Dop-, raam- en soliede strukture

Op die oomblik sit jy by ’n lessenaar op ’n stoel. Binnekort gaan jy dinge in ’n boek skryf met ’n pen of ’n potlood. Die boek rus op jou lessenaar. Al hierdie voorwerpe word “strukture” genoem. As in jy in die klaskamer rondkyk sal jy baie ander strukture sien. Byvoorbeeld, die klaskamer en skoolgebou is strukture.

In hierdie hoofstuk gaan jy leer oor natuurlike en mensgemaakte strukture. Jy sal ook leer oor dopstrukture, soliede strukture en raamstrukture.

Tech1_gr7_ch9_NewFig_p1_a.tif
Figuur 1
Tech1_LG_gr7_ch9_fig2.tif
Figuur 2
Tech1_LG_gr7_ch9_fig3.tif
Figuur 3

Voorwerpe wat strukture genoem word

Kyk rond in die klaskamer. Kies enige voorwerp, byvoorbeeld ’n kas, ’n tafel, ’n stoel, ’n mandjie, ’n bottel, ’n skoen, ’n potloodkissie of ’n baksteen. Beantwoord dan die volgende vrae oor die voorwerp wat jy gekies het.

  1. Wat word die voorwerp genoem?


  2. Waarvoor word dit gebruik?


  3. Kan dit gebruik word om spesifieke dinge bymekaar te hou sodat hulle nie in die klaskamer rondlê nie?


  4. Kan die voorwerp gebruik word om iets te beskerm, byvoorbeeld teen sonlig of wind?


  5. Word dit gebruik om iets te ondersteun?


    Tech1_LG_gr7_ch9_fig4.tif
    Figuur 4: Die stoel ondersteun die persoon wat daarop sit.

    Hierdie man sit gemaklik op die stoel. Jy kan sê dat die stoel die man ondersteun en keer dat hy afval.

  6. Beskryf ander voorwerpe wat van stoele verskil, maar gebruik word om iets of iemand te ondersteun.


Tech1_LG_gr7_ch9_fig5.tif
Figuur 5: Die brug oorspan die rivier.

’n Brug oor ’n rivier, wat van een oewer na die ander een gaan, help mense om die stroom oor te steek sonder om nat te word. Die brug oorspan die rivier.

Situasie: ’n spazawinkel

Veronderstel jy wil ’n stalletjie by ’n mark oprig om kos soos suiker, meel, mielies, rys, eiers, bone en kookolie te verkoop. Voordat jy dit kan doen, moet jy eers groot houers suiker, meel, mielies, rys, eiers en bone, asook ’n 20-liter drom kookolie koop.

Tech1_LG_gr7_ch9_fig6.tif
Figuur 6
  1. Maak ’n lys van die voorwerpe wat jy in hierdie prent kan sien.


  2. Wat anders het jy nodig om jou stalletjie op te rig voordat jy kan begin om die produkte te verkoop?


  3. In watter soort houer sal die eiers wat jy verkoop, gehou word?


    Tech1_LG_gr7_ch9_fig7.tif
    Figuur 7
  4. Hoekom word eiers in spesiale houers verpak, soos die een wat jy op die prent sien?


  5. Wat het jy nog nodig om die twee leë kratte te gebruik om ’n tydelike tafel te maak?


  6. Veronderstel ’n vrou wil 2 kg meel by jou koop. Sal jy haar vra om haar hande uit te steek sodat jy die meel in haar hande kan sit, of sal jy ’n ander plan maak?


  7. Wat sal jy as houers gebruik as jy mielies, rys en meel aan mense verkoop?

    'n Houer is iets wat jy gebruik om dinge in een plek bymekaar te hou, soos ’n papiersak vir rys.

  8. Wat sal jy as houer gebruik as jy olie verkoop?


  9. Toe jy vraag 5 hierbo beantwoord het, wat het jy besluit gaan jy gebruik om die twee kratte te oorspan om ’n tafel te vorm?

    Die tafel wat jy gaan maak, die kratte waarmee jy die tafel maak, die houers waarin jy die eiers kry en die plastiekbottels waarin jy die olie verkoop word struckture genoem.

  10. Hoe sal jy jouself en die goedere wat jy verkoop teen reën beskerm? Teken die struktuur wat jy as beskerming teen reën sal gebruik.

    sketchspace

    Mense ontwerp en maak strukture om verskillende redes. Baie strukture kan jou help om een of meer van die dinge wat hieronder genoem word te doen.

    Om dinge binne en bymekaar te hou sodat dit nie kan rondlê of uitval of uitvloei nie, en om dit afsonderlik van ander produkte te hou.
    Om iets te beskerm, sodat dit nie beskadig word nie.
    Om iets te ondersteun en regop te hou.
    Om die ruimte tussen twee voorwerpe te oorspan sodat hulle verbind word.

  11. Kan jy aan ’n struktuur dink wat meer as een van hierdie dinge kan doen?

Mensgemaakte en natuurlike strukture

Tech1_LG_gr7_ch9_fig8.tif  

Figuur 8: ’n Rysmierhoop

Het jy al ooit van naby na ’n rysmierhoop gekyk? Dit is werklik wonderlik hoe dit die rysmiere en hulle kos teen die weer en hul vyande beskerm. Binne so ’n miershoop is daar ’n hele stad!

Die materiaal (grond) word deur hulle verwerk om kompak te word sodat dit skokke kan weerstaan, terwyl die miershoop se vorm reën toelaat om maklik af te loop. Dit is ’n voorbeeld van ’n natuurlike struktuur. Dit is nie mensgemaak nie.

Mensgemaakte skuilings het dieselfde funksies: om mense en hulle eiendom te beskerm. Voor die bestaan van mensgemaakte skuilings soos huise en tente het mense bome en grotte vir beskerming gebruik.

Om ons is daar baie verskillende strukture. Party is deur mense gebou en ander is reeds in die natuur teenwoordig. Die rysmierhoop is ’n struktuur, maar is nie deur mense gebou nie. Sulke strukture noem ons “natuurlike strukture”.

’n Koppie waaruit jy tee of koffie drink is ook ’n struktuur. Dit is ’n “mensgemaakte struktuur” omdat die koppie deur mense gemaak is.

Kyk na die strukture op die volgende twee bladsye en klassifiseer hulle as mensgemaakte strukture of natuurlike strukture.

Tech1_LG_gr7_ch9_fig9.tif
Figuur 9
Tech1_LG_gr7_ch9_fig12.tif
Figuur 10

Klassifiseer strukture

  1. Klassifiseer die 12 strukture op die vorige twee bladsye as mensgemaakte of natuurlike strukture.

    Mensgemaakte strukture

    Natuurlike strukture

  2. Aan watter ander natuurlike strukture kan jy dink?


  3. Noem enige drie mensgemaakte strukture wat beskerming bied.


  4. Noem enige drie mensegemaakte strukture wat ondersteuning bied.


  5. Noem enige drie mensgemaakte strukture waarin dinge gehou kan word.


Verskillende soorte strukture

Daar is drie basiese soorte strukture: dopstrukture, raamstrukture en soliede strukture Daar is ook sommige strukture wat gemeng is.

Dopstrukture

Die meeste houers wat gebruik word om vloeistowwe of klein stukkies vaste stowwe in te hou is dopstrukture. Voorbeelde hiervan is koffiebekers, bakkies vir grondbone, en sakke vir rys of suiker.

Die sterkte van ’n dop struktuur is aan die buitekant daarvan - in die dop. Hoendereiers en leë volstruiseierdoppe is voorbeelde van “natuurlike dopstrukture”. Sokkerballe en ballonne is mensgemaakte strukture.

Tech1_LG_gr7_ch9_fig20.tif
Figuur 11: Die San het volstruiseierdoppe as waterhouers gebruik.
Tech1_LG_gr7_ch9_fig20.tif
Figuur 12: Bye bewaar hul heuning in heuningkoeke.
Tech1_LG_gr7_ch9_fig20.tif
Figuur 13: ’n Rubberbuiteband is ’n dopstruktuur.
Tech1_LG_gr7_ch9_fig20.tif
Figuur 14: ’n Koffiebeker is ’n dopstruktuur.

Raamstrukture

’n Raamstruktuur bestaan uit verskillende onderdele. Hierdie onderdele word op so ’n manier saamgevoeg dat hulle die struktuur sterk maak. ’n Leer en ’n fiets is goeie voorbeelde van mensgemaakte raamstrukture. Spinnerakke is natuurlike raamstrukture.

Tech1_LG_gr7_ch9_fig24.tif
Figuur 15: Hierdie dakstruktuur van houtplanke is ’n raamstruktuur wat uit natuurlike materiaal gemaak is. Die planke ondersteun die dak.
Tech1_LG_gr7_ch9_fig25.tif
Figuur 16: ’n Fietsraam bestaan uit verskillende metaalpype.
Tech1_LG_gr7_ch9_fig27.tif
Fguur 17: ’n Blaar van ’n plant. Kyk na die are - hulle vorm die raamwerk van die blaar.

Soliede strukture

Strukture soos rotse, bakstene en sementpale is solied. Hulle bestaan nie uit verskillende dele met oop spasies tussen hulle nie. ’n Klip is ’n natuurlike soliede struktuur en is een stuk materiaal. ’n Baksteen is ’n mensgemaakte soliede struktuur en is ’n soliede struktuur.

Tech1_LG_gr7_ch9_fig28.tif
Figuur 18: Klippe
Tech1_LG_gr7_ch9_fig29.tif
Figuur 19: Tafelberg
Tech1_LG_gr7_ch9_fig30.tif
Figuur 20: ’n Sementsteen
Tech1_LG_gr7_ch9_fig31.tif
Figuur 21: ’n Teelepel

Saamgevoegde strukture

’n Huis is ’n goeie voorbeeld van ’n struktuur wat saamgevoeg is uit dop-, raam- en soliede strukture.

Identifiseer struktuurtipes

  1. Klassifiseer die strukture wat in die tabel hieronder genoem word as dopstrukture, raamstrukture of soliede strukture:

    ’n huis, ’n elektrisiteitstoring, ’n skilpaddop, ’n selfoontoring, ’n menslike skedel, ’n baksteen, ’n tuinstoel, ’n spinnerak en ’n hondehok, houtstompe, hoendereiers en rotse. Jy kan op die vorige bladsye na prente van hierdie strukture kyk.

  2. Skryf meer voorbeelde van elk van die verskillende struktuursoorte in die tabel neer.

    Dopstruktuur

    Raamstruktuur

    Soliede struktuur

Ondersteuning vir watertenks

Tech1_LG_gr7_ch9_fig32.tif
Figuur 22: ’n Watertenk op ’n soliede baksteenvoetstuk
Tech1_LG_gr7_ch9_fig33.tif
Figuur 23: ’n Watertenk op ’n metaalraamwerk as voetstuk
  1. Noem al die strukture wat jy in die prente hierbo sien. Sê in elke geval watter soort struktuur dit is en wat die doel daarvan is.


  2. Vergelyk die twee watertenks se ondersteunende strukture.

    1. Watter voetstuk is ’n soliede struktuur en watter een ’n raamstruktuur?


    2. Watter een van die voetstukke dink jy is die sterkste van die twee? Verduidelik waarom jy so dink.


  3. Maak ’n vryhandskets van die metaalraamvoetstuk en die tenk:

    sketchspace

Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy leer oor verskillende maniere om raamstrukture te versterk.