ’n ander noodtoestand. Soms vlug mense na veilige areas wat naby hulle huise is. In ander gevalle moet hulle ver reis na ’n veilige plek partykeer selfs na ’n ander land.

Oorlog

Vanaf die vroegste tye was daar regoor oor die wêreld oorloë tussen mense. Terwyl weermagte veldslae veg, word mense gedwing om uit hulle dorpe en stede te vlug. Oor die eeu heen het baie mense as vlugtelinge in vreemde plekke beland. Daar is selfs vandag meer as 3,8 miljoen vlugtelinge regoor oor Afrika. Hierdie mense is van hul huise verdryf as gevolg van oorloë.

Tech2_gr7_ch6_fig2.tif 

Figuur 3: Hierdie vlugtelingekamp is vir Rwandese vlugtelinge opgestel gedurende die oorlog in hul land in 1994.

Natuurrampe

Natuurrampe word deur die natuur veroorsaak en nie deur mense nie. Vloede, veldbrande, aardbewings en vulkaniese uitbarstings is almal natuurrampe wat mense kan dwing om hul huise te verlaat.

Tech2_gr7_ch6_fig2.tif 

Figuur 4: Vergelyk die prente hieronder. Hierdie prente is geneem deur ’n satelliet in die buiteruim. Hulle wys dieselfde area in Mosambiek, voor en gedurende die vloed, en dit wys ook hoeveel van die land onder die vloed deurgeloop het.

Tech2_gr7_ch6_fig2.tif 

Figuur 5: Hierdie satelliet foto van die rampgebied in Mosambiek is geneem gedurende die vloed.

Natuurrampe gebeur normaalweg sonder enige waarskuwing. Hulle kan baie vinnig noodtoestande veroorsaak. Dit beteken dat mense onmiddellik na veiliger areas moet trek.

In 2000, het ’n geweldige vloed Mosambiek getref en groot areas landeryvelde verwoes. Duisende mense het hul plase verloor en is gedwing om na droë grond te vlug. Vlugtelingekampe is in verskeie dele van Mosambiek en ook in Suid-Afrika opgestel.

Vergelyk die foto’s hieronder. Hierdie foto’s is geneem deur ’n satelliet in die buiteruim. Hulle wys dieselfde area in Mosambiek, voor en gedurende die vloed, en dit wys ook hoeveel van die land onder die vloed deurgeloop het.

’n Natuurramp kan ook oor ’n lang periode van tyd plaasvind. In Afrika maak ons staat op die reën om ons oeste nat te maak, maar die kontinent beleef gereeld droogtes. Droogtes kan noodtoestande vir boere veroorsaak. Gedurende lang droogtes kan groot groepe mense forseer word om hul huise en plase te verlaat. Hierdie mense is dan op soek na kos, water en skuiling en word dan vlugtelinge.

Tech2_gr7_ch6_fig5.tif 

Figuur 6: Droogtes in Afrika veroorsaak verwoesting van habitat en die dood van wilde diere.

Probleme wat vlugtelinge aan die begin ervaar

Natuurrampe soos vloede en oorlog gebeur baie skielik. Dit beteken dat mense hulle huise vinnig moet verlaat. Hierdie vlugtelinge sal nie veel voedsel en water by hulle hê nie. Hulle sal ook nie die gereedskap of materiaal by hulle hê om skuilings mee te bou nie.

Die tipe noodtoestand sal die groepering van mense in ’n vlugtelingekamp bepaal. Soms sal daar meer mans as vrouens wees. Met ander tye sal daar baie meer babas wat nog nie kan loop nie wees, en ook klein kinders wees. Daar kan ook met tye baie bejaardes wees wat spesiale hulp en versorging nodig het.

Groepering van mense: Die verskillende tipes mense in groep, soos die jongmense en bejaardes, mans en vrouens, en gestremde mense.

Byvoorbeeld, gedurende ’n oorlog is daar gewoonlik minder mans by die huis omdat die mans in die oorlog moet veg. En gedurende droogtes sal babas en bejaardes dalk makliker omkom, omdat hulle meer kwesbaar is.

Verskillende mense het verskillende behoeftes aan voedsel, water en skuiling. Kinders raak makliker gedehidreer as volwassenes en benodig ook meer hoë-energie voedsel. Bejaardes benodig meer hitte en komberse.

‘n paar vrae vir jou om te beantwoord

1. Watter noodtoestande gebeur vinnig en sonder waarskuwing?


2. Vuur, vloede en konflikte soos oorlog, gebeur sonder waarskuwing:

(a) die groepering van mense in die groep?


(b) die hoeveelheid voedsel wat die vlugtelinge by hulle sal hê?


(c) die vermoë van vlugtelinge om hulle eie skuilings te bou?


3. Watter noodtoestande gebeur stadig, oor ’n langer tydperk?


4. Hoe sal die stadiger noodtoestande die volgende beïnvloed:

(a) die groepering van vlugtelinge in die groep?


(b) hoeveel voedsel en water sal hulle by hulle hê?


(c) sal hulle hul eie skuilings kan bou of nie?


5. Watter noodtoestande is die moeilikste om op voorbereid te wees? Verduidelik hoekom jy so sê.


6. Watter noodtoestande is makliker om op voorbereid te wees? Verduidelik hoekom jy so sê.


Vlugtelinge in ’n vreemde land

Wanneer vlugtelinge in ’n vlugtelingekamp beland, het hulle basiese behoeftes nodig soos voedsel, skoon water en skuiling. Hierdie basiese behoeftes kan verskaf word deur die noodlenigingwerkers wat hierdie kampe opstel.

In die volgende oefening gaan jy kyk na die ervarings van mense aan beide kante van die vlugtelinge situasie: die vlugtelinge en die noodlenigingwerkers wat hulle help.

Situasie: vlugtelinge in ‘n vreemde land

Bespreek eers die situasie wat hieronder beskryf word in groepe van drie of vier, voordat jy self die vrae beantwoord. Jou antwoorde moet kort paragrawe wees.

’n Skielike oorlog het tussen twee klein lande in sentraal-Afrika uitgebreek en ’n groot aantal mense moes noodgedwonge na die buurland vlug. Stel jouself voor hoe dit moet wees om een van die vlugtelinge te wees, en ook wat die situasie vir die gasheerland sal wees.

Gasheer: ’n Persoon wat voedsel, water en skuiling aan ’n ander persoon verskaf. ’n Gasheerland is land wat vlugtelinge van ’n ander land, help.

1. Hoe dink jy sal die groepering van mense saamgestel wees? Onthou dat dit ’n oorlog situasie is en dat mense van hulle eie land af weggevlug het. Dink aan die ouderdomme van die vlugtelinge en skryf neer watter groepe die meeste sorg en aandag gaan nodig kry.


2. Wat is die behoefte aan skuiling? Onthou dat hulle nie veel van hulle besittings saam met hulle gebring het nie. Wie gaan aan hulle die skuilings, of die materiaal om skuilings mee te bou, verskaf?


3. Watter voedsel en voorrade het die vlugtelinge nodig? Onthou dat die vlugtelinge vir lang tydperke aaneen te voet reis. Dink aan die ouderdom van die mense. Sal sommiges meer voedsel en water as ander nodig hê, en indien wel hoekom? Sal sommige van die mense spesiale sorg nodig hê, indien wel hoekom?


Volgende week

Een van die grootste probleme in vlugtelingekampe is die voorsiening van voedsame kos. Voedsame kos verskaf al die voedingstowwe wat die liggaam nodig het om gesond te bly.

Dink aan die volgende vrae in voorbereiding op volgende week se les: