Gereedskap met twee of meer hefbome

Tech1_gr7_ch6_fig1.tif

Figuur 1: 'n Tang bestaan uit twee hefbome wat dieselfde steunpunt gebruik.

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg72.png

Figuur 2

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg72-.png

Figuur 3

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg73-1.png

Figuur 4

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg72-2.png

Figuur 5

  • Wat is die verskil tussen hierdie twee maniere om 'n skêr te gebruik?


  • Watter een van die twee maniere sal die maklikste wees om die dik karton te sny? Verduidelik jou antwoord.


  • Is daar enige hefbome in 'n skêr? Indien wel, hoeveel en watter klas hefbome is hulle?


  • In diagram A, B en C hieronder, word die insetkrag op die blou lem met 'n rooi pyl aangedui. In diagram A word die las op die blou lem met 'n swart pyl aangedui.

    1. Teken 'n pyl om aan te dui waar die las in beide diagramme B en C is.

      Tech1_gr7_ch6_fig6.tif

      Figuur 6: 'n Skêr bestaan eindelik uit twee lemme wat aan mekaar verbind is sodat hulle soos twee hefbome werk.

      Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg74.png

      Figuur 7

  • In watter geval is die meganiese voordeel van die blou mes die grootse en in watter geval is dit die kleinste?


  • In watter geval, of gevalle, is die meganiese voordeel van die blou hefboom groter as 1?


  • Hoekom is 'n gewone skêr nie geskik om takke van 'n boom af te knip nie?


    Tech1_LG_gr7_ch6_fig7.tif

    Figuur 8

  • Maak 'n vryhandskets van die soort skêr wat die takke van 'n boom kan afknip. Hoekom sal hierdie tipe skêr werk?


  • makeasketch.png
    Tech1_LG_gr7_ch6_fig8.tif

    Figuur 9

  • Waarom sal 'n gewone skêr nie veel kan help om 'n verfrommelde motor oop te sny om vasgekeerde passasiers uit te haal nie?


  • Veronderstel jy moet 'n stuk snygereedskap ontwerp wat gebruik kan word om deur metaal te sny. Hoe sal hierdie stuk gereedskap van 'n gewone skêr verskil?


  • Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Teg_Afrikaans_LG_Graad7_kwartaal177.png

    Figuur 10

  • Watter hefboomklas is by elk van hierdie neutkrakers hierbo gebruik?


  • Teken 'n hand, in elke geval hieronder, om te wys hoe jy die hardste drukking met jou hand op die neut kan toepas.

    Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech-grd7-pg77-2.png

    Figuur 11

  • Merk en voeg 'n byskrif by waar die krag, las en steunpunt op elk van hierdie tekeninge hierbo sal wees.

  • Watter een van hierdie drie neutkrakers dink jy sal die beste werk? Verduidelik waarom jy so dink.


    'n “Byskrif” is 'n woord of sin wat jy langs 'n tekening skryf om die naam van 'n onderdeel van die tekening te wys.

    Drie tipes kombuistange en twee pare tange word op die volgende bladsy gewys.

  • Beskryf die verskille tussen kombuistangtipe A en B.


  • Hoe verskil kombuistang C van tipes A en B?


  • Watter een van hierdie drie kombuistange werk op dieselfde manier as 'n gewone tang? Verduidelik jou antwoord.


  • Beskryf 'n situasie waar 'n tang nuttig sou wees.


  • Maak 'n vryhandskets van 'n stel hefbome wat gebruik kan word om 'n doring uit jou voete te haal.

  • Watter klas hefboom het jy vir jou ontwerp gekies in vraag 9 gekies?


  • Maak 'n vryhandskets van 'n stuk gereedskap wat 'n ander klas hefboom gebruik om dorings mee uit te trek.

    Teg_Afrikaans_LG_Graad7_kwartaal179.png

    Figuur 12

    Teg_Afrikaans_LG_Graad7_kwartaal179-2.png

    Figuur 13

  • Tech1_LG_gr7_ch6_fig17.tif

    Figure 14

    skematiese diagram van die naelknipper word op die volgende bladsy gewys. Tech1_LG_gr7_ch6_fig18.tif

    Figuur 15

    'n Skematiese diagram wys nie 'n voorwerp soos dit werklik lyk nie. Dit word geteken om van die onderdele van die voorwerp duideliker te wys as wat jy sien wanneer jy na die werklike voorwerp kyk.

  • Kyk na die rooi onderdeel op die diagram op die volgende bladsy. Dit is 'n hefboom. Watter hefboomklas is dit soos wat dit in die naelknipper gebruik word?


  • Wys die insetkrag en las op die rooi hefboom met pyltjies en byskrifte. Wys ook die steunpunt met 'n klein driehoekie en 'n byskrif.

    Tech1_LG_gr7_ch6_fig19.tif

    Figuur 16

  • Die blou deel van die naelknipper is 'n hefboompaar. Word hulle gebruik as klas 1-, klas 2- of klas 3-hefbome gebruik?


  • Wys die insetkrag en las met pyltjies en byskrifte op een van die blou hefbome. Wys ook die steunpunt met 'n klein driehoek en byskrif.


  • Is die insetkrag op die onderste blou hefboom dieselfde as die las op die rooi hefboom, of nie? Verduidelik jou antwoord.


  • Kan die ontwerp hierbo verander word sodat die naelknipper voorwerpe wat harder is as vingernaels, soos byvoorbeeld stukkies metaal, kan sny? Maak 'n skematiese tekening om te wys hoe dit gedoen kan word, en verduidelik waarom so 'n knipper 'n groter meganiese voordeel sal hê as die een in die ontwerp hierbo.


    makeasketch.png
  • meganisme bestaan uit twee pare klas 1-hefbome. Die paar aan die linkerkant word gebruik om die paar aan die regterkant “aan te dryf”. koppelings , soos die koppelings wat jy met papierspykers gemaak het toe julle vroeër die aktiwiteite oor hefbome in die vorige twee hoofstukke gedoen het.

    Iets wat ontwerp word om nuttig te wees wanneer party van die onderdele daarvan beweeg word 'n meganisme genoem.

    Tech1_gr7_ch6_fig20.tifTech1_gr7_ch6_fig21.tif

    Figuur 17

  • Wat dink jy is die doel van hierdie toestel?


  • Watter van die geel koppelings in die tekening is steunpunte vir hefbome, en watter koppel gewoon net een hefboom aan die ander? Wys dit deur byskrifte op die tekeninge hierbo te skryf.

  • Die woord, “sisteem” word gebruik vir die beskrywing van iets wat uit verskillende onderdele bestaan wat op een of ander manier met mekaar verbind is

    sisteem van twee klas 1-hefboompare.