Mikroörganismes

Hoofstuk-Oorsig

2 weke

Verwys leerders na die klassifikasie van lewende organismes wat hulle in Gr. 7 Lewe en Lewende Dinge gedoen het, as 'n inleiding. Hulle behoort bekend te wees met die klassifikasie van vyf Koninkryke, naamlik plante, diere, bakterieë, Protista en Fungi. Vra die leerders wat hulle omtrent bakterieë, Protista en Fungi verstaan. Ons het reeds in vorige grade in redelike detail die twee Koninkryke van plante en diere bestudeer. Ons het egter nog nie in veel detail ondersoek ingestel na daardie organismes wat nie op makroskopiese vlak sigbaar is nie. Die fokus van hierdie hoofstuk is 'n meer in-diepte ondersoek van mikroörganismes. Ons sal ook uitvind watter mikroskopiese organismes skadelik en watter nuttig is. Die leerders is nog nie bekend met selle nie (dit volg in Gr. 9) en daarom sal die klassifikasie nie tot op die sellulêre vlak deurgevoer word nie. Daar is 'n uitstekende hulpbron vir onderwysers by: http://ideasforteachers.wordpress.com/2010/03/22/microorganisms/, waar interaktiewe witbord-lesse, videos, taakkaarte, ens. in verband met mikroörganismes beskikbaar is.

Nota: Mikroörganismes word in die KABV-dokumente as mikro-organismes gespel. Dit is ook korrek. In hierdie afdeling gebruik ons die meer algemene spelling van mikroörganismes. In die meeste Engelse bronne, veral aanlyn, sal dit as "microorganisms" gespel word.

3.1 Soorte mikroörganismes (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbevelings

Aktiwiteit: Wat beteken "mikroskopies"

Waarneming, beskrywing, skryfvermoë

KABV-voorgestel

Aktiwiteit: Klassifiseer organismes

Klassifiseer, skryfvermoë

Opsioneel (hersiening)

Aktiwiteit: Bereken die grootte van 'n organismes met behulp van 'n skaalbalkie

Ondersoek, analiseer, bereken

KABV-voorgestel

3.2 Skadelike mikroörganismes (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbevelings

Aktiwiteit: Waar word patogene aangetref?

Identifikasie, skryfvermoë

Opsioneel

Aktiwiteit: Hoe maklik word virusse versprei?

Groepwerk, analiseer, bespreking

Opsioneel

Aktiwiteit: MIV-navorsing

Navorsing, bespreking

KABV-voorgestel

Aktiwiteit: Verhoed die verspreiding van siektes

Navorsing, skryfvermoë

Opsioneel (Uitbreiding)

Aktiwiteit: Ondersoek "Tifus Mary"

Navorsing, skryfvermoë, bespreking

Opsioneel (Uitbreiding)

Aktiwiteit: Doen navorsing oor 'n aansteeklike siekte

Navorsing, skryfvermoë

KABV-voorgestel

3.3 Nuttige mikroörganismes (2 uur)

Take

Vaardighede

Aanbevelings

Ondersoek: Ondersoek die groei van gisselle

Hipotese-stelling, ondersoeking, waarneming, meting, aanteken, analiseer, skryfvermoë, groepwerk

KABV-voorgestel

Aktiwiteit: Beroepe as 'n natuur-wetenskaplike

Navorsing, bespreking

KABV-voorgestel

  • Wat is mikroörganismes?
  • Waarom het ons mikroörganismes op Aarde nodig?
  • Is daar mikroörganismes wat in my liggaam lewe?
  • Hoe bestudeer ons mikroörganismes?
  • Wat veroorsaak dat ons liggame siek word?
  • Is daar nuttige mikroörganismes?

Mikroörganismes is reeds vir biljoene jare op Aarde en het aangepas om in ekstreme omstandighede te oorleef. Hulle word in feitlik al die areas van die biosfeer aangetref en daar word gedurig nog mikroörganismes ontdek. Sommige hiervan is skadelik en veroorsaak siektes, terwyl ander nuttig en 'n lewensbelangrike deel van ekosisteme is. Kom ons kyk van naderby!

Soorte mikroörganismes

  • bakterieë
  • siekte
  • Fungi
  • infekteer
  • Protista
  • virus

Bakterium is enkelvoud en bakteria is meervoud in Latyn.

Die voorvoegsel "mikro" kom van die Griekse woord mikros wat "klein" beteken. Aan hoeveel woorde kan jy dink wat met die voorvoegsel "mikro" begin? Wat het hierdie woorde in gemeen?

Mikroörganismes is baie klein lewende organismes. Mense het nie eers geweet dat hulle bestaan nie, tot die ontdekking van mikroskope in die 1600's! Ons sê daarom ons kan nie mikroörganismes met "die blote oog" sien nie. Ons kan hulle slegs onder 'n mikroskoop sien.

'n Basiese ligmikroskoop

Antonie van Leeuwenhoek het sy eie mikroskope ontwerp en gebou. In 1674 het hy die eerste persoon geword wat mikroskopiese organismes kon sien en beskryf. Hy het bakterieë, giste en vele ander mikroörganismes waargeneem.

Antonie van Leeuwenhoek word as die eerste mikrobioloog beskou.
Sommige van die mikroörganismes wat van Leeuwenhoek waargeneem en beskryf het. Hy het hulle "klein diertjies" genoem.

Iemand wat mikroörganismes bestudeer is 'n mikrobioloog

Wat beteken "mikroskopies"?

Die bedoeling van hierdie kort aktiwiteit is om leerders bekend te stel aan die konsep van mikroskopiese voorwerpe en wat dit beteken. Om mikroskopies te wees, beteken dit kan slegs onder 'n mikroskoop waareneem word. Die doel is om die leerders te laat verstaan dat baie voorwerpe in meer detail onder 'n mikroskoop waargeneem word, maar dat daar baie voorwerpe is wat slegs onder 'n mikroskoop gesien kan word.

MATERIALE:

  • handlens of vergrootglas
  • gedrukte koerantpapier
  • ander klein voorwerpe met detail

Verskaf aan leerders 'n wye verskeidenheid voorwerpe met fyn detail, byvoorbeeld, koerantpapier, 'n lap met weefdrade, en, indien moontlik, kweek broodmuf deur 'n klam stuk brood vir 'n paar dae in 'n toe houer op 'n warm plek te laat staan voordat die aktiwiteit moet plaasvind.

INSTRUKSIES:

  1. Die onderwyser sal aan jou 'n verskeidenheid voorwerpe gee om te ondersoek.
  2. Kyk eers na die voorwerpe met die blote oog.
  3. Gebruik nou die handlens en kyk weer daarna.
  4. Noteer die verskille in detail wat jy kan waarneem.

VRAE:

Die gebruik van 'n bril of kontaklense word nog steeds as die blote oog beskou aangesien dit maar net die persoon se visie verbeter. Verduidelik aan die leerders dat diegene hul brille moet aanhou en dat dit steeds as "met die blote oog" beskou word.

Wat beteken "met die blote oog"?


Dit beteken om na iets te kyk deur net jou oë te gebruik, sonder enige hulpmiddel voor jou oë om jou te help om iets waar te neem.

Beskryf sommige van die verskille tussen dit wat jy met die blote oog en met die handlens kon waarneem.



Leerders behoort te kan aanteken dat hulle meer detail met die handlens kon sien en dat die voorwerp groter gelyk het.

  1. Die volgende voorbeelde toon telkens verskillende aansigte van dieselfde voorwerp. Een beeld is soos gesien met die blote oog. Ons noem dit die makroskopiese beeld. Die ander foto wys hoe dieselfde voorwerp onder 'n mikroskoop sal lyk. Ons noem dit die mikroskopiese beeld. Identifiseer by elke voorwerp watter een die mikroskopiese- en watter een die makroskopiese beeld is.

Ons het in die vorige aktiwiteit agtergekom dat 'n mens onder 'n mikroskoop voorwerpe in baie meer detail kan sien as met die blote oog. Daar is egter op Aarde baie organismes wat 'n mens glad nie met die blote oog kan waarneem nie. Ons kan hulle slegs onder 'n mikroskoop sien. Hulle is mikroörganismes.

Die lewende organismes op Aarde kan op verskeie maniere geklassifiseer word. Kom ons hersien ons klassifikasie-sisteem vir alle organismes op Aarde.

Klassifiseer organismes

Hierdie is opsionele hersiening van wat leerders reeds in Gr. 7 in Biodiversiteit behandel het, en ook kortliks in Hoofstuk 2 van hierdie kwartaal.

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die volgende diagramme wat aantoon hoe ons organismes op aarde klassifiseer.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Kan jy sien dat die organismes in die diagram in vyf groepe verdeel is? Wat noem ons die vyf groepe?


Koninkryke

Skryf die name van die vyf groepe in die spasies op die diagram.

Die vyf Koninkryke is? Animalia (Diere), Plantae (Plante), Bacteria (Bakterieë), Fungi en Protista

Watter groepe bevat organismes wat as mikroörganismes geklassifiseer kan word.


Bakterieë, Fungi en Protista

Dink jy dat mikroörganismes lewend of nie-lewend is? Verskaf 'n rede vir jou antwoord.



Hulle is lewend. Hulle toon al sewe die lewensprosesse: (beweging, gaswisseling vir respirasie, sintuiglike waarneming, voortplanting, ekskresie/uitskeiding, voeding).

In hierdie hoofstuk word virusse ook as mikroörganismes bespreek. Daar is baie kontroversie oor die vraag of virusse lewend of nie-lewend is. Virusse kan nie al sewe die lewensprosesse uitvoer nie en word daarom nie ingesluit in die klassifikasie van vyf koninkryke nie.

Mikroörganismes sluit in virusse, bakterieë, Protista en sommige soorte Fungi (alhoewel baie fungi met die blote oog waargeneem kan word, sonder 'n mikroskoop). Kyk ons bestudeer van naderby die verskillende soorte mikroörganismes, voordat ons uitvind hoe hulle ons lewens op 'n positiewe of negatiewe manier mag beïnvloed.

Bakterieë is 'n groot koninkryk van mikroörganismes. Daar is baie bakterieë wat siektes by mense veroorsaak, maar daar is ook nuttige bakterieë, soos ons later sal sien. Virusse is ook mikrokopies, baie kleiner nog as bakterieë. Hulle kan baie ander organismes infekteer, soos plante, diere en ook bakterieë. Virusse moet ander organismes infekteer om te kan voortplant (reproduseer).

Wetenskaplikes debatteer onder mekaar of virusse as lewend geklassifiseer kan word, of nie!

http://www.flickr.com/photos/niaid/5149398656/
Die Mycobacterium tuberculosis bakterie veroorsaak tuberkulose (TB) by mense. http://www.flickr.com/photos/niaid/5149398656/
http://www.flickr.com/photos/niaid/8411599236/
H1N1 griepvirus-partikels wat griepsimptome by mense veroorsaak. http://www.flickr.com/photos/niaid/8411599236/

Fungi behoort ook aan een van die vyf koninkryke van organismes. Daar is verskillende soorte fungi. Sommiges is groot genoeg dat ons hulle sonder 'n mikroskoop kan waarneem, soos sampioene en broodmuf. Hulle is makroskopies. Daar is ander wat mikroskopies is en slegs onder 'n mikroskoop waargeneem kan word, soos gisselle.

http://www.flickr.com/photos/78428166@N00/6107931302/
Nie alle fungi is mikroskopies nie, soos sampioene. http://www.flickr.com/photos/78428166@N00/6107931302/
http://www.flickr.com/photos/tessawatson/384591931/
Miljoene gisselle onder die mikroskoop. http://www.flickr.com/photos/tessawatson/384591931/

Kyk hoe gisselle voortplant

Protista is 'n groot diverse groep organismes. Die organismes in hierdie koninkryk pas nie so maklik in een van die ander vier koninkryke van diere, plante, fungi of bakterieë nie. Sommige protista is plantagtig en ander meer dieragtig. Die meeste Protista is mikrokopies en leef in water. Die enigste makroskopiese voorbeelde is sommige van die alge, spesifiek die seegrasse.

'n Protista in varswater.
'n Protista wat in die dermkanaal van baie diere aangetref word.

Jy mag reeds opgemerk het dat sommige van die organismes hier genoem skadelik vir mense en ander organismes kan wees omdat hulle siektes en ongesteldhede veroorsaak.

Bereken die grootte van 'n organisme deur 'n skaalbalkie te gebruik.

Hoe weet jy hoe groot 'n mikroörganisme is? Jy sal oplet dat baie foto's van mikroörganismes 'n skaalbalkie het. 'n Skaalbalkie is 'n nuttige instrument wat ons in staat stel om die werklike grootte van voorwerpe te bereken. Volg die instruksies hieronder om die lengte te bepaal van hierdie Oxytricha trifallax protista.

'n Mikrograaf van Oxytricha trifallax.

INSTRUKSIES:

Meet die lengte van Oxytricha trifallax deur jou lineaal te gebruik. (Druk jou antwoord in mm uit.)


Leerderafhanklike antwoord.

Nota: Die antwoord sal afhang van die formaat van die beeld (gedruk, fotokopié, aanlyn, ens.) en die presiese punt wat die leerders kies vir die een- en anderkant van die organisme. 'n Klein variasie kan verwag word.

Meet die lengte van die skaalbalkie met jou lineaal. (Druk die antwoord uit in mm.)


Leerderafhanklike antwoord

Nota: Dit sal afhang van die formaat waarin die beeld gemeet word, (gedruk, fotokopié, aanlyn, ens.)

Deel die grootte van die voorwerp (in mm) deur die grootte van die skaalbalkie (in mm) en rond af. Die antwoord is 'n verhoudingsgetal sonder eenhede, aangesien jy mm deur mm gedeel het.


Die antwoord behoort ongeveer 3 te wees.

Nota: Die verhouding behoort konstant te wees, ongeag die grootte waarin dit gedruk was. Dit is die voordeel daarvan om 'n skaalbalkie te gebruik. Moedig leerders aan om hulle antwoorde tot een desimaal af te rond om die berekening te vergemaklik. U kan met die klas bespreek waarom leerders effens verskillende antwoord mag hê.

Om die werklike grootte van die organisme te bepaal moet jy jou antwoord vermenigvuldig met die getal op die skaalbalkie. Die eenhede op die skaalbalkie is in μm en daarom moet jou antwoord ook in μm wees. Hoe groot is Oxytricha trifallax?


Die lengte van die organisme is ongeveer 150 μm.

Nota: Onderwysers kan aanneem dat enige antwoord in die omgewing van 120 -180 μm aanvaarbaar sal wees. Die leerders se antwoorde mag wissel. U kan hierdie geleentheid benut om te bespreek waarom hulle dink die antwoorde verskil. Vergelyk hul metings met dié van hul klasmaats. Sommige leerders mag dalk vanaf die punte van die cilia gemeet het, terwyl ander dit nie in hul meting ingesluit het nie.

Hoeveel μm is daar in 'n mm?


Daar is 1000 μm in 1 mm.

Hoeveel Oxytricha trifallax kan punt tot punt langs mekaar lê in 1 mm?


Ongeveer 6.67 Oxytricha trifallax kan punt tot punt langs mekaar in 1 mm lê.

Nota: Die antwoord word bereik deur 1000 te deel deur die grootte van een Oxytricha trifallax. Onderwysers behoort enige antwoord tussen 6 en 8 te aanvaar.

  1. Gebruik dieselfde metode as hierbo om die grootte van die volgende organismes te bepaal:

    'n Euglena




    Ongeveer 110 μm

    Nota: Aanvaar antwoorde tussen 100 en 120 μm

    'n Diatoom-fossiel



    Ongeveer 57 μm (0.057 mm)

    Nota: Aanvaar antwoorde tussen 50-60 μm

Wetenskaplikes weet hoe groot die skaalbalkie moet wees omdat hulle weet watter vergroting hulle op die mikroskooop gebruik het. Julle sal meer leer oor vergroting, beeldveld en hoe om 'n skaalbalkie te ontwerp indien julle met Lewenswetenskappe in Gr. 10 aangaan.

Skadelike mikroörganismes

  • kontamineer
  • koors
  • immuunstelsel
  • patogeen
  • oorgedra

Sommige mikroörganismes veroorsaak siektes wat die dood tot gevolg kan hê. Mikroörganismes wat siektes veroorsaak word patogene genoem. Hierdie patogene infekteer ander organismes en veroorsaak verskeie tekens en simptome by daardie organisme.

Waar word patogene aangetref?

INSTRUKSIES:

  1. Bespreek die vraag in die titel van hierdie aktiwiteit met die groep of klas.
  2. Gebruik die volgende foto's in die bespreking.
http://www.flickr.com/photos/lunchtimemama/99886586/
'n Handreling. http://www.flickr.com/photos/lunchtimemama/99886586/
http://www.flickr.com/photos/v1ctor/7805728128/
Publieke telefone. http://www.flickr.com/photos/v1ctor/7805728128/
http://www.flickr.com/photos/editor/2084672070/
'n Wasbak en toilet. http://www.flickr.com/photos/editor/2084672070/
http://www.flickr.com/photos/redspotted/272104/
'n ATM sleutelbord. http://www.flickr.com/photos/redspotted/272104/
http://www.flickr.com/photos/creativecomputer/415482865/in/photostream/
Rommel. http://www.flickr.com/photos/creativecomputer/415482865/in/photostream/
http://www.flickr.com/photos/tauntingpanda/6240242/
Afvoergat en -pype http://www.flickr.com/photos/tauntingpanda/6240242/

VRAE:

Wat is jou gevolgtrekking omtrent waar siekte-veroorsakende mikroörganismes aangetref word?




Mikroörganismes wat siektes versprei kan aangetref word op baie oppervlakke waarmee mense gedurig in aanraking kom, soos handrelings, publieke sleutelborde, ens. Hulle word ook in vuil plekke angetref. Leerders behoort te kan sien dat hulle omtrent oral aangetref word.

Hoe dink jy word siektes van een persoon na die volgende oorgedra?



Leerders kan hier met hul eie antwoorde vorendag kom, gebaseer op die bespreking oor waar patogene aangetref word. Hulle kan tot die gevolgtrekking kom dat patogene versprei word wanneer mense in kontak met oppervlakke en voorwerpe kom waarop die patogene is.

Vind uit wat dit beteken om 'n voorwerp te steriliseer en skryf jou eie definisie.



Om iets te steriliseer beteken om dit so skoon te maak dat alle mikroörganismes op die oppervlak van 'n voorwerp of in 'n vloeistof verwyder of doodgemaak is.

Oordrag van aansteeklike siekte

Siektes word aansteeklike siektes genoem indien hulle van een organisme na die volgende oorgedra kan word.

Ons kan elke dag met verskeie gevaarlike mikroörganismes in aanraking kom, of dit nou is om die deur van 'n toilet oop te maak of 'n trollie by die inkopiesentrum te gebruik. Patogene kan tussen mense en ander organismes op verskillende maniere versprei word, byvoorbeeld:

  1. In druppels deur die lug wat ons inasem. Wanneer 'n geïnfekteerde persoon nies of hoes, versprei die patogene in die druppels of speeksel van een persoon na die volgende.

  2. In onbehandelde en besmette water: Die patogeen word oorgedra in besmette water, veral as dit in aanraking met menslike riool was. Sulke siektes word in water versprei, byvoorbeeld cholera en tifus, wat diarree veroorsaak.

  3. In besmette voedsel: Mense berei soms voedsel voor sonder om hul hande behoorlik te was en te ontsmet en dan kan die voedsel besmet word.

  4. Deur snye en wonde: Daar is baie patogene wat ons liggame deur snye en wonde kan binnedring. Die tetanus-bakterie, byvoorbeeld, leef in die grond en wanneer iemand met 'n stuk geroeste metaal beseer word, kan die patogeen die persoon infekteer.

  5. Deur bytwonde van diere: Sommige patogene versprei wanneer besmette diere byt. Die hondsdolheid-virus van besmette diere word oorgedra deur 'n byt, en malaria word na mense oorgedra deur muskiete.

Een van die beste maniere om die verspreiding van skadelike patogene te verhoed is om jou hande gereeld met seep en warm water te was.

Hoe maklik versprei virusse?

Hierdie is 'n opsionele aktiwiteit, maar dit word voorgestel indien u daarvoor tyd het.

Hierdie aktiwiteit ontwikkel uit die vorige gedeelte in verband met die verspreiding van siektes. Hier word spesifiek na die verspreiding van virusse gekyk, meer spesifiek seksueel oordraagbare siektes (SOS's). Die doel van die aktiwiteit is om 'n bespreking aan die gang te sit oor keuses om SOS's te verhoed en die vryheid om "nee" te sê en "nee" te bedoel. Wanneer die aktiwiteit voltooi is, is dit baie belangrik om 'n bespreking aan die gang te sit oor die wyer kwessies wat hierby betrokke is sodat die leerders 'n duidelike prentjie kan vorm van wat hulle kan verwag voordat hulle seksueel aktief raak. Dit verskaf 'n geleentheid vir 'n bespreking van die kwessies en realiteite om beide SOS's en om ongewenste swangerskappe te voorkom.

Geboortebeperking en voorbehoedmiddels is metodes en apparate wat gebruik word om swangerskap te voorkom. Maar, sommige voorbehoedmiddels (soos die pil) voorkom nie SOS's nie, terwyl ander (kondome) individue ook teen SOS's kan beskerm.

U gaan suur gebruik om die verspreiding van SOS's te ondersoek - die suur verteenwoordig 'n mikroörganisme wat 'n SOS veroorsaak. Een persoon sal suur in die vorm van asyn versprei, soos wat die kinders water deel. Die water word gedeel deur 'n bietjie van elkeen in die ander se beker te gooi, nie deur dit te drink nie! Indien die water aangesuur is, sal dit na die volgende persoon wat deel oorgedra word. Aan die einde van die aktiwiteit sal slegs die persone wat nie gedeel het nie "siektevry" wees. Dit kan dan toegeskryf word aan onthouding of aan die gebruik van kondome om die oordrag van mikroörganismes in besmette liggaamsvloeistowwe te verhoed.

Ons gaan kyk hoe sommige virusse versprei word met behulp van 'n rolspel.

MATERIALE:

  • papierkoppies of bekers (een per leerder)
  • wit asyn (verdun)
  • water
  • drupper
  • vloeibare indikator

Indien moontlik, gebruik universele indikator

INSTRUKSIES:

  1. Die onderwyser verdeel die klas in drie groepe: A, B en C.
  2. Elke groep ontvang spesifieke instruksies. Dit is belangrik dat die instruksies van elke groep streng nagekom moet word.
  3. Na die aktkiwiteit word die vrae beantwoord.

Instruksies vir die aktiwiteit:

  1. Verdeel die klas in drie groepe: A, B en C. Elke groep ontvang verskillende instruksies om uit te voer.
  2. Praat met elke groep apart soos hieronder beskryf, (die ander groepe mag nie hoor wat die instruksies is nie):

    1. Groep A: Hierdie groep moet onder geen omstandighede hul water met enigiemand deel nie, hulle moet ferm en beleefd wees, maar sê "Nee". Hulle mag egter hul water aanbied vir ander aan wie hulle daarvan wil gee. Hulle moet NIE van enigiemand anders water neem nie.

    2. Groep B: Hierdie groep mag hul water deel met wie hulle ookal wil en hulle kan kies of hulle water van iemand anders wil aanvaar of nie. Hulle mag dus "Ja of Nee" sê.

    3. Groep C: Verduidelik dat indien enigiemand hulle water aanbied om te deel, dan moet hulle "Ja" sê. Hulle mag baie hard probeer om ander te oortuig om te deel, selfs diegene wat "nee" sê. Hulle moet probeer om soveel as moontlik met ander te deel. (Hulle mag egter nie met iemand deel wat definitief "nee" sê nie.)

    4. Al die groepe met aangemoedig word dat hulle met soveel as moontlik persone water moet deel, maar wanneer iemand ferm "nee" sê, dan moet dit gerespekteer word.

  3. U (as onderwyser) moet ook aan die aktiwiteit deelneem. U beker moet suur water (asyn) bevat. Probeer so veel as moontlik druk uitoefen sodat soveel as moontlik leerders met u deel, veral leerders met sterk oorredingsvermoë.
  4. Wanneer elkeen hul instruksies en 'n beker water ontvang het, gaan na buite of 'n oop ruimte om die aktiwiteit uit te voer.
  5. Laat almal toe om rond te loop, met al die groepe wat meng en hul water aanbied om te deel.
  6. Na ongeveer 10 minute roep u die groepe A, B en C bymekaar. Plaas die bekers in groepe (A, B en C) op 'n tafel, met die groepe se bekers apart.
  7. Plaas nou 'n druppel indikator in elkeen se beker.
  8. Laat die klas die kleurveranderings waarneem en verduidelik wat elke groep se instruksies was.
  9. U behoort te vind dat al die bekers in Groep A groen sal word indien u universele indikator gebruik het. (Indien daar dalk 'n rooi beker tussenin is, beteken dit dat daardie persoon nie NEE gesê het nie.) Groep B se bekers sal 'n verskeidenheid van rooi en groen vloeistof bevat, afhangende of hulle ja of nee gesê het. Al die bekers in groep C sal rooi wees, dws gekontamineer met suur.

VRAE:

Verduidelik op hierdie stadium wat die kleure beteken.

Maak dit duidelik dat slegs een persoon die siekte gehad het, maar dat almal wat rooi vloeistof in hul bekers het, dit nou opgedoen het. Verduidelik dat selfs jou beste maat dalk al met iemand anders geslaap het en daarom die siekte na jou toe kan oordra. Die enigste manier om veilig te wees en nie SOS's op te doen nie is om nie seks te hê nie of om 'n kondoom te gebruik. Dit is belangrik dat meisies selfs meer reg daarop het om hulself teen siektes en swangerskap te beskerm en dat hul keuse gerespekteer moet word.

Dit mag dalk as 'n grap gesien word, maar dit is 'n dinamiese manier om hierdie baie belangrike onderwerp aan te roer. Verduidelik die belangrikheid daarvan dat elke persoon die reg het om te kies of hulle op skoolouderdom aan seksuele aktiwiteite wil deelneem of nie. Maak dit duidelik hoe belangrik dit is om te wag, en balanseer dit met die verstandige keuse om beskermde seks te beoefen, nie net om swangerskap te voorkom nie. Maak dit ook duidelik dat 'n meisie wat voorbehoedpille drink nie beskerm is teen SOS's nie - slegs 'n kondoom bied 'n mate van beskerming.

Watter groep het die meeste bekers met rooi vloeistof? Wat beteken dit?



Groep C behoort die meeste rooi bekers te hê. Dit beteken dat hulle besmet is. Hulle het nie "Nee" gesê nie.

Die aktiwiteit wat julle nou net gedoen het kan gebruik word om die verspreiding van een van die mees verwoestende virusse in die hedendaagse wêreld, veral in Suidelike Afrika, te illustreer. Watter virus is dit?


Die Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV)

Nota: Leerders moenie hier praat van VIGS nie. VIGS is nie 'n virus nie - dít is die sindroom wat volg op MIV-infeksie.

Hoe word hierdie virus versprei? Wat het julle in die aktiwiteit gedoen om dit voor te stel?



MIV word versprei deur geslagsomgang sonder beskeming of deur in kontak te kom met 'n besmette persoon se bloed deur 'n oop wond. Dit is in die aktiwiteit voorgestel deur water te meng.

Nota: MIV kan ook van moeder na kind oorgedra word tydens swangerskap.

Hoe kan jy verhoed dat hierdie virus versprei? Bespreek dit met die klas.



Die verspreiding van die virus kan voorkom word deur onthouding (sê "Nee") of deur die gebruik van kondome.

Die Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV) is tans een van die mees verwoestende virusse ter wêreld. Die MI-virus veroorsaak Verworwe Immuniteitsgebrek Sindroom (VIGS) by mense. Dit is 'n toestand waartydens die immuunstelsel mettertyd afgetakel word en dit is uiteindelik lewensdreigend. MIV infekteer witbloedselle in die mens se immuunsisteem.

http://www.flickr.com/photos/niaid/5613410125/
'n Witbloedsel (blou gekleur) wat met klein MI-virusse (geel gekleur) besmet is. http://www.flickr.com/photos/niaid/5613410125/

MIV-navorsing

Hierdie kan as 'n tuiswerk-aktiwiteit gedoen word, waarna leerders kan terugrapporteer aan die klas. 'n Voorstel is dat verskillende leerders verskillende vrae navors en dan terugrapporteer tydens 'n klasbespreking.

Waarsku die leerders om sensitief oor hierdie onderwerp te wees. Moedig die gebruik van wetenskaplike terme aan, asook sensitiwiteit teenoor mekaar, en dat hulle nie moet lag oor wat ander sê nie.

INSTRUKSIES

  1. Hierna volg 'n lys van vrae oor MIV. Elkeen sal 'n vraag kry om na te vors om die antwoord uit te vind.
  2. Skryf jou bevindinge in die ruimte daarvoor verskaf en rapporteer terug aan die klas tydens 'n klasbespreking.

VRAE:

  1. Watter organisme veroorsaak MIV/VIGS?
  2. Wat is die simptome van hierdie siekte?
  3. Wat is die gevaar verbonde daaraan om baie seksmaats en onbeskermde seks te hê?
  4. Hoe kan verspreiding van die virus verhoed of verminder word?
  5. Hoe word die toestand tans behandel?
  6. Hoe kan oordrag van moeder na kind voorkom word?
  7. Waarom is pre- en post-natale behandeling en monitering vir swanger moeders belangrik?

Skryf jou bevindinge in die volgende spasie.






Suid-Afrika is een van die wêreldleiers op die gebied van die behandeling van MIV/VIGS om die lewe van mense met die sindroom te verbeter. Gaan voort om daaroor op te lees.

Ons het reeds gesien dat die verspreiding van MIV verhoed kan word deur onthouding en beskermde geslagsomgang. MIV kan ook versprei word deur besmette naalde te gebruik. Dit is baie belangrik dat dokters altyd gesteriliseerde naalde en instrumente in hul praktyk gebruik. Ander siektes versprei op ander maniere.

Voorkom die verspreiding van siektes.

Die Anopheles-muskiete wat malaria versprei se abdomens is opwaarts gepunt, terwyl ander muskiete se abdomens afwaarts gepunt is?

Malaria is 'n siekte wat deur 'n Protista veroorsaak word. Die protis gaan die mens se liggaam binne via die bloedstroom wanneer 'n besmette vroulike Anopheles-muskiet die person steek. Die protis gaan dan na die lewer van die gasheer en begin voortplant. Malaria veroorsaak hoë koors, erge hoofpyn en dit kan na 'n koma en die dood lei.

http://www.flickr.com/photos/prep4md/3029599900/
Die Anopheles-muskiet, wat die protis wat malaria veroorsaak na mense versprei. 3029599900/ http://www.flickr.com/photos/prep4md/3029599900/
Die protis (pers) wat malaria veroorsaak beweeg in hierdie beeld deur die muskiet se ingewande.

VRAE:

Vind uit hoe die verspreiding van malaria voorkom kan word. Skryf in die spasie hieronder wat 'n mens moet doen indien jy sou reis na 'n gebied waar daar 'n hoë risiko van malaria is.





Daar is verskeie maniere om malaria te voorkom. Verskeie medikasies is beskikbaar wat geneem word voordat en terwyl die hoë-risiko gebied besoek word. Dit verhoed dat die persoon die siekte opdoen. 'n Ander manier om die verspreiding te verhoed is om te voorkom dat muskiete jou steek deur insekweerder te gebruik en onder 'n muskietnet te slaap. 'n Ander metode is om die besmette muskiete uit te roei deur hul broeiplekke met gif te spuit. Dis ook belangrik om gereeld staande water waarin muskiete kan uitbroei te verwyder.

Siektes wat deur die lug oorgedra kan word, kan maklik versprei, soos tuberkulose (TB) (tering), wat deur 'n bakterie veroorsaak word, en griep, wat deur 'n virus veroorsaak word. Hoe word hierdie siektes versprei en hoe kan ons die oordrag van hierdie siektes verminder?





Simptone van hierdie siektes sluit hoes en nies in. Wanneer 'n besmette persoon hoes, nies of praat, versprei die mikroörganismes deur die druppels na 'n ander persoon. Die besmette persoon kan ook aan sy mond of oë raak en dan aan ander oppervlakke en sodoende die siekte versprei. Om te voorkom dat die siekte versprei word, moet die mond toegehou word wanneer genies of gehoes word, hande gereeld gewas word en daar is ook verskeie inentings beskikbaar wat die oordrag van hierdie siektes kan voorkom.

Kyk wat gebeur in jou liggaam nadat 'n besmette muskiet jou bloed gesuig het. http://phenomena.nationalgeographic.com/2013/08/06/heres-what-happens-inside-you-when-a-mosquito-bites/

Tifus Mary

Hierdie is 'n uitbreidingsaktiwiteit indien u daarvoor tyd het, of 'n tuiswerk-aktiwiteit.

Tifus (ingewandskoors) word deur 'n bakterie veroorsaak. Sommige mense het die bakterie in hul liggame sonder om dit te besef omdat hulle nie daarvan siek word nie. Hulle word "draers" genoem. Dit was die geval met Mary Mallon, of Tifus Mary, soos sy genoem is. Sy was 'n draer van die siekte.

INSTRUKSIES:

Doen navorsing oor tifus. Vind uit wat die siekte veroorsaak en watter simptome en behandeling daar is.





Leerders behoort in te sluit: tifus word versprei deur voedsel en water wat besmet is met die fesies van 'n besmette persoon, wat die Salmonella bakterie bevat. Dit kan die dood tot gevolg hê, met hoë koors, swakheid, maagkrampe en hoofpyn, saam met aptytverlies en 'n rooi uitslag by sommige persone. Die enigste manier om uit te vind of 'n persoon tifus het is om die bloed of fesies te toets vir die teenwoordigheid van die bakterie Salmonella typhi. Tifus word deesdae met antibiotika behandel en daar bestaan inenting daarteen.

Deel jou navorsing met die klas.

Lees Mary se verhaal hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Tifus Mary

Mary Mallon het vanaf Ierland na Amerika geëmigreer toe sy 15 jaar oud was. By haar aankoms het sy 'n bediende geword en daar is gou uitgevind dat sy goed kon kook. Sy was maar te bly om 'n kok te word, aangesien kokke heelwat meer as die ander bediendes betaal is. Sy het as 'n kok vir 8 huishoudings gewerk vanaf 1900-1907. Sy het 'n spoor van 51 mense nagelaat wat almal ernstig siek geword het met tifus en slegs een, 'n klein dogtertjie, het oorleef.

Toe sy uiteindelik as die oorsaak van die baie sterftes geïdentifiseer is, het die owerhede haar eers probeer oorreed om monsters van haar fesies, bloed en urine te laat toets. Sy het geweier, maar het erken dat sy selde haar hande gewas het wanneer sy met kos werk. Uiteindelik, na 'n woeste geveg, het hulle haar met die hulp van vyf polisielede na die naaste hospitaal geneem, waar die monsters geneem is. Dit het bewys dat sy wel geïnfekteer was, al was sy nooit siek nie. Die owerhede het haar na 'n klein eiland naby die stad gestuur waar sy in afsondering moes leef sodat niemand anders geïnfekteer kon word nie. Behalwe vir 'n kort "parooltydperk" het sy op die eiland gebly tot haar dood, en sy het nooit siek geword nie.

Mary Mallon, ook bekend as "Tifus Mary" was 'n draer van tifus sonder dat sy dit geweet het.

VRAE:

Waarom dink jy dat die koerantartikel van meer as 100 jaar gelede Mary voorgestel het wat skedels in 'n braaipan breek?



Dit toon aan hoedat sy elke keer wanneer sy 'n maaltyd voorberei het, sy tifus aan die families vir wie sy kos gemaak het oordra. Die mense kon van die siekte sterf.

Verduidelik hoe jy dink die siekte waarskynlik vanaf Mary na die mense in die huis waas sy gewerk het, versprei is? Wenk: Ons weet dat dit nie algemene praktyk in daardie dae was om hande te was nie.



Sy het waarskynlik nie haar hande gewas nadat sy by die toilet was nie en kon dan die bakterie versprei wanneer sy voedsel voorberei het. Die mense wat die kos geëet het, het dan die siekte opgedoen.

Dink jy dat Mary dit geglo het toe hulle haar aangekla het? Hoekom sou sy so gedink het?



Leerder-afhanklike antwoord, maar kan insluit: Nee, sy het nooit enige simptome getoon nie, daarom het sy waarskyknlik gedink dat hulle haar aankla van iets wat nie waar was nie. Ja, sy moes besef het dat soveel mense om haar siek geword net, maar sy was bang om dit te erken.

Stel jou voor dat jy Mary is wat weier om aan die owerhede monsters van jou fesies, urine of bloed te gee? Waarom sou jy dit nie wou gee nie?



As sy nie die klagtes wou glo nie, dan het sy seker gedink hulle was op 'n heksejag om haar skuldig te laat lyk, daarom het sy geweier. As sy wel geweet het dat sy mense siek maak, dan was sy waarskynlik baie bang dat die waarheid sou uitkom. In elk geval het sy geweet dat die mense die resultate teen haar sou hou en dat sy na 'n kwarantyn-kolonie verban sou word.

Dink jy dat die owerhede teen Mary se basiese menseregte oortree het? Verduidelik jou antwoord.



Ja en Nee. Ja, hulle kon dalk meer omsigtig die gevare verduidelik het sodat sy kon verstaan dat sy 'n draer is (al het sy nie siek geword nie). Nee, sy was besig om ander mense te infekteer sodat hulle siek geword het en daardie mense se regte moet ook beskerm word. Die owerhede moes Mary se regte opweeg teen al die ander mense se regte omdat hulle potensiëel deur haar benadeel kon word.

Indien jy die dokter in beheer van hierdie ondersoek teen Mary was, hoe sou jy in dieselfde omstandighede opgetree het? Verduidelik hoekom jy dit sou gedoen het.



Leerderafhanklike antwoord.

Nota: Hierdie vraag is ingesluit om leerders te laat nadink oor hoe hulle die situasie sou hanteer het, asook oor die etiese kwessies van die saak.

Bespreek met die klas moontlike alternatiewe optrede wat ons, as 'n gemeenskap, kan neem teenoor sulke gevaarlike mikroörganismes wat miljoene mense kan doodmaak.




Leerderafhanklike antwoord.

Soos wat ons gesien het, baie mikroörganismes is skadelik en kan wêreldwyd gevaarlike siektes veroorsaak.

Doen navorsing oor 'n aansteeklike siekte

Om seker te maak dat al die leerders nie dieselfde siekte navors nie, kan u almal se name in 'n hoed gooi en dan hul name trek en verskillende siektes aan elkeen gee soos wat u deur die lys werk. Leerders kan 'n geskrewe verslag, 'n plakkaat of 'n mondelinge aanbieding vir hierdie taak doen. Leerders mag in groepe van 2-3 aan hierdie taak werk.

INSTRUKSIES:

Jul onderwyser gaan die volgende virale, bakteriese, protiste en fungale siektes aan verskillende leerders in die klas vir navorsing toeken.

Gebruik bronne van die biblioteek, die internet of onderhoude met professionele persone in gesondheidsorg, om meer oor die siekte uit te vind.

Skryf 'n verslag, berei 'n plakkaat of mondeling voor, afhangende van die onderwyser se instruksies.

  1. Jy moet inligting insluit van:

    Die oorsaak van die siekte

    Simptome van die siekte

    Ten minse 3-4 kenmerkende simptone

    Behandeling van die siekte

    Leerders hoef nie die presiese name of dosisse van medikasie te gee nie.

    Hoe gemeenskappe reageer op mense met die siekte

Siektes wat deur virusse veroorsaak word

Siektes wat deur bakterieë veroorsaak word

Siektes vanaf Fungi of Protista

waterpokkies en gordelroos

verkoue

genitale herpes

infektiewe hepatitis (aansteeklike geelsug)

griep

masels

meningitis

pampoentjies

pneumonie (longontsteking)

hondsdolheid

rubella (Duitse masels)

pokkies

geelkoors

Marburg Virus Siekte (MVS)

poliomiëlitis

antraks

builepes

cholera

witseerkeel

disentrie

gonorrea

melaatsheid

mastitis (melkkoors)

meningitis

pneumonie (longontsteking)

sifilis

tetanus (klem-in-die-kaak)

tuberkulose (TB) (tering)

tifuskoors (ingewanskoors)

kinkhoes

malaria

Afrika slaapsiekte (nagana by beeste)

giardiase

amoebiese disenterie

diarree

candidase

ringwurm

atleetvoet

Let op dat pneumonie in beide die virale en bakteriese kolom verskyn omdat die infeksie deur óf 'n virale óf 'n bakteriese infeksie veroorsaak kan word.

Baie wetenskaplike reg oor die wêreld is voortdurende besig met navorsing om genesing of entstowwe teen oordraagbare siektes te vind, asook maniere om die verspreiding en oordraging van hierdie siektes te verhoed. Een van die belangrikste wetenskaplikes in mediese mikrobiologie was Louis Pasteur. Hy was 'n Franse chemikus en mikrobioloog. Hy het maniere gevind om die sterftesyfer van baie siektes te verlaag, asook om entstowwe teen hondsdolheid en antraks moontlik te maak.

Louis Pasteur (1822 - 1895), 'n bekende Franse mikrobioloog.

Sou jy graag 'n verskil in baie mense se lewens wou maak? Dalk wil jy ook 'n bydrae lewer in navorsing om oplossings te soek vir sommige van die erge aansteeklike siektes, soos HIV/VIGS? Of om 'n entstof teen 'n sekere soort griep te ontwikkel? Indien wel, maak seker watter vakke jy in Gr. 10 moet neem sodat jy ná skool hierin kan studeer. Wees nuuskierig en ondersoek die moontlikhede!

Nuttige mikroörganismes

  • antibiotika
  • fermentasie
  • gefikseer
  • peulplante
  • stikstof

In Hoofstuk 2 het ons die interaksies en interafhanklikheid van organismes in 'n ekosisteem bestudeer. Onthou jy dat ons voedselkettings en ontbinders bespreek het? Wat was die rol van ontbinders in die ekosisteem?



Ontbinders breek dooie, organiese materiaal af sodat dit nie die ekosisteem besoedel en siektes veroorsaak nie, en in die proses hersirkuleer (herwin) hulle voedingstowwe in die ekosisteem.

Baie ontbinders is mikroörganismes. Hierdie mikroörganismes speel 'n baie belangrike rol in ekosisteme omdat hulle dooie plant- en dieremateriaal afbreek. Hulle help om voedingstowwe terug te plaas in die grond sodat dit hersirkuleer kan word. Sommige bakterieë verwyder stikstof (N2) uit die lug en omskep dit in stikstofverbindings wat deur plante en diere gebruik kan word. By plante, soos by peulplante, bevat die wortels klein knoppies met bakterieë daarin. Hierdie stikstof-bindende bakterieë, genoem Rhizobia, kan nie onafhanklik lewe nie en gebruik die plant as 'n gasheer. Die bakterie verkry glukose van die plant en die plant word bevoordeel omdat die bakterie stikstofverbindings gefikseer het vanuit die lug. Wat word hierdie soort simbiotiese verwantskap genoem?


Dit is 'n mutualistiese simbiotiese verhouding aangesien albei organismes bevoordeel word uit die verhouding. Dit skakel terug na wat leerders in Hoofstuk 2 gedoen het en dien as hersiening. Leerders word aangemoedig om notas af te neem in die klas, vir hierdie tipe besprekings.

http://www.flickr.com/photos/ricephotos/8566704879/
Stikstof-bindende bakterieë vorm wortelknoppies by sommige plante, soos by peulplante. http://www.flickr.com/photos/ricephotos/8566704879/
http://www.flickr.com/photos/plant-trees/4833252601/
Kan jy die wortelknoppies op die wortels sien, wat Rhizobia-bakterieë bevat. http://www.flickr.com/photos/plant-trees/4833252601/

Ons het ook bakterieë in ons liggame wat help met normale funksionering!. Escherichia coli word in die onderste gedeelte van die dunderm van baie endotermiese diere aangetref. Hulle is deel van die natuurlike flora van die dermkanaal. Hulle help die dier omdat hulle vitamien K2 produseer en ook help om die groei van skadelike bakterieë in die derm te verhinder.

'n Interessante artikel oor nuut-ontdekte mikroörganismes wat simbioties in die spysverteringskanaal van termiete leef. http://www.huffingtonpost.com/2013/04/06/cthulhu-microbes-termite_n_3022887.html

Escherichia coli bakterieë wat in die dermkanaal van vele endoterme diere gevind word.

Mense het ook maniere uitgevind hoe mikroörganismes vir ons kan werk. Dit dateer terug na die begin van ons geskiedenis. Kom ons vind uit!

Mikroörganismes wat deur mense gebruik word

Jy mag dalk verbaas wees om uit te vind hoe baie van ons alledaagse ervarings op een of ander manier met mikroörganismes te doene het.

Het jy al ooit opgelet dat daar op die kant van 'n joghurtbakkie geskryf staan: "live cultures"? Dit verwys na die bakterieë in die joghurt. Mense gebruik mikroörganismes om voedsel te prosesseer, soos om bier te brou, wyn te maak, brood te bak en kos te piekel. Mikroörganismes word ook gebruik in die fermentasie-proses wanneer suiwelprodukte soos joghurt en kaas gemaak word.

Gisselle is een van die mikroörganismes wat deur mense gebruik word vir voedselprosessering. Die mees algemene giste word gebruik in alkoholiese dranke, soos bier en wyn, en in die bakproses, waar gis gebruik word om die brood laat rys.

Die eerste bewyse van die gebruik van gis dateer so ver terug as antieke Egipte.

Gis groei onder spesifieke omstandighede. Die gisselle gebruik suiker vir energie en omskep dit dan in koolstofdioksied en alkohol. Die proses word fermentasie genoem. Ons kan die hoeveelheid koolstofdioksied wat gevorm word bepaal, om te sien hoe goed die proses werk.

Wat is die optimum toestande waaronder dit plaasvind? Daar is 'n optimum hoeveelheid suiker nodig, maar wat van die beste temperatuur? Hierdie is vrae wat nuuskierige mense oor die jare gevra het! Kom ons doen 'n ondersoek en vind uit.

Ons sal volgende kwartaal in Materie en Materiale weer na fermentasie kyk wanneer ons chemiese reaksies behandel.

Ondersoek die groei van gis

Julle gaan twee aparte ondersoeke doen om die optimale toestande vir die groei van gis te bepaal. Die eerste ondersoek sal bepaal watter suikerkonsentrasie die beste vir die groei van gis is. Jy sal hiermee hulp kry. Die tweede deel vereis dat jy jou eie ondersoek opstel om te bepaal by watter temperatuur gis die beste werk. Daar sal van jou verwag word om op jou eie die ondersoek te beplan, uit te voer en data te versamel.

Leerders gaan die voorwaardes vir optimale giskweking, of fermentasie, ondersoek. Aangesien leerders reeds aan soortgelyke ondersoeke in hierdie afdeling blootgestel is, is daar minder leiding met hierdie ondersoek.

  • Die ondersoek behoort oor twee periodes uitgevoer word. Daar moet ongeveer 2 - 3 dae tussen die twee periodes wees.
  • Die ondersoek word volgens die wetenskaplike metode gedoen.
  • Die aktiwiteit werk goed met pakkies droë gis wat geredelik by supermarkte beskikbaar is.
  • Die eerste deel van die ondersoek wil die suikerkonsentrasie waarby gis sal werk bepaal, en leerders kry hiervoor meer leiding.
  • In die tweede deel word van leerders verwag om te beplan en self hul ondersoeke uit te voer om te bepaal wat die optimum temperatuur vir giswerking is.
  • Onderwysers mag daarom verkies om hierdie as 'n informele praktiese assessering te merk.
  • Hierdie les kan gebruik word as 'n koöperatiewe leeraktiwiteit deurdat twee paar leerders in 'n span van vier saamwerk om onafhanklik verskillende take te voltooi om die massa- en volume-metings te kry. Onderwysers behoort dit aan te moedig aangesien dit ook die gebruik van apparaat en skale minimaliseer.
  • As daar nie oorvloeipanne beskikbaar is nie, kan koekpanne of foeliepanne, wat geredelik in supermarkte beskikbaar is, gebruik word.

Dit sal help indien leerders voor die ondersoeke na kan kyk om te sien wat gebeur wanneer gis en suiker gemeng word.

Deel 1: Die groeitempo van gis in verskillende suikerkonsentrasies

DOEL:


Om die invloed van verskillende konsentrasies suiker op die groeitempo van gis te bepaal.

ONDERSOEKENDE VRAAG:


Watter konsentrasie suiker is die mees geskikte vir gis om te werk?

HIPOTESE:



Leerders behoort te kan verduidelik dat die gisselle suiker as 'n voedselbron gebruik en koolstofdioksied sal produseer.

MATERIAAL EN APPARAAT:

  • 6 ballonne
  • 14 gram (2 pakkies) droë gis
  • wit suiker
  • massa-skaal
  • tregter
  • 6 x 50 cm tou
  • 2 x 50 ml gekalibreerde maatsilinders
  • 600 ml beker
  • oorvloei-pan
  • permanente merkpenne
  • yspakke

Daar is verskillende soorte gis. Die een wat ons gebruik breek suiker in deeg af. Ander soorte breek hout en mieliestingels af en produseer etanol (alkohol), terwyl ander die suikers in vrugte, nektar, molasse of sorgum afbreek.

METODE:

  1. Werk in groepe van vier.
  2. Gebruik die permanente merkpen en merk die ballonne A, B, C, D, E en F.
  3. Elke ballon word met 2 g gis en verskillende hoeveelhede suiker gevul. Ballon A kry 2 g suiker, B kry 3 g suiker, C kry 4 g suiker, ens. (Kyk na die tabel hieronder.) Gebruik 'n plastieklepel of spatula om die gis en die suiker in die ballon te plaas.
  4. Gebruik 'n tregter en gooi 50 ml louwarm water in elke ballon.
  5. Een persoon moet die ballon en tregter vashou terwyl die ander een skink.
  6. Sodra die ballon vol is, bind dit met 'n stukkie tou toe, so na as moontlik aan die watervlak, sonder om enige lug vas te vang.
  7. Knoop die ballon se rubbernekke om seker te maak dat geen lug of water kan ontsnap nie.
  8. Plaas elke voorbereide ballon op ys om te keer dat die fermentasieproses begin.
  9. Voordat jy die fermentasieproses kan laat begin, moet jy eers die massa en volume van elke ballon bepaal.
  10. MASSA: Bepaal die massa van elke ballon tot die naaste 2 desimale. Plaas dit terug in die ys.
  11. VOLUME: Gebruik die waterverplasings-metode om die volume van elke ballon te bepaal.

    1. Gooi water in 'n groot beker tot by die bokant van die beker.
    2. Laat sak elke ballon in die water en laat die water oorloop oor die kante tot in die oorvloeipan. Jy moet ophou druk sodra jou vingers aan die water raak.
    3. Die water in die oorvloeipan is dan die volume van die water wat die ballonne verplaas het.
    4. Meet sorgvuldig die water in die oorvloeipan. Skryf jou metings in die tabel hieronder.
    5. Plaas die ballonne terug in die ys sodra jy klaar is.
  12. BEREI 'N SKUIMSTOF KOELERBOKS VOOR: Jy gaan die ballonne in 'n koelerbok met warm water hou (die boks behoort die water warm te hou). Gooi 40ºC water in die koelerboks (omdat dit gewoonlik baie vinnig afkoel).

  13. FERMENTASIE INKUBASIE: Jy is nou gereed om die proses van inkubasie van die gis te laat begin.

    1. Plaas elke ballon in die warm water.
    2. Maak 'n aantekening van watter ballonne sink en watter dryf.
    3. Los die ballonne in die warm water vir 20-30 minute. Dit behoort genoeg tyd te gee vir die gis om die suiker te begin fermenteer.
    4. Skryf die presiese tyd wat jy vir inkubasie toegelaat het neer: _____ minute.
  14. NA INKUBASIE: Gebruik 'n papierhanddoek om die ballonne af te droog.

    1. Bepaal die volume van elke ballon.
    2. Bepaal die massa van elke ballon.

Wenk: Dit is baie belangrik dat jy vinnig en akkuraat werk op hierdie stadium. Die groep behoort dit te oorweeg dat een paar leerders die massa en die ander paar die volume van elke ballon meet.

  1. Bereken die veranderings (indien enige) wat tydens inkubasie plaasgevind het, wat die volume en massa van elke ballon betref.
  2. Hang die ballonne aan 'n wasgoedlyn of 'n klere-hanger in die klas om droog te word.
  3. Maak jou werkarea skoon en was, droog af en pak weg al die apparaat wat jy gebruik het.

Dit sou 'n uitstekende data-hanterings-aktiwiteit wees om al die leerders se data op die bord aan te bring om 'n gemiddelde (klasgemiddelde) vir die hele klas se ballonne se massa en volume te bepaal.

  1. DRIE DAE LATER: Verwyder die ballonne van die lyn/hanger. Skryf neer alle observasies wat jy kan maak - gebruik AL jou sintuie.
  2. Gebruik dieselfde metode om die massa en volume van elke ballon te bepaal en skryf dit in die tabel.
  3. NADAT jy die massa en volume van elke ballon bepaal het, sny dit versigtig oop. Teken aan wat jy waarneem in verband met die inhoud van die ballon.
  4. Gebruik die gegewens op die tabel om 'n grafiek te trek.

RESULTAAT EN WAARNEMINGS:

Voltooi die tabel met die korrekte inligting soos verky uit jou werk.

Ballon

Massa gis (g)

Massa suiker (g)

Massa van ballon voor fermentasie (g)

Volume van ballon voor fermentasie (g)

Sink/ dryf

Volume van ballon na fermentasie (g)

Massa van ballon na fermentasie (g)

A

2

2

B

2

3

C

2

4

D

2

E

2

F

2

ANALISE:

Verskaf die data wat jy versamel het as 'n grafiek in die spasie hieronder.











VRAE:

Beskryf die veranderinge wat jy waargeneem het vanaf die begin tot aan die einde van die inkubasie-periode.




Die antwoord sal afhang van die resultate van die ondersoek, maar leerders behoort te vind dat die ballonne opgevul en opgeswel het (sommige meer as ander).

Was die veranderinge dieselfde by al die ballonne?



Die antwoord word bepaal deur die resultate van die onderoek, maar hulle behoort te kon waarneem dat die ballonne met die bietjie suiker 'n bietjie opgeswel het, maar dat die ballonne met meer suiker toenemend groter geword het.

Verduidelik hoekom jy dink die veranderinge van die inhoud van elke ballon plaasgevind het.




Die antwoord sal bepaal word deur die resultate van die ondersoek, maar leerders behoort agter te kan kom dat die ballonne met meer suiker vinniger en langer kon fermenteer as die ballonne met minder suiker.

Wat verwag jy sal na drie dae met die ballonne gebeur?



Leerder-afhanklike antwoord. Leerders mag aandui dat hulle dink die ballonne sou net aanhou met opblaas/groter word, of hulle mag daaraan dink dat die ballonne dieselfde grootte sou bly (of dalk kleiner sou word) sodra die suiker opgebruik is.

Hoe het die ballonne in werklikheid na drie dae gelyk?



Die antwoord sal deur die resultate van die ondersoek bepaal word, maar in die meeste gevalle behoort die ballonne in grootte toegeneem het.

Verskaf 'n moontlike verklaring vir jou waarnemings. Dink byvoorbeeld daaraan of iets kon verlore gegaan het vanaf die ballonne.




Die antwoord sal deur die resultate van die ondersoek bepaal word, maar leerders behoort af te lei dat die suiker opgebruik kon word en dat enige koolstofdioksied wat reeds gevorm was, stadig deur die ballonne se wande kon ontsnap.

Jy het aan die begin gis, suikerkorrels en water in die ballonne geplaas. Beskryf die inhoud van elk van die ballonne aan die einde van die ondersoek.



Die antwoord sal deur die resultate van die ondersoek bepaal word, maar leerders behoort te beskryf dat daar 'n ligte bruin bruisende inhoud was, wat suur geruik en geproe het.

GEVOLGTREKKING:

Wat het jy van hierdie ondersoek geleer?




Leerders behoort te besluit dat meer suiker meer gas kon produseer.

'n Vereenvoudigde weergawe van hierdie ondersoek kan gedoen word:

  • Verskaf 4 bottels aan die leerders.
  • Los 'n halwe pakkie gis in elk van die vier bottels op.
  • Merk die bottels A - D
  • Bottel A kry normale kraanwater met net die gis daarin opgelos. Strek 'n ballon oor die bek van die bottel.
  • Bottel B kry 'n bietjie louwarm water ( nie te warm). Strek 'n ballon oor die bek van die bottel.
  • Bottel C kry normale kraanwater met 10 ml suiker saam met die 7 g (halwe pakkie) gis. Strek 'n ballon oor die bek van die bottel.
  • Bottel D word gevul met water teen 40 grade celsius en 10 ml suiker saam met die 7 g (halwe pakkie) gis. Strek 'n ballon oor die bek van die bottel.
  • Die ballonne C en D sal mettertyd met koolstofdioksied vul - bottel D die vinnigste omdat die toestande daarin die gunstigste is.

Deel 2: Gis groeitempo teen verskillende temperature.

Doen weer hierdie eksperiment, maar hierdie keer moet jy uitvind wat die beste temperatuur vir gisgroei is. 'n Voorstel is dat jy 10 ml suiker vir elke ballon gebruik en 7 g kitsgis (of 2 t suiker en 1 t gis). Waarom moet jy elke keer dieselfde hoeveelhede gis en suiker gebruik? Jy sal egter die temperatuur moet wissel om die optimum temperatuur vir fermentasie te bepaal.

Skryf 'n eksperimentele verslag, met die opskrifte DOEL, HIPOTESE, MATERIALE, METODE, RESULTATE EN WAARNEMINGS, BESPREKING EN GEVOLGTREKKING.

Onthou om jou resultate te evalueer en enige probleme wat jy ondervind het te bespreek, of maniere waarop jy die eksperimentele ontwerp kon verbeter. In jou bespreking moet jy ook ekstra navorsing oor die toepassing van hierdie proses doen en hierdie inligting insluit. Moenie vergeet om die bronne in 'n bibliografie aan die einde te erken nie.

Behalwe dat mikroörganismes by voedsel en voedselvoorbereidingsprosesse betrokke is, is daar ook ander prosesse waarby ons mikroörganismes gebruik. Spesifieke mikroörganismes word gebruik in watersuiwering, soos by rioolaanlegte, waar hulle op 'n groot skaal gebruik word om water te suiwer.

Mikroörganismes word in biotegnologiese navorsing gebruik om alternatiewe hernubare energie te vervaardig, soos biogas en ander biobrandstowwe.

Mikroörganismes word gebruik in die vervaardiging van verskeie medisynes, soos byvoorbeeld antibiotika. Penisillien is 'n groep antibiotika afkomstig van die fungus Penicillium. Die ontdekking van penisillien en die gebruik daarvan om sekere bakteriese infeksies te behandel, is toevallig ontdek. Dit was as gevolg van die nuuskierigheid van 'n wetenskaplike, Alexander Fleming, en dít het weer gelei tot die ontdekking van baie ander antibiotika.

Sir Alexander Fleming, wat in 1928 penisillien ontdek het.

Mikroörganismes word ook in 'n verskeidenheid velde van wetenskaplike en mediese navorsing gebruik. Wetenskaplikes gebruik giste om meer te leer oor baie ander tipes organismes. Die gebruik van virusse word tans by baie universiteite wêreldwyd ondersoek vir die moontlikheid om virusse te gebruik vir die genesing van verskeie siektes, selfs kanker. Die moontlikhede vir ontdekkings is onbeperk!

'n Artikel in verband met 'n virus wat moontlik in staat is om melanomas, 'n tipe kanker, te genees. http://news.yale.edu/2013/06/14/fast-acting-virus-targets-melanoma-mice

Beroepe as 'n natuur-wetenskaplike

Hierdie aktiwiteit word deur KABV voorgestel, maar dit is nie vir assessering bedoel nie. Leerders behoort te begin om verskeie beroepe in Natuurwetenskappe te ondersoek. 'n Verskeidenheid van beroepskeuses word deur hierdie aktiwiteit voorgestel. Dit is verkieslik dat elke beroep in hierdie lys deur ten minste een leerder ondersoek word. Dit is 'n goeie geleentheid vir leerders om hul belangstellings te ondersoek, daarom kan leerders wat reeds 'n goed-ontwikkelde passie in belangstelling het, aangemoedig word met hierdie aktiwiteit om dit verder te ondersoek. Indien daar leerders is wat in 'n ander beroep as dié op die lys belangstel, mag hulle oor hul keuse praaat, solank dit verwant is aan die Natuurwetenskappe.

INSTRUKSIES:

  1. Ondersoek 'n lys van beroepe en kies een wat jou interesseer.

    Omgewings-wetenskaplike

    Natuur-bewaarder

    Wild-bewaarder

    Soöloog (dierkundige)

    Botanis (plantkundige)

    Ekoloog

    Vee-arts

    Mikrobioloog

    Voedsel-wetenskaplike

    Landbouer

    Mediese Dokter

    Verpleeg-kundige

    Entomoloog (insekkundige)

    Genetikus

    Agronoom

  2. Doen navorsing oor die beroep wat jy gekies het.
  3. Stel jou voor dit is oor 14 jaar en dat jy van plan is om die hoërskool se 10-jaar reünie by te woon.
  4. Verdeel in groepe en hou 'n bespreking asof julle 28-30 jaar oud is!
  5. Gebruik die volgende vrae om jul besprekings te lei.

VRAE:

Watter vakke het jy in Gr. 10 geneem?


Leerderafhanklike antwoord

Watter universiteit het jy bygewoon? Wat het jy studeer?


Leerderafhanklike antwoord

Waar woon jy?


Leerderafhanklike antwoord

Waaruit bestaan 'n "tipiese dag" vir jou?



Leerderafhanklike antwoord

Wat is die beste deel van jou werk?



Leerderafhanklike antwoord

Wat is die slegste deel van jou werk?



Leerderafhanklike antwoord

10 redes om wetenskap lief te hê (video).

Opsomming

Konsepkaart

Hierdie konsepkaart toon alles wat ons omtrent mikroörganismes in hierdie hoofstuk geleer het. Watter tipes mikroörganismes is daar? Vul dit in die vier oop blokke hieronder. Hoe kan ons verhoed dat skadelike mikroörganismes versprei? Skryf twee daarvan in die oop blokke. In hierdie hoofstuk het ons ook van nuttige mikroörganismes geleer - watter twee produkte vervaardig ons deur mikroörganismes te gebruik? Vul dit in.

Onderwysersweergawe

Hersieningsvrae

Verduidelik in jou eie woorde hoekom ons sê dat mikroörganismes "mikroskopies" is. [2 punte]



Mikroörganismes kan nie met die blote oog gesien word nie en hulle moet deur 'n mikroskoop waargeneem word.

Watter groepe organismes is altyd mikroskopies? [3 punte]


Bakterieë, virusse en Protista

Watter koninkryk bevat organismes wat mikroskopies of makroskopies kan wees? [1 punt]


Fungi.

Noem drie voedsels wat gemaak word deur mikroörganismes te gebruik. [3 punte]


Voorbeelde is brood, joghurt, kaas, wyn en bier.

Teken 'n strokiesprent wat wys hoe iemand in 'n winkel deur 'n virus of bakterie gekontamineer kan word. [5 punte]











Leerderafhanklike antwoord.

Nota: Leerders behoort te kan aantoon dat 'n persoon virusse/bakterieë kan inasem nadat iemand dit uitgehoes het sonder om 'n hand of 'n sneesdoekie voor hul mond te hou; raak aan 'n voorwerp waarop bakterieë is, water drink wat nie gesteriliseer is nie; voedsel eet wat deur virusse/bakterieë besmet is; of 'n muskiet of ander insek wat 'n persoon byt.

Meer mense doen verkoues in die winter op as in die somer. Gee moontlike rede(s) hiervoor. Wenk: dink aan hoe mense se gedrag in die winter verskil. [2 punte]



Mense is meer binnenshuis in die winter met toe deure, en is meer geneig om naby ander mense te wees, daarom, as iemand nies, dan kan die druppels makliker ander mense bereik, terwyl vars lug nie deur oop vensters en deure inwaai om die druppels weg te waai nie.

Verduidelik hoe mense gewoonlik 'n virus opdoen wat deur water gedra word. [2 punte]




Hulle sal óf water moet drink van 'n gekontamineerde bron, óf hulle kan vrugte of groente eet wat met besmette water in kontak was en nie gewas is voordat dit geëet word nie en daarom word die persoon besmet.

Waarom dink jy is dit so dat sekere siektes soos malaria, tifus en cholera meer voorkom en meer sterftes versooraak in derde-wêreld-lande in Afrika, veral onder kinders, in vergelyking met eerste-wêreld-lande? [4 punte]







Arm mense in ontwikkelende lande kan nie mediese sorg kry of bekostig nie, woon dikwels ver van klinieke af, het nie vervoer nie of kan nie vinnig genoeg by hospitale uitkom om hul kinders te laat behandel nie. Malaria in ontwikkelende lande word vererger deur wanvoeding en swak higiëne wat die kinders te swak maak om te oorleef. Arm mens in ontwikkelende lande mag dalk nie die voorkomende medikasie kan bekostig om te verhoed dat muskiete hul steek nie, ook nie seep om bakterieë weg te was of dood te maak nie. Daar is gewoonlik in arm gemeenskappe 'n gebrek aan behoorlike sanitasiegeriewe en rioolverwerking. Dit maak dit makliker vir patogene om in gekontamineerde water te versprei en diarree te veroorsaak. Stilstaande waterpoele is meer algemeen in derde-wêreld-lande waar dit ideale broeiplekke vir muskiete vorm.

Lys drie belangrike maniere hoe ons die verspreiding van siektes kan verhoed. [3 punte]




Jy kan jou hande was, steriliseer alle gereedskap, moenie kos soos vleis en hoender oop laat rondlê sodat bakterieë daarin kan kom nie, neem voorsorgmaatreëls teen die verspreiding van siektes, soos om 'n kondoom te gebruik, kry gereelde inentings.

Nota: Onderwysers kan hul diskresie gebruik en enige relevante voorsorgmaatreëls wat leerders mag noem, aanvaar.

Beskryf die optimale toestande vir gisselle om te groei.[2 punte]



Korrekte suikerkonsentrasie, optimale temperatuur (redelik warm), klammigheid.

Totaal [26 punte]