Wat is tegnologie?

Tech_LG_Grade7_Book1_Chapter1_fig1.tif

Figuur 1

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tegn_Afrikaans_LB_Graad9_kwartaal158-2.png
Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/tech1_01.png
Figuur 4
natuurlike materiaal . Dit groei in die veld. Party soorte gras is baie beter vir dakke as ander soorte. Om 'n grasdak te dek is nie maklik nie. Daar is net 'n klein groepie mense wat dit behoorlik kan doen.
Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/tech1_02.png
Figuur 5: Sommige van die gereedskapstukke wat mense gebruik om dakke mee te dek.
Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/tech1_03.png
Figuur 6
mensgemaakte materiaal.

Natuurlike materiale word op verskillende maniere verander om mens- gemaakte materiaal te vervaardig.

Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech_pg5_2.png
Figuur 7: 'n Oop myn waar rots wat sink bevat, versamel word, soos by Sishen.
Tech1_gr7_ch1_p5.jpeg

Figuur 8: Huis A

Tech1_gr7_ch1_NwFig_

Figuur 9: Huis B

Tech1_gr7_ch1_NewFig_p7HouseC.tif

Figuur 10: Huis C

Tech1_gr7_ch1_NewFig_p7HouseD.tif

Figuur 11: Huis D

    1. Watter materiaal is gebruik om die huis in Figuur 8 te bou?


    2. Is hierdie materiaal mensgemaak of natuurlik?


    3. Watter gereedskap gebruik die mense wat die huis in Figuur 8 bou?


    1. Watter materiaal is gebruik om die huis in Figuur 9 te bou?


    2. Is dit mensgemaakte materiaal of natuurlike materiaal?


    3. Watter gereedskap gebruik die mense wat die huis in Figuur 9 bou?


    1. Watter materiaal is gebruik om die huis in Figuur 10 te bou?


    2. Is dit mensgemaakte materiaal of natuurlike materiaal?


    3. Watter gereedskap gebruik die mense wat die huis in Figuur 10 bou?


    1. Watter materiaal is gebruik om die huis in Figuur 11 te bou?


    2. Is dit 'n mensgemaakte materiaal of 'n natuurlike materiaal?


    3. Watter gereedskap gebruik die mense wat die huis in Figuur 11 bou?


  • Twee meisies, Sarah en Tebogo, loop in die veld en klim teen 'n klein heuweltjie uit. Skielik kom 'n rots los en begin teen die heuweltjie afrol. Dit land op Sarah se voet, wat onder die rots vasgepen word. Tebogo probeer die rots oplig, maar dit is te swaar vir haar. Sy kyk om haar rond en sien 'n ysterpaal. Sy probeer om die rots met die ysterpaal op te lig en dit werk! Sarah slaag nou daarin om haar voet onder die rots uit te trek. gereedskap gebruik. Gereedskap help ons om dinge te doen wat ons nie met ons liggame kan doen nie. Daar is ander soorte gereedskap, soos die voorbeelde hieronder.
  • Ons gebruik lepels, messe en vurke om mee te eet.
  • Ons gebruik skêre om papier en materiaal te sny. Dit werk baie beter as om materiaal en papier met ons hande te skeur.
  • Ons gebruik selfone om met mense te praat wat ver weg is. Selfone is praatgereedskap. Tweehonderd jaar gelede was daar nie selfone of telefone nie. Destyds kon mense net met mekaar praat as hulle naby genoeg was om mekaar te kon hoor sonder om enige gereedskap te gebruik.
  • Dokters gebruik 'n verskeidenheid van gereedskapstukke om siek mense te behandel.
  • Party gereedskapstukke soos messe en vurke en lepels, is maklik om te gebruik. Ander gereedskapstukke, soos skêre en skroewedraaiers, is 'n bietjie moeiliker om te gebruik. Ander gereedskapstukke is nóg moeiliker om te gebruik, byvoorbeeld 'n kragboor. 'n Persoon wat sulke gereedskapstukke wil gebruik, moet opgelei wees.

    Een ding wat baie mense doen, is om praktiese oplossings vir probleme te ontwikkel sodat mense die goed kan kry wat hulle wil hê en benodig. Om dit te doen gebruik mense hulle kennis en vaardighede. Hulle gebruik ook gereedskap en materiale. Wanneer oplossings vir probleme gesoek word, moet mense probeer om nie die omgewing te beskadig nie, en die behoeftes en veiligheid van individue, gesinne en gemeenskappe in gedagte te hou.

    Al hierdie dinge saam word Tegnologie genoem.

    In 'n spesifieke klein dorpie kry die mense hulle water uit 'n dam omtrent 3 km daarvandaan. Maar toe tref 'n ramp die dorpie, en die damwal breek tydens 'n vloed. Dit sal twee jaar neem om dit te herbou. Gelukkig is daar 'n ou put naby die dorpie met genoeg goeie water om in al die dorpsmense se behoeftes te voorsien. Die put is egter baie diep en daar is geen manier om die water na bo te kry nie. Die dorpie is ook in 'n landelike gebied met geen elektrisiteit nie.

    Wat dink jy kan gedoen word om die water uit die put te kry? Is jy seker dat jou plan gaan werk? Kan jy 'n tekening maak sodat ander mense jou plan sal verstaan?

    Wanneer mense probleme in die gesig staar, doen hulle gereeld die volgende:

    ontwerpproses genoem. Jy sal reg deur die jaar gereeld hierdie proses gebruik.
  • Mev. April, wat groente kweek en dit by 'n straatmark verkoop,
  • jy, en
  • mnr. Sethole, 'n skrynwerker. Hy werk hoofsaaklik met hout, maar kan ook met metaalplate werk.
  • Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech_grd7_pg10_1.png
    Figuur 12: 'n Skrynwerker is 'n tipe tegnoloog en gebruik hout om dinge te maak.
    “Jy sal vir my meer inligting moet gee sodat ek kan weet hoe om die kruiwa te maak. Kruiwaens word vir verskillende take gebruik en hulle kan verskillende groottes en vorms hê. Gaan vra asseblief vir mev. April 'n klompie vrae en kom dan terug na my toe met die inligting.”

    Bykans elke tegnologieprojek begin met die inwin van inligting. Sonder goeie inligting is dit nie duidelik wat jy moet doen nie. Hierdie deel van die tegnologiese proses word ondersoek genoem. .

    Tech_English_LG_Grade7_term1-web-resources/image/Tech_grd7_pg10_2.png
    Figuur 13
  • Skryf 'n klompie vrae neer wat jy vir mev. April kan vra.


  • Probeer dink watter antwoorde mev. April dalk op jou vrae sal gee. Skryf dan kort aantekeninge hieronder om te verduidelik wat sy met die kruiwa wil doen en hoe die kruiwa moet lyk.


    Die beskrywing van hoe die kruiwa moet lyk, is deel van die spesifikasies vir die kruiwa. Die aantekeninge wat jy hier maak word soms die ontwerpopdrag genoem.

  • Mev. April wil eerder die verskillende groentesoorte langs mekaar as op mekaar, pak. Hoe moet haar kruiwa verskil van die kruiwa wat jy in 'n winkel kan koop?


    Jy is nou besig om 'n kruiwa vir mev. April te ontwerp , nie vir iemand anders nie. Jy moet dus dink waarvoor sy dit gaan gebruik.

    Mev. April het 'n ou kruiwa sonder 'n bakgedeelte. Mnr. Sethole kan 'n nuwe bakgedeelte maak en dit aan die ou kruiwa vasheg.

    Tech1_gr7_ch1_NewFig_p17.tif

    Figuur 14

  • Maak 'n skets hieronder wat wys hoe jy dink die nuwe bakgedeelte vir die kruiwa behoort te lyk.

    makeasketch.png
  • Watter materiale kan gebruik word om die bakgedeelte vir die kruiwa te maak? Beskryf die opsies en sê watter een jy verkies. Sê ook hoekom jy hierdie materiaal verkies.


  • Jy is steeds besig om vir mev. April 'n kruiwa te ontwerp. In hierdie stadium oorweeg jy moontlike materiale, dus kan jy gepaste materiale uitsoek om die kruiwa te maak.

    9445.png