Energie en Verandering Woordelys

  • aantrek: om iets nader te trek

  • aard: om deur middel van 'n geleier aan die grond (aarde) verbind te wees

  • aarding: om die opbou van elektriese lading op 'n voorwerp te verhoed, of om oormatige elektriese lading te neutraliseer, deur dit na die Aarde te laat vloei

  • afstoot: om iets weg te stoot

  • ammeter: 'n toestel wat die stroomsterkte in 'n stroombaan meet

  • ampere: die standaardeenheid waarin stroomsterkte gemeet word

  • deurlaat: om toe te laat dat lig deur die ruimte of medium beweeg

  • deursigtig: 'n voorwerp wat lig volledig deurlaat; iets waardeur gesien kan word, bv. helder glas

  • deurskynend: 'n voorwerp wat lig deurlaat maar nie genoeg om die detail duidelik te sien nie; half-deursigtig, bv. matglas

  • divergeer: ligstrale wat weg van mekaar beweeg, soos hulle verder van 'n punt af weggaan

  • elektriese stroom: die beweging van lading in 'n elektriese stroombaan

  • elektriese stroombaan: 'n geslote baan waardeur elektrone kan beweeg

  • elektrodes: 'n geleier wat toelaat dat elektrisiteit na 'n ander stof kan vloei

  • elektrolise: 'n proses waarin elektriese energie (elektrisiteit) gebruik word om 'n chemiese reaksie te veroorsaak

  • elektromagneet: 'n apparaat wat 'n magneet word wanneer elektriese stroom daardeur vloei

  • elektroplatering: die proses om 'n voorwerp deur middel van elektrolise met 'n dun metaallagie te bedek

  • elektrostatiese lading: die elektriese lading weens statiese elektrisiteit wat veroorsaak word deur die oormaat of tekort aan elektrone op die oppervlak van 'n voorwerp

  • fokus: om tot dieselfde punt saam te bring

  • gedelokaliseerde: wat nie beperk is tot 'n spesifieke plek of ruimte nie en vry is om te beweeg

  • geleier: 'n stof wat elektrisiteit, warmte/hitte, klank of lig maklik gelei

  • invallende straal: die ligstraal wat op die oppervlak inval

  • invalshoek: die hoek tussen die invallende straal en die normaallyn

  • komponent: deel van 'n groter sisteem

  • konvergeer: om ligstrale nader aan mekaar te bring en op 'n punt te fokus

  • kwalitatief: om iets op grond van sy eienskappe te beskryf en nie op grond van getalle of metings nie

  • liggewend: helder of skynend

  • loodreg: wat 'n regte hoek met die oppervlak maak

  • medium: 'n stof waardeur golwe (soos liggolwe) kan beweeg

  • neutraal: wanneer die getal positiewe ladings (verkry van die protone) dieselfde is as die getal negatiewe ladings (verkry van die elektrone). Die (positiewe en negatiewe) ladings balanseer mekaar sodat die voorwerp nie negatief of positief gelaai is nie.

  • normaallyn (loodlyn): 'n denkbeeldige lyn wat 90o met die oppervlak geteken word

  • ondeursigtig: waardeur nie gesien kan word nie; waar lig nie deurgelaat word nie

  • ontbrand: om vlam te vat

  • ontlading: die skielike vloei van gelaaide deeltjies tussen twee elektries-gelaaide voorwerpe

  • optiese digtheid: 'n maat van hoe goed 'n medium lig deurlaat

  • optika: die wetenskaplike studie van sig en die eienskappe van lig

  • parallelstroombaan: 'n stroombaan wat meer as een pad voorsien vir die elektriese stroom om deur te vloei

  • reflekteer (weerkaats): om terug te kaats sonder om te absorbeer

  • refraksie (breking): die verandering van die rigting van 'n liggolf, wanneer dit van een optiese medium na 'n ander beweeg, omdat die spoed van die golf verander

  • reglynig: in reguit lyne

  • resistor: 'n elektriese komponent in 'n stroombaan wat ladingsvloei teenstaan

  • retina (netvlies): die lagie aan die agterkant van die oogbal wat uit ligsensitiewe selle gemaak is

  • samestelling: die dele waaruit 'n mengsel bestaan

  • sel: 'n energiebron vir 'n elektriese stroombaan

  • seriestroombaan: 'n stroombaan wat slegs een pad voorsien vir die elektriese stroom om deur te vloei

  • sigbare spektrum: die deel van die golfspektrum wat deur die menslike oog waargeneem kan word

  • skakelaar: 'n stroombaankomponent wat die stroombaan oop of toe maak

  • smeltdraad: 'n veiligheidsmeganisme wat ontwerp is om te smelt en die stroom te breek wanneer die elektriese stroom te groot word

  • statiese elektrisiteit: die opbou van elektriese ladings (positiewe of negatiewe) op die oppervlak van 'n voorwerp

  • stimuleer: om aktiwiteit te veroorsaak

  • straling: die emissie (uitstraling) van energie as elektromagnetiese golwe

  • veranderlike: die faktor in 'n eksperiment waarvan die waarde kan verander

  • verspreiding (kleurskifting): die verspreiding van iets oor 'n oppervlakte

  • vlambaar: iets wat maklik aan die brand kan raak

  • voortplanting: verspreiding na nuwe areas

  • weerkaatsingshoek: die hoek tussen die weerkaatste straal en die normaallyn

  • weerskaatste straal: die ligstraal wat die oppervlak verlaat

  • weerstand: die teenstand teen die vloei van lading in 'n geleier

  • wrywing: weerstand as gevolg van twee oppervlakke wat teen mekaar skuur