Bou 'n stroombaan met die selle, 'n ammeter, 1 gloeilampie en die skakelaar, alles in serie.

Hoofstukoorsig
2 weke
Hierdie hoofstuk bou op werk wat in Gr. 6 en 7 in elektriese stroombane gedoen is. Tot dusver het ons slegs na eenvoudige stroombane gekyk. In hierdie hoofstuk gaan ons serie en parallelle stroombane ondersoek. Ons gaan na die verskille in die opstelling van hierdie stroombane kyk, en spesifiek na die effek wat meer resistors in serie en parallel het op die helderheid van 'n gloeilamp. Die gebruik van ammeters word ook in hierdie hoofstuk ingesluit, maar as hierdie instrumente nie beskikbaar is nie, kan 'n kwalitatiewe studie gedoen word deur die helderheid van die gloeilampe te vergelyk.
PhET simulasies kan ook gebruik word waar leerders hulle eie stroombane bou en toets. Die effek van die byvoeging en verwydering van verskillende komponente kan ook ondersoek word. Hierdie simulasie kan deur u websoekblad direk vanaf ons webtuiste gebruik word, www.curious.org.za. Hier is skakel na 'n gids (in pdf formaat), wat deur PhET geskryf is, oor die gebruik van sommige van hulle elektriese stroom simulasies: http://phet.colorado.edu/en/simulation/circuit-construction-kit-dc
3.1 Seriestroombane (2.5 ure)
Take | Vaardighede | Aanbeveling |
Ondersoek: Wat gebeur wanneer ons meer resistors in serie skakel? | Ondersoek, hipoteseformulering, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | KABV voorgestel |
Ondersoek: Hoe word die elektriese stroom beïnvloed deur meer selle in serie te skakel? | Ondersoek, hipoteseformulering, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | Voorgestel |
Ondersoek: Toets die stroomsterkte | Ondersoek, hipoteseformulering, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | Voorgestel |
3.2 Parallelle stroombane (3 ure)
Take | Vaardighede | Aanbeveling |
Aktiwiteit: Serie of parallel? | Identifikasie, beskrywing | Voorgestel |
Ondersoek: Hoe word die stroomsterkte beïnvloed deur resistors in parallel te skakel? | Ondersoek, hipoteseformulering, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | KABV voorgestel |
Ondersoek: Wat gebeur met die stroomsterkte wanneer selle in parallel geskakel word? | Ondersoek, hipoteseformulering, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | Voorgestel |
Ondersoek: Toets die stroomsterkte | Ondersoek, die volg van instruksies, waarneming, interpretasie van inligting, aantekening, analise, skryfwerk, groepwerk | Voorgestel |
Aktiwiteit: Watter metale bied die meeste weerstand? | Die volg van instruksies, waarneming, interpretasie van inligting, groepwerk | KABV voorgestel |
3.3 Ander leweringstoestelle (0.5 uur)
Take | Vaardighede | Aanbeveling |
Aktiwiteit: Sankey-diagramme | Teken van grafieke, verduideliking | Voorgestel |
Aktiwiteit: Ontwikkeling van elektrisiteitsproduksie | Navorsing, opsomming, groepwerk, skryfwerk | KABV voorgestel (kan as huiswerktaak gegee word) |
Aktiwiteit: Beroepe | Navorsing, skryfwerk | Opsioneel |
In die vorige hoostuk, en in Gr. 6 en 7, het ons na elektriese stroombane gekyk. Die meeste van hulle was seriestroombane. Wat beteken dit? Kan 'n stroombaan op 'n ander manier geskakel word?
'n Seriestroombaan is 'n stroombaan waar daar slegs een pad vir die elektriese stroom is om te volg. Die komponente word die een na die ander geskakel in 'n enkele roete. Wanneer die komponente geskakel is, sê ons hulle is in serie geskakel. Ons het reeds in die vorige hoofstuk voorbeelde van seriestroombane teëgekom.
'n Ammeter is 'n meetinstrument wat gebruik word om elektriese stroom in 'n stroombaan te meet. Dit word in serie in 'n stroombaan geskakel. Die stroom word in ampere (A) gemeet.
Die ampere is vernoem na André-Marie Ampère (1775-1836), 'n Franse wiskundige en fisikus. Hy word beskou as die vader van elektrodinamika, 'n studie van die effek van elektromagnetiese kragte tussen elektriese ladings en elektriese stroom.
Wat is die simbool vir 'n ammeter? Teken dit hier.
Dink jy 'n ammeter bied 'n hoë of 'n lae weerstand teen die elektriese stroom? Verduidelik jou keuse.
Ammeters het 'n geweldige hoë weerstand omdat hulle nie die stroom wat hulle meet moet beïnvloed nie.
Wanneer ons praat kort ons somtyds ampere af na 'amp'.
'n Seriestroombaan verskaf net een roete vir elektrone om te vloei. Kom ons ondersoek wat gebeur wanneer ons die weerstand in 'n seriestroombaan verhoog.
Die doel van die ondersoek is om aan leerders te wys dat die totale weerstand verhoog wanneer meer resistors in serie geskakel word en dat die stroomsterkte dan verlaag.
DOEL: Om die effek van meer resistors in serie op die stroomsterkte te ondersoek.
Indien daar genoeg apparaat beskikbaar is, is hierdie is 'n goeie geleentheid vir groepwerk. Maak seker dat elke leerder 'n ammeter korrek kan skakel, en die regte lesing kan neem. Indien daar nie genoeg apparaat vir al die leerders is nie, kan die eksperiment as demonstrasie gedoen word. Leerders kan beurte gegee word om die ammeters te skakel en te lees. Indien ammeters nie beskikbaar is nie, gebruik die helderheid van die gloeilampies om die stroomsterkte aan te dui. Hoe sterker die stroom, hoe helderder brand die lampie. Dit beteken dat 'n gloeilampie wat baie helder brand 'n sterk stroom het wat deur dit vloei, en 'n lampie wat net dof gloei, 'n swak stroom het wat deur dit vloei.
Indien die fisiese apparaat nie beskikbaar is nie, maar internet-toegang is moontlik, kan die volgende PhET simulasie gebruik word: http://phet.colorado.edu/en/simulation/circuit-construction-kit-dc
Die simulasie is ook nuttig aangesien die ammeters (en voltmeters) wat in skoollaboratoriums gebruik word nie noodwendig gekalibreer is nie, en ook nie gereeld gediens word nie, en dus effens onakkurate lesings kan gee.
HIPOTESE: Formuleer 'n hipotese vir die ondersoek.
Leerder-afhanklike antwoord. Die hipotese behoort die verband tussen die afhanklike en onafhanklike veranderlike te stel, en 'n voorspelling te maak. Wanneer die onafhanklike veranderlike verstel word, sal die afhanklike veranderlike se waarde verander. Hier is 'n voorbeeld van 'n moontlike antwoord.
Soos wat die getal resistors vermeerder word, sal die stroomsterkte verminder.
MATERIALE EN APPARAAT:
Dit is belangrik dat die gloeilampies dieselfde weerstand het en nie lukraak gekies word nie. Die skakelaar is nie 'n noodsaaklike deel van die ondersoek nie, en kan uitgelaat word.
METODE:
Bou 'n stroombaan met die selle, 'n ammeter, 1 gloeilampie en die skakelaar, alles in serie.
Let op hoe helder die gloeilampie skyn en skryf die ammeterlesing neer. Teken 'n stroombaandiagram.
Let op hoe helder die gloeilampies skyn en skryf die ammeterlesing neer. Teken 'n stroombaandiagram.
Let op hoe helder die gloeilampies skyn en skryf die ammeterlesing neer. Teken 'n stroombaandiagram.
RESULTATE:
Voltooi die tabel:
Getal gloeilampies in serie | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | ||
2 | ||
3 |
Die helderheid van die gloeilampies is 'n kwalitatiewe maatstaf. Die grafiek behoort slegs met kwantitatiewe data geteken te word. Indien ammeterlesings nie beskikbaar is nie, moet die grafiek eerder nie gedoen word nie, of die grafiek moet na 'n staafgrafiek verander word met dof, helder en helderste as waardes op die y-as. Dit is nie 'n besondere nuttige grafiek nie, maar dit gee aan leerders die geleentheid om hulle grafiekvaardighede te oefen. Dit gee wel ook 'n visuele verteenwoordiging van die afname in stroomsterkte soos wat meer gloeilampies bygesit word.
Teken 'n grafiek om die verband tussen die getal gloeilampies en die stroomsterkte voor te stel.
Hieronder word moontlik resultate gegee. Die resultate wat deur leerders verkry word, sal hiervan verskil, maar die neiging behoort dieselfde te wees. Indien die getal gloeilampies vermeerder word, verminder beide die ammeterlesing en die helderheid van die gloeilampies.
Getal gloeilampies in serie | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | helderste | 0,15 |
2 | helder | 0,07 |
3 | dofste | 0,05 |
Die gebruik van 'n standaartipe ammeter mag dalk nie die perfekte resultate lewer nie. Indien die gloeilampies toegelaat word om heelwat te verhit wanneer meer lampies bygevoeg word, verhoog hulle weerstand, en beïnvloed dit die lesings. Dit is belangrik dat leerders die afwaartse neiging sien.
ANALISE:
Wat gebeur met die helderheid van die gloeilampies wanneer die getal gloeilampies vermeerder word?
Die gloeilampies skyn dowwer soos wat meer gloeilampies bygevoeg word.
Toe jy twee gloeilampies gehad het, was die een helderder as die ander een, of het hulle ewe helder geskyn?
Die gloeilampies het ewe helder geskyn.
Toe jy drie gloeilampies gehad het, was die een helderder as die ander twee, of het hulle ewe helder geskyn?
Die gloeilampies het ewe helder geskyn.
Wat kan jy uit die vorige antwoorde aflei oor die elektriese stroom in 'n seriestroombaan?
Indien al die gloeilampies ewe helder skyn, beteken dit dat hulle dieselfde stroomsterkte ondervind. Dit beteken dat die stroom dieselfde is oral in 'n seriestroombaan.
Wat het met die ammeterlesing gebeur toe jy meer gloeilampies in serie geskakel het?
Die ammeterlesing het afgeneem.
GEVOLGTREKKING:
Volgens jou antwoorde hierbo, wat gebeur met die elektriese stroom wanneer meer gloeilampies in serie geskakel word?
Die elektriese stroom neem af soos wat meer gloeilampies in serie geskakel word.
Is jou hipotese aanvaar of verwerp?
Hierdie antwoord sal afhang van die hipotese wat die leerder aan die begin van die ondersoek geformuleer het.
Soos wat meer resistors in serie geskakel word, verhoog die weerstand van die stroombaan. Soos wat die totale weerstand verhoog, so verlaag die stroomsterkte. Wat sal gebeur wanneer die getal selle wat in serie geskakel word, verhoog word? Sal die stroomsterkte meer of minder word? Kom ons ondersoek dit.
Hierdie ondersoek sal wys dat meer selle in serie die stroomsterkte laat toeneem. Wees versigtig met hierdie aktiwiteit - indien daar nie genoeg resistors in die stroombaan is nie, kan die gloeilampie beskadig word. Gebruik minstens twee gloeilampies, of een gloeilampie en 'n resistor om te verseker dat die weerstand hoog genoeg bly. Indien ammeters beskikbaar is, kan die kwantitatiewe data gebruik word om te wys dat die stroomsterkte verhoog wanneer meer selle in serie geskakel word. Indien ammeters nie beskikbaar is nie, kan die helderheid van die gloeilampies as kwalitatiewe data gebruik word. Gebruik die terme dof, helder en helderste. Die leerders sal egter nie baie effektiewe grafieke met die kwalitatiewe data kan teken nie. Indien die leerders oefening nodig het, gee vir hulle die voorbeeld-data in die onderwysersgids en vra hulle om 'n reguitlyngrafiek daarmee te teken.
DOEL: Om die effek van meer selle in serie op die stroomsterkte te ondersoek.
HIPOTESE: Skryf 'n hipotese vir hierdie ondersoek. Onthou om melding te maak van wat die invloed van meer selle in serie is op die stroomsterkte.
Leerder-afhanklike antwoord. Hulle moet noem hoe die afhanklike veranderlike die onafhanklike veranderlike beïnvloed. Onthou dat die hipotese nie akkuraat hoef te wees nie. Hulle gaan dit as reg of verkeerd bewys deur die eksperiment te doen. Hier is 'n voorbeeld van 'n moontlike hipotese: Hoe meer selle in serie geskakel word, hoe hoër is die stroomsterkte.
MATERIALE EN APPARAAT:
METODE:
Let op hoe helder die gloeilampie skyn en skryf die ammeterlesing in die tabel neer. Teken 'n stroombaandiagram.
Teken die ammeterlesing in die tabel aan. Teken 'n stroombaandiagram.
Teken die ammeterlesing in die tabel aan. Teken 'n stroombaandiagram.
RESULTATE:
Voltooi die tabel:
Getal selle in serie | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | ||
2 | ||
3 |
Hierdie resultate is slegs 'n voorbeeld. Die resultate wat deur die leerders verkry word, sal hiervan verskil. Soos wat meer selle ingevoeg word, behoort beide die ammeterlesing en die helderheid van die gloeilampie te verhoog.
Getal selle in serie | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | dofste | 0.07 |
2 | helder | 0.15 |
3 | helderste | 0.22 |
GEVOLGTREKKING:
Soos wat die getal selle vermeerder word, word die stroomsterkte ook verhoog.
Hierdie antwoord hang af van die leerder se oorspronklike hipotese.
Ons het gesien dat hoe meer selle ons in serie skakel, hoe hoër die stroomsterkte is, maar hoe meer resistors ons in serie skakel, hoe laer die stroomsterkte is.
Ons gaan nou die stroomsterkte op verskillende plekke in die stroombaan ondersoek.
In die eerste ondersoek het ons gesien dat die stroomsterkte afneem wanneer meer resistors in serie geskakel word. Die ondersoek wat ons gaan doen wys dat stroomsterkte dieselfde is, oral in 'n seriestroombaan. Hierdie is 'n opsionele ondersoek. Dit kan as demonstrasie gedoen word indien daar nie genoeg apparaat beskikbaar is nie. Dit is ook 'n goeie geleentheid vir groepwerk, maar maak seker dat elke leerder die ammeter korrek kan lees en skakel, en die ammeterskaal goed verstaan.
ONDERSOEKENDE VRAAG: Is die stroomsterkte in 'n seriestroombaan oral dieselfde?
HIPOTESE: Formuleer 'n hipotese vir hierdie ondersoek. Wat dink jy gaan in die ondersoek gebeur?
Leerder-afhanklike antwoord. Leerders moet melding maak van die afhanklike en onafhanklike veranderlikes. Wanneer die onafhanklike veranderlike verstel word, sal die afhanklike veranderlike se waarde verander.
Hier is twee voorbeelde van 'n aanvaarbare hipotese:
MATERIALE EN APPARAAT:
METODE:
Meet die stroomsterkte met die ammeter. Teken 'n stroombaandiagram van die opstelling.
Meet die stroomsterkte met die ammeter. Teken 'n stroombaandiagram van die opstelling.
Meet die stroomsterkte met die ammeter. Teken 'n stroombaandiagram van die opstelling.
RESULTATE:
Voltooi die volgende tabel:
Posisie van die ammeter in die stroombaan. | Ammeterlesing (A) |
Tussen die positiewe terminaal van die battery en die eerste gloeilampie. | |
Tussen die twee gloeilampies | |
Tussen die negatiewe terminaal van die battery en die laaste gloeilampie. |
Die ammeterlesing behoort dieselfde te wees op alle punte in die seriestroombaan.
GEVOLGTREKKINGS:
Formuleer 'n gevolgtrekking wat op jou resultate gebaseer is.
Die stroomsterkte is oral dieselde in 'n seriestroombaan.
Is jou hipotese waar of onwaar?
Hierdie antwoord sal afhang van die hipotese wat die leerder aan die begin van die ondersoek geformuleer het.
In 'n seriestroombaan is daar slegs een roete vir die elektrone om deur te beweeg. Die stroomsterkte is dieselfde oral in hierdie roete.
Wat het ons van seriestroombane geleer?
Daar is slegs een roete wat elektrone kan volg.
Die stroom vloei met dieselfde sterkte oral in 'n seriestroombaan, omdat daar slegs een roete is. Ons sê die stroomsterkte in 'n seriestroombaan is oral dieselfde.
Wanneer meer resistors in serie geskakel word, sal die stroomsterkte in die hele stroombaan afneem.
Waarom is die stroomsterkte oral dieselfde? Kom ons dink hoe elektriese stroom deur die stoombaan beweeg. Onthou jy dat ons van gedelokaliseerde elektrone in metale in die vorige hoofstuk gepraat het?
Animasie wat die beweging van elektrone wys. http://www.schoolphysics.co.uk/animations/Electric_current/index.html
Die elektrone in 'n geleier beweeg normaalweg in verskillende rigtings in 'n metaal, soos wat in die diagram gewys word.
Wanneer 'n geslote stroombaan gebou word, met 'n battery as energiebron, begin al die elektrone na die positiewe terminaal van die battery beweeg. Die tempo waarteen die elektrone beweeg word deur die weerstand van die geleier bepaal.
Daar is elektrone oral in die geleidingsdraad in elektriese komponente. Wanneer die stroombaan gesluit word, beweeg al die elektrone terselfdertyd in dieselfde algemene rigting. Dit is waarom 'n gloeilamp onmiddellik aanskakel wanneer die skakelaar gesluit word.
Sluit die skakelaar en kyk hoe die elektrone in hierdie simulasie beweeg. http://phet.colorado.edu/en/simulation/signal-circuit
Die simulasie wat in die besoek-boksie geïdentifiseer word, sal help om te demonstreer hoe 'n gloeilamp aanskakel wanneer die skakelaar gesluit word.
In 'n seriestroombaan beweeg al die elektrone deur elke komponent en draad soos wat dit deur die stroombaan beweeg. Al die elektrone ondervind dieselfde weerstand en hulle beweeg dus almal teen dieselfde tempo.
Dit beteken dat in die diagram hieronder, die lesings op al drie ammeters dieselfde sal wees, dus: A1= A2= A3
Parallelle stroombane bied meer as een roete vir die elektrone om deur die stroombaan te vloei. Wanneer ons 'n parallelle stroombaan bou, sê ons die komponente word in parallel geskakel.
Kyk na die diagram wat wys hoe twee gloeilampies in parallel geskakel word.
Hoe weet 'n mens wanneer 'n stroombaan in serie of in parallel geskakel is? Kom ons kyk na die volgende stroombaandiagramme om die verskil te sien.
Kyk na die volgende video wat die verskil tussen serie en parallelle stroombane verduidelik:
INSTRUKSIES:
Kyk na die volgende stroombaan en besluit of dit in serie of parallel geskakel is. 'n Seriestroombaan bied slegs een roete en 'n parallelle stroombaan bied meer as een roete vir die elektrone om te vloei.
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
serie | parallel |
![]() | ![]() |
parallel | serie |
Kom ons ondersoek hoe parallelle stroombane werk.
Hierdie ondersoek sal aan leerders wys dat meer resistors wat in parallel geskakel word, die totale weerstand van die stroombaan verlaag en die totale stroomsterkte verhoog. Dit is nie nodig om die effektiewe weerstand van die parallelle kombinasie uit te werk nie, die leerders moet dit slegs kwalitatief verstaan.
DOEL: Om die invloed van meer resistors in parallel op die stroomsterkte te ondersoek.
Indien die apparaat nie beskikbaar is nie, maar internet-toegang is moontlik, kan die volgende PhET simulasie gebruik word: http://phet.colorado.edu/en/simulation/circuit-construction-kit-dc
HIPOTESE: Formuleer 'n hipotese vir die ondersoek.
Leerder-afhanklike antwoord. Leerders moet die verband tussen die onafhanklike en afhanklike veranderlikes noem. Wanneer die onafhanklike veranderlike verstel word, sal die afhanklike veranderlike se waarde verander.
Hier is twee voorbeelde van 'n aanvaarbare hipotese:
MATERIALE EN APPARAAT:
Dit is belangrik dat die gloeilampies presies dieselfde weerstand het en nie lukraak gekies word nie. Die skakelaar en ammeter is nie noodsaaklik vir die eksperiment nie en kan uitgelaat dit nie beskikbaar is nie.
METODE:
Neem kennis van hoe helder die gloeilampie skyn en skryf die ammeterlesing neer. Teken 'n stroombaandiagram.
RESULTATE:
Voltooi die tabel:
Die helderheid van die gloeilampies is 'n kwalitatiewe beskrywing. Leerders behoort 'dof, helder, helderste' te gebruik om die gloeilampies te beskryf.
Getal gloeilampies in parallel | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | ||
2 | ||
3 |
Teken 'n grafiek om die verband tussen die getal gloeilampies en die stroomsterkte voor te stel.
Die grafiek wys die verband tussen die hoofstroomsterkte (die lesing op die ammeter) en die getal gloeilampies wat in parallel geskakel is. Soos wat meer gloeilampies in parallel geskakel word, so behoort die stroomsterkte af te neem. Dit beteken dat die grafiek 'n reguitlyn behoort te wees met 'n afnemende gradient. Standaard ammeters mag dalk nie akkuraat genoeg wees om 'n perfekte reguitlyn te verskaf nie. Dit is egter nie so belangrik nie, leerders moet eerder die afwaartse neiging oplet.
Hierdie resultate is slegs 'n voorbeeld.
Getal gloeilampies in parallel | Helderheid van die gloeilampies | Ammeterlesing (A) |
1 | dofste | 0.15 |
2 | helder | 0.3 |
3 | helderste | 0.45 |
ANALISE:
Wat gebeur met die helderheid van die gloeilampies wanneer die getal gloeilampies vermeerder word?
Die gloeilampies het helderder geword toe meer gloeilampies bygevoeg was.
Toe daar twee gloeilampies was, het hulle met dieselfde helderheid geskyn, of was die een helderder as die ander een?
Die gloeilampies het ewe helder geskyn.
Toe daar drie gloeilampies was, het hulle met dieselfde helderheid geskyn, of was die een helderder as die ander?
Die gloeilampies het ewe helder geskyn.
Wat kan jy aflei, vanuit jou antwoorde op die vorige vrae, oor die stroomsterkte in die parallelle vertakkings van die stroombaan?
Wanneer al die gloeilampies identies is, en met dieselfde helderheid gloei, ondervind hulle dieselfde stroomsterkte in elke vertakking.
Wat gebeur met die ammeterlesing wanneer meer gloeilampies in parallel geskakel word?
Die ammeterlesing neem toe.
GEVOLGTREKKING:
Wat kan jy aflei, vanuit jou antwoorde oor die totale stroomsterkte, oor wat gebeur wanneer meer gloeilampies in parallel geskakel word?
Wanneer meer gloeilampies in parallel geskakel word neem die totale stroomsterkte toe.
Is jou hipotese waar of onwaar?
Hierdie antwoord sal afhang van die hipotese wat die leerder aan die begin van die ondersoek geformuleer het.
Wanneer meer resistors of gloeilampies in parallel geskakel word, neem die totale stroomsterkte toe. Die totale weerstand van die stroombaan moet dus afneem. Die stroomsterkte in elke individuele gloeilampie was dieselfde omdat hulle met dieselfde helderheid gegloei het. Dit sê vir ons dat die elektronstroom opgedeel het en deur elk van die vertakkings gevloei het.
Ons kan selle ook in parallel skakel. Wat sal gebeur wanneer ons die getal selle in parallel vermeerder? Sal die stroomsterkte meer of minder word?
DOEL: Om die invloed van meer selle in parallel op die stroomsterkte te ondersoek.
HIPOTESE: Formuleer 'n hipotese vir die ondersoek.
Leerder-afhanklike antwoord. Leerders moet die verband tussen die onafhanklike en afhanklike veranderlikes noem. Wanneer die onafhanklike veranderlike verstel word, sal die afhanklike veranderlike se waarde verander.
Hier is twee voorbeelde van 'n aanvaarbare hipotese:
MATERIALE EN APPARAAT:
Die ammeter is nie noodsaaklik vir hierdie eksperiment nie. Die helderheid van die gloeilampie kan as kwalitatiewe maatstaf dien.
METODE:
Stel 'n stroombaan op met een sel, die ammeter, en die gloeilampie, alles in serie geskakel. Teken 'n stroombaandiagram.
Skakel nog sel parallel met die eerste sel. Om die tweede sel parallel te verbind, skakel 'n draad vanaf die positiewe terminaal van die eerste sel na die positiewe terminaal van die tweede sel. Skakel nog 'n draad vanaf die negatiewe terminaal van die eerste sel na die negatiewe terminaal van die tweede sel. Teken 'n stroombaandiagram van jou opstelling.
Skakel 'n derde sel parallel met die ander twee selle. Teken 'n stroombaandiagram van jou opstelling.
RESULTATE:
Voltooi die tabel:
Die helderheid van die gloeilampies is 'n kwalitatiewe beskrywing. Die leerders moet die terme 'dof, helder, helderste' gebruik om die gloeilampies te beskryf. Die ammeterlesing behoort dieselfde te bly.
Getal selle in parallel | Helderheid van die gloeilampie | Ammeterlesing (A) |
1 | ||
2 | ||
3 |
GEVOLGTREKKING:
Wat het jy opgelet aangaande die helderheid van die gloeilampies?
Die helderheid van die gloeilampies behoort nie te verander nie.
Wat het jy opgelet aangaande die ammeterlesings?
Die ammeterlesings is oral dieselfde.
Wat is jou gevolgtrekking op grond van jou resultate?
Die totale stroomsterkte bly dieselfde wanneer meer selle in parallel geskakel word.
Die byvoeging van selle in parallel het geen uitwerking op die totale stroomsterkte nie. Die stroomsterkte bly dieselfde wanneer meer selle in parallel geskakel word.
Ons het gesien dat die stroomsterkte verhoog wanneer meer gloeilampies in parallel geskakel word. Ons het slegs die stroomsterkte op een punt in die parallelle stroombaan getoets. Hoe vergelyk die stroomsterkte in verskillende dele in die stroombaan? Kom ons doen 'n ondersoek om uit te vind.
Die eerste ondersoek kyk na die toename in stroomsterkte wanneer meer resistors in parallel geskakel word. Hierdie is 'n goeie geleentheid vir groepwerk. Maak seker dat elke leerder die geleentheid het om die ammeter korrek te skakel en te lees. Indien daar nie genoeg apparaat vir groepwerk beskikbaar is nie, moet die ondersoek eerder gedemonstreer word. Geleentheid kan aan verskeie leerders gegee word om vorentoe te kom om die ammeter te skakel en die lesings te neem.
ONDERSOEKENDE VRAAG: Is die stroomsterkte dieselfde op alle punte in 'n parallelle stroombaan?
MATERIALE EN APPARAAT:
METODE:
RESULTATE:
Posisie van die ammeter in die stroombaan. | Ammeterlesing (A) |
tussen die selle en die eerste roete | |
in die eerste roete | |
in die tweede roete | |
in die derde roete | |
tussen die eerste roete en die selle |
Hier is 'n paar voorbeelde van lesings om die resultate te wys:
Posisie van die ammeter in die stroombaan. | Ammeterlesing (A) |
tussen die selle en die eerste roete | 0.9 |
in die eerste roete | 0.3 |
in die tweede roete | 0.3 |
in die derde roete | 0.3 |
tussen die eerste roete en die selle | 0.9 |
Indien gloeilampies wat nie presies dieselfde is nie, gebruik word, sal die lesings in elk van die vertakkings verskillend wees, maar hulle sal optel na dieselfde hoofstroomlesing. Dit is die moeite werd om dit aan die leerders te demonstreer.
GEVOLGTREKKING:
Formuleer 'n gevolgtrekking wat op jou resultate gebaseer is.
Die stroomsterkte is nie dieselfde op alle punte in 'n parallelle stroombaan nie. Indien die gloeilampies identies is, sal die stroomsterkte dieselfde wees in elk van die drie vertakkings. Die stroomsterkte in die hoofstroom is egter groter as in die vertakkings. Die stroomsterkte in die hoofstroom van die stroombaan is gelyk aan die som van die stroomsterktes in die vertakkings.
Is jou hipotese waar of onwaar?
Hierdie antwoord sal afhang van die hipotese wat die leerder aan die begin van die ondersoek geformuleer het.
Wat het ons van parallelle stroombane geleer?
Daar is meer as een roete waarin die elektriese stroom kan vloei.
Indien meer resistors in parallel verbind word sal die totale elektriese stroom wat deur die battery verskaf word vermeerder.
Waarom verdeel die stroom wanneer 'n alternatiewe roete moontlik is?
Verbeel jou jy sit in die skoolsaal tydens 'n saalbyeenkoms. Jy is verveeld en kan nie wag dat die byeenkoms moet eindig, sodat jy met jou vriende kan gaan gesels nie. Daar is slegs een uitgang uit die saal. Aan die einde van die saalbyeenkoms moet almal deur die een deur buitentoe beweeg. Dit neem baie lank omdat net 'n paar leerders op 'n slag deur die deur kan gaan.
Nou verbeel jou dat daar 'n tweede deur is, net soos die eerste een. Die leerders kan nou baie vinniger uit die saal beweeg. Sommige leerders sal deur die eerste deur uitgaan terwyl ander deur die tweede deur sal uitgaan. Niemand kan terselfdertyd deur beide deure gaan nie.
Dit is soortgelyk aan hoe elektrone in 'n stroombaan optree. Sommige elektrone sal in die een vertakking vloei, en ander elektrone sal in die ander vertakking vloei. Die elektriese stroom word verdeel tussen die twee roetes.
In die volgende stroombaan is A1 = A4 en A1 = A2 + A3 en A4 = A2 + A3.
Tot dusver het ons na resistors en selle in serie en parallel gekyk. Kom ons kyk nou hoe verskillende metale elektrisiteit gelei. Alle geleiers bied weerstand in 'n stroombaan. Is party metale beter geleiers as ander?
Kom ons kyk watter metale meer weerstand teen die vloei van lading (elektriese stroom) deur 'n elektriese stroombaan bied.
Hierdie aktiwiteit vergelyk slegs die invloed van materiaaltipe op die weerstand. Die ander faktore sal in Graad 9 Energie en Verandering behandel word.
Elke metaal bied 'n spesifieke weerstand gebaseer op die weerstandigheid van die metaal. Die weerstand van die metaal hoef nie gemeet te word nie, al wat vereis word is 'n kwalitatiewe beskrywing van die gloeilampie. Hoe helderder die gloeilampie skyn, hoe groter is die elektriese stroom. Indien daar 'n groot stroom is, beteken dit dat die weerstand laag is. Dus, hoe helderder die gloeilampie skyn, hoe minder weerstand word deur die metaal gebied. Die leerders mag klein foutjies maak indien die helderheid van die gloeilampies moeilik is om te onderskei.
Gebruik enige metaaldraad wat beskikbaar is. Probeer om koper en nikkel te kry. Aluminiumfoelie kan ook in 'n draad gerol word (maak net seker dit is dieselfde lengte en dikte as die ander drade). Aluminiumdraad kan aan die brand slaan in 'n elektriese stroombaan. Toets dit vooraf en maak seker dat dit nie te warm word nie. Indien die metale hieronder gebruik word, sal nichroom die hoogste weerstand hê, dan sink en dan aluminium. Koper sal die laagste weerstand hê.
MATERIALE:
Die lengte van die draad wat gebruik word is nie belangrik nie, solank as wat al die drade dieselfde lengte en dikte het. Indien die voorgestelde metale nie beskikbaar is nie, kan enige ander soort metaal gebruik word.
INSTRUKSIES:
Let op na die helderheid van die gloeilamp.
VRAE:
Teken 'n stroombaandiagram van jou opstelling.
'n Voorbeeld van die stroombaandiagram, met die opening waar die metale geskakel word, word hieronder gewys:
Hoekom kan ons die helderheid van die gloeilamp gebruik om die weerstand kwalitatief te meet?
Metale met hoë weerstand staan die vloei van elektrone teë. Dit verlaag die stroomvloei sodat daar minder energie beskikbaar is vir die gloeilampie. 'n Metaal met hoë weerstand sal die gloeilampie dowwer laat brand as 'n metaal met laer weerstand.
Maak 'n lys van die metale in toenemende weerstand.
Koper, aluminium, sink, nichroom.
Waarom dink jy word koper gebruik vir geleidingsdrade in elektriese stroombane?
Koper het 'n geweldige lae weerstand en het dus 'n minimum uitwerking op die totale weerstand van die stroombaan. Ander materiale sal tot die totale weerstand van die stroombaan bydra, wat die maksimum stroomvloei in die stroombaan sal verminder.
Daar is verskeie faktore wat die weerstand wat 'n materiaal teen die elektriese stroom bied, beïnvloed. Ons het gesien dat die soort metaal een van hierdie faktore is.
In Gr. 9 kyk ons verder na ander faktore wat weerstand beïnvloed. As jy die inhoud van die ander grade wil sien, kan jy die volgende webwerf besoek. www.curious.org.za
Gloeilampies is nie die enigste komponent wat in elektriese stroombane gebruik word nie.
LEDs word baie in elektroniese toestelle gebruik. Hulle is klein liggies sonder 'n filament soos in gloeilampe. Hulle kan dus nie uitbrand nie, omdat daar nie 'n filament is wat kan verweer nie, en hulle word ook nie so warm nie. LEDs word in elektroniese tydtoestelle, hoë definisie televisies en baie ander toestelle gebruik. Groot LEDs vervang ook die meeste tradisionele gloeilampe in huise, omdat hulle minder elektrisiteit gebruik. Hulle hou ook langer as filamentgloeilampe, en is meer effektief.
Kyk na hierdie video oor die ontwikkeling van die LED.
In die vorige hoofstuk het ons na die energieoordrag in elektriese stelsels gekyk. Ons gaan nou energieoordrag in elektriese stelsels op 'n ander manier verteenwoordig. Ons gaan hierdie nuwe verteenwoordiging toepas op die verskil in uitsetenergie van 'n LED en 'n filamentgloeilamp.
Video oor hoe om 'n basiese Sankey-diagram te teken.
Sankey-diagramme is vir die eerste keer in die GR 7 KABV werkboeke behandel as 'n manier om energieoordrag in 'n stelsel te toon, veral waar daar gefokus word op die oordrag van insetenergie na bruikbare en onbruikbare uitsetenergie.
Jy mag dalk al Sankey-diagramme in Graad 7 geteken het, maar indien nie, hier is 'n vinnige oorsig.
In 'n energiestelsel word insetenergie na bruikbare uitsetenergie en onbruikbare uitsetenergie oorgedra. 'n Sankey-diagram is 'n visuele en proprosionele voorstelling van die energieoordrag in 'n stelsel.
Byvoorbeeld, in 'n ketel word 2000 J insetenergie gebruik en slegs ongeveer 1400 J daarvan word gebruik om die water te verhit. Die oorblywende 600 J gaan verlore as klank. Hier is die Sankey-diagram om die energieoordrag voor te stel.
Onthou dat energie in joules (J) gemeet word.
VRAE:
Ons gaan nou 'n LED met 'n filamentgloeilamp vergelyk.
Teken 'n Sankey-diagram vir 'n LED waar die insetenergie 100 J is, en 75 J energie word gebruik om lig te verskaf terwyl die res verlore gaan as hitte.
Teken 'n Sankey-diagram van 'n filamentgloeilamp waar die insetenergie 100 J is, en 80 J verlore gaan as hitte, terwyl die res gebruik word om lig te voorsien.
Watter gloeilamp dink jy is meer effektief? Verduidelik jou antwoord.
Die LED lampie is meer effektief, want baie meer van die insetenergie word oorgedra as nuttige uitsetenergie (lig), as wat verlore gaan as hitte.
Kan jy aan enige ander leweringskomponente dink? Maak 'n lys van soveel as moontlik.
Sommige is: motors, klokkies, sirenes.
INSTRUKSIES:
Die tydlyn hoef nie geweldig baie detail te bevat nie. Die doel is om leerders te laat besef dat dit nie oornag ontdek is nie, maar dat baie mense oor 'n lang tydperk betrokke was. Hier is van die belangrikste feite. Die lys is nie volledig nie en al die datums is ook nie nodig nie. 'n Verdere nuttige bron is hier beskikbaar: http://www.timetoast.com/timelines/118814
'n Elektrisiteitstydlyn animasie. http://resources.schoolscience.co.uk/britishenergy/14-16/index.htm
INSTRUKSIES:
Skryf 'n kort paragraaf wat die beroep beskryf. Sluit ook inligting in wat aandui hoe 'n mens vir die beroep kan voorberei of studeer.
Die Eskom-webtuiste het heelwat inligting oor verskeie beroepe in hierdie veld en die internet is ook 'n nuttige bron.
Konsepkaart
![]() | ![]() | ![]() |
![]() | ![]() | ![]() |
![]() | ![]() | ![]() |
Serie | Parallel | Serie |
![]() | ![]() | ![]() |
Parallel | Serie | Parallel |
Kyk na die drie seriestroombane. Rangskik die stroombane van die een met die helderste gloeilampie tot die een met die dofste gloeilampie. [3 punte]
Helderste, helder, dofste
Verduidelik jou antwoord op die vorige vraag. [5 punte]
Die eerste stroombaan het die helderste gloeilamp want dit het die laagste weerstand en dus die grootste stroomsterkte. Die derde stroombaan het die hoogste weerstand omdat dit twee resistors het wat in serie met die gloeilampie geskakel is. Hoe meer resistors in serie geskakel word, hoe hoër is die weerstand en hoe laer die elektriese stroom.
Drie stroombaandiagramme word verskaf. Rangskik die stroombane van die een met die helderste gloeilampie tot die een met die dofste gloeilampie. [3 punte]
Dofste, helder, helderste
Verduidelik jou antwoord op die vorige vraag. [5 punte]
Die derde stroombaan sal die helderste gloeilampie hê omdat, hoe meer resistors in parallel geskakel word, hoe laer sal die totale weerstand van die stroombaan wees. Die elektriese stroom sal groter wees en die gloeilampies sal helderder skyn. Die eerste stroombaan is die dofste omdat dit geen parallelle vertakkings het nie, en dus die hoogste weerstand sal bied.
Kyk na die stroombaandiagram hieronder. Die gloeilampies is identies.
Is hierdie 'n serie- of parallelle stroombaan? Verduidelik jou antwoord. [2 punte]
Hoe vergelyk die helderheid van gloeilampies A, B en C? (Watter een is die helderste?) [3 punte]
Wat sal met die helderheid van die gloeilampies gebeur as die skakelaar oopgemaak word? Verduidelik jou antwoord. [5 punte]
Die stroombaan het beide serie-komponente (die sel en gloeilamp A is in serie geskakel) en 'n parallelle vertakking wat uit gloeilampies B en C bestaan.
Gloeilamp A is die helderste. Gloeilampies B en C het dieselfde helderheid.
Wanneer skakelaar S oopgemaak word, sal gloeilamp C nie meer brand nie. Gloeilampies A en B sal nou ewe helder brand, maar hulle sal dowwer brand as toe die skakelaar toe was. A en B is nou in serie geskakel en daar is nie meer 'n vertakking in die stroombaan nie. Die totale weerstand van die stroombaan sal dus groter wees, wat lei tot 'n kleiner elektriese stroom.
Bestudeer die volgende diagram.
Wat is die verband tussen die ammeterlesings A1 en A4? Met ander woorde, hoe vergelyk die stroomsterkte tussen hierdie twee punte in die stroombaan? Verduidelik jou antwoord. [3 punte]
Wat is die verband tussen die ammeterlesings A1, A2 en A3? Met ander woorde, hoe vergelyk die stroomsterkte op hierdie drie punte in die stroombaan? Verduidelik jou antwoord. [3 punte]
A1 = A4. Die totale elektriese stroom vloei deur beide punte in die stroombaan.
A1 = A2 + A3. Die elektriese stroom verdeel in die twee parallelle vertakkings in die stroombaan.
Totaal [38 punte]