Sirkulatoriese en respiratoriese stelsels

Hoofstuk-oorsig

1.5 weke

Leerders het reeds oorsigtelik in hoofstuk 2 kennis geneem van die sirkulatoriese en respiratoriese stelsels. Dit is egter in isolasie bekendgestel, terwyl die twee stelsels baie nou geïntegreer is. Hierdie hoofstuk sal in meer detail die prosesse en verwante organe bestudeer, asook hoe die twee stelsels met mekaar skakel.

4.1 Asemhaling (1 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Die hoofkomponente van die sirkulatoriese en respiratoriese stelsels

Identifikasie

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Opsomming van asemhaling met behulp van 'n vloeidiagram

Opsomming, verduideliking

Voorgestel

4.2 Gaswisseling (1.5 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Disseksie van Long

Disseksie, waarneming, beskrywing, interpretasie, verduideliking

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Teken gaswisseling in die alveoli

Teken, opsomming

Voorgestel

4.3 Sirkulasie en Asemhaling (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbeveling

Aktiwiteit: Disseksie van 'n hart

Disseksie, waarneming, beskrywing, interpretasie, verduideliking

KABV voorgestel

Aktiwiteit: Voel hoe die bloed deur jou liggaam vloei!

Meting, berekening

Voorgestel

Aktiwiteit: Skryf die verskille tussen die bloedvate in 'n tabel

Vergelyking, beskrywing, opsomming, interpretasie

KABV voorgestel

Aktiwiteit: 'n Simulasie van sirkulasie

Groepwerk

Opsioneel

Aktiwiteit: Tuiswerk-aktiwiteit om jou rustende hartkloptempo te meet

Meting, berekening

Voorgestel

Ondersoek: Meet en vergelyk hartkloptempo's voor en na oefening

Beplanning, ondersoek, voorspelling, meting, vergelyking, tabulering, grafieke konstrueer, opsomming, interpretasie, skryfvermoë

KABV voorgestel

  • Waarom moet ons asemhaal?
  • Is ons longe soos groot ballonne binne-in die borskas, of hoe lyk hulle?
  • Hoe beweeg die suurstof in die lug wat ons inasem vanaf die longe tot in die bloed?
  • Hoe beweeg die bloed in ons liggame rond om aan elke sel suurstof te verskaf?
  • Ons weet dat koolstofdioksied as 'n afvalproduk van selrespirasie gevorm word. Hoe word dit uit ons liggame verwyder?
  • Hoe skakel die sirkulatoriese en respiratoriese stelsels met mekaar?

  • bloed
  • bloedvate
  • (hart)kamer
  • diffusie
  • hart
  • polsslag
  • respirasie

As mense vir 'n paar minute nie suurstof kry nie, kan hulle permanente breinskade opdoen en selfs sterf. Selrespirasie benodig 'n konstante voorsiening van suurstof sodat ons genoeg energie kan kry, daarom moet ons aanhoudend asemhaal en bloed moet aanhoudend sirkuleer om die suurstof aan te vul en die koolstofdioksied te verwyder. Die respiratoriese en sirkulatoriese stelsels moet saamwerk. Kom ons hersien kortliks die betrokke hoofkomponente.

Hoofkomponente van die sirkulatoriese en respiratoriese stelsels

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die diagram hieronder.
  2. Verskaf byskrifte vir die verskillende dele van die respiratoriese- en sirkulatoriese stelsels.
Die respiratoriese stelsel

Die sirkulatoriese stelsel

Die byskrifte vir die diagramme is soos volg:

Ons sal nou die twee stelsels onder die volgende prosesse bestudeer:

  • asemhaling
  • gaswissseling
  • sirkulasie en respirasie

Asemhaling

  • brongi / brongusse
  • brongioli / brongiole
  • diafragma
  • uitasem
  • inasem
  • longe
  • farinks
  • tragea

Ons het in Hoofstuk 2 geleer dat asemhaling uit twee prosesse bestaan:

  1. inaseming; en
  2. uitaseming

Wanneer ons inasem neem ons lug in met 'n hoë konsentrasie suurstof en wanneer ons uitasem blaas ons lug uit met meer koolstofdioksied daarin. Hierdie prosesse vind in 'n aaneenlopende siklus plaas.

Onderwysers moet aan die leerders die konsep probeer verduidelik dat die volume van die borsholte die lugdruk in die longe verander en dat dit inaseming en uitaseming tot gevolg het. Gedurende inaseming sit die borsholte uit (word groter gemaak). Dit veroorsaak dat die lugdruk in die longe verminder (aangesien daar nou minder lug in 'n groter ruimte is). Om die druk gelyk te probeer maak met die lugdruk buite, vloei lug die longe binne. Op dieselfde manier, wanneer die borsholte saamtrek (kleiner gemaak word), verhoog die druk in die longe en die lug word na buite forseer om dit gelyk aan lugdruk te probeer kry.

Om hierdie konsep aan leerders te verduidelik kan u 'n spuit as voorbeeld gebruik. (NB: Verwyder die naald van die spuit vooraf.) Lug sal soos die vloeistof in hierdie geval optree. As 'n mens die spuit terugtrek verhoog die volume in die spuit en die vloeistof beweeg in die spuit in. Wanneer 'n mens afdruk op die spuit, verminder die volume en die vloeistof word uitgedruk. Die voorbeeld van 'n spuit mag die leerders help om te verstaan dat lug "ingesuig" en "uitgeforseer" word as gevolg van verskille in volume.

Gedurende inaseming vind die volgende plaas:

  • Die ribbekas beweeg opwaarts en uitwaarts omdat die tusenribspiere saamtrek.
  • Die diafragma trek saam en word platter na ondertoe.
  • Die borskasvolume vergroot en die druk daarin verminder.
  • Die elastiese longe vergroot as gevolg daarvan.
  • Lug word ingesuig om die ekstra ruimte in die longe te vul.

Gedurende uitaseming vind die volgende plaas:

  • Die ribbekas beweeg afwaarts en inwaarts omdat die tussenribspiere ontspan.
  • Die diafragma verslap en word meer koepelvormig.
  • Die borskasvolume verminder en die druk neem toe.
  • Die longe word kleiner gedruk.
  • Lug word uit die longe forseer.

Maak 'n opsomming van asemhaling met behulp van 'n vloeidiagram.

'n Vloeidiagram laat ons toe om kort opsommings te maak van hoe prosesse plaasvind. Wanneer jy vir 'n toets of eksamen leer, dan help die prentjie van die vloeidiagram in jou kop om jou geheue te prikkel sodat jy makliker onthou wat jy geleer het.

Gebruik 'n vloeidiagram om te wys hoe asemhaling (inaseming en uitaseming) plaasvind. Jy mag jou eie ontwerp vir die vloeidiagram gebruik, maar dit moet aantoon dat inaseming en uitaseming in 'n siklus plaasvind.







Leerders behoort die volgende in 'n siklus aantoon: Tussenribspiere trek saam \(\rightarrow\) ribbekas beweeg opwaarts en uitwaarts \(\rightarrow\) diafragma trek saam \(\rightarrow\) diafragma beweeg afwaarts (word platter) \(\rightarrow\) ribbekas-volume vergroot \(\rightarrow\) longe sit uit \(\rightarrow\) suurstofryke lug beweeg in \(\rightarrow\) tussenribspiere ontspan \(\rightarrow\) ribbekas beweeg afwaarts en inwaarts \(\rightarrow\) diafragma ontspan en word meer koepelvormig \(\rightarrow\) ribbekas-volume verklein \(\rightarrow\) koolstofdioksiedryke lug word uit die longe forseer.

Die twee buise wat uit die tragea vurk, word genoem brongi of brongusse (meervoud) en brongus (enkelvoud).

Gedurende inaseming beweeg lug tot in die twee brongi - buise wat na elke long lei. Die brongi vertak (verdeel) in duisende klein brongioli. Gedurende uitaseming beweeg lug in die teenoorgestelde rigting soos wat dit die longe en liggaam verlaat.

Die illustrasie toon hoe die larinks by die tragea aansluit om dan in die brongi en brongioli te vertak, wat die longe binnegaan.

Wat gebeur met die lug in die longe?

Gaswisseling in die longe

  • alveoli / alveolusse
  • kapillêres / haarbloedvate
  • kraakbeen
  • diffusie
  • hemoglobien
  • rooibloedselle

Gaswisseling vind in die longe en in die selle van die liggaam plaas. Die struktuur van die longe is aangepas om die funksie van gaswisseling te verrig.

'n Video oor gaswisseling.

Struktuur van die long

Alhoewel die longe tydens inaseming opblaas en tydens uitaseming platval, is hulle nie hol nie. Die longe van 'n gesonde individu is sag, pienk en sponsagtig.

Die kleure van die verskillende brongioli in die diagram dui lug aan wat na verskillende dele van die long beweeg.

Uitwendige struktuur van die longe

Inwendige struktuur van die longe

Die alveoli lyk soos klein druiwetros-agtige strukture wat uit 'n groot aantal individuele lusakkies bestaan. 'n Uitgebreide netwerk van kapillêre bloedvate omring elke alveolus. Kyk na die volgende diagram wat dit mooi illustreer.

'n Alveolus is een lugsakkie, maar 'n groepie daarvan (meervoud) word alveoli (of alveolusse) genoem.

Besoek hierdie animasie wat wys hoe lug in die longe ingeneem word en die gasse dan in die alveoli uitgeruil word. http://teachhealthk-12.uthscsa.edu/studentresources/AnatomyofBreathing3.swf

Disseksie van longe

Indien u nie in staat is om dit in die klas te doen nie, kan u sommige van die videos van 'n disseksie van 'n long vertoon.

Kyk na hierdie video wat die struktuur van die longe wys

Dit is moontlik om van die bou en funksie van die longe te leer vanaf die diagramme en illustrasies in die werkboek. Dit is egter baie meer bevredigend om die werklike orgaan te dissekteer, want dit sal die leerders help om die struktuur beter te verstaan en ook hoe dit aangepas is vir die funksie daarvan. Indien u egter nie die disseksie kan doen nie, wys dan sommige van die video's wat voorgestel word.

BENODIGDHEDE:

Dit sal afhang van hoeveel longe u in die hande kan kry en hoeveel leerders gewillig sal wees om die disseksie te doen. Verdeel die leerders in groepe of doen die disseksie as 'n demonstrasie voor in die klas, veral indien u 'n groot klas of baie Gr. 9-groepe het. Die volgende items word vir elke disseksie benodig, óf dit nou in 'n groep óf as 'n demonstrasie aangepak word.

  • longe
  • skinkbord
  • skalpel
  • dissekteersker
  • rubberbuis (bv. die Bunsenbrander se buis) of 'n stuk tuinslang
  • lineaal
  • beker water
  • water en seep vir hande was
  • ontsmettingsmiddel

Dele van die longweefsel word dikwels gesny by die slagpale (as deel van inspeksies). U kan 'n slagter vooraf vra en verduidelik waarom u heel longe nodig het. Slagters verwys dikwels na die hart en longe gesamentlik as "harslag".

Gesondheid- en veiligheids-wenke:

  1. Die longe mag bakterieë bevat. Dit is nie noodsaaklik om handskoene te dra nie, maar was u hande deeglik voor en na die tyd.
  2. Maak alle apparaat en die werkoppervlakke deeglik skoon voor en na die disseksie.
  3. Wees versigtig met skerp instrumente, soos die skalpel.
  4. Besluit vooraf wat na die disseksie met die longe gemaak gaan word.

Etiese kwessies

Voordat u met die les begin is dit raadsaam om uit te vind of daar enige leerders is wat sensitief is oor diereprodukte of oor die feit dat met diere geteel word vir menslike gebruik. Sommige leerders mag geloofs- of kulturele besware teen disseksie of die hantering van dele van diere, veral koeie en varke, hê. U moet bewus van en sensitief oor hierdie kwessies wees.

INSTRUKSIES:

Deel 1: Voorbereiding

  1. Plaas die long(e) in 'n skinkbord op die werkbank.
  2. Maak seker dat al die dissekteerinstrumente gesteriliseer en skerp is. Plaas hulle langs die skinkbord.
  3. Maak seker dat daar 'n noodhulptassie byderhand is.

Deel 2: Uitwendige struktuur

  1. Kyk na die uitwendige bou van die long. Kyk na die algemene vorm, kleur en tekstuur.
  2. Indien 'n skaal beskikbaar is, bepaal die massa van die long.
  3. Gebruik die lineaal en meet die lengte van een long.
  4. Identifseer die volgende dele van die longe
    1. Die tragea (lugpyp) is die hoofbuis waardeur lug na en van die longe beweeg.
    2. Daar is harde ringe in die tragea. Waarvoor dink jy is hulle daar?
    :

Die harde ringe is van kraakbeen, wat die tragea oophou sodat lug vryelik daardeur kan beweeg. Moedig die leerders aan om aantekeninge van hul waarnemings tydens die disseksie te maak.

  1. Die brongi / brongusse. Daar is twee brongi wat uit die tragea vertak - een na elke long.
  2. Kyk of jy kan sien waar die eerste brongioli uit die brongi vertak.
  3. Kan jy enige bloedvate sien wat aan die longe vas is? Indien wel, voel aan die bloedvate en beskryf hoe dit voel.
  4. Plaas die rubberbuis in die tragea. Hou die tragea styf toe rondom die rubberbuis. Blaas in by die oop kant van die buis en kyk hoe die longe opblaas. Wees versigtig dat die lug nie terugblaas in jou longe in nie!

Deel 3: Inwendige struktuur

  1. Gebruik die skalpel en dissekteerskêr en sny die long oop.
  2. Kyk na die weefsel in die long en probeer dit beskryf. Bespreek dit met die groep.
  3. Sny 'n stukkie longweefsel uit en voel die klein brongioli (dit voel soos klein harde stukkies in die sagte longweefsel). Plaas die stukkie longweefsel in 'n beker water. Let op wat gebeur. Dryf dit of sink dit?

VRAE:

Beskryf hoe die longe lyk en voel en die kleur daarvan. Indien jy die massa kon bepaal, skryf dit neer, asook die lengte van die long in sentimeters.




Leerder-afhanklike antwoord.

Watter strukture hou die tragea oop, maar laat dit toe om te buig?


Die C-vormige ringe van kraakbeen

Toe jy die long oopgesny het, was dit binne hol soos 'n ballon of 'n sak, of was dit sponsagtig? Wat het jy nog aan die binnekant van die oopgesnyde long waargeneem?




Die longe is sponsagtig. Leerders mag dalk bloedvate in die longweefsel waarneem asook sommige van die groter brongioli wat deur die weefsel vertak.

Het die stukkie longweefsel wat jy in water gesit het gesink of gedryf?



Leerders behoort te sien dat die longweefsel dryf. Die rede daarvoor is dat longweefsel, selfs nadat die dier dood is, nog baie lug in die alveoli sal hê, wat dit in water laat dryf.

Hoe het dit gelyk en gevoel toe daar lug in die longe ingeblaas is? Was dit nodig om die longe te druk om die lug weer uit te kry?




Die leerders behoort waar te neem dat die longe uitsit soos wat daar lug ingeblaas word, maar hulle voel nog steeds sag. Wanneer die longe daarna op die tafel neergesit word, sal baie van die lug ontsnap, maar dit sal nodig wees om op die longe te druk om dit heeltemal te laat afblaas. Die opgeblaasde longe is ligter gekleur (omdat die bloedvate op die oppervlak plat gedruk word sodat die bloed dieper in die longe inbeweeg).

Wat is by mense daarvoor verantwoordelik dat lug uit die longe geforseer word?




Die diafragma ontspan en bult opwaarts en die ribbekas beweeg af en in. Dit verminder die volume van die borskas, sodat die druk op die longe verhoog en lug uit die longe geforseer word.

Die proses waardeur gaswisseling plaasvind word diffusie genoem.

Hoe vind diffusie plaas?

Die beweging van deeltjies vanaf 'n gebied met 'n hoër konsentrasie na 'n gebied met laer konsentrasie van daardie stof word diffusie genoem.

Elke alveolus in die longe is omring deur 'n netwerk van kapillêres. Die twee gasse wat tussen die lug in die alveoli en die bloed in die kapillêre moet diffundeer is suurstof en koolstofdioksied.

  • suurstof diffundeer tot in die selle van die alveolus en dan tot in die bloed
  • koolstofdioksied diffundeer uit die bloed tot in die selle van die alveolus en dan tot in die lug in die alveolus

Kyk na 'n interessante kort insetsel omtrent die wonderbaarlike molekule hemoglobien wat suurstof en koolstofdioksied deur die liggaam vervoer!

Kyk na 'n video wat wys hoe gasse uitgeruil word in die alveoli. en

Maak 'n tekening van gaswisseling in die alveoli

INSTRUKSIES:

  1. Teken 'n diagram van 'n paar alveoli wat deur kapillêre bloedvate omring is.
  2. Dui op die diagram die name van die betrokke gasse aan sowel as die rigting waarin hulle diffundeer.
  3. Dui aan of die bloed in die kapillêres wat onderskeidelik na en van die alveolus beweeg geoksigeneerd/suurstofryk of gedeoksigeneerd/suurstofarm is.

Verskaf 'n geskikte opskrif vir jou diagram.







Leerder-afhanklike antwoord

Die volgende diagram is 'n voorbeeld van wat die leerders mag produseer. U kan dit ook op die bord teken om die diffusie van suurstof en koolstofdioksied te verduidelik.

Moontlike opskrifte van die leerders is:

  • Gaswisseling in die longe
  • Diffusie van koolstofdioksied en suurstof in die longe
  • Diffusie van CO2 en O2 tussen die alveolus en die kapillêre
  • ens

Sirkulasie en respirasie

  • arterieë
  • atrium
  • bloeddruk
  • venes
  • ventrikels

Bloed word voortdurend gesirkuleer om selrespirasie te ondersteun. Kom ons kyk hoe dit plaasvind.

'n Video met 'n uitstekende opsomming van respirasie.

Die video-skakel in die BESOEK-boksie is redelik lank (ongeveer 25 minute), maar dit kan as 'n goeie opsommings-les dien.

Bloed-sirkulasie vanaf die longe na die hart

Die hart pomp die bloed deur jou liggaam in ritmiese, herhalende sametrekkings. 'n Mens kan dit voel as jou hartklop.

Die geoksigeneerde bloed vloei vanaf die longe na die linkerkant van die hart. Die linkerkant trek saam en pomp die bloed tot in die aorta. Die aorta is die hoof-arterie wat die hart verlaat.

Kyk na die volgende diagram wat aantoon hoe bloed vanaf die longe na die hart en dan na die res van die liggaam vloei.

Kyk na hierdie video om te sien hoe bloed deur die vier kamers van jou hart gepomp word.

Dit is nie nodig dat leerders die name van die hartkleppe en die elektriese beheer van die hartklop in die video op hierdie stadium onthou nie, dit is slegs interessantheidshalwe.

Die menslike hart klop gemiddeld 72 slae per minuut, dit beteken dat dit ongeveer 2.5 biljoen keer in 'n leeftyd van 66 jaar sal klop.

Kom ons kyk in meer detail na die struktuur van hierdie lewensbelangrike orgaan van die sirkulatoriese stelsel.

Disseksie van 'n hart

Leerders gaan in Gr. 10 Lewenswetenskappe meer detail omtrent die hart leer, insluitende die kleppe en beheer van die hartklop. Hierdie aktiwiteit is bedoel as 'n bekendmaking met die struktuur van die hart en om 'n disseksie te ervaar. Ons stel voor dat dit as 'n demonstrasie gedoen word aangesien leerders dit weer as 'n praktiese taak in Gr. 10 Lewenswetenskappe sal doen.

Kyk na 'n video van die struktuur van die hart

BENODIGDHEDE:

Dit is belangrik dat u verdraagsaam sal wees oor leerders se kulturele of persoonlike gelowe, wat dit vir hulle onmoontlik kan maak om deel te neem aan hierdie disseksie, veral as 'n varkhart gebruik word. Ons stel voor dat u die klas in groepe opdeel, of dat u dit as 'n demonstrasie doen. Die volgende items is nodig vir elke disseksie, of dit nou in 'n groep of as 'n demonstrasie gedoen word. Die aantal groepe sal bepaal word deur die hoeveelheid harte wat u kan kry en die aantal leerders wat bereid is om die disseksie te doen. Indien die leerders wat nie die harte wil hanteer nie nogtans betrokke wil wees, kan hulle foto's neem van die disseksie op verskillende stadia met 'n digitale kamera of selfoonkamera.

  • hart (skaap of vark)
  • skinkbord
  • skalpel
  • dissekteer-sker
  • rubberbuisie (soos die Bunsenbrander se buis) of 'n strooitjie
  • lineaal
  • beker water
  • water en seep vir hande was
  • ontsmettingsmiddel

Die boonste bloedvate van die hart, asook die atria, word gewoonlik by die slagpale afgesny en snitte in die ventrikels gemaak. Bespreek dit vooraf met u slagter sodat hy verstaan wat u benodig sodat u die harte so heel as moontlik kan kry. Dis dikwels beter om die hart en longe gelyktydig te kry (genoem harslag), want dan kan 'n mens beter die bloedvate, wat die organe verbind, waarneem. Indien u harte kan kry met lang bloedvate nog daaraan, sny van die bloedvate af sodat u dit later vir die bestudering van die venes en arterieë kan gebruik. U moet sensitief wees, soos met die longdisseksie, vir die etiese kwessies en die leerders se besorgdheid in verband met die gebruik van diere op hierdie wyse.

Gesondheids- en veiligheidswenke

Dieselfde gesondheids- en veiligheidswenke geld vir die hartdisseksie, soos vir die longdisseksie.

INSTRUKSIES:

Deel 1: Voorbereiding

  1. Plaas die hart op 'n skinkbord op die werkbank.
  2. Maak seker dat al die dissekteerinstrumente gesteriliseer en skerp is. Plaas hulle langs die skinkbord.
  3. Maak seker dat daar 'n noodhulptassie byderhand is.

Deel 2: Uitwendige struktuur

  1. Maak aantekeninge van die inwendige struktuur van die hart. Kyk na die algemene vorm, kleur en tekstuur.
http://www.flickr.com/photos/tessawatson/407048082/
Twee diereharte op 'n skinkbord http://www.flickr.com/photos/tessawatson/407048082/
  1. Indien 'n skaal beskikbaar is, meet die hart se massa.
  2. Meet die lengte van die hart met die lineaal.
  3. Identifiseer die volgende dele van die hart:
    1. Daar is bloedvate wat die hart verlaat en ander wat die hart binnegaan (arterieë en venes). Arterieë se wande is baie dikker en meer rubberagtig as die wande van venes. Kyk of jy die verskil kan identifiseer.
    2. Sit jou vinger in die bloedvate om die tekstuur en sterkte daarvan te voel. Kyk in die hoofarterieë en venes en beskryf dit in die groep. Plaas een vinger in die aorta en voel of jy enige strukture kan waarneem. Die volgende foto toon die aorta-opening.
http://www.flickr.com/photos/tessawatson/6129438229/
Kan jy die groot opening van die aorta sien? http://www.flickr.com/photos/tessawatson/6129438229/

Leerders behoort die kleppe aan die basis van die aorta te kan voel. Hulle sal gesien kan word wanneer na die inwendige struktuur van die hart bekyk word.

  1. Ondersoek die oppervlak van die hart vir bloedvate. Waarom dink jy is daar op die oppervlak van die hart ook bloedvate?
http://www.flickr.com/photos/tessawatson/407047840/
Let op na die oppervlak van die hart en die bloedvate wat daarmee geassosieer is. http://www.flickr.com/photos/tessawatson/407047840/

Die hartspiere het 'n goeie bloedvoorsiening en suurstof nodig om te kan funksioneer. Dit word deur die koronêre arterieë verskaf. Leerders behoort aangemoedig te word om aantekeninge in hul werkboeke of aparte notaboeke te maak gedurende die disseksie.

  1. Vind die atria/atriums en ventrikels.
  2. Bepaal watter kant is regs en watter kant is die linkerkant van die hart.

Om te bepaal watter kant is watter kant moet die leerders die hart so vashou dat die koronêre arterie diagonaal oor die hart loop - dit sal die voorkant van die hart wees. Die linker- en regter ventrikels is aan weerskante van die koronêre arterieë.

Deel 3: Inwendige struktuur

  1. Ons gaan nou in die aorta af sny en dan deur die linkerventrikel tot by die punt van die aorta. Gebruik die volgende diagramme om jou te help om die hart te oriënteer voordat jy begin sny.
  2. Maak 'n snit deur die aorta en deur die linkerventrikel tot by die punt van die hart. Sny deur die aorta met 'n skêr en sny dan verder deur die linkerventrikel met 'n skalpel.
  1. Sodra jy die snit gemaak het, trek die ventrikelwande van mekaar sodat jy die binnekant kan sien. Kan jy nou die strukture aan die basis van die aorta sien wat jy in Deel 2 (stap 4b) gevoel het? Wat dink jy is die funksie van hierdie strukture?

Die kleppe in die aorta verhoed dat die bloed terugvloei in die hart nadat dit na die aorta gepomp is, sodat dit na die res van die liggaam sal beweeg.

  1. Kyk na die diagram en maak dan die tweede snit opwaarts in die linker atrium.
  1. Gebruik jou lineaal en bepaal die dikte van die linkeratrium en linkerventrikel se wande. Skryf dit neer.
  2. Jy kan nou die regterkant van die hart op dieselfde manier oopsny. Meet die dikte van die regterventrikel. Die volgende diagram toon 'n gedetailleerde oorsig van die inwendige struktuur van die hart. Ons het nie al hierdie strukture bespreek nie en julle hoef nie almal te onthou nie. Gebruik egter die diagram om te kyk hoeveel van die strukture jy kan identifiseer in die hart wat jy gedissekteer het. Indien jy die struktuur in die disseksie kan sien, trek dan 'n kring om die ooreenstemmende byskrif van die volgende diagram.

U kan op hierdie stadium 'n paar van die ander kleppe aan die leerders uitwys. Die detail is nie nou nodig nie, maar dit is baie interessant om die hart se effektiewe pomp-meganisme te illustreer. Kyk na die areas waar die atria en ventrikels bymekaarkom om die bikuspidale klep tussen die linkeratrium en -ventrikel te sien en die trikuspidale klep tussen die regteratrium en -ventrikel. Hulle is sigbaar as dun weefselflappe met sterk "drade" of koorde aan die onderkant van die flappe. Die trikuspidale klep aan die regterkant het 3 flappe en die bikuspidale klep aan die linkerkant het 2.

Diagram van die inwendige struktuur van die hart

VRAE:

Skryf 'n beskrywing van hoe die hart lyk en voel en die kleur wat jy waargeneem het. As jy die massa kon bepaal, skryf dit neer asook die lengte van die hart in sentimeters.




Leerder-afhanklike antwoord.

Skryf die dikte van die linkeratrium en -ventrikel neer. Hoekom dink jy is daar so 'n verskil in die dikte van hierdie wande? Wenk: Dink waarheen die atria die bloed moet pomp en waarheen die ventrikels die bloed moet pomp.




Die ventrikels het baie dikker wande as die atria. Dit is nodig omdat die ventrikels die bloed baie verder en onder meer druk na die res van die liggaam moet pomp, terwyl die atria die bloed net tot in die ventrikels hoef te pomp.

Skryf die dikte van die regter ventrikelwand neer. Gee moontlike redes waarom die regter- en linkerventrikels verskil wat dikte betref. Dink weer daaraan waarheen elke ventrikel bloed moet pomp.




Die linkerventrikel het dikker wande as die regterventrikel. Die linkerventrikel moet bloed na die hele liggaam pomp (die sistemiese omloop), terwyl die regterventrikel die bloed net na die longe toe hoef te pomp (pulmonêre kringloop).

Sodra die bloed uit die hart gepomp is, gaan dit die sirkulatoriese stelsel van die liggaam binne.

Bloedsirkulasie vanaf die hart na die res van die liggaam.

Sodra die bloed die hart verlaat deur die aorta, begin hierdie hoof-arterie te vertak in kleiner arterieë wat 'n netwerk dwarsdeur die hele liggaam vorm.

Onthou dat arterieë bloed WEG van die hart af vervoer terwyl venes bloed NA die hart vervoer.

Voel hoe die bloed deur jou liggaam druis!

Die leerders doen later in hierdie hoofstuk 'n ondersoek na hul hartkloptempo tydens rus en na oefening en hulle moet dan reeds in staat wees om hul eie polsslag te meet om hul hartkloptempo te bepaal. Hierdie aktiwiteit is ingesluit as 'n voorbereiding daarop. U kan die leerders help om hul polsslag te meet op die manier wat vir hulle die maklikste is. Wanneer hulle dit kan doen, vra hulle om te begin tel terwyl u 30 sekondes toelaat deur "Begin" en "Stop" aan te dui. Om dan hul hartkloptempo per minuut te bepaal, maal hulle dit met 2.

Meting van hartkloptempo by die pols.

INSTRUKSIES:

  1. Plaas jou indeksvinger (wysvinger) en middelvinger teen jou nek in die holte tusen die tragea (lugpyp) en die groot nekspiere. Gebruik jou vingerpunte omdat hulle meer sensitief is. Jy behoort die polsende bloedvloei te voel.
  2. Kan jy jou hartklop by jou pols voel? Plaas jou middel- en wysvingers net onder die vou op jou pols - aan die duim se kant. Druk liggies tussen die tendons tot jy die polsslag voel, wat beteken jy voel die drukking van die bloed teen die vel.
  3. Jy kan ook probeer om jou polsslag agter jou knie, aan die binnekant van jou elmboog of naby jou enkelgewrig te voel.
  4. Elke klop van jou pols is wanneer jou hart bloed uitpomp uit die linkerkant van die hart tot in die arterieë van die liggaam, wat veroorsaak dat die druk in die arterieë toeneem.

Hartkloptempo. Bepaal jou hartkloptempo in slae per minuut en skryf dit hieronder neer.


Leerder-afhanklike antwoord

'n Tempo meet altyd iets teenoor tyd. In hierdie aktiwiteit meet ons hartkloptempo per minuut, aangesien dit die standaard manier is om hartkloptempo te meet. Kan jy aan ander eenhede dink wat ook 'n tempo of snelheid aandui?

Voorbeelde van ander eenhede van meting wat tempo aandui is: km/u (kilometer per uur), m/s (meter per sekonde), vloeitempo van 'n rivier in l/s (liter per sekonde)

Arterieë vertak om kapillêres te vorm. Kapillêres is in noue kontak met die liggaam se selle. Kapillêres is baie kleiner as arterieë. Hulle vorm 'n fyn netwerk tussen die liggaam se selle deur om seker te maak dat al die selle 'n goeie bloedvoorsiening met genoeg suurstof kry.

Die kapillêre bloedvate verlaat die selle met gedeoksigeneerde bloed en sluit dan by mekaar aan om venes te vorm. Venes dra gedeoksigeneerde bloed vanaf die liggaam na die hart toe.

Arterieë

  • Arterieë vervoer bloed weg van die hart.
  • Arterieë vervoer geoksigeneerde bloed (behalwe die pulmonêre arterieë).
  • Arterieë moet sterk spierwande hê omdat hulle bloed weg van die hart af onder hoë druk moet kan dra.

Daar is 'n uitsondering op die reël dat arterieë geoksigeneerde bloed vervoer, naamlik die pulmonêre arterieë, wat gedeoksigeneerde bloed vanaf die hart na die longe dra om daar geoksigeneer te word.

Venes

  • Venes vervoer bloed na die hart.
  • Venes vervoer gedeoksigeneerde bloed (behalwe die pulmonêre venes).
  • Die bloed wat in die venes na die hart toe terugvloei is onder laer druk.

Daar is 'n uitsondering op die reël dat venes gedeoksigeneerde bloed vervoer, naamlik die pulmonêre venes, wat geoksigeneerde bloed vanaf die longe na die hart vervoer om na die res van die liggaam gepomp te word.

Kapillêres

  • Kapillêres vorm webbe of netwerke rondom elke sel om die selle van voedingstowwe en suurstof te voorsien.
  • Kapillêres is baie kleiner as venes of arterieë.

As 'n mens TIEN kapillêres langs mekaar kon sit, sou hulle gesamentlik so dik soos EEN menslike haar wees!

Die mikrograaf van 'n transmissie-elektronmikroskoop toon 'n dwarssnit deur 'n kapillêre. Die halfmaanvormige struktuur in die kapillêre is 'n rooibloedsel. Dit wys hoe dun kapillêres is. Hulle is net effens wyer as 'n rooibloedsel.

Skryf die verskille tussen die bloedvate in 'n tabel

INSTRUKSIES:

  1. Vergelyk arterieë, venes en kapillêres.
  2. Gebruik die volgende tabel om die vergelyking te doen.

Soort bloedvat

Arterie

Vene

Kapillêre

Funksie

Tipe bloed

Uitsonderings

Soort bloedvat

Arterie

Vene

Kapillêre

Funksie

Vervoer bloed weg van die hart

Vervoer bloed vanaf die liggaam na die hart

Vevoer bloed tussen die arterieë en die venes

Tipe bloed vervoer

Geoksigeneer

Gedeoksigeneer

Gemeng

Uitsonderings

Pulmonêre arterieë vervoer gedeoksigeneerde bloed.

Pulmonêre venes vervoer geoksigeneerde bloed.

NVT

Respirasie in die selle

Blaai terug na Hoofstuk 1 van Lewe en Lewende Dinge om jou geheue te verfris oor die struktuur van mitochondria.

Die mitochondria in selle gebruik suurstof vir respirasie. Dit word ook sel-respirasie genoem.

  • Die mitochondria kombineer suurstof met voedseldeeltjies, soos glukose.
  • Energie word uit die voedseldeeltjies vrygestel en die energie kan dan in die sel gebruik word om lewensprosesse te verrig.
  • Koolstofdioksied word tydens respirasie vrygestel. Dit is 'n afvalproduk van respirasie.

Die koolstofdioksied diffundeer vanaf die selle tot in die bloed in die kapillêres. Die bloed word dus gedeoksigeneer omdat suurstof verwyder is, terwyl koolstofdioksied bygevoeg word.

Die bloed sirkuleer vanaf die liggaam terug na die hart en dan na die longe.

Die gedeoksigeneerde bloed vanaf die liggaam beweeg dan via die venes van die sirkulatoriese stelsel na die regterkant van die hart.

Die regterkant van die hart pomp die gedeoksigeneerde bloed na die longe via die pulmonêre venes.

'n Simulasie van sirkulasie

Indien moontlik moet onderwysers hierdie aktiwiteit klaar opgestel het voordat die klas aankom. Dit is spesifiek op "kinetiese" leerders gemik om hulle die "sirkulatoriese stelsel te laat bewandel" om te onthou hoe dit werk.

Apparaat benodig:

  • 3 hoepels, of iets soortgelyks
  • wit A4 papier
  • gekleurde papier, verkieslik rooi en blou
  • rooi en blou tou of wol
  • wondergom

Voorbereiding van die les:

  1. Sny gekleurde papier in blokke - twee verskillende kleure.
  2. Daar moet genoeg blokke wees sodat elke leerder in die klas een van elke kleur kan hê.
  3. Een kleur, verkieslik rooi, verteenwoordig suurstof en die ander kleur, verkieslik blou, verteenwoordig koolstofdioksied.
  1. Maak die volgende kentekens op die agterkant van herwinde A4-papier - skryf in 'n groot, duidelik font sodat dit maklik gesien kan word:
  2. Linkerkant van die hart
  3. Regterkant van die hart
  4. Longe
  5. Arms en hande
  6. Bene en voete
  7. Brein
  8. Maag
  9. Niere
  10. Gesig

[Daar is natuurlik baie ander liggaamsdele wat hier bygevoeg kan word indien u sou wou. Daar is egter tydsbeperkings om in aanmmerking te neem en vir die doelstellings van hierdie aktiwiteit is daarom besluit om slegs die gelyste dele in te sluit.]

  1. Kry 'n groot, oop ruimte, óf in jou klas, óf in 'n saal, óf buite op die gras. Verbeel jou daar lê 'n reusagtige groot persoon op hierdie ruimte.
  2. Lê 2 hoepels neer om die linker-en regterkant van die hart voor te stel.
  3. Plaas nog een hoepel aan die bokant om die longe voor te stel.
  4. Lê die kentekens op die A4-papiere uit om die posisie van elk van die liggaamsdele ten opsigte van die hart en longe voor te stel.
  5. Plak rooi wol (vir suurstofdraende bloedvate) en blou wol (vir koolstofdioksied-draende bloedvate) met wondergom of kleeflint aan die A4-papier (en tussen hulle) om 'n groot sirkulatoriese stelsel te vorm, soos aangedui in die diagram van die aktiwiteit.
  6. Plaas 'n stapel rooi en blou blokke papier by elke deel van die liggaam - leë roomysbakke werk goed.
  7. Leerders begin in die longe en loop daarvandaan met die rooi lyne na die verskillende dele van die liggaam waar suurstof afgelewer word. Wanneer hulle die suurstof afgelewer het (deur dit in die houer met rooi blokke te plaas en 'n blou blok op te tel) beweeg hulle verder via die blou lyne om die koolstofdioksied by die longe af te lewer en weer suurstof op te tel.
  8. Wanneer een leerder die longe verlaat, laat u die volgende een loop, sodat daar 'n paar leerders op enige gegewe tydstip deur die stelsel loop.
  9. Indien u 'n baie groot klas het, laat slegs 'n paar leerders op 'n slag loop. Indien u die uitleg baie groot maak, dan kan die hele klas 'n lang tou van individuele bloedselle voorstel, wat agtermekaar loop.

Ons gaan 'n simulasie van jou bloedsirkulasie skep!

INSTRUKSIES:

  1. Stel jou voor jy is 'n rooibloedsel en dat jy suurstof deur die liggaam gaan dra.
  2. Jul onderwyser sal die klas help om 'n yslike groot liggaam op 'n oop ruimte uit te lê met A4-bladsye met byskrifte daarop, en hoepels, soos in die volgende diagram.
  1. Daar is twee houers met papierblokke by elke orgaan of liggaamsdeel. Een kleur verteenwoordig suurstof (verkieslik rooi) en die ander kleur verteenwoordig koolstofdioksied (verkieslik blou).
  2. Begin deur in die longe te gaan staan en suurstof op te tel. Jy verteenwoordig nou geoksigeneerde bloed.
  3. Loop na die linkerkant van die hart.
  4. Die hart pomp jou nou uit na die liggaam deur die sirkulatoriese stelsel. Verlaat die linkerhart hoepel en loop na die orgaan of liggaamsdeel wat jy met suurstof gaan voorsien.
  5. Wanneer jy die ligaamsdeel bereik, lewer jou suurstof af deur dit in die houer te plaas en neem terselfdertyd een van die gekleurde blokke wat koolstofdioksied voorstel. Jy stel nou gedeoksigeneerde bloed voor.
  6. Loop na die regterkant van die hart.
  7. Hiervandaan pomp die hart jou na die longe. Loop na die longe.
  8. Gaswisseling vind by die longe plaas waar jy die koolstofdioksied wat jy gedra het aflaai en weer suurstof optel.
  9. Jy kan nou die siklus herhaal deur na 'n ander liggaamsdeel te loop.

Maak seker dat die leerders kan visualiseer dat hulle 'n volledige siklus voltooi van 'n stelsel wat gedurig herhaal word. Indien hulle daarmee sukkel, loop eers saam met hulle om dit te verduidelik. U kan dit ook demonstreer deur by die longe te begin en die leerders dan te vra waarheen u volgende moet loop.

Hartkloptempo

Jou rustende hartkloptempo word dikwels gebruik as 'n aanduiding van hoe fiks jy is, en of daar moontlik gesondheidskwessies is waaraan jy behoort aandag te gee.

Tuiswerk-aktiwiteit om jou rustende hartkloptempo te bepaal.

Vra leerders om hierdie aktiwiteit vir 3 dae voor die les te doen waarin u die invloed van oefening op harkloptempo wil ondersoek.

INSTRUKSIES:

  1. Neem jou rustende hartkloptempo sodra jy wakker word in die oggend. Skryf neer hoeveel keer jou hart per minuut klop.
  2. Herhaal dit oor 3 dae om 'n gemiddelde te bepaal - dit is meer betroubaar as 'n eenmalige lesing.
  3. Skryf jou rustende hartkloptempo in die tabel neer.

Hartkloptempo (slae per minuut)

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Gemiddeld

Ons het nou jou rustende hartkloptempo bepaal. Maar wat gebeur wanneer ons fisiese aktiwiteite doen. Sal jou hartkloptempo toeneem of afneem? Dink jy 'n mens kan die hartkloptempo gebruik om te bepaal hoe fiks jy is? Kom ons ondersoek dit!

Meting en vergelyking van hartkloptempo vóór en ná oefening

Die basiese instruksies vir hierdie ondersoek word hieronder gegee, maar daarna moet leerders hul eie ondersoek ontwerp. Ons stel voor dat u die klas in groot groepe van ten minste 10 leerders verdeel. Hulle kan dan onderling besluit hoe hulle die ondersoek gaan uitvoer. Elke leerder moet sy eie metode en ontwerp neerskryf nadat hulle dit in die groep bespreek het. Die enigste apparaat benodig is stophorlosies - u kan óf stophorlosies verskaf, óf hulle kan die stophorlosies op mobiele fone gebruik. Indien leerders byvoorbeeld kies om te hardloop, dan is dit beter dat hulle op een plek hardloop, aangesien dit moeilik is om te beheer hoe ver of hoe vinnig individuele hardlopers in 2 minute gehardloop het. Oor die algemeen sal fikser individue 'n stadiger hartkloptempo na oefening hê en ook vinniger na die rustende tempo terugkeer as onfikse persone. Die fokus van hierdie aktiwiteit is egter daarop dat leerders objektiewe metings moet neem en die data wat hulle versamel dienooreenkomstig analiseer. Indien die bevindings van die ondersoek nie die gewenste resultate gee nie, verdien leerders nogtans volle krediet vir akkurate interpretasies.

Hierdie is die eerste ondersoek wat leerders in Gr. 9 doen. Daar word 'n interessante video omtrent die wetenskaplike metode in die BESOEK-boksie gegee, naamlik "The times and troubles of the Scientific Method". Dit kan 'n interessante klasoefening wees om eers na hierdie video te kyk en dan 'n klasbespreking oor die leerders se begrip van die wetenskaplike metode te hou. Die wetenskaplike metode word op skoolvlak as 'n reeks stappe geleer, maar dit is belangrik dat leerders verstaan hoe wetenskaplike ontdekkings op universiteitsvlak gemaak word en dat dit dikwels per geluk of as 'n bykomende resultaat van 'n ander eksperiment gemaak kan word.

'n Video in verband met die wetenskaplike metode.

INSTRUKSIES:

Meet die hartkloptempo van ten minste 10 leerders in jou klas nadat hulle vir 2 minute op die plek gehardloop of tou gespring het. Bespreek in julle groep hoe julle dit gaan doen en skryf die metode neer. Neem lesings en gebruik 'n grafiek om jou bevindings te illustreer. Maak afleidings van die klas se fiksheidvlak op grond van hul hartkloptempo na oefening en bespreek die voordele van oefening vir die sirkulatoriese en respiratoriese stelsels (ook genoem die kardiovaskulêre stelsel)

DOEL:

Wat is die doel van hierdie ondersoek?



Leerder-afhanklike antwoord

Die doel mag effens verskil van groep tot groep, maar dit is in die algemeen om te bepaal wat die uitwerking van oefening op die hartkloptempo is en om afleidings daarvan te maak omtrent die klas se fiksheidsvlak.

'n Moontlike uitbreiding:

Ondersoek ook hoe vinnig elke leerder se hartklop na oefening na rustende hartklop terugkeer. Dit sal aandui hoeveel hulle hartklop met oefening toegeneem het omdat die hartkloptempo dan voor en na oefening bepaal word. Neem die hartklop elke 1 minuut na oefening om te bepaal hoe vinnig dit na rustend terugkeer. Dit gee 'n meer afgeronde meting van fiksheid, want hoe vinniger 'n persoon na rustende hartkloptempo terugkeer, hoe fikser is hy. Dit kan slegs gedoen word indien u dink dat u leerders daartoe in staat is in die tyd toegelaat vir die les. Die grafiek daarvan sal 'n lyngrafiek wees.

HIPOTESE:

Wat is jou hipotese vir hierdie ondersoek?



Leerder-afhanklike antwoord

'n Moontlike hipotese wat die leerders mag voorstel is: "Hartkloptempo neem toe tydens oefening."

VERANDERLIKES:

Dit is by enige wetenskaplike ondersoek noodsaaklik om die veranderlikes van die begin af te identifiseer.

  • Wanneer jy 'n ondersoek doen, moet jy slegs een faktor op 'n slag verander om jou hipotese te toets. Dit word die onafhanklike veranderlike genoem.
  • Die faktor wat jy gaan meet of waarneem is die afhanklike veranderlike.
  • Daar is gewoonlik ook 'n derde tipe veranderlike, die vaste veranderlike. Hierdie is faktore wat jy dieselfde (konstant) wil hou gedurende die ondersoek sodat dit nie jou toets se resultate kan beïnvloed nie.

Noem die veranderlikes in hierdie ondersoek.




Die onafhanklike veranderlike is die tipe aktiwiteit - oefening of rus.

Die afhanklike veranderlike is die hartkloptempo, aangesien dit sal afhang daarvan of die leerder in rus was of oefening gedoen het (en hoe hard die oefening gedoen is).

Daar is verskeie vaste veranderlikes in hierdie ondersoek: Leerders van dieselfde ouderdom, ongeveer dieselfde massa, almal seuns of almal meisies, vlak van fiksheid, tipe oefening, tydsverloop van 2 minute, ens.

BENODIGDHEDE:

Maak 'n lys van die materiale wat jy vir hierdie ondersoek nodig het.




Moontlike materiale om te lys is:

  • stophorlosie
  • springtoue (indien leerders wil tou spring, anders mag hulle op die plek draf)
  • papier en pen vir rekord hou

METODE:

Skryf die metode hieronder neer. Die verskillende stappe moet genommer word.











Leerder-afhanklike antwoord

Verseker dat leerders al die aspekte van die ondersoek bespreek. U kan die leerders help met hierdie deel van die groepbespreking deur vrae aan te dui wat hulle behoort te beantwoord voor hulle die metode neerskryf. Byvoorbeeld, hoe gaan ons die metings doen? Dit sal afhang van hoeveel springtoue beskikbaar is, as hulle dit gaan gebruik. Sal een leerder touspring terwyl die ander die stophorlosie beman en tyd hou? Of indien hulle op die plek gaan draf vir 2 minute, gaan 5 leerders draf terwyl 5 tydhou? Leerders moet spesifiseer waar hulle die harkloptempo gaan meet. Sal dit op die nek of op die pols wees? Is dit beter om die harkloptempo vir 10 (of 15) minute te meet en dan te maal met 6 (of 4) om slae per minuut te bereken? Indien hulle vir 'n volle minuut na oefening meet, dan mag die tempo reeds teen die einde van die minuut afgeneem het en dan is dit nie 'n akkurate weergawe van die hartkloptempo direk na oefening nie.

RESULTATE::

Ontwerp 'n tabel om die hartkloptempo van die 10 leerders by rus en na 2 minute se fisiese aktiwiteit (touspring of hardloop op die plek) weer te gee. Onthou om 'n opskrif vir jou tabel te gee.









Leerder-afhanklike antwoord

Die tabel wat die leerders produseer mag dalk soos volg daar uitsien:

Tabel van die hartkloptempo van 10 leerders voor en na 2 minute van oefening

Leerder se naam

Rustende hartkloptempo (slae/min)

Hartkloptempo na oefening (slae/min)

Megan

Thembile

ens

Leerders mag dalk bykomende kolomme maak, hulle kan byvoorbeeld 'n kolom maak wat die verskil in hartklop voor en direk na oefening aantoon.

ANALISE:

Dit help om 'n grafiek te trek om jou resultate te analiseer omdat dit help om die verhouding tussen die afhanklike en onafhanklike veranderlikes te visualiseer en vergelykings te tref. Hier onder is 'n beskrywing van verskillende soort grafieke en waarvoor hulle gebruik word.

  • Lyngrafiek: 'n Lyngrafiek word gebruik wanneer dit numeriese waardes bevat wat aaneenlopend oor tyd verander. 'n Lyngrafiek is nuttig om die neiging van die data oor 'n tydperk te visualiseer.
  • Staafgrafiek: 'n Staafgrafiek word gebruik om verskillende kategorieë of groepe te vergelyk, gewoonlik indien die katagorieë deur woorde beskryf word. Daar is spasies tussen die kolomme in 'n staafgrafiek. 'n Dubbele staafgrafiek kan twee stelle data vergelyk. By 'n dubbele staafgrafiek raak die twee kolomme wat vergelyk word aan mekaar maar word in verskillende kleure aangetoon, en hulle word van die volgende twee kolomme deur 'n spasie geskei.

Leerders mag dalk nie verstaan hoe 'n dubbele staafgrafiek van 'n staafgrafiek verskil nie, en ook nie wat met twee stelle data bedoel word nie. 'n Voorbeeld van 'n dubbele staafgrafiek sou wees om die minimum en maskimum temperature op verskillende dae van die week te vergelyk. Die dag van die week is dan die onafhanklike veranderlike, terwyl die minimum en maksimum temperature die twee stelle afhanklike veranderlikes (twee stelle data) is. Die dae van die week sal dan op die x-as wees met daarop twee kolomme langs mekaar vir elke dag. Die een kolom sal die minimum en die ander die maksimum temperatuur vir daardie dag aandui. Die kolomme met die twee temperature sal aan mekaar raak, met 'n spasie tussen die twee kolomme wat die volgende dag se temperature aandui.

  • Histogram: 'n Histogram word gebruik wanneer die data van die onafhanklike veranderlike numeries is en in kontinue groepe gerangskik kan word. Die kolomme in 'n histogram raak aanmekaar.
  • Sirkelgrafieke: Sirkelgrafieke (of sektor-diagramme) word gebruik om die relatiewe verhoudings of persentasies van kategorieë te illustreer indien hulle gesamentlik 'n geheel vorm.

  1. Watter tipe grafiek sal jy gebruik om die data in hierdie ondersoek te illustreer? Gee 'n rede vir jou antwoord.


Leerders mag sukkel om hierdie vraag te beantwoord, maar dit is van kritiese belang dat hulle die soorte grafieke verstaan en weet watter een om te gebruik. By hierdie ondersoek sal ons die data vir elke leerder op die onafhanklike as (x-as) wil plaas. Die leerders is nie op enige manier aan makaar verwant nie, en die data is nie numeries nie - dit is diskrete kategorieë wat deur woorde beskryf word (die name van die leerders). Hier word dus 'n staafgrafiek gebruik. Ons gaan in werklikheid 'n dubbele staafgrafiek gebruik. Daar sal twee kolomme vir elke leerder wees - een kolom vir die rustende hartkloptempo en een kolom vir die hartkloptempo na oefening.

  1. Hoe sal jy op die grafiek onderskei tussen die twee stelle data wat vir elke leerder ingesamel is (dws. die hartkloptempo vóór en ná oefening)?

Leerders kan tussen die vóór en ná lesings onderskei deur 'n sleutel op te stel, waar die een stel data deur een kleur of patroon en die ander stel deur 'n ander kleur of patroon voorgestel word.

Wenke vir die opstel van die grafiek:

  • Begin deur jou grafiek 'n opskrif te gee, wat die afhanklike en onafhanklike veranderlike wat jy bestudeer het duidelik aantoon.
  • Gebruik die geskikte asse vir elke veranderlike: x-as = onafhanklike veranderlike (horisontaal aan die onderkant van die grafiek) en y-as = afhanklike veranderlike (vertikaal aan die kant).
  • Verskaf byskrifte vir die x-as en die y-as.
  • Gebruik 'n geskikte skaal deur die ruimte wat jy beskikbaar het in te deel sodat die grafiek daarop inpas.

Teken die grafiek op die grafiekpapier wat verskaf word.

Wanneer u die leerders help om hul grafieke te trek, maak seker dat hulle die hartkloptempo op die afhanklike y-as aandui met die name van die leerders op die onafhanklike x-as. Elke leerder in die groep moet deur twee kolomme voorgestel word, een vir hartklop vóór en een vir hartklop ná oefening. Indien die grafiekpapier in die werkboek gebruik word, moet daar langs die x-as 'n indeling gemaak word sodat al 10 leerders se data daarop ingevul word. Byvoorbeeld, maak elke kolom 2 blokkies wyd (die kleinste blokkies), met 1 of 2 spasies tussen elke leerder. As u grafiekpapier het, gee miskien eers vir elke leerder 'n bladsy sodat hulle kan oefen hoe om dit te doen voordat hulle dit in die werkboeke oordoen.

Watter leerder in jou groep het die kleinste toename in hartkloptempo vanaf vóór tot ná fisiese aktiwiteit getoon?


Leerder-afhanklike antwoord

Watter leerder in jou groep het die grootste toename in hartkloptempo van vóór tot ná fisiese aktiwiteit getoon?


Leerder-afhanklike antwoord

Rangskik die leerders in jou groep van die kleinste toename tot die grootste toename.



Leerder-afhanklike antwoord

Watter afleidings kan jy maak omtrent die fiksheidsvlak van die leerders in jou groep gebasseer op hul hartkloptempo's vóór en ná fisiese aktiwiteit? Voordat jy enige afleidings maak, vra jouself die volgende vrae:

  1. Kan jy agterkom wat by verskillende leerders gebeur?
  2. Neem jy enigiets waar wat verskil?
  3. Wat impliseer dit?




Leerders behoort te kan aflei dat hoe fikser 'n individu is, hoe kleiner die toename in hartkloptempo van vóór tot ná fisiese aktiwiteit. Leerders wat onfiks is sal gewoonlik 'n groter toename in hartkloptemp na die fisiese aktiwiteit toon (solank die aktwiteit teen dieselfde vlak van inspanning gedoen is).

Dit is baie belangrik dat die leerders hul werklike lesings moet weergee. Indien die resultate verskil van dit wat hulle verwag het, is dit nog altyd VEEL beter dat hule dit aanbied soos hulle dit gevind het, eerder as om te "kul" of die hipotese of beskrywing te probeer verander om by die resultate of verwagtings aan te pas. Gee hule volle krediet en prys hulle vir 'n ondersoek wat deeglik uitgevoer en eerlik aangebied word, eerder as een waarvan inligting opgemaak of verander is. Wanneer leerders weet wat om te verwag, dink hulle dikwels daar is iets verkeerd met hul resultate. Hulle moet aangemoedig word om eerder voorstelle te maak oor waarom hulle nie gevind het wat hulle verwag het nie, in die bespreking wat hierop volg.

BESPREKING EN EVALUERING

Dit is 'n belangrike deel van die ondersoek om die resultate en waarnemings te bespreek en te evalueer. Op hierdie stadium moet jy praat oor jou resultate en hulle verduidelik.

Die leerders mag opgelet het dat daar 'n sekere neiging in die rustende hartkloptempo's van hul groep was. Dit is in die drie dae voor die ondersoek gedoen. Hulle is welkom om hieroor 'n hipotese op te stel en waarnemings te maak. Hulle kan, byvoorbeeld, opmerk dat die fiksste leerders die laagste rustende hartkloptempo gehad het.

Julle kan ook enige tekortkominge van die ondersoek uitwys. Wat kon julle gedoen het om die ondersoek te verbeter? Noem ook enige onverwagte resultate in die ondersoek en probeer om dit teen 'n wetenskaplike agtergrond te verklaar. Julle kan ook 'n bietjie agtergrondkennis opdoen deur navorsing te doen oor die voordele verbonde aan kardiovaskulêre oefening en dit in jul bespreking noem.
















Evalueer of leerders hul resultate voldoende bespreek het. Soos voorheen genoem, hul werklike resultate mag dalk nie ooreenstem met wat hulle behoort te vind nie. In daardie geval verdien hulle tog nog punte vir hul waarnemings. Hulle behoort egter ook daarop te wys dat hulle verstaan wat moes gebeur het, gebasseer op hul navorsing oor die onderwerp. Hulle behoort daarop te wys dat fikser individue se hart versterk as gevolg van oefening. Soos alle spiere, word die hart sterker met oefening, daarom kan dit meer bloed deur die liggaam pomp met elke slag. As gevolg hiervan hoef 'n fiks hart nie so vinnig te klop om dieselfde hoeveelheid bloed te lewer as 'n onfikse hart nie, en dit is ook onder minder spanning. Assesseer of leerders die tekortkominge in hul ondersoek uitgewys het en of hulle voorstelle vir verbeterings gemaak het. Leerders behoort ook die voordele van oefening vir die kardiovaskulêre stelsel uit te wys, byvoorbeeld 'n vermindering in die risiko vir hartaanvalle en ander hartsiektes.

GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir jou ondersoek neer. Wanneer 'n gevolgtrekking gemaak word, moet 'n mens terugverwys na die hipotese om te bepaal of die resultate die hipotese ondersteun of verwerp.



Leerder-afhanklike antwoord

VERWYSINGS:

Indien jy navorsing gedoen het om bykomende inligting te kry vir jou bespreking, dan moet jy die bronne as volg verwys:

  • Boeke: Skrywer se van, Naam van die boek, Jaar van publikasie, Bladsynommers van inligting gebruik.
  • Internet: Verskaf die volle "URL" van die webwerf.
  • Persoon: Persoonlike kommunikasie met "Naam, Van, Beroep."







Leerder-afhanklike antwoord

Om net Google of Wikipedia as jou bron te verwys is nie goed genoeg as 'n verwysing van jou werk nie.

Kyk na hierdie video wat die respiratoriese en sirkulatoriese sisteme opsom.

Opsomming

  • Suurstofryke lug word ingeasem tydens 'n proses wat asemhaling genoem word.
  • Gaswisseling vind deur diffusie in die longe plaas.
  • Geoksigeneerde bloed word deur die pulmonêre venes vanaf die longe na die linkerkant van die hart vervoer.
  • Die geoksigeneerde bloed word vanaf die hart deur die aorta en arterieë na die verskillende dele van die liggaam gepomp.
  • Arterieë verdeel in kapillêre netwerke tussen die selle, waar suurstof en voedsel uit die bloed tot in die selle diffundeer.
  • Respirasie vind in die selle plaas, suurstof word gebruik en koolstofdioksied word gevorm, en dit diffundeer terug in die kapillêres.
  • Kapillêres verenig tot venes wat die gedeoksigeneerde bloed terugvervoer na die regterkant van die hart.
  • Vanaf die hart word die gedeoksigeneerde bloed deur die pulmonêre arterie na die longe gepomp, waar gaswisseling weer plaasvind.
  • Koolstofdioksied, afkomstig van respirasie in die selle, diffundeer uit die bloed tot in die longe en word dan uitgeasem.

Konsepkaart

Ons het in hierdie hoofstuk geleer dat die sirkulatoriese en repiratoriese stelsels uit 4 prosesse bestaan wat siklies plaasvind. Twee van hierdie prosesse word in die konsepkaart genoem, en daar is ruimtes waarin die ander twee geskryf kan word. Watter gas word ingeasem vir respirasie, en watter gas wat uitgeasem word is afkomstig van respirasie? Vul die twee in. Wat is die naam van die proses waardeur die gasse oor die selmembrane kan beweeg.

Onderwysers-weergawe

Hersieningsvrae

Teken 'n vloeidiagram om aan te toon hoe die verskillende komponente van die respiratoriese en sirkulatoriese stelsels in 'n siklus funksioneer. [6 punt]





leerderafhanklik

Voltooi die volgende sinne. Skryf slegs die woord op die streep daarvoor verskaf. [13 punte]
  1. Suurstof diffundeer tot in die bloed vanaf die lug in die _____.

alveoli / alveolusse

Die bloedvate wat bloed weg van die hart af vervoer word genoem _____.


arterieë

Klein bloedvate genoem _____ is in noue kontak met _____.


kapillêres - selle

Koolstofdioksied _____ uit die selle tot in die _____.


diffundeer, kapillêres/bloed

_____ vervoer die _____ bloed na die hart vanwaar dit na die _____ gestuur word om daar geoksigeneer te word.

Venes, gedeoksigeneerde, longe

Die chemiese reaksie wat in die _____ van die sel plaasvind wanneer suurstof en glukose kombineer om _____ vry te stel, word _____ genoem.

mitochondria, energie, respirasie

Voltooi die tabel om te beskryf wat in die borskas tydens asemmhaling gebeur. [6 punte]

Inaseming

Uitaseming

Borskasvolume

Druk op longe

Lugbeweging

Inaseming

Uitaseming

Borskasvolume

Vergroot

Word kleiner

Druk op longe

Verminder

Vermeerder

Lugbeweging

Beweeg in die longe in

Beweeg uit die longe uit.

Pas die woorde in die linkerkolom by die korrekte betekenis in die regterkolom. Skryf slegs die letter van die korrekte betekenis in die leë kolom langs die woord waarby dit pas. Gebruik elke letter slegs een keer. [13 punte]

asemhaling

a

arterieë, venes en kapillêres

diafragma

b

die tipe weefsel wat die tragea oophou

alveoli / alveolusse

c

klein druiwe-agtige trossies aan die eindpunte van die brongioli

tragea

d

die beweging van partikels deur 'n deurlatende membraan vanaf 'n gebied van hoër konsentrasie na 'n gebied van laer konsentrasie

hart

e

die buis wat lug vanaf die keelholte tot by die brongi vervoer

venes

f

bloedvate wat bloed weg van die hart vervoer

respirasie

h

bloedvate wat bloed na die hart toe vervoer

kraakbeen

i

buise wat vanaf die tragea na die longe lei

brongi / brongusse

j

die proses wat in mitochondria plaasvind om energie vry te stel wat deur die sel gebruik word

kapillêres / haarbloedvate

k

die orgaan wat bloed deur die liggaam pomp

soorte bloedvate

l

inaseming en uitaseming

diffusie

m

bloedvate wat alveoli omring vir gaswisseling

arterieë

n

'n groot koepelvormige spierplaat aan die onderkant van die ribbekas

l

asemhaling

a

arterieë, venes en kapillêres

n

diafragma

b

die tipe weefsel wat die tragea oophou

i

alveoli / alveolusse

c

buise wat vanaf die tragea na die longe lei

e

tragea

d

die beweging van partikels deur 'n deurlatende membraan vanaf 'n gebied van hoër konsentrasie na 'n gebied van laer konsentrasie

k

hart

e

die buis wat lug vanaf die keelholte tot by die brongi vervoer

h

venes

f

bloedvate wat bloed weg van die hart vervoer

j

respirasie

h

bloedvate wat bloed na die hart toe vervoer

b

kraakbeen

i

klein druiwe-agtige trossies aan die eindpunte van die brongioli

c

brongi / brongusse

j

die proses wat in mitochondria plaasvind om energie vry te stel wat deur die sel gebruik word

m

kapillêres / haarbloedvate

k

die orgaan wat bloed deur die liggaam pomp

a

soorte bloedvate

l

inaseming en uitaseming

d

diffusie

m

bloedvate wat alveoli omring vir gaswisseling

f

arterieë

n

'n groot koepelvormige spierplaat aan die onderkant van die ribbekas

Die volgende is 'n kunstenaar se voorstelling van een van die strukture waarvan jy in hierdie hoofstuk geleer het. Wat stel dit voor? Gee drie redes vir jou antwoord. [3 punte]





Dit is 'n tekening van 'n brongiool en alveoli. Die een hoofbuis is die brongiool. Daar is verskeie alveoli teenwoordig, wat sakagtige strukture in die long is. Die klein sakkies aan die linkerkant onder is oopgesny aangetoon. Die kapillêre netwerk om die alveoli bring gedeoksigeneerde bloed na die longe om geoksigeneer te word.

Beskryf hoe die kapillêres aangepas is vir hul funksie van gaswisseling in die longe en op sellulêre vlak in die liggaam. [3 punte]





Die kapillêres is baie smal en dunwandig sodat hulle tussen die selle van weefsels kan vertak om sodoende in noue kontak met die selle te kom vir diffusie. Dit laat die kapillêres toe om al die selle van die liggaam te bereik om suurstof en voedingstowwe af te lewer en afvalprodukte weg te voer.

Toaal [44 punte]