Dinge om te oorweeg

In hierdie hoofstuk gaan jy leer oor “ontwerpkwessies”. Ontwerpkwessies is dinge om aan te dink wanneer goed soos ’n selfoontoring, ’n brug, ’n gebou of kragstasie ontwerp word. Ontwerpkwessies sluit in die doel van die voorwerp of struktuur wat ontwerp word, die koste daarvan en hoe mense en die omgewing daardeur beïnvloed sal word.

Tech1_gr7_ch12_NewFig_p191.tif
Figuur 1
Tech1_LG_gr7_ch11_fig4d.tif
Figuur 2

Hoekom lyk selfoontorings soos hulle lyk?

Ondersoek ’n paar selfoontorings

Op die vorige bladsy kan jy na prente van verskeie selfoontorings kyk.

  1. Hoekom dink jy is toring A ontwerp om soos ’n boom te lyk?


  2. Hoekom het toring C kabels, maar nie toring D nie?


  3. Hoekom sal toring A nie omtuimel nie, selfs al waai die wind sterk?


  4. Hoekom het toring D ’n groot beton blok aan die onderpunt, maar staan toring E vanself, sonder enige fondament?


    As ’n lelike voorwerp in ’n mooi omgewing staan, sê ons dit veroorsaak visuele besoedeling..

    As ’n voorwerp maklik omval, sê ons dit is onstabiel.

    Die onderste deel van ’n toring, wat die gedeelte is waarop dit staan, word die basis genoem.

  5. Watter een van die torings op die vorige bladsy se basis is die breedste? Hoekom is die toring ontwerp om so ’n breë basis te hê?


  6. Watter van die torings is na jou mening meer onstabiel? Hoekom dink jy so?


Swaartepunt

Plak, soos hieronder gewys, jou potlood met kleefband aan ’n vel papier vas. Die agterkant van jou potlood moet, soos gewys word, teen die rand van die papier wees.

Tech1_LG_gr7_ch11_fig5.tif
Figuur 3

Rol nou die papier om die potlood om ’n lang buis met die potlood daar binne te vorm. Plak die buis aan die buitekant vas, waar die potlood se agterkant is, sodat dit nie oopmaak nie.

  1. Probeer om die buis op die een punt te laat regop staan. Probeer dit met beide punte. Wat sien jy?


    As die meeste van die gewig van ’n voorwerp in die onderste deel daarvan is, sê ingenieurs dat dit ’n lae swaartepunt het.

    As die meeste van die gewig van ’n voorwerp in die boonste deel daarvan is, sê ingenieurs dat dit ’n hoë swaartepunt het.

  2. Watter voorwerp is meer stabiel: een met ’n lae swaartepunt of een met ’n hoë swaartepunt?


  3. Watter toring op bladsy 146 het die hoogste swaartepunt?

    Tech1_gr7_ch11_fig6.tif
    Figuur 4

    Die volgende is verskillende maniere om te voorkom dat torings maklik omval:

    • Maak die swaartepunt laag. Een manier om dit te doen is om die toring aan sy onderpunt aan ’n swaar voorwerp vas te maak.
    • Anker die toring aan die grond met kabels.
    • Plant die toring diep in die grond.
    • Gee vir die toring ’n breë basis.
  4. Kyk weer na die sketse van die ses torings. Sê in elke geval watter metode, of kombinasie van metodes, gebruik word om dit te stabiliseer.


  5. Sterk fondamente voorkom dat torings omtuimel. Watter torings het fondamente onder grondvlak om te help om hulle stabiel te hou?


  6. Hoe verskil die ondergrondse fondamente van mekaar?


  7. Van die torings is met soliede beton of veselglas gebou. Van die ander torings is metaalstrukture. Hoekom dink jy word driehoeke in die metaalstrukture gebruik?


Dinge waaroor die ontwerpers van torings dink

Watter vrae gaan jy vra?

Veronderstel daar moet ’n nuwe selfoontoring in ’n gebied sonder selfoondekking gebou word. Die burgemeester van die plaaslike munisipaliteit in die gebied nooi jou uit om hom te besoek en sê vir jou:

“Ek het iemand nodig om ’n dokument oor die nuwe selfoontoring te skryf. Die dokument sal gegee word aan ingenieurs wat die selfoontoring sal onwerp en bou. Wanneer hulle dit lees, moet dit baie duidelik wees wat ons wil hê. Kan jy so ’n dokument skryf?”

Hy sê verder:

“Jy het inligting nodig voordat jy die dokument sal kan skryf. Om daardie inligting te kry moet jy vrae vra. Watter vrae gaan jy vra: aan my, én ’n paar ander mense in die gemeenskap?”

Skryf die vrae neer wat jy dink jou sal help om die inligting wat jy nodig het te bekom.


Gee duidelike instruksies

Skryf ’n ontwerpopdrag en spesifikasies vir skoolbanke

Veronderstel jy het die verantwoordelikheid om 100 nuwe skoolbanke vir die skool te bestel. Die banke sal by ’n meubelfabriek gemaak word. Dit is die eerste keer dat hierdie fabriek skoolbanke gaan maak. Die mense by die fabriek het geen ondervinding van die maak van skoolbanke nie, daarom moet jou instruksies aan hulle baie duidelik wees.

Jy gaan binnekort ’n dokument vir die fabrieksbestuurder skryf, sodat hy kan weet hoe die skoolbanke moet lyk, hoe groot en hoe sterk hulle moet wees, en van watter materiale hulle gemaak moet word. Voordat jy dit doen, ondersoek eers jou eie skoolbank in die klas om jou te help om oor die nuwe skoolbanke te besluit. Die nuwe skoolbanke hoef nie presies soos jou skoolbank te wees nie. Jy kan skoolbanke voorstel wat van joune verskil.

  1. Ondersoek nou jou bank en dink na oor hoe jy wil hê die nuwe skoolbanke gemaak moet word. Maak aantekeninge hieronder en maak sommer ook ’n paar vryhandsketse.

    sketchspace

    ’n Dokument soos die een wat jy nou gaan skryf word ’n ontwerpopdrag genoem en die antwoord op jou vrae word spesifikasies genoem.

  2. Skryf die dokument wat aan die fabrieksbestuurder gestuur gaan word op ’n los papiervel. Jou dokument moet een of meer tekeninge insluit. Skryf ook die afmetings van die skoolbank neer.

  3. Maak, in die spasie hieronder, ’n 3D-skuinstekening van die skoolbank wat jy gemaak wil hê.

    Tech1_gr7_ch11_fig7.tif

Beoordeel en verbeter jou dokument

Lees weer jou ontwerpopdrag en spesifikasies en beantwoord daarna die volgende vrae:

  1. Sê jou dokument of die pote van die skoolbank van hout, metaal of plastiek gemaak moet word?

    In plaas daarvan om jou eie dokument te beoordeel kan jy ’n ander leerder se dokument beoordeel. Jou onderwyser sal dit reël.

  2. Sê jou dokument hoe breed die skoolbank bo-op moet wees?


  3. Sê jou dokument hoe hoog bo die vloer die skoolbank se skryfoppervlak moet wees?


  4. Sê jou dokument hoe grof of glad die bokant van die skoolbank se skryfoppervlak moet wees?


    Probeer dink aan ander inligting wat die fabrieksbestuurder dalk nodig het, en wat nie in jou dokument verskaf word nie.

  5. Herskryf jou ontwerpopdrag en spesifikasies hieronder en op die bladsy daarna. Sluit ’n artistiese enkel verdwynpunt tekening van die skoolbank op ’n afsonderlike papiervel in.

    sketchspace sketchspace

Nog ’n ontwerpopdrag en spesifikasies

Skryf in die spasie hieronder ’n ontwerpopdrag en spesifikasies vir ’n FM-radio of ’n selfoontoring neer.

sketchspace
Tech1_LG_Gr7_ch11_fig10.tif 
Figuur 5

Volgende week

In die komende weke gaan jy ’n model van ’n selfoontoring ontwerp en bou.