Materie and Materiale Woordelys

  • aantrekkingskragte: kragte wat deeltjies ondervind wat hulle nader aan mekaar trek

  • atome: die fundamentele deeltjies waaruit alle materie bestaan

  • atoomkern: 'n diggepakte tros van protone en neutrone in die middelpunt van die atoom

  • beheerde eksperiment: 'n eksperiment waarin die veranderlikes beheer word, sodat die resultate vergelyk kan word met dié wat in 'n ander eksperiment verkry is

  • bots: (naamwoord: botsing) om teen iets te stamp of stoot

  • chemiese binding: 'n spesiale krag wat atome in 'n molekule bymekaar hou

  • chemiese formule: 'n kombinasie van elemente se simbole wat die tipes en soorte atome in 'n sekere verbinding aandui

  • chemiese reaksie: 'n gebeure waarin die atome in molekules herangskik word om nuwe molekules te vorm

  • chemiese reaksie: 'n proses waarin chemiese bindings gebreek word en nuwes tussen atome gevorm word; atome in die beginverbindings, naamlik reaktante, word herrangskik om nuwe verbindings, naamlik produkte, te vorm

  • chemiese vergelyking: 'n manier om 'n chemiese reaksie voor te stel in terme van die formules van die reaktante en die produkte

  • damp: die gastoestand van 'n stof wat normaalweg 'n vloeistof of vaste stof by kamertemperatuur is, soos water wat in die lug verdamp het

  • diffundeer: (naamwoord: diffusie) die beweging van deeltjies sodat hulle uiteindelik willekeurig en uniform in 'n gegewe ruimte versprei is

  • digtheid: die massa van 'n stof per volume wat dit beslaan

  • drukmeter: 'n instrument waarmee die gasdruk in iets gemeet kan word

  • elektrone: die kleinste van die drie tipes subatomiese deeltjies; hulle is negatief gelaai en word aangetref buite die atoomkern

  • element: 'n suiwer stof wat bestaan uit net een soort atoom

  • energiek: vol energie

  • fisiese kwantiteit: iets wat gemeet of geskat kan word

  • gisting; fermentasie: 'n chemiese reaksie wat plaasvind in die teenwoordigheid van gis en/of ander bakterieë, waartydens 'n suiker omgesit word in 'n alkohol of 'n suur

  • invloed: (naamwoord) effek

  • koëffisiënte: die nommers voor die atoom- en molekuulformules in die chemiese vergelyking; hulle verteenwoordig die verhouding van die getalle individuele molekules wat aan die chemiese reaksie deelneem

  • kondensasie: wanneer energie onttrek word en 'n gas verander na die vloeibare toestand

  • konstante beweging: iets wat in konstante beweging is hou nooit op om te beweeg nie

  • kook: vind binne-in 'n vloeistof plaas wanneer dit tot by sy kookpunt verhit word en deeltjies ontsnap as gasborrels uit die vloeistof

  • kookpunt: die temperatuur waarby die materiaal verander van die vloeibare na die gasagtige toestand (kook)

  • kragtig: sterk en met mag

  • krimp; inkrimp: die fisiese grootte van 'n voorwerp word kleiner

  • lugklep: 'n toestel wat as 'n toegangsbeheer werk om lug slegs toe te laat on in een rigting te beweeg (òf slegs in iets in, òf slegs uit iets uit)

  • massa: 'n maatstaf van die hoeveelheid materie in 'n voorwerp of materiaal

  • mengsel: 'n kombinasie van twee of meer suiwer stowwe met mekaar gemeng

  • molekule: twee of meer atome wat met mekaar verbind is; die atome in 'n molekule kan van dieselfde soort wees (in welke geval hulle 'n molekuul van 'n element sal wees), of hulle kan van verskillende soort wees (in welke geval hulle 'n molekule van 'n verbinding sal wees)

  • neutrone: 'n soort subatomiese deeltjie waarvan die massa en grootte soortgelyk aan die van protone is, maar neutraal (sonder lading); neutrone saam met protone vorm die kern van atome

  • omgekeerde: in hierdie hoofstuk beteken 'teenoorgestelde', soos byvoorbeeld in: smelting en vries is omgekeerde prosesse (die teenoorgestelde van mekaar)

  • onderskeiding: die skeiding van items in verskillende groepe op grond van voorkoms of eienskappe

  • ongeorden: wanordelik; sonder enige reëlmatige rangskikking

  • onmengbaar: nie mengbaar of versnybaar nie

  • ontbindingsreaksie: 'n chemiese reaksie waarin 'n gegewe molekule opbreek en herkombineer om kleiner molekules te vorm

  • postulaat: 'n aanspraak wat deur eksperimentele bewyse ondersteun kan word

  • produk: 'n stof wat tydens die reaksie gevorm word; dit sal na die reaksie plaasgevind het, teenwoordig wees

  • protone: 'n tipe subatomiese deeltjie wat positief gelaai is en saam met neutrone in die atoomkern voorkom

  • reëlmatige rangskikking: 'n rangskikking van deeltjies in 'n netjiese, konstante en herhalende patroon

  • reaksiefles; reaksiehouer: die houer waarin die reaksie plaasgevind het; kleinskaalse chemiese reaksies wat in die laboratorium uigevoer word, word gewoonlik in bekers of flesse uitgevoer

  • reaktant: 'n stof wat teenwoordig is voor die reaksie plaasvind; dit is 'n beginstof van die reaksie

  • saampers: (byvoeglike naamwoord: saampersbaar) om die deeltjies van 'n materiaal nader aan mekaar te druk

  • smelting: wanneer energie bygevoeg word en 'n vaste stof se toestand varander na vloeistof

  • smeltpunt: die temperatuur waarby 'n bepaalde materiaal verander van die vaste na die vloeibare toestand (smelt)

  • stolling (vries): (vries) wanneer energie onttrek word en 'n vloeistof verander na 'n vaste stof

  • subatomiese deeltjie: 'n deeltjie wat kleiner as die atoom is en binne-in die atoom voorkom

  • suiwer stof: materie wat dwarsdeur uit dieselfde materiaal bestaan; twee soorte bestaan, naamlik elemente en verbindings

  • tempo: hoe vinnig of stadig 'n verskynsel (byvoorbeeld diffusie) plaasvind

  • transformasie: verandering; om te transformeer is om te verander van een vorm na 'n ander

  • trosvorming: (werkwoord) om bymekaar te kom en 'n hegte groep te vorm

  • uitsetting: die fisiese grootte van 'n voorwerp neem toe

  • uniform: dwarsdeur dieselfde

  • verbinding: 'n suiwer stof waarin twee of meer atome of twee of meer chemiese elemente in 'n vaste verhouding aan mekaar verbind is

  • verdamping: wanneer energie bygevoeg word en die deeltjies by die oppervlak van 'n vloeistoftoestand na 'n gas

  • verskynsel: (meervoud: verskynsels) iets wat ons kan waarneem of sigbaar word

  • versterk: om sterker te maak, gewoonlik deur die byvoeging van 'n ander materiaal of vorm van ondersteuning

  • vibreer: om vinnig heen-en-weer te beweeg

  • volume: 'n maatstaf van die hoeveelheid ruimte wat 'n driedimensionele voorwerp of materiaal vul

  • waarneming: 'n waarneming is iets wat ons met sintuie opneem, soos sien, hoor, proe, ruik of voel

  • wetenskaplike model: 'n stel idees wat 'n konsep, voorwerp of proses in die natuur verteenwoordig om dit te help verstaan

  • wetenskaplike teorie: 'n verduideliking van wetenskaplike verskynsels of aspekte uit die natuurwêreld, ondersteun en bevestig deur feite wat verkry is deur waarneming en eksperimentering

  • willekeurig: onvoorspelbaar