Spysverteringstelsel

Hoofstuk-oorsig

1.5 weke

Leerders het reeds met die spysverteringstelsel kennis gemaak in Hoofstuk 2. Hierdie hoofstuk fokus op 'n gesonde dieet en die verskillende komponente waaruit 'n gesonde dieet bestaan. Daar sal van leerders vereis word om voedseltoetse uit te voer om te ondersoek watter voedsels watter komponente, soos stysel en vette bevat. Die hoofstuk sal ook in meer detail kyk na die spysverteringskanaal en vertering om te sien hoe die voedsel wat ons eet verander word na 'n vorm wat in ons liggame geabsorbeer kan word. In Gr 6 KABV doen leerders 'n inleiding tot voeding en leer oor die basiese voedselgroepe.

5.1 'n Gesonde dieet (3 ure)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Vergelyk gesonde en ongesonde voedsels

Werk in pare, vergelyk, beskryf, kategoriseer

Voorgestel

Aktiwiteit: Vergelyk maaltye

Vergelyk, beskryf, verduidelik

Voorgestel

Ondersoek: Watter voedsels bevat stysel en vette en olies?

Ondersoek, neem waar, interpreteer, beskryf, skryf, verduidelik

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Hoe affekteer jou dieet jou gesondheid op die kort en langtermyn?

Navorsing, interpreteer, voorspel, verduidelik

KABV voorgestel

5.2 Die spysverteringskanaal en vertering (1.5 ure)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Die verskillende organe in die spysverteringstelsel

Identifikasie

Voorgestel

Aktiwiteit: 'n Vertering-simulasie

Groepwerk, neem waar, beskryf, interpreteer, vergelyk, skryf

Voorgestel

  • Waarom moet ons 'n gesonde dieet volg? Waaruit bestaan 'n gesonde dieet?
  • Wat maak een soort voedsel gesond en 'n ander soort voedsel ongesond?
  • Is dit moontlik om dinge soos diarree of hardlywigheid te voorkom? Wat van ulkusse?
  • Waarom moet ons voedsel verteer word?
  • Hoe word voedsel in ons liggame verteer?
  • Waar gaan die onverteerde voedsel heen?

In hierdie hoofstuk gaan ons van naderby kyk na die voedsel wat ons eet om te sien waarom sekere voedsels beskou word as gesond en ander as ongesond. Ons sal dan ondersoek hoe die voedsel op ons borde by die selle uitkom en waarom ons spysverteringstelsel so goed aangepas is vir sy werk.

'n Gesonde dieet

  • gebalanseerde dieet
  • dehidrasie
  • dieet
  • ensieme
  • jodiumoplossing
  • voedingstowwe
  • stysel
  • suikers

As mense is ons liggame baie aktief. Ons liggame benodig 'n groot verskeidenheid van verskillende voedingstowwe en stowwe om al hierdie prosesse te kan uitvoer. Ons verkry hierdie voedingstowwe uit die voedsel wat ons eet. Die mens se liggaam benodig 'n gebalanseerde, gesonde dieet om aan te hou behoorlik funksioneer.

Vergelyk gesonde en ongesonde voedsels

INSTRUKSIES:

  1. Werk saam met 'n maat.
  2. Ons is soms bewus daarvan of 'n voedsel gesond of ongesond is. Lys ten minste 10 gesonde en 10 ongesonde voedsels in die volgende tabel.

Gesonde voedsel

Ongesonde voedsel

Wanneer jy klaar is deel jou voedsellys met die klas en teken die klas se idees omtrent gesonde en ongesonde voedsels aan op 'n groot vel papier of op die bord. Vertoon hierdie in die klas.

Bestudeer die lys van gesonde en ongesonde voedsel.

Watter gedeelde eienskappe kan jy identifiseer in die voedsel wat die klas as gesond gelys het?



Leerder-afhanklike antwoord

Watter gedeelde eienskappe kan jy identifiseer in die voedsel wat deur die klas gelys is as ongesond?



Leerder-afhanklike antwoord

Kom ons kyk van naderby na waaruit 'n gesonde dieet bestaan.

Die sewe boublokke van 'n gesonde dieet

  • proteïene
  • koolhidrate
  • vette
  • vesel
  • glukose
  • vitamiene
  • minerale

Die voedsel wat ons eet kan in verskillende groepe ingedeel word:

  • proteïene
  • koolhidrate
  • vette en olies
  • vitamiene
  • minerale
  • vesel (nie-verteerbare koolhidrate)
  • water

'n Gesonde dieet bestaan uit voedsels uit al hierdie groepe.

Proteïene

Proteïene is ons liggame se boublokke. Hulle bou en herstel liggaamselle en weefsels. Voedsels wat ryk is in proteïene is: vis, vleis, pluimvee, eiers, kaas en ander voedsel van dierebronne. Daar is ook baie bronne van proteïene van plante afkomstig. Byvoorbeeld: produkte wat van sojabone gemaak is, ertjies en boontjies, neute en sade.

Vleis.
Eiers.
Amandel-neute.
Kaas.

Koolhidrate

Koolhidrate is die hoofbron van energie vir ons liggame. Stysel word afgebreek in die spysverteringstelsel om glukose te vorm (wat 'n suiker is). Voorbeelde van voedsels wat koolhidrate bevat is: volgraanbrood, aartappels, pasta, rys, vrugte, groente, mielies en peulgroente.

Ongelukkig eet baie mense te veel koolhidrate, veral geprosesseerde koolhidrate soos lekkers en beskuitjies, skyfies, gebak, koeldranke en versoete vrugtesappe.

Vrugtesap is dikwels nie die gesondste keuse om te drink nie, omdat sommige vrugtesappe dieselfde hoeveelheid suiker bevat as die gemiddelde gaskoeldrank. Die beste keuse is water!

Volgraanbrood.
Aartappels.
Rys.
Mielies bevat baie koolhidrate.

Vette en olies

Vette en olies is belangrik vir baie liggaamsprosesse:

  • Vet beskerm en isoleer jou organe
  • Hulle help om gesonde hare en naels te handhaaf.
  • Somige vitamiene kan slegs geabsorbeer en vervoer word indien hulle verbind is aan vetmolekules.
  • Vette en olies voorsien ook die liggaam van energie.

Maar sommige vette is beter as ander en om te veel van enige soort te hê is nie 'n goeie idee nie.

Olyfolie en canola-olie is beide gesonde olies.
Sardientjies bevat baie gesonde vette.

Vitamiene

Ons bronne van vitamiene is vrugte...
...en groente

Vitamiene help met die verskillende chemiese reaksies in ons liggame:

  • vitamien A help om ons immuunstelsel te versterk en bevorder nagvisie
  • B vitamiene help ons om energie vanuit voedsel te prosesseer
  • vitamien C help om jou vel en tandvleis gesond te hou en versterk die immuunstelsel
  • vitamien D help om sterk bene en tande te bou

Ons hoofbronne van vitamiene is vrugte en groente. Die volgende diagram som sommige bronne van verskeie vitamiene op. Jy moet al hierdie vitamiene en hul bronne ken.

Baie mense neem groot hoeveelhede aanvullings in om te verseker dat hulle genoeg vitamiene en minerale kry. Maar dit is redelik verkwistend omdat die liggaam enige oortollige vitamiene en minerale ekskreteer en slegs 'n paar vitamiene berg, soos Vitamien A, D, E en K.

Voedselbronne van verskillende vitamiene.

Minerale

Ons liggame kan nie minerale produseer nie en daarom moet ons dit in ons diëte insluit. Party van die minerale wat ons moet insluit in ons diëte is:

  • kalsium wat noodsaaklik is vir sterk bene en tande.
  • yster wat nodig is vir gesonde bloed.
  • magnesium wat gebruik word om sterk bene, tande en spiere te bou.
  • natrium wat ook nodig is vir spier en senuweefunksie en, meer belangrik, help om die hoeveelheid water in die bloed te reguleer.

Daar is 'n verskeidenheid bronne van minerale. Byvoorbeeld, hoë vlakke van kalsium word gevind in suiwelprodukte, vleis is 'n goeie bron van yster, en magnesium word in baie voedsels gevind soos piesangs, neute, groen blaargroente en melk. Die mees algemene bron van natrium is natriumchloried, wat tafelsout is.

Vesel

Vesel wat in die skille van vrugte en groente gevind word, en in volgraan graanprodukte, kan nie verteer word nie. Dit beweeg dus deur die spysverteringskanaal. Ons het vesel nodig in ons dieet omdat dit ons help om gereeld opelyf te hê en hardlywigheid voorkom.

Boontjies is 'n goeie bron van vesel.
http://www.flickr.com/photos/trekkyandy/3316748814/
Hoë vesel ontbytgraan. http://www.flickr.com/photos/trekkyandy/3316748814/

Water

Ons liggame bestaan uit meer as 50 persent water. Water is noodsaaklik om ons bloed te help om voedingstowwe en afval in die liggaam te vervoer en om te help met chemiese reaksies wat plaasvind in ons selle. Water vorm die grootste deel van ons sweet, speeksel en trane.

Jy moet elke dag water drink.

Vind meer uit en kry 'n spesiale dieetplan wat net vir jou uitgewerk word http://www.choosemyplate.gov/

Vergelyking van maaltye

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit, en kan ook gedoen word as 'n klasbespreking as u nie daarvoor tyd het nie.

INSTRUKSIES:

  1. Hieronder is foto's van verskillende maaltye vir ontbyt, middagete en aandete.
  2. Een van die maaltye is gesonder as die ander.
  3. Kies watter een is die gesonder opsie en verduidelik waarom.

Ontbyt:

Opsie 1: "Fruit loops"

Opsie 2: Vrugteslaai




Die vrugteslaai is gesonder omdat dit 'n verskeidenheid vars vrugte bevat met voldoende vesel en dis propvol gesonde vitamiene. Vrugteslaai sal deels voldoen aan jou daaglikse porsie vir vrugte en groente vir die dag. Die "fruit loops" is minder gesond omdat dit baie suikers en kunsmatige kleurstowwe en geurmiddels bevat. Dit het ook beperkte voedingswaarde in terme van vitamiene en minerale.

Middagete:

Opsie 1: Hamburger

Opsie 2: Omelet met slaai




Die omelet is die gesonder opsie. Soos met die eierslaai bevat hierdie maaltyd vars slaai en die eiers is 'n bron van proteïene. Die omelet het moontlik vleis of sampioene en kaas wat ook bydra tot die voedingswaarde. Die hamburger is ongesond want al bevat dit vleis, stysel en kaas, is die manier waarop dit waarskynlik voorberei is ongesond omdat die vleis in olie gebraai is. Daar is ook geen vars vrugte of groente nie.

Aandete:

Opsie 1: Hoenderstukke

Opsie 2: Beesvleis, ertjies en rys




Die beesvleis, ertjies en rys is die gesonder opsie vir aandete omdat die maaltyd stysel (rys) bevat, vleis vir proteïene (beesvleis), sowel as groente (ertjies). Die ander maaltyd is minder gesond omdat dit slegs een voedselgroep bevat, naamlik proteïene vanuit die hoenderstukkies.

Verskillende kulture en gelowe volg verskillende diëte. Sommige kulture sal slegs sekere soorte voedsel eet en ander kombinasies vermy. Sommige gelowe kan hul volgelinge beperk tot slegs sekere voedsels, terwyl ander geen dieet-voorskrifte het nie. In Suid Afrika het ons 'n baie diverse bevolking met mense van verskillende kulture, agtergronde en gelowe. Dit maak ons land sowaar 'n unieke, diverse en interessante plek om in te woon!

Om voedsel te toets

  • emulsie

Daar is verskeie chemiese toetse wat gebruik word om maklik die soort voedselmolekules te identifiseer wat in verskillende voedsels voorkom.

Een so 'n toets is die styseltoets. Ons kan ook toets vir die voorkoms van vette en olies deur die emulsietoets te gebruik.

Jy kan miskien onthou dat jy in vorige grade die styseltoets op plante gedoen het om te sien watter blare stysel berg vanaf die glukose wat tydens fotosintese geproduseer is.

Watter voedsels bevat stysel en vette en olies?

In hierdie ondersoek sal leerders van agtergrondinligting en basiese instruksies voorsien word. Hulle sal self die ondersoek moet ontwerp en dan hul bevindings in 'n ondersoekverslag aanteken.

Voor die les begin moet 'n werktafel opgestel word met die materiale en apparaat wat die leerders sal nodig hê om die voedsel-toetse te kan doen.

Die materiale wat benodig word (per leerder of groep) is:

  • verskeie voedselitems om vir stysel te toets : byvoorbeeld, stukkies brood, appel, tamatie, gekookte eier, kaas, komkommer, aartappel, joghurt, ham (party stowwe moet stysel bevat en ander nie)
  • verskeie voedselitems om vir vette en olies te toets: byvoorbeeld, die voedselitems hierbo kan gebruik word, en daarmee saam kan u ook grondboontjiebotter en botter verskaf
  • petribakkie per groep of leerder vir die styseltoets
  • 'n bottel verdunde jodiumoplossing en 'n drupper
  • verskeie proefbuise vir die vet-emulsietoets
  • water
  • glasstafie (of enige ander gepaste ronde, harde item) om die voedselitems vir die vet-emulsietoets fyn te breek
  • 'n bottel etanol
  • knyptang

INSTRUKSIES:

  1. Jy sal 'n ondersoek moet uitvoer om te toets of die voedselstowwe waarvan jy voorsien is stysel of vette en olies, of beide, bevat.
  2. 'n Opsomming van elke toets word hieronder gegee. Jy sal jou eie ondersoek moet ontwerp en uitvoer.
  3. Voordat jy begin, dink aan hoe jy jou resultate sal aanteken en skryf jou voorgestelde metode neer.

Stysel - jodiumtoets:

Jodiumoplossing is 'n oranje-bruin kleur. Wanneer jodiumoplossing by 'n stof gevoeg word wat stysel daarin het, reageer die jodiumoplossing met die stysel om 'n blou-swart kleur te produseer. Die blou-swart kleur dui die teenwoordigheid van stysel aan.

Leerders sal die drupper moet gebruik om 'n paar druppels van die verdunde jodiumoplossing by die voedselstof te voeg wat in die petribakkie getoets gaan word. Laat hulle oefen op 'n klein stukkie wit papier, sodat hulle die kleurverandering kan sien voordat hulle dit op die voedsel probeer. Stysel hou die vesels in papier aanmekaar.

Vet - emulsietoets:

Om die toets uit te voer, maak 'n stuk van die voedsel (of vloeistof) in 'n klein hoeveelheid etanol fyn. Gooi van die mengsel op die papier. Sodra die etanol na 'n rukkie verdamp het, sal oliekolle op die papier die teenwoordigheid van vette of olies in die voedsel aandui.

As jy allergies is vir jodium neem eerder hierdie eksperiment waar en moet nie deelneem nie.

DOEL:

Wat is die doel van jou ondersoek?



Om uit te vind of stysel of vette en olies of beide teenwoordig is in sekere voedsels.

HIPOTESE:

Wat is jou hipotese vir hierdie ondersoek?




Leerder-afhanklike antwoord

Dit sal verskil afhangende van die voedselstof wat u aan die leerders verskaf. 'n Voorbeeld van 'n hipotese vir hierdie ondersoek is: "Die jodiumoplossing sal blou-swart verkleur wanneer dit gevoeg word by aartappel, brood en appel, wat aandui dat hierdie voedsels stysel bevat. Die emulsie van die kaas, joghurt, botter en grondboontjiebotter in etanol sal melkwit kleur en 'n vetkol op papier laat, wat die teenwoordigheid van vette aandui."

MATERIALE EN APPARAAT:

Lys die materiale en apparaat wat jy in hierdie ondersoek gebruik het.











Leerder-afhanklike antwoord

'n Voorbeeld wat leerders kan verskaf:

  • monsters (klein) van die volgende voedsels - leerders identifiseer watter voedsels hulle toets vir stysel en vette.
  • verdunde jodiumoplossing met drupper
  • petribakkie
  • knyptang
  • proefbuise
  • papier
  • etanol

METODE:

Skryf die metode neer wat jy in hierdie ondersoek gevolg het.













Leerder-afhanklike antwoord

Leerders moet die metode neerskryf as 'n lys genommerde stappe. Leerders moet aandui dat hulle die voedselitems bymekaar gemaak het en hulle in verskillende petribakkies (bakkies as hierdie nie beskikbaar was nie) geplaas het. Hulle het daarna om die beurt verdunde jodiumoplossing op elkeen van die monsters gedrup en hulle resultate waargeneem en aangeteken. Hulle moet dan aandui hoe hulle die vet-emulsietoets gedoen het, deur klein stukkies voedsel in 'n proefbuis te plaas, etanol by te voeg en die voedsel fyn te druk en te roer met die staaf of 'n ander geronde, harde voorwerp. Hulle moet dan die mengsel op papier gooi en die etanol toelaat om te verdamp en dan die resultate neerskryf.

RESULTATE EN WAARNEMINGS:

Gebruik die volgende spasie om jou resultate en waarnemings vir hierdie ondersoek aan te teken.









Leerder-afhanklike antwoord

Leerders kan 'n tabel teken om hulle resultate en waarnemings aan te teken, of net die voedsels lys wat positief of negatief getoets het vir elke stof. 'n Voorbeeld van die uitleg vir 'n leerder se tabel kan wees:

Tabel om die teenwoordigheid van stysel of vette en olies in verskeie voedselstowwe aan te dui

Voedselstof

Resultaat van jodiumtoets

Bevat stysel?

Resultaat van emulsietoets

Bevat vette?

Brood

Blou-swart gekleur

Ja

Nee donker, wit kleur

Nee

Appel

Dele van die appel het blou-swart gekleur

Ja

Nee donker, wit kleur

Nee

Kaas

Het oranje-bruin gebly/nie blou-swart gekleur nie

Nee

Emulsie het donker, wit kleur gekleur

Ja

ens

BESPREKING:

Bespreek en evalueer jou resultate en bevindings en die belangrikheid van voedseltoetse.







Leerder-afhanklike antwoord

Leerders moet bespreek watter soort voedsels stysel en vette bevat het, en watter nie. Hulle kan kennis neem dat spesifiek plantmateriaal stysel bevat omdat die plante fotosinteer om glukose te produseer wat die boublokke vir koolhidrate is. Diereprodukte (soos die ham en gekookte eier) bevat nie stysel nie. Leerders moet ook enige ongewone bevindings bespreek wat hulle nie verwag het nie en of dit die resultaat kan wees van onakkuraatheid of besmetting. Leerders moet ook hulle resultate evalueer en of hulle enigiets kon doen om die ondersoek te verbeter, soos om moontlik die toetse te herhaal.

GEVOLGTREKKING:

Wat is jou gevolgtrekking uit hierdie eksperiment?



Leerder-afhanklike antwoord

Leerders moet terugverwys na hulle hipotese in die gevolgtrekking en dit verwerp of aanvaar.

Gesondheidsprobleme wat verband hou met dieet

In Hoofstuk 2 in hierdie termyn het ons gekyk na party van die gesondheidskwessies wat verwant is aan die spysverteringstelsel, soos ulkusse, diarree en eetversteurings. Daar is ook gesondheidskwessies wat direk voortspruit uit jou dieet. Die volgende aktiwiteit sal jou bekendstel met sommige van hierdie gesondheidskwessies.

Hoe beïnvloed jou dieet jou gesondheid op die kort- en langtermyn?

Leerders kan hierdie as 'n vinnige klasbespreking doen soos wat u deur die verskillende toestande gaan.

INSTRUKSIES:

  1. Hieronder is 'n tabel met beskrywings van verskeie gesondheidskwessies wat verband hou met 'n swak dieet.

  2. Jy moet die beskrywings lees en jou kennis van die voedselgroepe gebruik om dan te klassifiseer waarvan die persoon 'n gebrek het, of andersins te veel in hulle dieet het.

  3. Vir sommge toestande kan daar 'n verskeidenheid oorsake wees, maar hierdie aktiwiteit fokus op die oorsake wat verband hou met dieet.

Naam van gesondheidskwessie

Beskrywing

Waarvan het hierdie persoon 'n gebrek of 'n oormaat in hulle dieet?

Osteoporose

Osteoporose is 'n siekte, meer algemeen onder ouer vroue, waar die bene bros word en meer geneig is om te breek. Gewoonlik verloor die bene digtheid en word porieus.

Anemie

Anemie is 'n toestand van die bloed wanneer daar nie genoeg gesonde rooibloedselle is nie. 'n Pasiënt voel moeg en swak omdat die weefsels en organe in die liggaam nie genoeg suurstof kan kry nie en respirasie word vertraag.

Marasmus

Hierdie is 'n ernstige vorm van wanvoeding as gevolg van verhongering. Die persoon word verskriklik maer (uitgeteer).

Hardlywigheid

'n Persoon is hardlywig wanneer hulle minder as 3 keer per week ontlas. Die persoon kan harde stoelgange hê en moeilik en met pyn ontlas.

Naam van gesondheidskwessie

Beskrywing

Waarvan het hierdie persoon 'n gebrek of 'n oormaat in hulle dieet?

Osteoporose

Osteoporose is 'n siekte, meer algemeen onder ouer vroue, waar die bene bros word en meer geneig is om te breek. Gewoonlik verloor die bene digtheid en word porieus.

Die belangrikste bydraende faktor is om nie genoeg kalsium of vitamien D in die dieet te hê nie. Dit kan ook 'n genetiese oorgeërfde eienskap wees.

Anemie

Anemie is 'n toestand van die bloed waar daar nie genoeg gesonde rooibloedselle is nie. 'n Pasiënt voel moeg en swak omdat die weefsels en organe in die liggaam nie kan genoeg suurstof verkry nie.

Te min yster in die dieet. Yster word benodig vir gesonde rooibloedselle om suurstof te kan lewer aan die weefsels. Bloedverlies kan ook anemie veroorsaak, maar dit verwys nie na dieet nie.

Marasmus

Hierdie is 'n ernstige vorm van wanvoeding as gevolg van verhongering. Die persoon word baie maer (uitgeteer).

'n Ernstige tekort van amper alle voedingstowwe, veral proteïene en koolhidrate.

Hardlywigheid

'n Persoon is hardlywig wanneer hulle minder as 3 keer per week ontlas. Die persoon kan harde stoelgange hê en moeilik en met pyn ontlas.

'n Dieet waar vesel ontbreek. Vesel help ons om stoelgange te vorm en die spysverteringstelsel te stimuleer. Om nie genoeg vloeistowwe (water) te drink nie kan ook hardlywigheid veroorsaak.

Vertering en die spysverteringskanaal

  • vertering
  • oplos
  • ensieme
  • fesies
  • gastries

Wat is vertering?

'n Verskeidenheid komplekse prosesse is betrokke by vertering, wat die voedsel wat jy eet verander in kleiner molekules wat dan geabsorbeer en vervoer kan word na die liggaamselle.

Daar is twee soorte vertering:

  1. Meganiese vertering vind plaas wanneer voedsel fisies afgebreek word deur kou, karring en fynmaak. Meganiese vertering vind plaas in jou mond en in jou maag.

Meganiese vertering verander nie die chemiese eienskappe van die voedsel nie. Dit verander eerder die fisiese eienskappe deur groot stukke af te breek na kleiner stukkies, dus kan dit ook fisiese vertering genoem word.

  1. Chemiese vertering vind plaas wanneer verskillende verteringsensieme die stukkies voedsel afbreek na kleiner molekules. Ensieme is spesiale proteïene wat sekere chemiese reaksies in die liggaam versnel. Chemiese vertering begin in die mond waar ensieme in jou speeksel begin om stysel af te breek. Chemiese vertering vind ook in die maag en dunderm plaas.

Die spysverteringskanaal

  • peristalse

Ons het reeds die spysverteringskanaal in Hoofstuk 2 bestudeer, daarom sal ons begin deur te hersien wat ons daar geleer het.

Dr William Beaumont (1785 - 1853) het ontdek hoe voedsel in die maag verteer word. Hy het voedsel wat aan sydrade vas was in die maag van 'n pasiënt, met 'n skietwond wat nie wou genees nie, laat sak en ondersoek wat gebeur het.

Die verskillende organe in die spysverteringstelsel

INSTRUKSIES:

  1. Benoem die volgende diagram.
  2. Die byskrifte is vir jou verskaf. Daar is sommige waarvan jy nog nie geleer het nie, omdat hulle nie die hoofkomponente van die verteringstelsel is nie, maar steeds belangrike rolle speel.

Byskrifte om in te sluit:

  • dikderm
  • anus
  • oesofagus
  • rektum
  • maag
  • mond
  • dunderm
  • lewer
  • galblaas
  • pankreas

Leerders moet reguit, parallele byskriflyne met 'n liniaal trek en byskrifte moet onder mekaar geskryf word. In hierdie prentjie is die lewer die groot, rooi orgaan langs die maag, en die galblaas is die klein groen deel daarvoor. Die lewer produseer die gal wat dit dan in die galblaas in afskei om daar geberg te word voordat dit die spysverteringskanaal binnegaan. Gal help met vertering van vet. Die pankreas, die geel orgaan onder die maag in die diagram, is 'n ander orgaan wat 'n belangrike rol speel in vertering omdat dit ensieme produseer vir chemiese vertering, wat in die dunderm afgeskei word. Die lewer, pankreas en galblaas is bykomende organe tot die spysverteringstelsel, maar hulle is nie deel van die spysverteringskanaal nie. Maak leerders bewus dat daar 'n verskil is tussen bespreking van die spysverteringstelsel (insluitende hierdie bykomende organe) en die spysverteringskanaal (wat slegs fokus op die organe en strukture waardeur voedsel beweeg en nie die lewer, pankreas en galblaas insluit nie).

Neem 'n virtuele toer deur die spysverteringskanaal http://nature.ca/discover/exm/blddgstvsystm/index_e.cfm

Om te leer hoe om die strukturele aanpassings van 'n orgaan, weefsel of sel te verbind met die funksie daarvan, is 'n baie belangrike vaardigheid om te ontwikkel.

Kom ons maak 'n model van die spysverteringskanaal wat meganiese en chemiese vertering in die verskillende dele kan demonstreer, en ons terselfdertyd leer hoe die verskillende dele struktureel aangepas is om hul funksie te verrig.

Al stel KABV geen detail oor hoe die verskillende dele van die spysverteringskanaal struktureel aangepas is vir hulle funksie nie, is van hierdie inligting ingesluit in die volgende aktiwiteit. Dit is nodig geag om hierdie vaardigheid te begin ontwikkel omdat leerders dikwels die strukturele aanpassings vir funksies sal moet beskryf in Lewenswetenskappe Gr. 10-12. Hierdie vaardigheid is dikwels swak ontwikkel in leerders, daarom is dit voordelig om vroeg 'n leerder aan hierdie manier van redenering en verduideliking van biologiese strukture bloot te stel. Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit.

'n Vertering-simulasie

Doelwitte vir hierdie aktiwiteit:

  • Leer hoe die verskillende dele struktureel aangepas is by hul funksie.
  • Beskryf die dele van die spysverteringskanaal en wat elke deel se funksies is.
  • Verstaan fisiese en chemiese vertering.
  • Bespreek hoe voedsel beweeg vanaf ingestie, na vertering en absorpsie en dan na egestie.
  • Maak waarnemings aangaande die proses van vertering.

'n Voorstel is om leerders in groepe te laat werk om een model per groep te produseer. Op hierdie manier sal hulle die model met mekaar kan bespreek soos wat hulle aangaan en daar kan ook minder van 'n gemors wees. Stel vóór die les 'n werkstasie op vir elke groep met die vereiste materiale uitgelê. Die materiale hieronder is voorstelle wat gebruik kan word om 'n model van elke deel te skep. Maar u kan ook ander materiale gebruik as u meer toepaslike idees of toegang tot ander materiale in u klaskamer het.

Alternatiewelik kan u hierdie aktiwiteit doen as 'n demonstrasie voor die klas, en die model en strukture bespreek soos wat u aangaan.

As u nie die model fisies kan produseer in die klas met u leerders nie, kan u steeds deur die aktiwiteit lees en die vrae antwoord en u kan die strukturele aanpassings bespreek.

MATERIALE:

Elke groep sal die volgende benodig:

  • 'n groot bak om oor te werk, of swartsakke of 'n koerant
  • beskuitjies, witbrood of viennas
  • 'n mengbak
  • 'n sker, vyselstamper en aartappeldrukker
  • waterbottel wat water deur 'n klein gaatjie kan spuit
  • die binnerol van 'n kombuispapierrol of toiletpapierrol
  • 'n deurskynende "Ziploc" sakkie
  • 30 - 40 ml suurlemoensap, asyn of gaskoeldrank
  • vollengte sykous met die toongedeelte oopgesny - dit help as die een been in die ander ingedruk word om 'n dubbellaag te vorm
  • koeksoda opgelos in water in spuite (10ml)
  • groot bak

INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe en stel 'n model saam om die verskillende prosesse voor te stel waardeur voedsel in die verskillende dele van die spysverteringskanaal gaan.
  2. Maak sorgvuldige waarnemings en beskryf in detail wat tydens elke stadium gebeur.
  3. Werk bo-oor 'n groot bak of skinkbord of velle koerantpapier en 'n swartsak om die gemors op te vang wat tydens hierdie aktiwiteit geproduseer kan word.

'n Interaktiewe animasie wat toon hoe verskillende voedsels verteer en geabsorbeer word http://kitses.com/animation/swfs/digestion.swf

Stadium 1 - Die mond

Die funksie van die mond is om voedsel te ingesteer en om die voedsel te begin verteer. Die mond is soos volg spesifiek aangepas vir sy funksies:

  • Die lippe hou die voedsel in die mond terwyl dit gekou word.
  • Voedsel word afgebyt met die voortande.
  • Voedsel word gesny, geskeur en fyngemaak in kleiner stukkies deur die verskillende tande in die mond - dit is meganiese vertering.
  • Die tong beweeg die voedsel rond in die mond terwyl dit gekou word. Dit berei ook die voedsel voor om gesluk te word.
  • Speekselkliere skei speeksel af. Speeksel meng met die voedsel in die mond, wat dit makliker maak om dit af te sluk. Speeksel bevat ook ensieme wat begin om die voedsel chemies te verteer.

Leerders moet die voedsel opsny met die skêr, of dit opbreek met die vyselstamper en dit fyndruk met die aartappeldrukker. Hulle spuit dan water daaroor en gebruik hulle hande om die voedsel in 'n bal te vorm.

Gebruik die mengbak om die mond voor te stel, en die skêr, vyselstamper en aartappeldrukker om die vertering van die voedselsoort in die mond te simuleer.

Spuit bietjie water op die mengsel soos wat jy die voedsel "verteer".

Beskryf wat met die voedsel gebeur op hierdie stadium.



Die skêr, vyselstamper en aartappeldrukker breek die voedsel meganies af in kleiner deeltjies (meganiese vertering). Die water (speeksel) word op die voedsel gespuit, bedek dit en verteer 'n deel daarvan (chemiese vertering).

Vergelyk die model met die werklike proses in jou mond en wat elke deel en aksie wat jy doen in die simulasie voorstel.



Die sker is soos die snytande wat die voedsel sny, die vyselstamper is soos die pre-molare en die aartappeldrukker stel die molare voor. Die water wat op die voedsel gespuit word is die speeksel wat chemiese vertering begin. Die hande wat die voedsel in 'n bal vorm stel die tong en verhemelte voor wat die bolus vorm.

Ons liggame produseer omtrent 1.7 liters speekselelke dag.

Stadium 2 - Die oesofagus

Die farinks (die keelholte) beweeg voedsel van die mond tot in die oesofagus. Die oesofagus vervoer voedsel van die farinks na die maag.

  • 'n Flappie in die farinks bedek die tragea (lugpyp) om te voorkom dat voedsel per ongeluk in die tragea ingaan en veroorsaak dat die persoon verstik.
  • Die oesofagus is 'n spierbuis wat die voedsel beweeg deur in dele saam te trek en in ander dele te ontspan. Dit word peristalse genoem.
  • 'n Spesiale kringspier sluit die ingang van die maag. Dit voorkom dat die inhoud van die maag terugdruk in die oesofagus in, wat dalk tot braking kan lei.

Een leerder moet die kartonrolletjie/-buis met een punt in die sakkie hou terwyl 'n ander leerder die mengbak skuis hou, sodat die voedselbolus in die buis af, tot in die sakkie kan rol.

Rol die voedselbal wat jy in die "mond" gemaak het af in die kartonrolletjie tot in die deurskynende "Ziploc" sakkie.

Verduidelik wat gebeur met die voedsel by hierdie punt.


Die voedselbal word vervoer van die mond na die maag.

Vergelyk die model met die werklike proses in jou oesofagus. Kan jy aan 'n beter manier dink om die beweging van die voedsel van die mond na die maag te simuleer?




Leerder-afhanklike antwoord

In die mens vervoer die oesofagus die voedsel (bolus) van die mond tot in in die maag net soos wat die kartonbuisie die voedselbal toelaat om van die mengbak af, wat die mond voorstel, tot in die "Ziploc" sakkie wat die maag voorstel, te beweeg. Leerders behoort die probleem van hierdie deel van die model te kan aandui, omdat voedsel nie in die oesofagus "af rol" soos wat hulle hier in die simulasie gedoen het nie. Die voedsel word eerder deur peristaltiese bewegings van die spiere van die oesofagus beweeg. Leerders moet aan alternatiewe maniere dink om hierdie aksie voor te stel of te simuleer, soos om 'n sagte plastiekbuis en die hande te gebruik om die voedsel in die buis af te druk en uit by die ander kant.

Stadium 3 - Die maag

Die maag is soos volg spesifiek aangepas vir sy funksie:

  • Die maag het sterk spiere wat dit help om die voedsel te karring om dit verder af te breek. Dit meng ook die stukke voedsel met die verteringsensieme van die maagsappe.
  • Omdat die maag voedsel en vloeistof moet stoor, het dit baie voue en riwwe in die wand wat help om die maag verder te kan vergroot.
  • Die voering van die maag word gereeld vervang om te verhoed dat die maag homself verteer.
  • Die maag skei maagsappe af wanneer voedsel teenwoordig is. Dit help met die funksionering van die ensieme vir die chemiese vertering van proteïene.
  • Selle in die maag se voering is aangepas om water te absorbeer.
  • Die onderkant van die maag het spiere wat die leegmaak van die maaginhoud kan beheer.

Leerders moet die verteringsappe oor die kos gooi en dan die maag/"Ziploc" sakkie verseël. Hulle simuleer dan die karring van die maag deur die Ziploc sakkie met die voedsel daarin te skud en te karring. Dit moet vir 'n redelike rukkie aangaan omdat die voedsel vir 'n lang tydperk in die maag bly.

Die "Ziploc" sakkie stel die maag voor. Gooi een van die verteringsappe (suurlemoensap, asyn of Coca Cola) in die sakkie oor die voedselbal nadat die voedsel die maag bereik het.

In jou liggaam sluit en verseël 'n spesiale kringspier die maag en verteringsappe van die oesofagus af. Verseël die "Ziploc" sakkie asof jy die werklike bokant van die maag verseël.

Druk die sakkie om die karring van voedsel in die maag te toon.

Beskryf wat met die voedsel gebeur op hierdie stadium.



Klassifiseer vir elkeen van die volgende voedselitems watter voedingstowwe jy van hulle verkry (bv. proteïene, koolhidrate, vitamiene, ens). Sommige voedselitems verskaf meer as een soort voedingstof. [10 punte]

Vergelyk die model met die werklike proses in jou maag.



Die maagspiere karring en beweeg die kos om dit af te breek deur meganiese vertering net soos jou hande wanneer hulle die voedsel karring en beweeg in die sakkie. Die "coke", asyn of suurlemoensap wat by die maag gevoeg word stel die maagsappe voor wat die maagwande afskei om chemiese vertering te laat plaasvind.

Stadium 4 - Die dunderm

In die dunderm word die vertering van proteïene, koolhidrate en vette voltooi en die eindprodukte van hierdie verteringprosesse word geabsorbeer. Die dunderm is soos volg spesifiek aangepas vir sy funksie:

  • Omdat meeste van die vertering- en absorpsie-proses in die dunderm plaasvind, is dit baie lank en gevou om selfs 'n groter absorpsie-oppervlak te vorm.
  • Die binnelaag van die dunderm is uitgevoer met klein vingeragtige uitsteeksels wat ons villi noem, wat absorpsie aanhelp en die oppervlak verder vir absorpsie vergroot.
  • Die dunderm is omring deur 'n groot netwerk kapillêre vate om die geabsorbeerde voedsel weg te vervoer.
  • Die spiere van die dunderm beheer die rigting waarin voedsel deur peristalse vloei.

Leerders moet die voedsel met die "verteringsappe" meng en vanaf die "Ziploc"-sakkie in die sykous laat inloop. Dit moet nie té loperig wees nie, maar maak seker dat hulle oor 'n groot bak werk om die oortollige vloeistof op te vang. Hulle moet klein hoeveelhede koeksoda, opgelos in water, met die spuit inspuit om die verteringsensieme te simuleer wat by die dunderm gevoeg sal word.

U mag dalk wil verduidelik hoe peristalse werk deur te wys hoe die spiere om die dunderm ritmies druk om die voedsel van die maag af deur die hele derm te druk. Laat leerders hulle hande gebruik om peristalse te simuleer - as een hand styf om die dunderm druk, moet die ander hand net verderaan die dunderm los en ontspan.

Die sykous wat aan jou verskaf is, stel die dunderm voor. Sny 'n klein hoekie uit die onderkant van die "Ziploc"-sakkie en steek daardie punt in die sykous in.

Werk oor 'n groot bak of swart plastieksak vir hierdie gedeelte. Terwyl een leerder die sykous vashou, druk die ander leerder die voedselmengsel in die sykous in.

Gebruik die spuite met die opgeloste koeksoda en spuit die koeksoda in die voedsel in soos wat dit die sykous binnegaan.

Simuleer die aksie wat plaasvind in die dunderm om die voedselmengsel daardeur te beweeg.

Beskryf wat met die voedsel gebeur op hierdie stadium.



Die voedsel meng met die koeksoda wat opgelos is in water, en beweeg deur die dunderm. Die voedsel neem 'n baie lang tyd om deur die dunderm te beweeg en die vloeistof loop deur die sykous en in die groot bak in of op die tafel uit.

Vergelyk die model met die werklike proses in jou dunderm.




Wanneer voedsel in die dunderm inkom, word verteringsappe van die pankreas af, en gal van die galblaas af, afgeskei. Dit word voorgestel deur die koeksoda-mengsel wat in die sykous ingespuit word. Hierdie ensieme verteer die voedseldeeltjies wat dan geabsorbeer kan word deur die selle in die wande van die dunderm. Die molekules beweeg in die kapillêre vate en bloedstroom in wat die dunderm omring. Soos wat leerders die voedsel deurdruk, loop van die vloeistof uit die sykous uit. Dit stel die molekules voor wat in die bloedstroom in geabsorbeer word. Leerders kan ook die lengte van die dunderm vergelyk met die lang sykous wat gebruik word. Aan die einde van die proses is die voedsel wat oorgebly het droër en kan uit die dunderm beweeg as onverteerde afval wat deur egestie uitgewerp word. Op dieselfde manier word die voedsel wat in die sykous oorbly na die oop punt van die sykous beweeg en vrygestel.

Stadium 5 - Die dikderm

Die dikderm absorbeer water en mineraalsoute om party vitamiene te maak, en om die onverteerde voedselmateriale te ontbind om fesies te vorm. Die dikderm is soos volg spesifiek aangepas vir sy funksie:

  • Onverteerde afval bly in die dikderm vir ongeveer 24 uur om maksimum absorpsie van water te verseker.
  • Die spiere in die dikderm kan die afvalmateriaal in fesies verander en dit voorberei vir egestie.
  • Wanneer dit tyd raak om die afval te egesteer begin die spiere in die dikderm sterk peristaltiese bewegings maak om die fesies uit die liggaam te druk via die rektum en anus.
  • Kringspiere in die anus beheer die leegmaak van afvalstowwe.

Was hierdie aktiwiteit vir jou die moeite werd? Verduidelik wat jy uit hierdie aktiwiteit geleer het en of jy dink dit was die moeite werd of nie, en gee redes vir jou antwoord.



Leerder-gegenereerde vraag.

Kyk na 'n video met 'n paar fassinerende feite oor die spysverteringstelsel

In eksamens en toetse sal jy gevra word hoe 'n spesifieke struktuur aangepas is vir sy funksie. Onthou wanneer jy só 'n vraag sien om dit in vier aparte stappe af te breek:

  1. Uiteensetting: Gee 'n kort verduideliking van die hoofpunt wat jy wil bespreek, bv. struktuur, funksie en spesifieke aanspassing(s).
  2. Struktuur: Hier moet jy spesifiseer hoe die struktuur lyk.
  3. Funksie: Wat moet dit kan doen? Watter rol speel dit of doel vervul dit?
  4. Aanpassing: Hier is waar jy struktuur en funksie bymekaar sit - dit het X, so dit kan Y doen. Byvoorbeeld, dit is dun, so gasse kan vinnig daardeur diffundeer.

Opsomming

  • Daar is sewe boublokke in 'n gesonde dieet: proteïene, koolhidrate, vette en olies, vitamiene, minerale, vesel en water.
  • 'n Gesonde dieet sluit die korrekte verhoudings van die sewe boublokke in.
  • Probleme in die spysverteringstelsel kan te wyte wees aan 'n ongebalanseerde dieet wat nie ons liggame die korrekte voedingstowwe in die regte verhoudings gee nie.
  • Ons spysverteringskanaal bestaan uit die mond, oesofagus, maag, dunderm, dikderm, rektum en anus.
  • Vertering is die afbreek van voedsel in bruikbare, oplosbare vorms wat geabsorbeer kan word.
  • Daar is twee soorte vertering: meganiese (of fisiese) en chemiese vertering.
  • Elke struktuur in die spysverteringskanaal is spesifiek aangepas om by sy funksie te pas.

Konsepkaart

Die spysverteringskanaal bestaan uit verskeie dele wat verbind is - twee van hierdie dele ontbreek in die konsep kaart. Ons het ook gekyk na twee soorte vertering in hierdie hoofstuk. Wat is dit? Wanneer jy dit op die konsepkaart invul, moet jy besluit in watter spasie jy hulle gaan plaas deur na die konsepte te kyk wat daarna volg om elke soort te beskryf.

Onderwysersweergawe

Hersieningsvrae

Beskryf wat jy verstaan onder die term "gesonde dieet". [2 punte]



'n Gesonde dieet verskaf al die voedingstowwe, soos koolhidrate, proteïene, vette, vitamiene, minerale en vesel wat nodig is vir welstand, en bevat hulle in die regte hoeveelhede/verhouding.

Klassifiseer vir elkeen van die volgende voedselitems watter voedingstowwe jy van hulle verkry (bv. proteïene, koolhidrate, vitamiene, ens). Sommige voedselitems verskaf meer as een soort voedingstof. [10 punte]

Voedselitem

Voedingstowwe

Voedselitem

Voedingstowwe

Gebraaide skyfies.

Aarbeie.

Hoenderstukke.

Semelbeskuitjies.

Botterskorsie.

Joghurt.

Gemengde neute

Gesplete ertjies en lensies.

Groenbone.

Margarien.

Voedselitem

Voedingstowwe

Voedselitem

Voedingstowwe

Gebraaide skyfies.

Koolhidrate (stysel), olie van braai.

Aarbeie.

Vitamiene (veral vitamien C) en minerale, koolhidrate (suiker), water.

Hoenderstukke.

Proteïene en vette.

Spysvertering beskuitjies

Koolhidrate, vesel.

Botterskorsie.

Vitamiene en minerale, stysel.

Joghurt.

Minerale (kalsium), proteïene, vette, water.

Gemengde neute

Vette en olies, proteïene, vitamiene en minerale.

Gesplete ertjies en lensies.

Proteïene, vesel, stysel, vitamiene en minerale.

Groenbone.

Vitamiene en minerale, proteïene, koolhidrate, vesel

Margarien.

Vette en olies.

Watter van die voedselitems in Vraag 2 bevat stysel? Hoe kan jy toets of hulle stysel bevat? [9 punte]




Die styseltoets sal aandui of 'n voedsel stysel bevat - as jy jodiumoplossing drup op die voedsel en die jodiumoplossing verander van bruin-oranje na blou-swart dan bevat die voedsel stysel. Voedsel wat moontlik positief sal toets vir stysel in die voorbeelde hierbo is: groenbone, gesplete ertjies en lensies, botterskorsie, spysvertering beskuitjies, gebraaide skyfies.

Waarom is dit belangrik om jou inname van wegneemetes te beperk? [3 punte]



Wegneemetes word gewoonlik in 'n klomp olie gebak en bevat baie bymiddels en vette om dit langer te laat vars bly en beter te laat smaak, wat nie goed vir die liggaam is nie.

Gee ten minste 2 redes waarom ons rou vrugte en groente moet eet. [2 punte]



Hitte kan sommige vitamiene afbreek en om hulle te kook kan vitamiene en minerale uit die voedsel uit oplos, so dis beter om hulle rou te eet.

Party van die voedsel kan tot 24 tot 36 ure neem om te verteer en ten volle geabsorbeer te word. Waarom dink jy neem hierdie proses so lank en waarom is dit 'n goeie ding? [2 punte]




By voedsel wat oor 'n langer tydperk verteer word, kan al die beskikbare voedingstowwe daaruit geabsorbeer word, terwyl, wanneer dit vinnig deur die spysverteringstelsel beweeg, sal slegs 'n deel van die voedingswaarde van die voedsel daaruit geabsorbeer kan word.

Totaal [28 punte]